Skrywer Onderwerp: Opwindende nuus van die VVK  (Read 6402 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #20 op: January 26, 2010, 08:03:57 PM »
Mense, ek weet nie veel van die vvk nie, maar sal graag wil weet wat hulle plan is? Ek verstaan dat hulle verkiesing wil hou tussen volksgenote, maar kan nie verstaan wat die voordeel daarvan sou wees nie, ook kan ek nie verstaan hoe hulle verkiesbare kanidate saam sou stel nie, kan iemand dalk die buite lyne plaas dat ek en ander oningeligdes ook kan verstaan?


Die VVK, soos die naam aandui, is 'n verkiesings kommissie, wat 'n verkiesing reel vir 'n volksraad. Hierdie verkiesing sal plaasvind in Mei 2011. Kandidate sal deur volksgenote genomineer word en moet gesekondeer word (as ek reg onthou deur 100 volksgenote). Die volksraad wat uit hierdie proses verkies word, sal 'n mandaat van die volk besit om namens die volk aanspraak te maak op vryheid ('n volkstaat).

Dit is dieselfde stelsel wat die Voortrekkers en die Boererepublieke gebruik het.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #21 op: January 26, 2010, 08:15:43 PM »
Ben kan ek enigiemand nomineer? Die persone wat genomineer word word hy vooraf in kennis gestel dat hy genomineer is? Hoeveel persone gaan genomineer word?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #22 op: January 26, 2010, 08:22:46 PM »
Mike,

Jy kan enige volksgenoot nomineer, solank jy 100 geregistreerdekiesers kry om daardie nominasie te sekondeer. Wanneer 'n genomineerde verkiesbaar is, sal hy in kennis gestel word. Oor die hoeveelheid nominasies, hang van die volk af.

Laat ons egter by die begin, begin. Is jy al geregistreer om te stem?

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #23 op: January 26, 2010, 09:15:47 PM »
Ben, sien my vrae asseblief in die regte positiewe lig, om te wys dat ek nie negatief is nie aanvaar dat ek reeds gerigastreer het. Nie omdat ek noodwendig saamstem nie maar omdat ek momentum gee aan hulle gedagte.

Nou my vrae:
Op n ander draad lees ek dele van die grondwet van die vvk, punt 32 of so iets. Wat voordat so volksraad verkies is reeds reels neerle?
Hiermee kan ek nie saamgaan nie, waarop dit neerkom is dat daar weer mense is (en jy is bewus van ander groepe wat ook vir die volk wil dikteer wat die volk moet doen) wil vooraf dikteer, hierdie systap die onafhanklikheid van so komisie geheel en al. Hoe sal daar voorkom word dat hierdie vooraf gedikteerde grondwet nie in kanidate se kele afgedruk word nie?

groete

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #24 op: January 27, 2010, 08:00:40 AM »
Mike,

Jy kan enige volksgenoot nomineer, solank jy 100 geregistreerdekiesers kry om daardie nominasie te sekondeer. Wanneer 'n genomineerde verkiesbaar is, sal hy in kennis gestel word. Oor die hoeveelheid nominasies, hang van die volk af.

Laat ons egter by die begin, begin. Is jy al geregistreer om te stem?

Dankie! Ben ja ek is geregistreer. Ek verstaan nou, ek is nog net bekommerd oor die aantal kiesers wat volgende jaar gaan stem, gaan hulle genoeg wees. 

Sanderis

  • Gas
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #25 op: January 27, 2010, 08:09:08 AM »
Miskien moet ek dit maar plaas om jou vrae te antwoord .

Aanhaling
Op Saterdag 23 Januarie 2010 het die VVK onder die uiters bekwame
leiding van Mnr. Dolf Buitendag 'n strategiese beplanningsessie gehou;
bygewoon deur die Sentrale Komitee, Verkiesing Streek-Koördineerders
vanoor die hele land; asook ander belangstellendes (waaronder die
nimlike en skerpsinnige Professor Adriaan Pont – dankie vir die
insette, Prof!).


Die beplanningsessie vorm 'n waterskeiding in VVK-beplanning tot
dusver; aangesien besluit is om wel 'n verkiesingsdatum asook beoogde
kieser-getalle vas te stel – alles aspekte waaraan die VVK homself tot
dusver nie wou vasbind nie. Daar is egter gevoel dat die uitdagings in
die oë gekyk moet word en teiken-getalle en teiken-datums vasgestel
moet word, sodat almal van ons vaster doelwitte het om heen te werk.

'n Reusagtige hoeveelheid werk is in die loop van die beplanningsessie
geïdentifiseer; en die doelwitte wat gestel is kom neer op die
volgende:
*Beoogde aantal kieser-registrasies: minimum van 200 – 250 000 persone.
*Aankondiging van verkose Volksraad: 31 Mei 2011 (laasgenoemde datum
sal ook die 50-jarige herdenking wees van die totstandkoming van die
Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961)

Bogenoemde impliseer die volgende afsnydatums:
*kieser-getalle op 60 000 - kerf teen 30 Junie 2010.
*kieser-getalle op 150 000 - kerf teen 31 Desember 2010.
*kieser-getalle op 200 duidend tot 250 duisend teen 27 April 2011
*afsnydatum vir nominasies as kandidate: 4 Maart 2011.
*afsnydatum vir kieser-registrasies: 27 April 2011.
*Verkiesing om plaas te vind op 20 & 21 Mei 2011.
*Aankondiging van Volksraadslede en aflegging van ampsbeloftes deur
Volksraadslede op 31 Mei 2011.
*Fondse benodig en uitstaande (by benadering): R 5 000 000.

Die volgende is geïdentifiseer as take wat deurlopend uitgevoer sal
moet word in voorgenoemde proses: V
*Verspreiding van inligting.
*Intensiewer veldtog tot werwing van befondsing.
*Bemarking.
*Aanstelling van verdere Registrasie Beamptes.
*Terugvoer aan geregistreerde kiesers.
*Vergaderings van streekvlak tot op die vlak van huisvergaderings; om
gehou te word op plaaslike inisiatief met medewerking van die Sentrale
Komitee en/of Streek Koördineerders.
*Verdere klem op betrokkenheid van meewerkende organisasies.
*Motivering.

Deelnemers was dit eens dat voorgenoemde proses geensins deur 'n klein
groepie persone op die Sentrale Komitee en die huidige Streek
Koördineerders deurgevoer sal kan word nie. Ieder en elke individu sal
sy of haar bydrae moet maak op welke manier ookal om die wa deur die
drif te kry. Interessante voorstelle in hierdie verband (wat ook reuse
koste-besparing sal meebring) was dat persone wat aangrensend tot
snelweë of ander besige paaie en strate woon, groot borde op hulle
eiendom kan oprig met die VVK se kenteken en webwerf-adres.


Daar is ook besluit (weens die kritiese belangrikheid daarvan en die
reeds-bestaande werklas op die Sentrale Kantoor) om twee aparte
komitees vir Bemarking en Befondsing saam te stel.

Ter afsluiting is daar 'n aantal promosie-items by die Sentrale
Kantoor beskikbaar vir diegene wat dit in hulle werwing-veldtogte
nuttig kan gebruik: pragtige VVK hemde en besigheidskaartjies. Skakel
gerus vir Chantal as jy verdere idees of borgskappe in hierdie verband
aan die hand kan doen. In die woorde van Jan Celliers:

Wees sterk!
Daar's 'n nasie te lei, daar's 'n stryd te stry, daar's werk!
Daar's nie na guns of eer te kyk,
daar's nie na links of regs te wyk,
daar's net te swyg en aan te stryk - Komaan!


-Paul Kruger

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #26 op: January 27, 2010, 09:20:17 AM »
Luister ook na vandag se nuuskommentaar op Radio Pretoria!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #27 op: January 27, 2010, 10:12:13 AM »
Ben, sien my vrae asseblief in die regte positiewe lig, om te wys dat ek nie negatief is nie aanvaar dat ek reeds gerigastreer het. Nie omdat ek noodwendig saamstem nie maar omdat ek momentum gee aan hulle gedagte.

Nou my vrae:
Op n ander draad lees ek dele van die grondwet van die vvk, punt 32 of so iets. Wat voordat so volksraad verkies is reeds reels neerle?
Hiermee kan ek nie saamgaan nie, waarop dit neerkom is dat daar weer mense is (en jy is bewus van ander groepe wat ook vir die volk wil dikteer wat die volk moet doen) wil vooraf dikteer, hierdie systap die onafhanklikheid van so komisie geheel en al. Hoe sal daar voorkom word dat hierdie vooraf gedikteerde grondwet nie in kanidate se kele afgedruk word nie?

groete

Ek is nie bang vir debat nie en beskou jou vrae in die lig waarin jy dit plaas. Hierdie saak is ook belangrik genoeg vir my dat ek die vrae wat onstaan of bestaan oor en oor sal antwoord.

Die gedeelte waarna jy verwys neem ek aan is die volgende (indien wel, met watter spesifieke gedeelte het jy 'n probleem?)

32. Die roete wat gevolg word is dus die volgende:

32.1. Die VVK fasiliteer ’n verkiesing van Volksraadslede wat almal die beginsel van selfbeskikking onderskryf.

32.2. Daarna maak die verkose Volksraad namens die Volk aanspraak by die Suid-Afrikaanse Regering op die beginsel (niks meer nie) dat die Volk oor die reg beskik om homself te regeer volgens sy eie waarde- en normestelsel in ’n eie staat.

32.3. Indien die Suid-Afrikaanse Regering bereid blyk te wees, nie net om hierdie aanspraak te erken nie maar ook om beslag daaraan te gee op welke wyse ook al, tree die Volksraad met die Suid-Afrikaanse Regering in onderhandeling om ’n vreedsame skikking te bewerkstellig. Die Volksraad se beweegruimte tydens sulke onderhandeling sal bepaal word deur opdragte en mandate wat telkens vooraf deur meerderheidstem vanaf die Volk verkry sal word.

32.4. Indien die Suid-Afrikaanse Regering nie bereid blyk te wees om beslag te gee aan die aanspraak op selfregering nie hetsy vir welke rede ook al, benut die Volksraad alle beskikbare moontlikhede op internasionale vlak om die Internasionale Gemeenskap te betrek by die dispuut vir doeleindes van ’n onderhandelde skikking.

32.5. Indien die Internasionale Gemeenskap nie ingryp om ’n onderhandelde skikking te bemiddel nie, word volksvergaderings deur die Volksraad belê waartydens die Volk sal besluit wat hom te doen staan in die lig van omstandighede; en dienooreenkomstige opdragte aan die Volksraad sal uitreik.

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #28 op: January 27, 2010, 01:24:23 PM »
Nou kan die verklaring hierbo (oor die proses tot volgende jaar) nie maar asseblief op die VVK se webblad verskyn nie? Of waar kom die dokument  vandaan?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #29 op: January 27, 2010, 01:28:18 PM »
Dit is op die VVK se webblad, dit is waar ek dit gekry het.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #30 op: January 27, 2010, 02:33:43 PM »
Soos ek dit verstaan, bewoord die VVK se grondwet die mandaat wat die volk aan die volksraad gee met die verkiesing van so volksraad.

Die verkiesing handel daarom nie net met die verkies van 'n Afrikanerowerheid, wat self maar moet besluit wat om te doen nie, maar dit bewoord 'n duidelike mandaat dat X, Y en Z van die volksraad verwag sal word, sodra hulle verkies is.

Ek kan verstaan dat sekere beroepspolitici sal wil argumenteer dat die VVK se onafhanklikheid aangetas word omdat dit 'n duidelike mandaat aan die volksraad uitstip nog voordat die volksraad verkies is - die gewoonte om een storie aan kiesers te verkoop en dan 'n ander te doen is al te veel deel van hulle handel en wandel.

Die potensiële kandidaat wat voel die mandaat word in sy keelgat afgedruk, moet maar nie homself beskikbaar stel nie; hy moet liefs by die VF+ gaan aansluit en daar dubbelsinnige praatjies van selfbeskikking loop maak.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #31 op: January 27, 2010, 08:19:19 PM »
Hierdie verkiesing sal wel in die nasionale media gepubliseer word, maar ek glo hulle gaan dit nie nou al doen nie, hulle gaan wag tot net voor die verkiesing om nie te veel advertensiewaarde te bied nie.

Wat die VVK ook moet doen is om self die verkiesing so wyd moontlik te publiseer. 'n Paar lamppaal plakkate iewers gedurende die jaar in al die hoofstede en die hele SA weet van die verkiesing volgende jaar. Ek moet se ek sien uit na 'n opwindende voorverkiesings tydperk.

 


Sanderis

  • Gas
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #32 op: January 28, 2010, 04:11:05 AM »
'n Vraag het by my opgeduik , hoe oud is stemgeregtig , 18 ?

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #33 op: January 28, 2010, 07:10:32 AM »
Ben, dankie vir jou antwoord, en ook die ander wat op my vraag reageer:

Wat hierdie impliseer is nie n volksverkiesing nie, dit is duidelik dat dit volksgenote is wat die bestaande beskouings van die VVK onderskryf wat dit dan momentum wil gee.

My opinie (as leek) is dat mens n die werkswyse van so volksraad moet definieer, die basis waarop gesaghebentheid aanvaar sal word ens. En dan moet hierdie mense nadat hulle verkies is n grondwet saamstel.

My twede vraag was:
Kan n huidige VVK werwings beampte staan as kanidaat?

Groete


Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #34 op: January 29, 2010, 04:19:10 AM »
Ben, dankie vir jou antwoord, en ook die ander wat op my vraag reageer:

Wat hierdie impliseer is nie n volksverkiesing nie, dit is duidelik dat dit volksgenote is wat die bestaande beskouings van die VVK onderskryf wat dit dan momentum wil gee.

My opinie (as leek) is dat mens n die werkswyse van so volksraad moet definieer, die basis waarop gesaghebentheid aanvaar sal word ens. En dan moet hierdie mense nadat hulle verkies is n grondwet saamstel.

My twede vraag was:
Kan n huidige VVK werwings beampte staan as kanidaat?

Groete

Ek dink die werklas van die Volksraad is sodanig dat dit in prioriteite gedoen moet word - en daarvoor sal 'n aantal slimmes moet besluit wat kom eerste.

Tweedens: Enige volksgenoot wat volgens die reels genomineer is sal verkies kan word tot enige amp.
Kennis is mag

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #35 op: January 29, 2010, 05:12:22 AM »
Clem my probleme le op n paar plekke met sulke goed, hier is baie goeie gedagtes onder verskeie faksies van die volk. Maar dan kry mens die ouens wat verklaar dat n volk hulle aangestel het om die of daai te doen, maar dit was drie ouens by n braai.

My opinie is dat ek selfs mense sal ondersteun waarmee ek nie heeltemal saamstem nie solank hulle motiewe skoon is.

Hierdie motiewe skoon ding is n baie groter begrip as mens mooi gaan sit en lyne trek. Ek baklei eerder bietjie hard en kyk hoe skoon die motiewe is as wat ek ouens blatant ondersteun omdat dit eende van my dam is.

Nou kyk ek na die probleem betreffende onafhanklikheid. n VVK werwings tannie het my onlanks voorgekeur by n saal se deur en gevra ek moet registreer, ek hou my toe eers bietjie dom en gee haar kans om met my te praat. Sy se toe dat hulle werwing doen vir die volksverkiesing, en dit is soos n 'IEC' ek se toe nou goed, mag die werwers ook deelneem?
Ja se sy, haar man gaan staan vir n kanidaat. Ek stap toe nou maar aan en dink IEC se .....

Ek sal werklik die aksie ondersteun as mens hierdie goed nou kan aanspreek terwyl dit nog ver van die datum af is. As julle n werkswinkel hou en julle wil n lewindige deelnemer betrek, kontak my maar, dan kan n mens baie harde vrae stel en ook werk aan oplossings, buite die oog van die publiek.

Hiermee wil ek nie voorgee dat ek n enkeling enigsins van waarde is nie, maar as die saak suiwer is, gooi ons skouer aan die wiel.
Ek stem met jou saam, daar moet geprioritiseer word, en by my sal die basis van skoonheid die eerste prioriteit wees.
Ons volk is al so baie deur gemanupileerde politiek, ek dink al daaraan soos n deurgedrade hemp, jy kan dit maar stop soos jy wil, dit gaan lanksaan weer skeur.

Groete 

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #36 op: January 29, 2010, 10:34:45 AM »
Hello Propatria. Ek meen as 'n groot genoeg gedeelte van die volk deelneem en volksraadslede is verkies, dan het die volk gespreek. Selfs al hou ek nie van hulle keuse nie, sal ek aanvaar dis die volk se leiers.

Wat jy sê is egter uiters belangrik. Ons (ek, jy, en nog 'n paar ander) soek mense van onbesproke karakter. As hulle geraamtes in die kas het, moet ons vooruit daarvan weet. Ons wil ook nie hê een of ander groep moet die proses kan manupileer om hulle leiers verkies te kry nie. Dit moet mense wees wat die hele volk agter hulle het en nie die volk in die skande gaan steek nie.

So dit lyk my die nominasieproses vir volksraadslede gaan krities belangrik wees. Ons sal moet weet hoe die proses loop en hoe die kandidate aan ons bekend gemaak word. Gaan hulle rondreis en ons toespreek? Gaan ons hulle kan vrae vra?

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #37 op: January 29, 2010, 11:44:51 AM »
Wilco

Ek dink ons voel die selfde, ek het egter gerigestreer as teken van ondersteuning van die mense se aksies.
Of ek wel sal stem sal verseker afhang van die 'skoonheid' van die aksies en die struktureering daarvan.

My voorstel is dat alle mense wat van voorneme is om as kanidate te staan wel nou ontrek van die operasies van die VVK sodat hulle boekies skoon bly.

Ek wil ook noem dat dit van uiters belangrike aard is dat die voorskrewende deel van hul Grondwet hersien word en meer aandag aan die beginsels van die verkiesing gegee word. Hule moet werkswinkels hou dat die rok staan sodat elke enkele beswaar in die vorm van n "Grondwetlike hof" aangehoor kan word.

Uit ierdie sal die aksie meer geloofwaardigheid kry en ook op regverdige manier oponeernde en vreesende partye aanspreek.

Groete

Groete

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #38 op: January 30, 2010, 04:48:36 AM »
Sonder om aan hierdie debat deel te neem: Iemand kan beskikbaar wees as kandidaat, maar die vereiste bly egter dat die persoon volgens bepalings genomineer word.

Enige geregistreerde persoon kan genomineer word, met die toestemming van die wat hulle wil nomineer.

As jy genomineer is, is jy egter nog nie verkies nie.

Die genomineerde het nie meer verantwoordelikhede as diegene wat die nominasie geteken het nie - wat meebring dat as iemand met "geraamtes" genomineer is, of iemand is "skoon", is dit die plig van die stemgeregtigdes om ondersoek te doen oor sodanige genomineerde.

Kennis is mag

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #39 op: January 30, 2010, 11:34:29 PM »
n Ander gedagte is natuurlik hoe die proses gaan werk, gaan dit per gebied wees?

Sou dit per gebied wees kan dit ook wees dat baie gebiede net een genomineerde kry, afgesien van die stemme sal die persoon dus deel van die volksraad wees?

Indien daar uit alle gebiede op nationale vlak gaan stem dan is dit natuurlik anders.

Hoe ekonomies manupileerbaar is hierdie, sou n persoon n redelike hoeveelheid geld in die saak insteek en n goeie klomp werwing doen in n gebied, reeds nou al begin om homself te promofeer en dan nominasies te kry van n kliek om hom en aie geld insteek in sy veldtog, dan kan hy dit manupileer.

Wat is die gevoel hiervan?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal