Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Waar's die stemmers?  (Read 13419 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Voorslag

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 48
  • Ons vir jou Suid Afrika
Re: Waar's die stemmers?
« Antwoord #20 op: June 08, 2007, 01:41:53 PM »
bravo Bravo lol

ek stem, ons het nie n leier nodig nie, ons het n hele spul nodig, leierskap

ek dink aan hoe wildbewaarders olifante ens aankeer, jy het n hele klomp mense nodig om die trop te stuur na waar jy he hulle moet heengaan ten voordeel van die trop en ter beskerming vir hulle self.

wat hier gebeur in Bravoland laat my verlang na my volk, my land en mense, hopenlik kan ek in Januarie 2008 vir die eerste keer in vier jaar weer tuis wees

Vrede

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #21 op: October 19, 2008, 06:55:57 PM »
Net vir duidelikheid, voordat ek aangeval word oor die berig wat ek hier plaas, EK STEM NIE! Die berig is vir interessantheid.

Helfte van Afrikaners gaan stem, wys peiling
Alet Rademeyer

PRETORIA. – Net 54% van Afrikaners het in ’n meningspeiling van MarkData aangedui hulle sal beslis volgende jaar aan die algemene verkiesing deelneem.

Dit is 20% minder as wit Engelssprekendes wat maatskaplik-ekonomies met hulle vergelyk kan word en wat aan die peiling in Junie deelgeneem het, het prof. Lawrence Schlemmer, sosioloog en direkteur van MarkData, die naweek in Pretoria gesê.

Schlemmer het deelgeneem aan die konferensie van die gesprekforum van Afrikaanse organisasies wat deur die FAK gereël is.

Volgens Schlemmer het dit uit die peiling geblyk meer Afrikaners (47%) is “versigtig” in hul kritiek op die regering as Engelssprekendes (37%).

Sowat 2 400 mense is by die peiling oor politieke ingesteldheid betrek.

Altesaam 75% van die Afrikaner-respondente het aangedui hulle is as kiesers geregistreer, teenoor 83% Engelssprekendes.

Altesaam 57% van Afrikaners meen ’n kritiese opposisie is nodig, teenoor 80% Engelssprekendes.

Volgens Schlemmer is bevind meer Engelssprekendes (55%) is ontevrede met versoening tussen groepe en kulture in die land.
Sowat 40% van Afrikaners is ontevrede.

Wat respek vir taal- en kultuurregte deur die regering betref, het 52% Afrikaners gesê dít is noodsaaklik, teenoor 59% Engelssprekendes.

Altesaam 40% Afrikaners het gesê hulle is ontevrede met hul lewensgehalte, teenoor 28% Engelssprekendes. Afrikaners het aangedui 54% van hulle is uiters ontevrede met die regering se prestasies, teenoor 50% van Engelssprekendes.

Schlemmer  het  ook  daarop  gewys  Afrikaners  plaas  byna   glad nie hul taal- en kultuurregte in die openbare  konteks   nie  en dat die belangrikheid van dié regte deur ander probleme wat hulle ervaar, verdring word.

Terwyl tussen 10% en 15% Afrikaners in die vorige dekade melding van hul taal- en kultuurregte gemaak het, het dít tussen 2004 en 2008 tot 0% gedaal.

“Taal- en kultuurregte is nie in die voorste linie van die Afrikaner se politieke belange nie.

“Die dag-tot-dag oorlewingskrisisse is belangriker,” het Schlemmer gesê.

Hy het gesê ál hoop wat daar is, is dat die huidige vloeibaarheid in die politiek bevrydend op kultuurbelange sal inwerk en moed by mense sal inboesem.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #22 op: October 19, 2008, 07:00:40 PM »
Vir wie moet mens volgende jaar gaan stem?  Ek weet nie watter party die beste sal wees vir die blankes nie.  Kan iemand dalk help?
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #23 op: October 19, 2008, 07:03:10 PM »
Johan, ek kan jou help... Jy bly heeltemal weg. Die oomblik as jy deelneem beteken dit jy aanvaar die huidige regime en al "wen" die party nie waarvoor jy gestem het nie, moet jy steeds die uitslag aanvaar en jou daarby berus.

Die verkiesing, net soos die Grondwet, is kommunisties.


Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #24 op: October 19, 2008, 07:06:30 PM »
Dankie.  Hoekom sal mens in elk geval in 'n lang ry wil gaan staan net om 'n kruisie te maak?
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #25 op: October 19, 2008, 07:54:32 PM »
Johan, ek wil nou nie vir jou vertel wat om te doen nie, elke mens moet nou seker maar maak soos hy wil.

Ek deel egter graag n paar gedagtes met jou.

1. n Mens het darem jou trots en beginsels, en daarom is jy nogal kieskeurig oor diegene wat saam met jou n stembriefie in die stembus gooi.

2. Demokasie is bedoel om die meerderheid te laat besluit in n sisteem waar die groep wat daaraan deelneem, dieselfde beginsels en waardes het. Wanneer die waardes en beginsels eenvoudig net te uiteenlopend is, het een demokratiese bestel geen doel nie.

3. Stel jou nou voor daar is twee politieke partye: naamlik die Skaapwagter-party en die Jakkals-party. Soos die name van die partye uitbeeld, is die beginsels waarvoor hulle staan radikaal verskillend. In hierdie geval is dit dalk beter om n draad te span en dan te se: aan hierdie kan is boerdery, en aan daardie kant is wildtuin. En ons gaan nou toestromingsbeheer toepas. So het die elkeen dan sy gebied waar hy sy beginsels kan uitleef. Mens kan dit ook seker Apartheid noem. Dit is tog duidelik dat een demokratiese sisteem nie die oplossing sou wees nie.

4. Alle drade word egter nou afgebreek en daar word nou n  eensydige grondwet opgestel en sonder enige konsensus of raadpleging geimplimenteer. Hierdie grondwet is gebaseer op Jakkals-regte, en maak voorsiening dat daar nou teen die Skaapwagters gediskrimineer mag word aangesien hulle in die verlede n onregverdige voordeel gehad het. Maak dit sin vir n skaapwagter om onder hierdie omstandighede deel te neem so n demokrasie?

5. Boere-mag skaapwagters word nou deur Jakkals-meelopers gevang en beskuldig dat hulle beplan het om die Jakkalse se heerskappy te beindig. Die  Boere-mag skaapwagters se verdediging in die hof is dat hulle nooit geken was in die saak nie en daarom nie die grondwet wat op Jakkals-regte gebaseer is aanvaar nie. Ander skaapwagters wat nou gaan en aan
die Jakkals-verkiesing deelneem PLEEG MOS NOU VERRAAD TEENOOR DIE BOERMAG-SKAAPWAGTERS.

Om op te som, dit is seker maar jou eie saak wat jy doen Johan.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #26 op: October 19, 2008, 09:08:31 PM »
Dis waar.  Ons kan nie ons vryheid eis en deelneem aan die verkiessing nie.  Hulle sal vir ons in daardie geval sê dat ons in die kommunistiese sisteem deelneem deurdar ons stem.  Ek stem saam dat die beste is om maar weg te bly.  'n Vleisie op die kole sal eintlik lekkerder smaak saam met vriende.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #27 op: October 19, 2008, 09:20:48 PM »
Nou praat jy Johan!

Een van die sterkste argumente vir n eie grondgebied in die internasional reg is juis die punt wat jy nou aanraak. Die feit dat jy:
1. n Historiese reg op n sekere gebied het.
2 n Bestel op jou afgedwing is wat nie vir jou kultuur, beginsels en ekonomiese deelname voorsiening maak nie, en as sulks teen jou diskrimineer. en
3. Die heel belangrikste - 'DAT JY HIERDIE BESTEL DERHALWE NOOIT AANVAAR HET OF SAL AANVAAR NIE"

Ongelukkig moet punt nommer 3 meestal bewys word deur uiterste onaangenaamhede en n dure prys. Daar sal aan die wereld bewys moet word dat ons ernstig is oor vryheid.

Lekker vleisie braai!
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #28 op: October 19, 2008, 09:41:53 PM »
Moet net nie die biertjie in die hand vergeet nie.  Ek wens net ek het geweet hoe om die stelling van "bly weg" aan al die blankes oor te dra, maar sommige dink mos dat hulle nog vryheid het.  Hulle verweer is "kyk ons kan nog 'n kruisie trek by die stembus."
Een bewys wat ons wel het is dat hulle kan sien wie het geregistreer by wyse van ID nommers.  As ons ID nommers en name nie op die kieserslyste verskyn nie beteken dit dat ons mos nie die verkiessing steun nie.  Oor die bestel wat ons nie ondersteun nie gaan bietjie moeilikker wees.  Ek het volle vertroue dat ons veiligheid sal terug kry.  Die belangrikste ding wat ons MOET doen is om dit op ons gebedslys te plaas en sal vertrou en sal doen wat nodig is en nie agteroor sit nie.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Bosveldwolf

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 67
    • Greencustodians
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #29 op: October 20, 2008, 02:00:43 AM »
.... As ons ID nommers en name nie op die kieserslyste verskyn nie beteken dit dat ons mos nie die verkiessing steun nie.  Oor die bestel wat ons nie ondersteun nie gaan bietjie moeilikker wees.  Ek het volle vertroue dat ons veiligheid sal terug kry.  Die belangrikste ding wat ons MOET doen is om dit op ons gebedslys te plaas en sal vertrou en sal doen wat nodig is en nie agteroor sit nie.

Ek hoop nie julle verstaan my verkeerd en veroordeel my deur wat ek nou gaan sê nie, lees eers alles wat ek sê en probeer my punt in sien. Johan, ek dink wat jy hier sê is kontrasterend en maak nie heeltemaal sin nie.

Hoe kan jy sê dat jy nie die verkiessing ondersteun nie en dat deur gebede sal als reg kom. Nie jy of ek kan van ons Vader verwag om vir ons iets te doen as ons nie bereid is om ons kant te bring nie. Ons kan nie net verwag dat ons kan vra en terug sit nie. Dit werk nie so nie. Deur 'n voorbeeld te gebruik om beter te omskryf wat ek probeer sê: Sou jy sonder werk sit en dan bid tot ons Vader en vra dat hy jou sal help om 'n werk te bekom, kan jy nie verwag dat God al die werk moet doen nie. Werk gaan nie net in jou skoot val nie. Maar deur te glo in jou gebede en op te staan, uit te gaan en werk te soek SAL ons Vader voorsien en die regte werks geleentheid voor jou deur bring. Wat ek probeer oor dra is dat ons nie in die selfde asem kan sê dat ons moeg is vir die onreg en onderdrukking en dan nie wil stem nie. Dit sit bietjie die pot mis.

Vêrder bepaal die wet van die land waarin jy en ek woon dat sou jy nie jou reg om te stem gebruik nie, dan val dit in die heersende regering se guns en telling. Dus deur nie te stem nie help ek en jy dan as ware die "jakkals party" om verder te wen, en het ons dan nie die reg om na die verkiessing 'n mond oop te maak oor die onreg en onderdrukking nie, want jy het jou reg daartoe verbeur deur nie jou stem as te ware "dik" te maak toe jy die geleentheid gegee is nie. So ook kan ons dan nie van ons Vader verwag om dinge reg te stel as Hy jou die kans gee om jou mening te lig deur 'n verkiessing nie en jy dan terug sit en dit nie gebruik om Hom te help om jou te help nie.

Ter slot van sake: Gaan uit, maak jou kruisie en help ons om 'n beter persentasie in die kabinet te kry. Al wen ons nie die verkiessing nie kan ons dalk net dit so doende 'n kleiner gedeelte aan "hulle" afstaan en ook dan sodoende beter regte bekom.

Ek hoop julle verstaan wat ek probeer oordra.
'n Suid-Afrikaner deur geboorte... 'n Boer deur die genade van God!!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #30 op: October 20, 2008, 06:13:41 AM »
Bosveldwolf, ek respekteer jou siening, maar ek wil op twee punte van jou verskil:

1. Daar is ander maniere om jou vir jou vryheid te beywer as by die stembus. EK stem nie saam dat deur weg te bly van die stembus dieselfde is as om niks te doen en te hoop vryheid gaan in jou skoot val nie.

2. Die stelling dat n wegblystem volgens wet vir die regende party getel word is onwaar. Inteendeel, dit is vir die huidige bestel baie belangrik dat die witmense wel deelneem aan verkiesings aangesien dit legitimiteit verleen aan hierdie onwettige bestel. Dit was dan ook die staat se teenargument tydens die Boermag-verhoor - Dat dit nie help om die wettigheid van die grondwet en die huidige bestel te betwis terwyl die meeste witmense dit wel goedkeur deur deel te neem aan verkiesings nie.

Ter stawing van hierdie punt haal ek nou woordeliks aan uit n web-blad wyt jyself op google kan gaan soek - tik net die woorde "Lionel Bernstein Wikipedia" in op die soek-enjin. Verskoon die engels en die langdradigheid maar dit belangrik om ook hierdie perspektief te kry:

+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Early life

Bernstein was born in Durban, the youngest of four children of Jewish émigrés from Europe. He was orphaned at eight years old, and brought up by relatives, after which he was sent to finish his education at a boys’ boarding school. Hilton College, a private school, was the South African equivalent of Eton or Harrow.

After matriculating, he returned to Johannesburg where he started work at an architect’s office, while studying architecture part-time at the University of the Witwatersrand. After qualifying in 1936, he worked full-time as an architect.

Early political activism
In 1937 he joined the Labour League of Youth. Later, he joined the South African Communist Party where he soon played a leading role. For one year he forsook architecture to work as a full-time Party official and Secretary of the Johannesburg District of the Communist Party. In March 1941, he married Hilda, an émigré from Britain, whom he had met in the Labour League of Youth.

That year he volunteered for the South African Army and later served as a gunner in North Africa and Italy. He was repatriated and discharged from the army at the beginning of 1946. During the strike of African miners in 1946, he produced the strike bulletin. After the strike both he and his wife were arrested together with others and charged with sedition. They were ultimately convicted of aiding an illegal strike and received suspended sentences.

Over the next quarter century, he wrote extensively for the a number of journals, including Liberation and the South African newspaper The Guardian. He edited Fighting Talk (which became a banned publication), a paper for ex-servicemen. This carried the same message as his other writings; that South Africa was approaching its last chance to make a peaceful transition to democracy. Once he was banned, he continued to write under pseudonyms.

In 1950, the South African Communist Party (SACP) was banned. All SACP members became subject to various restrictions, including a ban on being published. After this, Bernstein took part with others in forming an underground Communist Party. He was prominent in forming the Congress of Democrats, an organisation for whites that could co-operate with the African National Congress (ANC), which at that time was restricted to black membership only. This Congress Alliance drew in radical trade unions, and many other non-racial political organisations.


Congress of the People
In 1954, the ANC called together its allies to a joint meeting in Natal. This included the South African Indian Congress, the Congress of Democrats, the South African Congress of Trade Unions, and the Coloured Peoples’ Congress. It was at this historic meeting that it was decided to convene a "Congress of the People" where a Freedom Charter would be adopted.

Bernstein played a major part on the committee organising the Congress, and worked very closely with Nelson Mandela, Walter Sisulu and Oliver Tambo. Although often credited with the drafting of the Freedom Charter, his own memoirs dispel this. He was actually given the responsibility of drafting the Freedom Charter from the thousands of demands coming in from all over the country. His written words became a rallying call for those struggling for national liberation from that time on; "Let Us Speak of Freedom. South Africa belongs to all who live in it, black and white." The Freedom Charter became the basic document for the ANC for the next 40 years but split the liberation movement into two when one section of the ANC broke away in protest to form the Pan Africanist Congress in April 1959.

By 1953, both he and his wife became subject to bans and restrictions that prohibited them from belonging to or taking part in the activities of numerous organisations including non-political bodies such as Parent Teacher Associations.

At the end of 1956, Rusty and 150 others were arrested and charged with Treason. The infamous Treason Trial lasted for more than 4 years after which all the accused were found not guilty and discharged.

In 1960, the Sharpeville massacre took place, and he and his wife were both among those arrested and detained under the State of Emergency that followed. He was not released until five months later when the state of emergency was lifted. In 1962, he was placed under house arrest and allowed out only on weekdays between 6:00am and 6:00pm.


Rivonia Trial
His covert ANC and South African Communist Party activities led up to the police raid on Liliesleaf Farm, Rivonia, where he and 10 other prominent ANC leaders were arrested on 11 July 1963. Rusty was held in solitary confinement under the notorious Ninety Days detention law. At the end of ninety days, he was charged together with Nelson Mandela and others, in what became known as the Rivonia Trial. At the end of the trial, the remaining men were all found guilty and sentenced to life imprisonment. Rusty was the only one found not guilty and he was discharged.

He was immediately re-arrested while leaving the dock and later released on bail. Shortly after his release, the police came to arrest his wife, Hilda, but she managed to escape from their home and went into hiding.


Life in exile
The Bernsteins decided to leave South Africa for the sake of their children, who would be orphaned for a very long time if both of them were sent to jail. Also, their activities were now so circumscribed, they felt they had become a danger to all who associated with them.

They left their children in the care of their eldest daughter and her husband, and crossed the border to Botswana on foot. Their flight across the border and subsequent journey is described in Hilda’s book “The World That Was Ours.”

The Bernsteins eventually made their way into Zambia. Despite Zambia being well on the way to independence and the ANC being well respected by the new incoming authorities, they were declared prohibited immigrants by the British authorities. They then travelled overland to Tanzania and eventually to England, where their children joined them one by one. Rusty worked as an architect in London.

Despite leaving the country of his birth, he continued to work tirelessly for the abolition of apartheid without drawing a salary from the ANC, preferring to earn his living independently. In 1987, he conducted a series of seminars for the ANC in Moscow, on the history of South Africa’s liberation struggles. He also spent a year in Tanzania at the ANC's "Solomon Mahlangu Freedom College" setting up a political science shool and teaching the history of the freedom struggle to young South African political exiles.


Return to South Africa, later life and death
He returned to South Africa for four months in 1994 for the first post-apartheid elections and worked in the ANC press office during this time, with particular responsibility for ensuring mass white participation in the first non-racial elections to take place in South Africa.

+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++

Die doel van hierdie langdradige aanhaling is om te wys wie Lionel Bernstein was en waarvoor hy gestaan het. Dan is dit veral van belang om teen hierdie agtegrond weer die laaste paragraaf te lees.

Dan sal jy verstaan Bosveldwolf, waarom daar sommige mense is wat eerder altwee hulle hande sal afsny voordat hulle dalk in vesoeking kom om ooit in die huidige bestel n kruisie te te maak op n stembriefie.

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #31 op: October 20, 2008, 11:05:49 AM »
Aanhaling
author=MEERKAT link=topic=517.msg51451#msg51451 date=1224476021]
Bosveldwolf, ek respekteer jou siening, maar ek wil op twee punte van jou verskil:

1. Daar is ander maniere om jou vir jou vryheid te beywer as by die stembus. EK stem nie saam dat deur weg te bly van die stembus dieselfde is as om niks te doen en te hoop vryheid gaan in jou skoot val nie.

2. Die stelling dat n wegblystem volgens wet vir die regende party getel word is onwaar. Inteendeel, dit is vir die huidige bestel baie belangrik dat die witmense wel deelneem aan verkiesings aangesien dit legitimiteit verleen aan hierdie onwettige bestel. Dit was dan ook die staat se teenargument tydens die Boermag-verhoor - Dat dit nie help om die wettigheid van die grondwet en die huidige bestel te betwis terwyl die meeste witmense dit wel goedkeur deur deel te neem aan verkiesings nie.

Ter stawing van hierdie punt haal ek nou woordeliks aan uit n web-blad wyt jyself op google kan gaan soek - tik net die woorde "Lionel Bernstein Wikipedia" in op die soek-enjin. Verskoon die engels en die langdradigheid maar dit belangrik om ook hierdie perspektief te kry:

Meerkat
Daar is sekerlik ander maniere om jou vryheid te herwin as by die stembus maar!!
Dit is net so effektief as jy vir die vyand wys jy stem vir 'n party wie se beleid selfbeskikking is. As jy hom kan uitskop in 'n kiesafdeling waar jou party dan die septer swaai. As jy nie stem nie hoef hulle hulle nie aan jou te steur nie onthou dit. Wie gaan jou glo as jy vir hulle se dit is 'n onwettige bestel? Hulle gaan vir jou lag soos wat hulle nou doen.

'n Wegbly stem word nie getel vir die regerende party nie. As niemand van die opposisie gaan stem nie wen hulle die meerderheid stemme in daardie verkiesing so maklik soos dit. Dit beteken hulle kan maak en se wat hulle wil want niemand stem teen hulle nie. Baie belangrik!! dit laat hulle ook se dat die blanke nie belangstel in selfbeskikking nie. Jy laat jou op sleeptou neem deur sogenaamde afrikaner leiers. Ek wil 'n stelling maak; dit is nie te se as ek stem, keur ek die grondwet goed nie. Waar staan dit opgeskryf?

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #32 op: October 20, 2008, 11:45:58 AM »
Mike
Ek is nog steeds van mening dat as jy stem dan ondersteun jy die korrupte bestel.  Elke mens kan maar kies of hy wil stem of nie.  Deur te stem neem jy egter deel aan die nuwe korrupte bestel.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Heiletje Olivier

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 72
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #33 op: October 20, 2008, 01:08:39 PM »
Ekskuus as ek dalk nou stupid klink, maar waar is die Boereparty dan dat ons dan vir hulle kan stem.  Of praat ons maar net, maar is te bang om regtig op te staan en te wys ons is ernstig.  Die boerevolk kon nog nooit saamstaan nie en ek suig dit nie uit my duim nie.  Die bewyse is daar vanaf die groot trek al.  As dit nie vir die vrouens was nie het ons nou nog in Natal gebly.  Waar is die boeremeisies wat hul stemme kan dik maak en se genoeg is nou genoeg. 

My wiskunde is nou ook nie so goed nie maar elke stem teen die regerende party is 'n stem teen die regerende party.  As jy nie stem nie is daar nie 'n stem teen die regerende party nie. Om weg te bly wys net 'n gebrek aan belangstelling nie dat jy vir iets anders staan of vir selfbeskikking nie. As jy weg bly kon jy net so wel nie hier gewees het nie.  Vlug dan maar liewer oorsee!!!!!

Hoe wil jul dan 'n verskil maak???  Ons kan praat tot die jaar 2020, oor selfbeskikking maar as ons nie 'n stem in die parlement het nie is ons net so goed soos nie in die land nie.  Of is julle bereid om soos van ouds julle karretjie op te pak en die onbekende in te trek.  Ek dink nie so nie.  Meeste van ons het hier 'n werk, 'n eie huis, ons kerk is hier, die mall is om die hoek. Ons het nog nie swaar genoeg gekry nie, nog nie ons hardeboerekoppies hard genoeg gestamp nie.  Baie water moet nog in die see loop voor ons werklik alles sal los en se ja, Die Boerevolk kom eerste.

Dis baie oulik om 100 of 200 honderd boere afrikaners by mekaar te maak vir 'n heldedag of 'n Geloftedag, maar waar is die res van die burgers.  En waar is hierdie mense wat groot kan praat op 'n volksdag as daar werklik saamgestaan moet word.  Praat is maklik maar die daad verg heelwat meer inspanning.

Eks 20:12 " Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here, jou God vir jou gee."

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #34 op: October 20, 2008, 01:26:33 PM »
Ewe skielik wonder ek wat het van die KAP geword? Wonder of hulle al agter die kap van die byl is, of kap hulle maar net aan...?

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #35 op: October 20, 2008, 01:32:01 PM »
Mike
Ek is nog steeds van mening dat as jy stem dan ondersteun jy die korrupte bestel.  Elke mens kan maar kies of hy wil stem of nie.  Deur te stem neem jy egter deel aan die nuwe korrupte bestel.

Johan
Ek ondersteun nie die bestel nie, inteendeel as jy teen hulle stem verwerp jy hom. As jy stem beteken dit nie jy neem deel aan die korrupsie nie. As jy teen die bestel stem en jy bereik wel iets, beteken dit mos jy verwerp hulle korrupsie. Ek weet nie wat om dit te noem nie, maar om juis nou in die tyd waar die anc uitmekaar val vir die mense te se om nie te stem nie, gaan my verstand te bowe.
Ons gaan weer 'n gulde geleentheid weggooi om die anc minder stemme te laat kry in die volgende verkiesing. En wat se die DA na die verkiesing, ons mense soek nie selfbeskikking nie, kyk hulle verwerp partye wat daarvoor staan. Dink so daaraan!
Wat het die HNP sover bereik? Boggerol hulle kan maar net so wel verdwyn hulle mors net hulle tyd en geld.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #36 op: October 20, 2008, 01:56:54 PM »
Mike, Ek ondersteun geen party nie want almal lyk maar ewe sleg.  Daar is nie een party met 'n goeie leier nie tensy jy my verkeerd kan bewys.  Buitendien die ANC sal die korrupte verkiessing wen.  Die stemme sal verkeerd getel word.  Daarom by ek weg em maak nie 'n gek van myself nie.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Sanderis

  • Gas
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #37 op: October 20, 2008, 02:28:18 PM »
Karina miskien onderhandel hulle met die wegbreek ANK faksie.
Bosveld , Mike en Heiletje julle vat dit so raak.
Kan iemand my sê wat het destyds geword van die KP ?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #38 op: October 20, 2008, 02:44:49 PM »
Stem REG Bly WEG!!

Daar is nie 'n manier dat ek heeldag in 'n ry gaan staan net om 'n kruisie op papier te maak nie, ek het eerlikwaar baie beter dinge om te doen met my kosbare tyd.

Die ander ding is dat 'n MENS ONDERHANDEL NIE MET KOMMUNISTE NIE! Daar is nie 'n manier hoe jy dit 'n beter plek vir almal kan maak deur in die parlement te sit nie, daar is die duidelike bewys van die afgelope 14 jaar.

Ek het dit al baie gese en ek se dit nou weer. Die Boere-Afrikaner se behoud was nog altyd die feit dat hulle in groepe saamstaan en nie die hele kaboedel soos een man saam staan nie. Glo my, as die popo die waaier tref, dan staan daardie groepe ook saam. Dit sou baie makliker vir die kommuniste gewees het om ons totaal en al te onderdruk as ons slegs een groep was.

Dan moet ek byse dat ons ware kultuurgroepe meer reggekry het as die sogenaamde parlementslede wat veronderstel is om vir ons uit te kyk.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Insake: Waar's die stemmers?
« Antwoord #39 op: October 20, 2008, 02:54:03 PM »

Dan moet ek byse dat ons ware kultuurgroepe meer reggekry het as die sogenaamde parlementslede wat veronderstel is om vir ons uit te kyk.

Nou praat jy , maar VF+ moenie heeltemal onder dieselfde kam geskeer word nie , hul doen baie vir ons volk en glo dit is gedeeltelik hoekom hul so sterk ondersteuning geniet .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal