Skrywer Onderwerp: Optog teen plaasgeweld  (Read 1148 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4392
  • Ons sal nooit opgee nie !!
    • Friendfeed
Optog teen plaasgeweld
« op: January 20, 2010, 12:56:46 AM »
Ek dink Bravolanders wat naby Pretoria woon behoort die aksie te ondersteun aangesien Bravoland 'n medelidorganisasie is van die AF.

Optog teen plaasgeweld beplan
19/01/2010
http://www.landbou.com/node/48952

Om teen plaasgeweld te betoog reël die TLU SA Noord se Jongboerkomitee ‘n optog wat op 6 Februarie in Pretoria sal plaasvind. Die optog begin om 09:30 by die LC de Villiers sportveld in Hatfield, Pretoria, af.

Dit eindig by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se hoofkantoor op die hoek van Pretorius- en Paul Krugerstraat, waar ‘n manifes oorhandig sal word.  Mnr. Dries Joubert, TLU SA Noord se hoof van kommunikasie, sê plaasaanvalle en –moorde is besig om die intensiteit van ‘n konvensionele oorlog aan te neem.

“Sedert 2004 is 2 500 boere reeds vermoor. Die georganiseerde landbou oorkom baie uitdagings suksesvol, stabiliseer die plattelandse ekonomie en skep werk. Misdaad is egter die een aspek wat die volhoubaarheid van landbou ondermyn.”

In die manifes wat oorhandig gaan word, spreek TLU SA Noord sy kommer uit oor die vernietiging van die kommando-stelsel sonder dat ‘n werkbare struktuur in sy plek daargestel is.

In die manifes word vier eise gestel:

•    Die Presidensie moet erken dat die Polisie nie in staat is om die brutale aanvalle en moorde op kommersiële boere te voorkom nie.
•    Dat die gebruik van ‘n roterende groen lig aan die TLU SA se plaaswagstelsel aanvaar sal word.
•    Dat die Regering fondse sal voorsien vir ‘n konferensie wat sal fokus op plaasaanvalle en –moorde in ‘n poging om oplossings te vind. Die ondertekenaars van die manifes beoog om die konferensie te reël.
•    Dat plaasaanvalle en –moorde as apart in die Polisie se misdaadstatistiek vermeld moet word.
http://bravolandmedia.blogspot.com

Vir navrae oor Arbeidsaangeleenthede besoek gerus  Navrae en versoeke en plaas asseblief u navrae daar .
MOENIE vir my 'n epos stuur m.b.t. arbeidsnavrae nie . Ek sal dit ignoreer .


sanderis@bravoland.co.za

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Optog teen plaasgeweld
« Antwoord #1 op: January 20, 2010, 02:13:51 AM »
Voorlopig sal ek ook gaan, as iets voorval sal ek laat weet.

Groete

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1475
Re: Optog teen plaasgeweld
« Antwoord #2 op: January 20, 2010, 07:02:36 AM »
Dit is jammer dat dit bots met Volkshulp se potjiekosdag.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Optog teen plaasgeweld
« Antwoord #3 op: January 20, 2010, 07:58:52 AM »
Ek is in die Ooskaap en sal dit nie kan maak nie, maar baie sterkte met die optog. Ons kan nie vir 'n oomblik meer stilbly nie want die media praat nie genoeg hieroor nie. Dis in elk geval nou (uit nood) en ook met die wereld se oe op ons die beste tyd om te praat. Dis ook goed om te sien dat die wereld begin kennis neem (miskien te stadig, maar seker).
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Optog teen plaasgeweld
« Antwoord #4 op: January 20, 2010, 07:33:28 PM »
Ek is by die potjiekosdag van Volkshulp 2000, gevolglik sal ek nie daar kan wees nie.

Afwesig Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4392
  • Ons sal nooit opgee nie !!
    • Friendfeed
Re: Optog teen plaasgeweld
« Antwoord #5 op: February 08, 2010, 12:32:27 PM »


PLAASMOORDE: JONGES SE PROTES

  Deur SUSAN BOTES
Vir die eerste keer het die *TLU SA se Jongboer-komitee* Saterdag sy stem oor 
*plaasmoorde *dik gemaak.

Net minder as 100 mense het vanoggend by die Voortrekkermonument in Pretoria 
byeengekom om teen plaasslagtings te protesteer.

(*Byskrif*: Mnre. Kobus du Plessis, Hendrik du Plessis, me. Elandi Rautenbach 
en mnr. Francois du Plessis he die byeenkoms bygewoon. Kobus en Hendrik woon 
in Pretoria woon, en Elandi en Francois op Potchefstroom.

Mnr. Johan van Biljon, hooforganiseerder, sê terwyl die wêreld in aanloop 
tot die 2010 Sokker -wêreldbeker van hul veiligheid in Suid-Afrika verseker 
word, dui onafhanklike databasisse dat plaasaanvalle toeneem.

Van Biljon het ‘n memorandum oor die TLU SA se Jongboere se standpunt 
tydens die geleentheid voorgelees. Die dokument sou aan die polisie oorhandig 
word, maar daar was nie ‘n verteenwoordiger wat dit in ontvangs kon neem 
nie. Van Biljon het egter gesê die komitee sal dit later aan die owerheid 
oorhandig.

Dr. Duncan Prinsloo, ‘n veearts, het vertel hoe sy vrou op 20 November 
doodgeskiet is en dat dieselfde koeël hom in die rug getref en verlam het. 
“As dit nie vir God se genade was nie, sou dit maklik gewees het om ná die 
insident te gaan lê het.”

Prinsloo se beserings was so ernstig dat hy steeds nie sy besigheid soos in 
die verlede kan bedryf nie en nou is hy in die proses om van sy plaas afstand 
te doen. “Omtrent 42 mense is afhanklik van die plaas en nou gaan hul 
moontlik nie ‘n heenkome hê nie as gevolg van die aanval,” het hy 
emosioneel gesê.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, sê plaasaanvalle laat 
hom vertroue in die polisie se vermoë om misdaad te beveg verloor. “Die 
Regering se primêre taak is om na die veiligheid van sy land om te sien. 
Natuurlik is daar steeds goeie polisiemanne, maar ons sit met ‘n korrupte 
polisiemag. Misdadigers weet dis die heel beste plek om te skuil.”

6 Februarie 2010

 * Plaasveiligheid [3]

------------------------------------------------------------------------------
*Source URL (retrieved on /8 Feb 2010 - 12:19/):* 
http://www.landbou.com/bedrywe/bedryfsake/plaasveiligheid/plaasmoorde-jonges-se-protes 
[4]

[1] http://www.landbou.com
[2] http://www.landbou.com/
[3] http://www.landbou.com/bedrywe/bedryfsake/plaasveiligheid
[4] http://www.landbou.com/bedrywe/bedryfsake/plaasveiligheid/plaasmoorde-jonges-se-protes

http://bravolandmedia.blogspot.com

Vir navrae oor Arbeidsaangeleenthede besoek gerus  Navrae en versoeke en plaas asseblief u navrae daar .
MOENIE vir my 'n epos stuur m.b.t. arbeidsnavrae nie . Ek sal dit ignoreer .


sanderis@bravoland.co.za


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal