Skrywer Onderwerp: Pionier-Instituut se eerste Afrikaanse kursusse vanaf Maart 2010  (Read 1067 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Soek jy ‘n kursus op internasionale standaard wat jou

  • voorberei op ‘n loopbaan in die sakewêreld, politiek of veiligheidsektor
  • ontwerp is deur vooraanstaande akademici en ervare praktisyns
  • persoonlike aandag verseker om jou potensiaal te help verwesenlik
  • leer om te ontleed hoe politieke gebeure die ekonomiese kanse in ander wêrelddele ingrypend kan verminder of vermeerder
  • in Afrikaans onderrig
  • laat aansluit by ‘n groeiende internasionale netwerk in die veld?

Die Pionier-Instituut is as opvoedkundige stigting in Nederland geregistreer en bied die volgende sertifikaatkursusse in 2010 aan:

  • Politieke risiko-analise
  • Wapenstryd in politieke ordes
  • Politieke kragte en  sleutellande in Afrika
  • Strategiese leierskap
 
Indien jy belangstel om in te skryf vir ‘n kursus, stuur ‘n e-pos na info@pionier-i.org en dui aan in watter kursus(se) jy belangstel.

Toelatingsvereistes

Enigiemand met 'n graad van ‘n erkende universiteit mag die kursusse volg. Die koste per kursus is R3000. Beurse wat tot 50% van die koste dek mag op meriete toegeken word. Die registrasieproses sal vanaf middel-Februarie plaasvind deur elektroniese kommunikasie met die administrasie-afdeling. Die kursusse begin in Maart 2010.

Sien ook die webwerf van die Pionier-Instituut by http://www.pionier-i.org

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Pionier-Instituut se eerste Afrikaanse kursusse vanaf Maart 2010
« Antwoord #1 op: January 22, 2010, 02:21:36 PM »
Boo,

Dankie vir die inligting, ek wil net bevestig dat jy toestemming het van hierdie mense om die inligting te plaas. Die rede vir my vraag, is dat hulle by 'n vorige geleentheid ongemaklik was dat daar inligting van hulle op Bravoland geplaas word en het versoek dat dit verwyder word, wat ons ook gedoen het.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Pionier-Instituut se eerste Afrikaanse kursusse vanaf Maart 2010
« Antwoord #2 op: January 22, 2010, 02:24:28 PM »
Goeie punt Ben,

Ek kan bevestig dat ek vooraf toestemming gekry het om die inligting hier te kom plaas.

Dankie vir jou begrip en geduld.

Groete

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Pionier-Instituut se eerste Afrikaanse kursusse vanaf Maart 2010
« Antwoord #3 op: January 27, 2010, 10:44:03 AM »
Ek het gister inligting aangevra van die onderskeie kursusse wat hulle aanbied, daar is vier, en dit lyk baie interessant. Ek dink ek sal definitief vir een van hulle inskryf.

Dit kos R3000 per kursus, en jy kan dalk nog 'n beurs kry vir die helfde van die koste wat op meriete toegeken word.

Ek weet nog nie watter kursus nie, elke kursus bied waardevolle inligting. Ek sal maar liewer nie die inligting hier plaas nie, want ek het nie toestemming nie.

Laat weet maar as ek die inligting vir enigiemand per e-pos moet aanstuur.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal