Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Taalsuiwerheid  (Read 2883 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Taalsuiwerheid
« op: January 02, 2010, 09:17:28 PM »
Iets wat my as taalpuris regtig erg pla, is die swak taalgebruik op ons blad. Woorde wat een woord moet wees, word los geskryf, spelling is net nie op standaard nie. Sommige lede sê sommer so met die intrapslag hulle gaan hulle nie steur aan suiwer taal nie. Ek is jammer, maar as ons as volk wil oorleef, sal ons regtig erns moet maak met ons taal. Kom ons gebruik hierdie draad om alle taalfoute wat ons in ons forum sien, reg te stel. Nie om mekaar by te kom nie, maar om by te dra tot suiwerder taalgebruik. Ons moedertaal mag nie verkrag word nie!

Kom Boere-Afrikaners! Troetel jou taal! :'(
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #1 op: January 02, 2010, 10:07:58 PM »
Bravo! :)
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #2 op: January 03, 2010, 07:34:44 AM »
Bravo! :)

Hoe bly is die Kaptein van die Taalpolisie nou ;D
VOEL TUIS

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #3 op: January 04, 2010, 11:28:18 AM »
Mag ek so 'n paar algemene foute wat 'n mens gereeld hoor en sien, noem vir 'n afskop?

In Afrikaans gebruik 'n mens nooit 'n selfstandige naamwoord in die enkelvoud sonder 'n lidwoord nie. Daarom sê ons nie: Mens word bang vir die toekoms nie, maar 'n Mens ....

Woorde word aanmekaar geskryf wanneer een ding of saak benoem word. Bv. motorwedrenbaanbeampte, kafferwaatlemoenkonfytbottelfabriekbestuurder, ens.

Pasop vir dubbele meervoude soos graftes, woonbuurtes ens.

Sekere woorde het nie 'n meervoud nie, soos grond (skou- en skoolgronde is dus foutief; liefs skou- en skoolterrein), statistiek (net soos wiskunde), liefde (wanneer die emosie bedoel word), ens.

Wanneer mees gebruik word om die oortreffende trap aan te dui, volg die byvoegike naamwoord nie ook in die oortreffende trap nie, maar in die stellende trap. Bv. nie mees wonderlikste nie, maar mees wonderlike of liefs net wonderlikste.

... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #4 op: January 04, 2010, 11:48:45 AM »

In Afrikaans gebruik 'n mens nooit 'n selfstandige naamwoord in die enkelvoud sonder 'n lidwoord nie. Daarom sê ons nie: Mens word bang vir die toekoms nie, maar 'n Mens ....



Party mense het 'n skryfstyl van hul eie , amper soos 'n vingerafdruk of handtekening - dit is uniek . 'n Goeie ontleder sal dit dadelik opmerk .
Ek gebruik gereeld sinne wat met "Mens ... " begin , hier probeer ek beskryf dat dit nie enige spesifieke persoon is nie of/en van 'n sekere volk of ras is nie (dit moet in konteks gelees word ) , maar die mens as spesie oor die algemeen .
Sou dit verkeerd wees ? En indien wel hoekom , sal dit nie die groei van ons taal verhinder nie ?
Iewers anders in Bravoland is daar juis 'n draad wat handel oor Afrikaanse taal en spelreëls , daarin was genoem dat ons , ons taal moet laat groei as ek dit so kan opsom . Ek dink Karina het nog die draad begin , Karina weet jy watse draad bedoel ek ?
« Laaste verandering : January 04, 2010, 11:51:12 AM deur Sanderis »

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #5 op: January 04, 2010, 12:17:44 PM »
Ek noem bloot die reëls. Die feit dat dit taamlik algemeen verbreek word, is waarskynlik 'n aanduiding dat die volk dit anders wil hê. Per slot van rekening word taalreëls nie deur proffies gemaak nie, maar deur die volksmond gevorm/ontwikkel. Die ouens wat die reëls neerskryf, reageer bloot op wat in die volksmond ontwikkel. Daarom kan 'n mens moeilik sê so iets soos om mens sonder 'n lidwoord te gebruik, is "verkeerd".

Dit maak taal so interessant: dit is nie 'n dooie wetenskap soos 1 +1 = 2 nie - dit lewe!

Sekere goggas vermoor egter 'n taal, daarom moet dit beveg word. Dit is nou goeters soos songs, shows, cool, ens.
« Laaste verandering : January 04, 2010, 12:22:32 PM deur Adri van Staden »
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #6 op: January 04, 2010, 12:50:44 PM »

Sekere goggas vermoor egter 'n taal, daarom moet dit beveg word. Dit is nou goeters soos songs, shows, cool, ens.

Daarmee stem ek volkome saam oom Adri , ek het nagelaat om te noem mens kry oor die algemeen twee soorte groei : positiewe groei en negatiewe groei .
Ons moet positiewe groei aanmoedig , maar waak teen negatiewe groei en dit beveg indien moontlik .

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #7 op: January 07, 2010, 12:25:58 PM »
Nog so 'n paar dorings in my vlees:

Engels: as follows, Afrikaans soos volg. As volg is dus 'n anglisisme.

Engels: As such, Afrikaans as sodanig. As sulks is 'n anglisisme.

Wanneer na mense verwys word, sê jy onder andere (o.a.), maar wanneer na goeters verwys word, sé jy onder meer (o.m.). Dus: Daar was baie mense, o.a. Koos en Jan. en Daar was baie soorte beeste, o.m. Afrikaners en Bonsmaras.

Mooi taal nê?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #8 op: January 07, 2010, 12:46:25 PM »
Ons het die aaklige woorde "huidiglik" en "beide" so mooi uitgeroei in die verlede, maar nou het ons weer nuwe lede wat baie lief is vir hierdie twee duwweltjies.

In die Afrikaanse taal bestaan daar nie 'n woord soos huidiglik nie, ek kan maar net bespiegel dat dit van die frase "op die huidige oomblik" afgelei is. Ons gebruik liewer tans.

En "beide" is tog so 'n lelike woord (anglisisme) wat direk vertaal is van die Engelse "both". Ek weet dis nie altyd maklik om 'n plaasvervanger vir "beide" te gebruik nie, want dit pas nie so lekker nie, maar kom ons gebruik liewer albei, of ... én ... .

My taallessie vir die dag. :D
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #9 op: January 07, 2010, 01:02:55 PM »
Beide lede van die Taalpolisie is huidiglik besig met taallesse  ;D
VOEL TUIS

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #10 op: January 07, 2010, 01:04:07 PM »
Beide lede van die Taalpolisie is huidiglik besig met taallesse  ;D

Sit, jou slim kind!  :D
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 132
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #11 op: January 07, 2010, 01:14:55 PM »
Dankie vir die taallessie, Karina. Ek hoop almal van julle wat meer van ons taal verstaan as ons gemiddelde gebruikers sal gereeld so 'n ietsie deurgee om ons te help om Afrikaans beter te gebruik. Dis baie welkom.
Hierdie leerling wonder net of daar dalk nog 'n rede is hoekom "beide" nie regtig aan te bevele is nie.  Ek persoonlik meen dit is so ver van "both" af dat ek nie eers geraai het dat dit daarvan afgelei is nie.  Volgens my woordeboek kan dit selfs verbuig word tot "beider" - in "ons beider vriend", wat eintlik vir my mooi klink!

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #12 op: January 07, 2010, 01:25:15 PM »
Nog 'n woordjie wat baie verkeerd gebruik word, is "dis". ("Skuus Jopieswan). 'n Dis is iets wat 'n mens eet. Die korrekte is "dit is".

Of beide van die ingels kom, weet ek nie, maar dat "albei" suiwerder is, is wel waar. Vir my gevoel kan beide en albei  weer, soos o.a. en o.m. vir mense en goeters gebruik word. Beide persone en albei arms. Maar nou sê die HAT tog: Die beide gevangenes. Henk praat elke oggend tydens die internasionale weervoorspelling van Die beide Amerikas. Dit bly interessant.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #13 op: January 07, 2010, 01:45:16 PM »
As die kwartaal weer begin, sal ek daar by die kokkedore in die Afrikaanse departement hoor wat is die gevoel deesdae t.o.v. die gebruik van "beide".

Iets wat vir my baie interessant is, en julle sal dit agterkom as julle koerant lees, is die gebruik van die woorde, "klag", "klagte" en "klagtes". Wanneer jy iets by die polisie aanmeld, dien jy 'n klag by die polisie in (lw. jy "lê" nie 'n klag nie). Waarvan die meervoud van dié klag natuurlik klagte is.

Wanneer jy oor 'n produk of diens kla of by die munisipaliteit, dan het jy 'n klagte oor die produk/diens. Hiervan is die meervoud dan weer klagtes.

Dus: Die polisie ontvang klagte. (meervoud)
       Die munisipaliteit/winkels/leweransiers ontvang 'n klagte. (enkelvoud)


Inderdaad 'n mooi en unieke taal!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #14 op: January 07, 2010, 02:34:44 PM »
Karina, wat sê die taalreëls oor die gebruik van 'n komma voor voegwoorde soos "en"? Of is 'n inlas-sin (?) die uitsondering? ;)

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #15 op: January 07, 2010, 03:24:38 PM »
Karina, wat sê die taalreëls oor die gebruik van 'n komma voor voegwoorde soos "en"? Of is 'n inlas-sin (?) die uitsondering? ;)

Hehehe, ek weet nie, maar ek gebruik baie 'n komma voor "en" wanneer ek wil hê daar moet net 'n klein pousetjie wees. Maar ek gebruik dit darem nie so in korrespondensie nie of in my werk nie.  ;)

A ha, ek het die reël opgespoor in die Skryf Afrikaans van A tot Z op bl. 431, 9.103:


Gebruik 'n komma altyd voor 'n bysin wat begin met die voegwoorde al, derhalwe, gevolglik, soms voor dog, maar, aangesien, en, hoewel/ofskoon, mits en want, en selde voor omdat.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Winter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 58
  • Ex 19:4
    • White Refugees
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #16 op: January 07, 2010, 04:02:47 PM »
As garage as algemeen aanvaarde Afrikaans gelys kan word, is beide, huidiglik en kie ook seker in orde?
Hoe donkerder dit word, hoe beter sien ons volksgenote ons lig.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #17 op: January 07, 2010, 04:13:01 PM »
Sidney, ek dink die feit dat "huidiglik" deur ene Chris Heunis uitgedink is, maak dit n woord wat ons liefs nie moet gebruik nie  ;)
Kennis is mag

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #18 op: January 07, 2010, 04:20:55 PM »
Chris Heunis

Ons mag nie kru taal gebruik op die forum nie! :P ::)
Ons Sal!!!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #19 op: January 07, 2010, 07:49:02 PM »
Ch**s H**nis
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal