Skrywer Onderwerp: Opwindende nuus van die VVK  (Read 6401 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

viki

  • Gas
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #60 op: February 10, 2010, 03:12:06 PM »
Ek het ook soos jy gedink. Toe doen ek dit maar vir hulle.  Ek bel toe vir mnr Tim van der Westhuizen - die ondervoorsitter.  Hy ken vir Dan en het hom so 2 weke terug gesien by een of ander vergadering.  Hy was nie bewus dat dr Roodt dalk 'n vraag of twee het nie. Ek vra hom toe maar om met mnr Roodt kontak te maak en sy vrae te antwoord. Mnr vd Westhuizen het daartoe ingewillig.
Kom ons kyk wat gebeur. :o

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #61 op: February 10, 2010, 04:38:22 PM »
Dankie Viki,

Dis nogal so "ja, maar nee" antwoord.

Dit is mos nie so moeilik om die VVK se bestuur te kontak via hulle webblad nie, ek sou dog as hy vrae het sou hy dit al lankal aan hulle gerig het.

Groete

Jy slaan die spyker sommer met 'n groot hamer so reg op sy kop!
Ons Sal!!!

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #62 op: February 10, 2010, 06:58:48 PM »
Dit sal baie jammer wees as Dan Roodt nie die verkiesing steun nie. Ek glo dat hy baie kan bydrae tot ons vryheid stryd. Sy skrywes op die Praag webwerf getuig van iemand met 'n begrip van die stryd en ook die pad wat gevolg behoort te word. Ek dink daar moet met Dan gesprek gevoer word, as een leier nie die verkiesing steun nie, gaan dit ons duisende kosbare stemme kos.   

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #63 op: February 12, 2010, 10:06:09 AM »
Ek dink die probleem hier is dat baie mense nog nie die nodige denksprong kon maak nie. Een groep verstaan slegs die politieke sisteem soos voor 1994. Die ander groep dink leierskap moet uit al die bestaande organisasies kom. Die VVK proses is iets heeltemal nuut en sluit aan by die stelsel wat in 1899 gegeld het.

Die vorige leiers het hulleself bewys as onbekwaam en is verantwoordelik dat ons nou in tamatiestraat sit. 'n Nuwe geslag leiers is nodig en dit is wat die VVK hopelik gaan produseer. 'n Jonger geslag leiers wat dalk meer op dade gerig is.

Die volksraad wat verkies gaan word, gaan oor individue en nie partye of organisasies nie. Reg op hierdie oomblik weet ons nie wie gaan kandidate wees nie. Wanneer hulle wel genomineer word, gaan hulle grotendeels onbekend wees aan die volk. Hulle sal moet sorg dat ons hulle leer ken en dat ons sal kan besluit vir watter 7 kandidate ons wil opdrag gee. Dit is moeilik om te sien hoe hulle persoonlik gaan baat uit hulle verkiesing, dit lyk eerder of elke kandidaat groot opofferings sal moet maak.

Geen proses is volmaak nie, en nie alle negatiewes sal uitgeskakel kan word nie. HIERDIE IS EGTER DIE ENIGSTE OPSIE WAT ONS TANS HET. Daar is geen ander opsies op die tafel nie. Hierdie verkiesing is haalbaar, maar dit hang van ons die volk af. As ons skouer aan die wiel sit, kan ons hierdie wa oor die Drakensberge kry.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #64 op: February 12, 2010, 05:44:05 PM »
Ek dink die probleem hier is dat baie mense nog nie die nodige denksprong kon maak nie.

Die vorige leiers het hulleself bewys as onbekwaam en is verantwoordelik dat ons nou in tamatiestraat sit. 'n Nuwe geslag leiers is nodig en dit is wat die VVK hopelik gaan produseer. 'n Jonger geslag leiers wat dalk meer op dade gerig is.

Die volksraad wat verkies gaan word, gaan oor individue en nie partye of organisasies nie. Reg op hierdie oomblik weet ons nie wie gaan kandidate wees nie. Wanneer hulle wel genomineer word, gaan hulle grotendeels onbekend wees aan die volk. Hulle sal moet sorg dat ons hulle leer ken en dat ons sal kan besluit vir watter 7 kandidate ons wil opdrag gee. Dit is moeilik om te sien hoe hulle persoonlik gaan baat uit hulle verkiesing, dit lyk eerder of elke kandidaat groot opofferings sal moet maak.

Geen proses is volmaak nie, en nie alle negatiewes sal uitgeskakel kan word nie. HIERDIE IS EGTER DIE ENIGSTE OPSIE WAT ONS TANS HET. Daar is geen ander opsies op die tafel nie. Hierdie verkiesing is haalbaar, maar dit hang van ons die volk af. As ons skouer aan die wiel sit, kan ons hierdie wa oor die Drakensberge kry.

Wilco die probleem wat ek het met nuwe leiers is dat die kiesers nie vir iemand sal stem wat hy nie ken nie. Dit kan veroorsaak dat baie mense nie sal gaan stem nie. Dit kan ook  veroorsaak dat agv die baie mislukte pogings in die verlede waarby mense ingetrek is en waar somtyds geld by betrokke was, mense skepties teenoor so 'n verkiesing sal wees.

Ek wil nie se dat ons nou al die ou leiers moet gaan opsoek en hulle weer probeer inspan nie, maar ons moet ook versigtig wees om onervare en onbekende mense te kies. Ek sou jonger persone wil sien in die volksraad maar nie almal van hulle nie. Ons moet ook ons leiers begin oplei in die politiek van jongs af.       

viki

  • Gas
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #65 op: April 30, 2010, 03:49:10 PM »
Vir die wat nie weet nie. Daar is VVK t-hempies vir R70 by die VVK te koop
Dit is gewone t-hempies, kortmou.

Voorop staan daar "Jou stem vir vryheid" en agterop die VVK embleem en die webwerf-adres.

Ons wou graag langmouhempde en "tops" maak, maar ons befondsing is ongelukkig nie van so aard dat ons dit nou kan bekostig nie.

Laat weet maar.

Kontak Chantal by die VVK hoofkantoor

Afwesig fran

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 18
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #66 op: May 03, 2010, 08:37:19 AM »
Ek sal defnitief vir chantal kontak... Vat sommer vir my

bure ook.
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #67 op: July 12, 2010, 11:51:21 PM »
Enige nuwe nuus van die VVK ?

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #68 op: July 13, 2010, 08:16:29 AM »
Anti-klimaks!

Ek dag ek kry opwindende nuus .....

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #69 op: July 13, 2010, 08:18:47 AM »
Enige nuwe nuus van die VVK ?

Sanderis, hulle is tans besig met hul Kaapse toer. Ek dink hul laaste vergadering is more in Kaapstad self en dan is hulle weer op pad terug Noorde toe.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #70 op: July 13, 2010, 08:45:43 AM »
Sanderis, Paul Kruger tree as spreker op by Paardekraal Saterdag. Jy sal maar die fees moet bywoon om die nuus uit die perd se bek te kry.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #71 op: August 02, 2010, 05:15:23 PM »
Beste Volksgenote,

Een van die Volksraad-kandidate, Etienne Le Roux se outobiografie nou beskikbaar by die VVK kantoor teen R140 elk. Posgeld van R30 nie ingesluit.

Hieronder 'n beskrywing van die boek:
Jare van opwinding.
Dien in die verste Regse revulusionere organisasies, Aquila, Ystergarde en ander. Infiltreer 'n intelligensie diens. Plant van die grootste bomme wat nog in die land ontplof het. Skuldig bevind aan sewentien moorde. Word drie maal gesoek met van die grootste lospryse nog. Ontsnap uit 'n maksimum tronk. Sit binne die nes van die intelligensie eenheid terwyl hulle hom soek. Oorleef vyf van die maksimum tronke in die land. Stap 'n vry man uit. En die stryd duur voort.

Kontak gerus vir Chantal by 012 803 0712 of per e-pos by vvkinligting@gmail.com om bestellings te plaas.

Vriendelike groete
Volksraad Verkiesing Kommissie

Sanderis

  • Gas
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #72 op: February 02, 2012, 09:41:05 PM »

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #73 op: February 03, 2012, 07:45:41 AM »
Inderdaad opwindend! Sou wat wou gee om daar te wees, maar gelukkig sal ons sekerlik 'n volledige verslag daaroor hoor oor Radio Pretoria!!!  :-\
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #74 op: February 03, 2012, 09:58:26 AM »
Ek hoop van harte dat die Bravolanders wat daar gaan wees aan ons sal terug rapporteer.
Byvoorbaat dankie, Jan.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #75 op: February 03, 2012, 03:06:55 PM »
Ek weet nou nie watse Jan moet antwoord nie, maar ek kan wel iets se omdat ek daar was...

Oor die 40 mediamense is genooi.  Die saal was pragtig vol Verkenner en VVK baniere.  Maar net die volksmedia het opgedaag.  Die Afrikaner koerant was daar, en Bravolander James Kemp was ook daar namens die draadloos.  Die President van die Verkenners het 'n kort oorsig gegee van die klag, waarna oom Andries Breytenbach namens die Afrikanerfront ook gepraat het oor die noodsaaklikheid van die klag.  Paul Kruger het namens die VVK verduidelik uit 'n regs-oogpunt oor hoe sulke klagtes werk.

Baie insiggewend en interesant.  Ek is trots op die manne. 

Die feit dat die ander media nie opgedaag het nie, het my laat besef dat ons al die fases van volksmoord beleef.  Stap 8 op die "genocide watch" is juis ontkenning.  Ben het immers die media gewwarsku dat hulle ook aangekla kan word vir volksmoord omdat hulle dit verswyg.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 183
  • Verkenner
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #76 op: February 03, 2012, 05:01:28 PM »
Jan,

Ek betuig hiermee my grootste dank aan almal betrokke by vandag se media-konferensie. Ek kon nou wel nie self daar wees nie, maar in gees was ek beslis saam met my mede-stryders. Jy merk tereg op dat ons nou die laaste fase van volksmoord betree het. Dit is beslis iets om van naar te word.

Ek wil nou nie die strooi in die drinkwater wees nie, maar as ek 'n afleiding moet maak oor die feit dat die media blatant geweier het om die media-konferensie by te woon, sou ek sê dat die handjievol behoudendes op die rant van 'n afgrond staan. Wat hulle egter nie besef nie, is dat hulle so kortkop voor ons by die afgrond gaan af foeter.

Daardie val sal hopelik die finale val van kommunisme en sy Boere-Afrikaner hatende volgers en toepassers wees.

Ons is nog hier, die nasate van die eerste Nederlanders aan die Kaap, die Franse Hugenote, die Slagtersnek rebelle, die Voortrekkers, die ysters van Majuba, die vermoorde vroue en kinders van die Britse helkampe, die onverskrokke Bittereinders van Magersfontein, Colenso en Stormberg, die Rebelle van 1914, die volksmanne van die OB, die mense wat aan ons 'n Republiek besorg het in 1961. Ja, deur al hierdie omwentelinge en uitdagings is ons nog hier! Sal hierdie Boerevolk nou aan die hand van die kommunis en liberalis finaal tot 'n einde kom? Ek glo werklikwaar nie.

"Die Here is my herder..." Net hierdie woorde gee my reeds die grootste gemoedsrus.

Voorwaarts!!! Na ons eie vrye land!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal