Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Taalsuiwerheid  (Read 2883 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #20 op: May 21, 2010, 10:49:17 AM »
Adri ek stem saam.  Ek kom agter dat ons kinders nie eers weet wanneer gebruik ons "so" en "sulke" nie!  Ek dink ons moet onthou dat ons taal as kombuistaal en as 'n "slang" taal ontwikkel het en aanvanklik net gepraat was.  Mense soos Pannevis het eers die reels begin neerle om die struktuur te ontwikkel.  Soos Sanderis se: die taal is lewendig.  Daar is wel "goggas" wat ons moet uitroei, maar kokkerrotte le eiers (of is dit nou kakkerlakke?) Daar sal altyd nuutskeppinge wees en die taal moet aanpas.  Onthou egter dat volkome Afrikaans 'n strewe is en mense soos VAN ZYL die spelling en gramatika bietjie moeilik het.  Ek is seker hy sal my vergewe....
Livitikus

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #21 op: June 25, 2011, 09:16:40 PM »
Rapport se aanslag teen Afrikaans!



Help ons om die taal te snoei


Die jongspan verstaan nie as Oupa praat van katel, koffer en kapkooi nie en vir die ouer generasie is sinne soos “hoezit my bra” baie vreemd.

Afrikaans is lankal nie meer ’n ossewa-taal nie.

Dit is ’n lekkerpraat-, loslit-taal, maar soms raak dit dalk net té los.

Rapport nooi ons lesers uit om ons te help om ’n lys van woorde, sinne en sêgoed op te stel wat verbied moet word in Afrikaans.

Holruggeryde spreekwoorde, anglisismes, ingewikkelde terminologie, transliterasies uit vreemde tale en woorde wat Jan Alleman heeltemal te veel gebruik, kan op dié lys kom.

Dit maak nie saak waaroor jy praat nie: As jy van mening is ’n woord moet verbied word – laat weet vir Rapport.

Woorde kan op een van drie maniere genomineer word om op die lys te kom: Rapport se webwerf, Rapport se Facebookblad of Twitter.

* Woorde wat verbied moet word kan op Rapport se Facebookblad bygeskryf word by facebook.com/rapportweb.
* Rapport kan getwiet word op Twitter by die gebruikersnaam @webrapport.


- Rapport

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Help-ons-om-die-taal-te-snoei-20110618
Ons Sal!!!

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #22 op: June 26, 2011, 10:51:30 AM »
Rapport moet begin met die volgende twee woorde, want hulle weet gald nie wat die woorde se definisie is nie en kan dit klaarblyklik nie in konteks gebruik nie!!!

"Ver-regs"

"Rassisme"

Ander woorde wat opgemaak word en absoluut niksseggend is, sluit in:

"Reenboognasie"

"Suid Afrikaanse ekonomie"

"Polisie"

"Menseregte"

Alhoewel hulle hierdie woorde gebruik om te verwys na "dit wat daar behoort te wees", bestaan hierdie konsepte nie in realiteit as jy dit sou vergelyk met die korrekte definisie nie!!!

 ;D ;D ;D ;D

Groetnis!

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #23 op: June 27, 2011, 10:43:10 PM »
(Sanderis, Ek vermoed die skrywe is nie op die regte plek nie... )

27 Junie 2011.

Ope brief aan:

Die direkteure van Naspers,
Die direkteure van Media 24,
Die redakteur van Beeld,
Die redakteur van Volksblad,
Die redakteur van Rapport.

I/S: Die verval van etiese gedragskode binne die media.

Ek rig die volgende skrywe aan u om duidelikheid te probeer kry oor ’n paar opvallende aspekte binne die spesifieke koerante, soos verteenwoordig deur hulle redakteurs.

Vryheid van spraak.

Media-groepe, joernaliste en die man op straat is almal bekommerd oor die nuwe inligtingswet. Die beheer van inligting is, soos ons almal weet, ’n uiters gevaarlike speletjie. Daarom is dit juis ironies dat terwyl u aan die een kant baklei vir die behoud van vryheid van spraak, u aan die ander kant vryheid van spraak belemmer. Elke keer as ek ’n kommentaar plaas op Rapport se webwerf verskyn daar ’n kennisgewing op my rekenaar wat lees my kommentaar word gemodereer. U is uiters ontsteld oor die idee dat die regering inligting wil modereer, maar tog beoefen u dieselfde praktyk oop en bloot!

By omtrent elke artikel in hierdie koerante is ’n funksie waar lesers, soos ek, kommentare kan lewer. Die slag wanneer dit nie gemodereer word nie, is dit ’n wonderlike geleentheid om die waarde van vryheid van spraak te illustreer. Die vraag wat ek in verband hiermee aan u wil stel is hoekom sekere kontroversiële artikels nie oor hierdie funksie beskik nie? Dit kan nie as gevolg van finansiële redes wees nie, want ’n debat wat volg in hierdie kommentaar-funksie genereer “hits” vir julle webwerf wat weer gebruik word om advertensiekostes te bepaal. Dit is dus ten finansiële koste dat julle nie vryheid van spraak hier toelaat nie... Hoekom dan nie?

Skeefgetrekte perspektief.

Ek maak ’n punt daarvan om die kommentare te bestudeer en dit is duidelik dat u lesers nie saamstem met van die sentimente wat deur veral rubriekskrywers ten toon gestel word nie. Dit is vreemd dat ’n koerant ten spyte van hierdie skeefgetrekte beeld nog steeds kan voortgaan om hoofsaaklik een tipe sentiment te verteenwoordig terwyl daar weke verbygaan waar ons as lesers nie ’n enkele insetsel van ’n behoudende Afrikaner te sien kry nie. Die enigste afleiding wat mens kan maak is dat julle nie die behoudende Afrikaner se bestaan erken nie, terwyl die kommentare oorheers word deur hierdie einste  sentiment. Deur net een sentiment (wat male sonder tal deur my as leser as Anti-Afrikaner ervaar word) te huisves is mos nie ’n objektiewe of realistiese verteenwoordiging nie? Kyk mens na die toon van sommige rubrieke is dit duidelik dat die Afrikaner nie meer welkom is by die koerante waarvan hulle die mark is nie. Die oomblik as ons net sekere idees, net sekere kommentare, net sekere sentimente aanbied as verantwoordelike media, is ons besig met propaganda. Is u besig met propaganda?

In die week van 20 tot 26 Junie was koerante oorlopens toe vol met berigte rakende die besoeke van Oprah en Michelle Obama. In dieselfde week het ’n onafhanklike internasionale organisasie met die naam “Genocide Watch” (Genocidewatch.org) aangetoon dat Suid-Afrika opgeskuif gaan word na Vlak 6 uit ’n moontlike 8 vlakke van Volksmoord. Voor u dink dit is weer ’n “regse” belang wys ek u graag daarop dat daar twee groepe is waaroor die organisasie besorgd is by name die blanke populasie van ongeveer 3 miljoen sowel as die swart immigrante van ongeveer 10 miljoen. Is dit bloot swak joernalistiek dat daar nie ’n berig geplaas word dat die groter deel van u lesers alreeds 6 uit 8 stappe gevorder is in terme van volslae volksmoord nie, of skuil daar ander motiewe agter?

Dit is ironies dat ’n multi-miljoen (of is dit multi-biljoen) rand organisasie soos u miljoene rande se sensasie genereer uit vier jong mans wat ’n video maak oor hulle frustrasie met gedwonge integrasie (wat myns insiens ook ’n tipe van vryheid van spraak verteenwoordig) terwyl die direksies van Naspers en Media 24 sowel as die topbestuur van Naspers oorheers word deur wit mans. Berig na berig is geskryf oor die probleem met transformasie na aanleiding van die Reitz-debakel, dog blyk dit u direksie is baie ver van verteenwoordigend af? Inteendeel, ek sien slegs een swart man op die direksie... U hamer dus op hierdie arme vier seuns, terwyl u self skuldig is aan ’n onwilligheid om te transformeer? Miskien as u self voel watter impak dit op ’n individu en huisgesin het wanneer iemand op sy wit velkleur afgedank word, sal u ’n beter begrip hê vir die frustrasie wat duisende lesers elke week openbaar op u forums.

As leser is ek moeg vir hierdie subtiele subjektiwiteit wat in ons kele afgeforseer word. Die grootste gevaar vir vryheid van spraak is nie die regering nie, maar die media wat eenvoudig weier om sekere sienings en opinies te plaas in ’n land waar ons veronderstel is om gelyke regte te hê. As julle dan ’n mondstuk wil wees vir een of ander sentiment, wees ten minste net eerlik daaroor of as julle waarlik verantwoordelike media wil verteenwoordig, doen dit so deur almal se kant van die saak te erken!

Groetnis,

Johan van der Merwe,
Petrusburg.   

Sanderis

  • Gas
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #24 op: June 27, 2011, 11:01:28 PM »
Dit pla nie vannermerwe , seker maar reg hierso . Netjiese skrywe . Of hulle daarop gaan ag slaan is 'n ander saak ; hulle is ook maar net pionne in 'n veel groter spel .

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #25 op: June 28, 2011, 08:30:48 AM »
Sanderis,

Dit vat net een pion om op die regte tyd, op die regte plek die ander koning in warm water te sit...

Al slaan hulle nie ag daarop nie, is daar miskien 'n paar van ons mense wat doen en dan is dit die moeite werd! Jy weet self ons stryd is om ons eie mense sover te kry om "wakker" te word.

Groetnis.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #26 op: June 28, 2011, 09:12:34 AM »
Dankie van der Merwe,

Ons moet nie dat hulle stilswye ons verhoed om skrywes te rig nie. As die hoeveelheid skrywes van dieselfde trant verskriklik groot raak, sal dit later nie meer geignoreer kan word nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Taalsuiwerheid
« Antwoord #27 op: June 28, 2011, 12:32:02 PM »
Op `n ligter noot wil ek julle vertel van wyle Oom Johannes van der Walt se opbouende kritiek. Toe ek destyds Volksmikrofoon aangebied het was daar `n tyd toe hy elke Vrydagoggend van 5uur af aan diens was. In daardie tyd het Henk slegs van Maandae tot Donderdae gewerk.

Elke Vrydagoggend het Oom Johannes my op die een of ander taalfout gewys, iets waaroor ek vandag baie dankbaar is. Deesdae kry ek omtrent `n kramp as iemand die woord 'huidiglik' gebruik.

Een oggend stap Oom Johannes verby my in die gang en wens my geluk met die afgelope week se programme. Ek bedank hom vir die gelukwense en stap weg met `n lied in my hart op daardie Vrydagoggend. Ek het egter net twee tree verder gestap toe hy omdraai en sê: "James, onthou net die korrekte uitspraak is 'tee-lefoon' en nie têlefoon' nie."


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal