Skrywer Onderwerp: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008  (Read 2789 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Gary

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 10
F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« op: January 07, 2009, 10:00:39 AM »
http://www.youtube.com/watch?v=Q74GfWOk_JY

In hierdie onderhoud erken F.W. dat die NP reeds in 1981 al begin het met planne vir oorgawe, wat dan ook ʼn erkenning is dat  die NP hulle kiesers al van daardie tyd af verlei het, ek onthou die plakkaarte nog soos gister; EIE SKOLE, EIE WOONBUURTES ens.

Nie dat dit vir my nuus is nie, maar eerder ʼn bevestiging van my oortuigings van daardie tyd.


Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4072
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #1 op: January 07, 2009, 10:06:01 AM »
Ek dink dit is bewyse soos hierdie wat FW verplig om te bly erken dat dit 'n goeie verandering was, want as hy nou sou murmereer, gaan hierdie getuienis teen hom tel
Kennis is mag

Afwesig Gary

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 10
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #2 op: January 07, 2009, 10:14:50 AM »
Die waarheid sal uitkom!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #3 op: January 07, 2009, 07:22:51 PM »
Dit is goed dat die waarheid nou uitkom.  Wie was die eier van die NP in 1981?  Was dit toe ook F. W. De Klerk.  Dit ontglip my bietjie.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Francois Coetzee

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 77
  • Invictus
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #4 op: January 07, 2009, 07:26:31 PM »
Leaders

    * J.B.M. Hertzog   (1914–1934)
    * D.F. Malan         (1934–1953)
    * J.G. Strijdom      (1953–1958)
    * H.F. Verwoerd    (1958–1966)
    * B.J. Vorster        (1966–1978)
    * P.W. Botha         (1978–1989)
    * F.W. de Klerk (1989–1997)
    * Marthinus van Schalkwyk (1997–2005) (as the New National Party)

http://en.wikipedia.org/wiki/National_Party_(South_Africa)

Vriendelike groete

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #5 op: January 07, 2009, 07:28:56 PM »
Dankie Francois.  Ek sien dit was ou Botha oor wie my broer so mal is.  Ek en hy praat glad nie kerksake of politiek nie want ons bots ongelukkig maar ek dink dis sy vriend wat hom so beinvloed.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #6 op: January 07, 2009, 07:30:53 PM »
Nog 'n vraag.  Kan mens die video klip op 'n manier aflaai op mens se rekenaar en indien, hoe.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Francois Coetzee

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 77
  • Invictus
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #7 op: January 07, 2009, 07:56:11 PM »
http://youtubedownload.altervista.org/

Ek gebruik dit om videos af te laai.

Die program skakel die afgelaaide lêer ook om (convert).

Vriendelike groete

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #8 op: January 08, 2009, 07:12:00 PM »
"Lift the ban on opposition parties..." so by 0.33

Wat de hel?

Lift the ban on terrorist organisations eerder!

Maar ou Flatwheel het dit darrem op 'n manier ingetrek toe hy sê die ANC het in die 80's burgerlikes begin teiken.

FW se verwysing na die geïntegrerde ekonomie maak dit duidelik dat ekonomies beleid na Verwoerd se dood nie eintlik afsonderlike ontwikkeling ondersteun het nie. Die verstedeliking van die swartes na veral die myne was natuurlik ook 'n groot faktor gewees.

Sy ander argument dat die Afrikaner te veel grond gesoek het is ook insiggewend, veral as ons vandag nog sien hoe dit steeds die een grootste argument (vanuit ons eie geledere) teen die volkstaatgedagte is. Hierdie land is ons land - klink dit nie bekend nie?   

Waarom die RSA-regering nooit 'n Afrikanerstaat ook van stapel gestuur het nie - netsoos die destydse TBVC lande - gaan my verstand nogsteeds te bowe. Dit sou 'n hele ander dinamika aan die hele onderhandelingsproses gegee het. As ou FW so spog dat hulle hulself reeds in 1981 begin posisioneer het, wonder ek waarom hulle nie hierdie "teenwig" toe begin inbou het nie... Maar nou ja, hulle sê mos retrospeksie is 'n eksakte wetenskap.

Vir my was dit 'n baie insiggewende onderhoud.

Groete

« Laaste verandering : January 08, 2009, 07:39:39 PM deur Boo »

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #9 op: January 08, 2009, 10:17:55 PM »
Goed gestel Boo.

Die feit is dat hy hy nou met woorde speel om sy verraad-aksies te regverdig.

1.  As die regering dan so lankal tot hierdie besef van onregverdigheid en ongeregtigheid gekom het, waarom het hulle dit nie openlik gedoen nie - waarom so lank vir die kiesers gelieg? Wat hy eintlik beweer, is dat hy net uitvoering gegee het aan die beleid van sy voorganger. (In n mate is dit waar - die wet op gemengde huwelike, en die groepsgebiede-wet is n P.W. Botha se tyd al nie meer toegepas nie, en herroep - dit tewyl die NP openlik vir die kiesers gelieg het oor eie skole en woongebiede voor verkiesingstyd.)

2. Mandela en kie is vrygelaat sonder dat hulle ooit geweld afgesweer het - dus steeds terroriste. Hy het dus nie net onderhandel nie, maar alle mag oorhandig aan terroriste.

3. Waarom het hy vooraf met die buiteland saamgesweer in terme van eksterne ingryping in SA indien hier n staatsgreep sou wees deur regse elemente?

4. Waarom is 13 generaals in een nag afgedank en van alle mag gestroop? Wie het hierdie aksie beplan en gekoordineer?

Jou gedagte dat n Afikanerstaat jare gelede al van stapel gestuur moes word tref die kol. Daarsonder is ons eenvoudig ingesleep in n eenheidsbestel met vae beloftes van die moonlikheid van n Volkstaat. As so iets de Jure onder hierdie huidige bestel realiseer sal ek persoonlik vir F. W. en die VF plus om verskoning vra.

Ek vermoed dat n selfstandige Afrikanerstaat Dr Verwoerd se visie was - om juis te skei dit wat nie saam gehoort het nie. So iets dui op die visie wat n mens van n staatsman verwag.

Na Dr. Verwoerd sal jy egter tevergeefs na staatsmanskap soek in leierskap van die die NP.



Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Gary

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 10
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #10 op: January 09, 2009, 09:57:45 AM »
Hier vertel P.W. Botha van sy plan



Wat het vir F.W. so gedryf om die een man een stem ten alle koste in plek te kry?

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #11 op: January 09, 2009, 11:05:11 AM »
Het P.W. Botha en F.W. de Klerk saamgewerk in die hele plan?  Anders wonder ek hoe het de Klerk al in 1981 al so baie mag gekry.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #12 op: January 09, 2009, 08:34:07 PM »
Johan, hierdie kan n baie lang gesprek word.

Hierdie saak moet beskou word tin die lig van die stempel wat P.W. Botha afgedruk het op die politieke arena van die laat 70's tot laat 80's, m.a.w. sy leierskapstyl. Dan moet n mens ook kyk na die redes agter sy optredes, d.w.s. wat hom so laat optree het.

In kort, nee ek glo nie P.W. Botha was nie deel van die finale plan soos jy dit stel nie . Hy was n politikus van formaat as dit gekom het by organisering en die opbou van n persoonlike magsbasis. In hierdie proses het hy egter swak staatmanskap, en totale gebrek aan toekomsvisie  openbaar. Hierdie feit het grootliks bygedra tot die situasie waarin ons ons vandag bevind.

Ek maak hierdie stelling om die volgende redes:

1. P. W. Botha het nie enige sterk moontlike opposisie in eie geledere, d.w.s. binne die Nasionale party geduld nie. Die politieke dier binne hom (groot krokodil was sy bynaam),  het eerder verkies om homself met swakkelinge en ja-broers te omring, sodat sy leierskap nie in twyfel getrek kon word nie. n Goeie staatsman met visie, sou eerder die vraag gevra het: wie moet my opvolg?

2. In die Sewentigerjare het daar n sterk figuur na vore getree binne die Nasionale Party in die persoon van Dr. Andries Treurnicht. Sy kiesafdeling was Waterberg, en politieke ontleders van daardie tyd het Waterberg as n barometer-kiesafdeling beskou. (Dit beteken n kiesafdeling wat die leierskap van die toekoms aandui - dit was ook eens die setel van die Leeu van die Noorde - voormalige eerste minister Hans Strydom).

3. Dr. Treurnicht se agtergrond, geleerdheid, leierskap, redenasie-vermoe en toekomsvisie het veroorsaak dat hy baie vinnig opgang gemaak het binne die NP - so het hy binne 8 jaar die leier van die NP in die Tansvaal geword, die mees senior provinsiale leier aangesien die Transvaal die meeste setels verteenwoordig het.

4. As leier van die NP in die Transvaal moes Dr. Treurnicht op die kabinet dien, derhalwe moes P. W. Botha hom n minister maak. P.W. Botha het egter oorskadu en bedreig gevoel in alle opsigte, en wou hom nie n staatsdepartement gee waar hy nog meer gewild kon word nie, derhalwe word hy toe maar minister sonder portfeulje.

Wat daarna gebeur het is geskiedenis. Ons kan verder hierop ingaan, maar kom ons volstaan vir nou deur die volgende bewering te maak:

P. W. Botha het die Nasionale Party gestroop van staatsmanskap en visie ter wille van sy eie leierskap en politieke doeleindes. Hy het dus geveg teen diegene wat hierdie Volk se belange eerste gestel het ter wille van sy eie belang.

Wanneer daar gekoukus was om n nuwe partyleier te kies, is die keuse gewoonlik die leier van n provisie. Watter provinsie het die meeste setels en sterkste aanspaak op leierskap gehad - Transvaal.

Wie het vir Dr. Andries Treurnicht opgevolg as leier van die NP in Transvaal nadat Dr. Treurnicht uitgedryf is? P. W. Botha se keuse, n man wat nie vir P.W. enige bedreiging kon inhou nie.

Wie het vir P.W. opgevolg? Die leier van die NP in die Transvaal, iets wat net kon plaasvind in die verrote stank van die NP se ontbinding.

Dit is P.W. Botha se nalatenskap.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Gary

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 10
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #13 op: January 10, 2009, 04:05:41 PM »
Meerkat,

Baie insiggewend, dankie.

Wat dink jy het vir FW gedryf?


Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #14 op: January 10, 2009, 10:22:40 PM »
Erik, jy vra wat F. W. de Klerk gedryf het.

Hierdie is n onderwerp waaroor maar net gespekuleer kan word. Wat motiveer iemand om sy eie mense aan hul vyande verraai? Is dit n behoefte aan erkenning, n grootheidswaan, verwerping deur jou eie mense, geld of weerwraak? Dalk n kombinase van bogenoemde om die bitterheid so effens te versoet?

Was die man reeds te ver op n pad sonder kans vir omdraai? Was hy in beheer van sy eie aksies?

n Mens sal n ontleding moet maak van sy lewensgeskiedenis en omstandighede, om dan hieruit die motivering vir sy optredes te soek.

Veral sal n mens ook moet kyk na die omstandighede van - en opsies vir die Nasionale Party op die stadium toe F. W. de Klerk president geword het.

Persoonlik dink ek dat hy die leiding van die NP in n doodloopstraat oorgeneem het - die blanke kiesers was reeds besig om die rug te draai op hom en die NP. Dat hy dus internasionale erkenning gesoek het om te kompenseer - n vorm van grootheidswaan?

n Mens kan nou dieper ingaan op sy familie-geskiedenis, maar ek wil eers graag n paar ander Bravolanders se menings hoor.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Winter

  • Gas
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #15 op: January 10, 2009, 10:47:16 PM »
Hy is internasionaal bekroon met 'n Nobel vredesprys. Die wereld was aan sy voete en ZA aan skerwe. Sy skaal het aan die internasionale kant swaar gehang en sy ZA kant van die skaal, was geheel afgeruk. Die teenwig het hy nie eens gevoel nie en van sy onderhandel het verhandel gekom. Hy is en bly 'n Volksverraaier.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #16 op: January 11, 2009, 09:42:37 AM »
Ek verstaan wat jy bedoel Winter, en deel jou sentiment dat hy verraad gepleeg het teenoor n Volk. Maar hierdie Volk het nou geen land van hul eie nie, hulle is n minderheid in n groter eenheidsstaat. Onder hierdie omstandighede maak dit hom ex post facto onaantasbaar in die status quo.

Die erkende kriteria vir hoogverraad vereis dat jy sekere aksies neem teen jou land, daar is nie sprake van n volk nie. DIt is dan ook sy houding - dat hy as president in landsbelang opgetree het, en derhalwe volksbelang ondergeskik gestel het hieraan.

Ons hou dus by Volksverraad (nie n erkende misdaad nie), soos jy aangedui het

Jy noem die belonings as motivering vir sy optredes: Internasionale erkenning, en vergoeding in terme van die Nobel-prys. Ek dink jy is heeltemal korrek, maar dalk is hierdie net die versiersuiker, en moet n mens die bestanddele van die koek n bietjie dieper gaan soek.

Dit is maklik om te praat, maar ek glo nie ek en jy sal vir al die geld en erkenning in die wereld ons Volk laat onderwerp aan die tirrannie van n Afrika-meerderheid in n eenheidsstaat, met alles wat daarmee gepaard gaan nie. Ek wil nie Boerebloed aan my hande he nie - dan liewers arm en onbekend. Die rede hiervoor is eenvoudig dat ons n sekere gevoel teenoor hierdie Volk koester. Gevoelens wat nog nie getoets en ondermyn was in die dampkringe van politieke mags-newels nie

Dalk moet ons dus ook gaan kyk na presies wat F. W. de Klerk se houding en gevoelens was jeens die Konserwatiewe Afrikaner, asook wat hierdie gevoelens veroorsaak het.

Dit is die bestanddele van die koek.

Dan is daar nog n faktor wat nie onderskat moet word nie. Op die stadium toe F. W. de Klerk die leierskap van die NP oorgeneem het was die NP n sinkende skip. Die gety het gedraai, en die NP sou nie nog n algemene verkiesing as regerende pary oorleef het nie - dit was feitlik n uitgemaakde saak. Meeste politici het n politieke oorlewingsdrang en integriteit van n rot op n sinkende skip. Gaan hy saam onder? Nee hy soek n ander skip.

Was hy welkom in konserwatiewe geledere? Nee, dan maar die internasionale skip met die luukse kajuit.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Winter

  • Gas
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #17 op: January 11, 2009, 10:06:58 AM »
Soos u se: "Ek wil nie Boerebloed aan my hande he nie - dan liewers arm en onbekend".

So die regte ding sou wees om te doen om dan maar liewer uit te tree as om aan te gaan.

Ek en so menigte van ons is nie getoets in die politieke dampkring nie, maar die wat hulle blootstel was veronderstel om die pligsbesef te gehad het en die Volk (die kiesers) se belange op die hart te dra en ook die besef moes he die pak wat na hulle kant toe sal kom ten tyde van hulle diensplig as politikus. Instede van baklei teen die elemente is daar saamgestroom met die elemente. Kiesers is soms soos skape en as die leier dan ook nog 'n skaap is, is 'n ramp oppad.

Een van die belangrikste lesse en manier van lewe is seker: Moenie jouself in 'n posisie of situasie plaas waar dit as afdreigmiddel teen jou gebruik kan word nie. Nie altyd moontlik nie, maar ons probeer nogtans. Of FW afgedreig was of aan een of ander form van intimidasie blootgestel was of maar 'n swak karakter gehad het of willens en wetens sonder skuld gevoel gehandel het nie, kan ek nie se nie...ek het nie die feite nie.

Afwesig Gary

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 10
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #18 op: January 11, 2009, 11:01:51 AM »
Dankie Meerkat,

So, PW was nie ʼn goeie leier nie a.g.v. sy ego, en FW was nooit ʼn leier vir sy volk nie, want hy het sy volk verruil vir ʼn Nasie, ongelukkig het sy kiesers dit nie geweet, of die gevolge daarvan nie besef nie.

Wat van Vorster?


Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: F.W. de Klerk onderhoud 17 Desember 2008
« Antwoord #19 op: January 11, 2009, 01:23:04 PM »


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal