Skrywer Onderwerp: SA Sucks webwerf moderator gearresteer  (Read 1201 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
SA Sucks webwerf moderator gearresteer
« op: November 05, 2009, 09:10:03 PM »
Dit wil vir my lyk of die moderator van die webwerf SA sucks in hegtenis geneem is. Wat die klagte is weet niemand nog nie. Die webwerf is bekend vir sy publikasie van al die misdaad wat in SA gebeur.
Wil die anc nou begin toeslaan op webwerwe wat hulle misdaad aan die wereld uitwys? Hier is 'n duidelikke verband tussen Litnet en die arrestasie van die sogenoemde "Uhuru Guru" 

Sanderis

  • Gas
Re: SA Sucks webwerf moderator gearresteer
« Antwoord #1 op: November 05, 2009, 10:30:25 PM »
Sover ek weet (facebook) is hy weer vrygelaat . Die aanklagte teen hom was nie geldig nie en is uit die hof? gegooi .

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: SA Sucks webwerf moderator gearresteer
« Antwoord #2 op: November 07, 2009, 11:12:24 AM »
‘Uhuru Guru’ vas oor bedrog
2009-11-07 02:41
 

Daniëlla du Plooy

’n Johannesburgse man wat ’n anti-Suid-Afrika-blog op die internet het, is Woensdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op al sy rekenaartoerusting.


Mnr. Bert Oosthuizen, ’n IT-spesialis van Randburg, is volgens die polisie die webmeester van dié regse blog, getiteld South Africa Sucks (SAS).


Daar is op die blog beweer hy is in hegtenis geneem weens inskrywings wat hy daarop gedoen het. Op dié blog noem Oosthuizen homself slegs “Uhuru Guru” (UG) en skryf hy wil “om sakeredes” nie sy naam bekend maak nie.


Oosthuizen het gister gesê sy regsadviseur het hom aanbeveel om nie nou kommentaar te lewer nie, al “het ek baie om te sê”.


Volgens kapt. Julia Claassen, provinsiale polisiewoordvoerder, is die aanklag teen hom bedrog. Dit dateer van 1993.


Ná die inhegtenisneming, toe Oosthuizen by die Linden-polisiekantoor in aanhouding was, het iemand namens hom ’n inskrywing op SAS gedoen: “Uhuru Guru is vanoggend omstreeks 06:30...in hegtenis geneem. Sy deur is afgeruk, sy vrou is nie toegelaat om oproepe te maak nie...en sy klein dogtertjies is uit hul beddens gepluk. Jy kan nie die wreedheid glo nie!”


Die webwerf beweer ’n “massiewe polisiekontingent” van minstens vyf spesialiseenhede, waaronder georganiseerde- en kubermisdaadeenhede, het sy huis deurgesoek en sy rekenaartoerusting geneem.


Op die webwerf word geskryf nadat die polisie die eiendom deurgesoek het, het “twee grys, obskure karakters hom oor die blog ondervra. Wit, Afrikaanse mans, daarby.


“Hulle...het hom ook ondervra oor watter ver regse vergaderings hy bygewoon het. Die antwoord was geen.”


Claassen het dié bewerings ten sterkste ontken. “Die polisie het ’n lasbrief gehad om Oosthuizen se huis te deursoek. Dit is op ’n professionele wyse gedoen en sy bewerings is vals.”


Die SAS-webwerf het beweer Oosthuizen se saak was eergister “nie eens op die hofrol nie en (daar) is geen klag teen hom ingedien nie”.


“Hy (moes) ongelukkig die aand in ’n sel slaap saam met omtrent ’n dosyn swartes.”


Volgens Claassen het Oosthuizen in die Randburgse landdroshof verskyn en is die saak uitgestel.


Wat is op die blog?
)Talle berigte oor swart-op-wit misdaad, dikwels vanuit ander

nuusbronne, maar met veranderde opskrifte.

) Artikels soos “Hoe die regime die wit volksmoord toesmeer”.

) Talle rassistiese spotprente en grappe.

) Grafiese foto’s van wat na bewering misdaadslagoffers is.

 

- Beeld

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/10ac7219a3f544218ff95c37aed6c3b5/07-11-2009-02-41/%E2%80%98Uhuru_Guru%E2%80%99_vas_oor_bedrog
VOEL TUIS


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal