Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Boereplanne in Afrika van baan?  (Read 952 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Boereplanne in Afrika van baan?
« op: November 28, 2009, 05:17:20 PM »
Die georganiseerde landbou en die Minister van Landbou se planne om Suid-Afrikaanse kommersiële boere elders in Afrika te ontplooi om sukkelende landbousektore aan die gang te kry, is dalk van die baan weens die Regering se eensydige hantering van die bilaterale beleggingsooreenkoms (BIPPA) met Zimbabwe.

“Verseker gaan dit dié planne beïnvloed,” het mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, aan Landbouweekblad gesê.

Die SA Regering het geswig onder druk van Zimbabwe en toegestem om “historiese” grondgrype nie by die ooreenkoms in te sluit nie. Dit beteken dat sy burgers wat in Zimbabwe boer ál hul beleggings daar verloor.

Bilaterale beleggingsooreenkomste (BIPPA’S) in Afrika wat grond uitsluit, sluit landboubeleggings doeltreffend uit, het mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, gister (Woensdag) in Centurion gesê.

Hy het op ’n vergadering met Suid-Afrikaanse burgers wat in Zimbabwe boer, gesê sulke ooreenkomste moet beding word met die deelname van alle belanghebbendes.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/boereplanne-afrika-van-baan
Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal