Skrywer Onderwerp: CVO-Skole te duur?  (Read 1547 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
CVO-Skole te duur?
« op: January 04, 2010, 12:10:34 PM »
Dan word daar gesê CVO-Skole is te duur!

Bereken gatvolheid-graad met ouderwetse somme
deur Johann Marx, Roodepoort
 2009-12-26 15:24 - Rapport
 
 Ek lees in Beeld oor die sogenaamd “te moeilike” wiskundevraestel waarmee matrieks geworstel het. Kom ons kyk of my matriekwiskunde HG (1980) nog op standaard is:

Drie kinders op skool. Totale skoolgeld vir 2009? R27?900. Daarby tel ons gou die “ekstras”. Skoolklere, boeke, boeksak, rugbyklere, kriekettoerusting, hokkiestok: R5 275. Koortoer: R3 000. Dan sit ons gou 56?km per dag by om af te laai en op te laai, want fietsry soos in ons dae bestaan nie meer nie.

Net die brandstofverbruik vir ’n jaar is R10?584. Dis ’n totale uitgawe van R46?759.

Nou kyk ons gou na die 2009-kalender en tel die dae wat die kinders by die skool was: 189. Deel nou die R46 759 deur die getal skooldae. Dit gee my R247 per dag.

Wat moet ek genereer om R247 per dag skoon uit te kry sodat ek dit aan die skool kan oorbetaal? So om en by
R345 per dag. Wil jy dit nog interessanter maak? Vind uit hoeveel word die wiskunde-onderwyser per maand betaal en deel dit deur die 189 dae wat die kinders op skool was. Herhaal nou hierdie proses vir 12 jaar, geëskaleer teen die sowat 17% per jaar wat skoolgeld die afgelope sewe jaar gestyg het?…

En wat kry jy daarvoor? ’n Nuttelose matrieksertifikaat wat, selfs met nege of tien onderskeidings op, nie vir jou ’n plek op universiteit waarborg nie?… want jy’s wit, my kind.

Nou is my gatvolheidsmeter in die rooi. Pleks dat ek nooit wiskunde geneem het in 1980 nie.   

Ek is Afrika-versadig.

... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: CVO-Skole te duur?
« Antwoord #1 op: January 04, 2010, 05:25:36 PM »

Drie kinders op skool. Totale skoolgeld vir 2009? R27?900.

Ek sal graag in 'n volkstaat wil sien dat behoeftige kinders volle subsidie vir skool- en universiteitsopleiding ontvang . Natuurlik gebonde aan sekere voorwaardes .

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: CVO-Skole te duur?
« Antwoord #2 op: January 04, 2010, 05:58:19 PM »
Ek stem saam Sanderis, my enigste voorwaarde sal wees dat sulke subsidies deur welsynsorganisasies en kerke gefinansier word eerder as 'n vorm van belasting op die meer welaf volkstaters.

So bring die Christen volkstaters hulle tiendes na die kerk - die kerkraad weet wie is in die knyp weens onvoorsiene omstandighede en wie is bloot net lui en kan dan daarvolgens voorsien.

Die Christen word deur sy gesindheid ingebind en so ook die kerk - so sal die arm Afrikaner wat die voordeel ontvang altyd dankbaar wees en nie voel hy het 'n reg daarop nie.

Ek persoonlik erken nie die reg op gratis of vrye toegang tot onderwys nie. Alhoewel ek toegang tot onderwys vir almal gun, glo ek nie enigeen het die reg daartoe nie. Myns insiens het ons slegs positiewe/natuurlike regte, bv. die reg op lewe, die reg op eiendom, ens.

As iemand welaf 'n suinige vrek is en niks wil gee nie, dan is dit sy keuse en sal hy eendag self daarvoor verantwoording moet doen, maar mens kan nie 'n plig van welwillindheid op hom plaas deur hom te belas nie of die idee by die armer Afrikaner skep dat hulle enigsins 'n reg op die vrugte van iemand anders se harde werk het nie.

Ek woon hier in die Verenigde Koninkryk en die lys van nadele van 'n welsynstaat is eindeloos.

Die hoekstene van 'n volkstaat moet altyd die volgende beginsels wees:

1) Volkseie arbeid
2) As jy nie werk nie moet jy nie eet nie.

Groete

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Re: CVO-Skole te duur?
« Antwoord #3 op: June 29, 2010, 02:46:35 PM »
Maar die owerheid van die volkstaat kan tog nie toelaat dat die arme kinders ly as gevolg van die misdadigheid (d.w.s. luiheid) van hulle ouers nie!  ???

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Re: CVO-Skole te duur?
« Antwoord #4 op: June 29, 2010, 04:08:09 PM »
Ek is van mening dat as al die blanke ouers hulle kinders in CVO skole sit, kan die CVO skole dalk minder vra.  As daar ook 300+ kinders in 'n CVO skool is sal selfs die onderwysers beter vergoed kan word.
Die probleem wat baie studente het is dat hulle lenings het om terug te betaal dus kan hulle nie oorleef as hulle by 'n CVO skool klas gee nie.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Sanderis

  • Gas
Re: CVO-Skole te duur?
« Antwoord #5 op: June 30, 2010, 09:48:30 PM »
Maar die owerheid van die volkstaat kan tog nie toelaat dat die arme kinders ly as gevolg van die misdadigheid (d.w.s. luiheid) van hulle ouers nie!  ???

My gevoel ook Johann . Daar sal iewers 'n middeweg gevind moet word .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal