Skrywer Onderwerp: Opwindende nuus van die VVK  (Read 6410 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #40 op: February 01, 2010, 04:36:37 AM »
Manipulasie is moontlik, ongeag watter stelsel gebruik word. Die stelsels wat bestaan het almal sekere "tekortkominge" want dit is deur sondige mense ontwikkel.
Kennis is mag

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #41 op: February 08, 2010, 12:09:42 PM »
Propatria,

Ek dink dit is baie goed dat jy hierdie vrae vra - dit help ook die registrasiebeamptes om antwoorde op vrae (wat hulself nie gehad het nie)te kry.

Soos ek verstaan mag individuele registrasiebeamptes staan, maar die streekskoordineerders nie; ek praat egter onder korreksie.

As jy al jou vrae volledig uiteensit, kan mens dit dalk direk aan Paul Kruger van die VVK voorlê en hoor wat hy sê.

Ek is nie seker of enigiemand hier op Bravoland die bevoegdheid het om amptelik op jou vrae te antwoord nie - elkeen hier antwoord maar soos hoe hy dit verstaan.

Ek is ook nie seker of enige van die IEC se regsitrasiebemptes die fynere regsimplikasies van die registrasieproses vir die nasionale- of provinsiale verkiesings aan jou sal kan verduidelik as jy hulle hieroor sou uitvra nie.

Groete
Gawie

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #42 op: February 08, 2010, 03:22:09 PM »
Hierdie stuk wat deur Johann Wingard geskryf is, noem die alternatiewe vir "volkstaat"-selfbeskikking, asook van die struikelblokke.  Ek het gedink dit pas nogal in by die VVK se werk - hoop nie dit hoort eintlik elders nie.

Dit sê weereens duidelik dat ons nommer 1 vyand waarskynlik nie die ANC is nie, maar die "sakesektor en mediamagnate".

http://www.praag.co.za/johann-wingard-magazine-419/7172-is-n-volkstaat-polities-haalbaar.html

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #43 op: February 08, 2010, 06:14:53 PM »
Propatria,

Ek dink dit is baie goed dat jy hierdie vrae vra - dit help ook die registrasiebeamptes om antwoorde op vrae (wat hulself nie gehad het nie)te kry.

Soos ek verstaan mag individuele registrasiebeamptes staan, maar die streekskoordineerders nie; ek praat egter onder korreksie.

As jy al jou vrae volledig uiteensit, kan mens dit dalk direk aan Paul Kruger van die VVK voorlê en hoor wat hy sê.

Ek is nie seker of enigiemand hier op Bravoland die bevoegdheid het om amptelik op jou vrae te antwoord nie - elkeen hier antwoord maar soos hoe hy dit verstaan.

Ek is ook nie seker of enige van die IEC se regsitrasiebemptes die fynere regsimplikasies van die registrasieproses vir die nasionale- of provinsiale verkiesings aan jou sal kan verduidelik as jy hulle hieroor sou uitvra nie.

Groete
Gawie

Boo

As ek deur die geskiedenis blaai sedert die einde van die driemanskap se bewind in Transvaal dan sien ek gemanupileerde aksies orals. Dit is gereeld groepe wat die situasie manupileer en met die volk se gevoel speel (Uitbuit) en dan dit stuur in n sekere rigting.

Hierdie is moontlik deur die sisteme wat in plek was. Die wyksopdeling ens. In hierdie geval is daar nie voldoende steun om dit tot n volksverkiesing te kan verklaar indien daar nie meer as 2/3 van die volk deelneem nie. Die onlankse volksvergadering te vegkop het amper meer sprekers as luisteraars gehad. Dit is wel waar dat hulle orals uitnodigings gerig het, maar die opkoms was betreurens waardig. Ek kon dit gemis het, maar ek het nie deelname van die VVK gesien tydens hierdie geleentheid nie.
(Die redes sal ek nie weet nie) Die negatief daaraan is dat die bestuur van die VVK nie alle bronne gebruik na die volk nie, ook hulself ag as besluitnemend wat volks aksies sou wees en wat nie.

Die vooraf voorhou van n Grondwet is beleidsforming en nie verkiesings georienteerd nie, wat die gevolg het dat hulle ook hulself reduseer na n organisasie en nie n ware verkiesings komisie nie.

n Verkiesings komisie het egter slegs n grondwet nodig om openlike beleid gaande die verkiesing daar te stel en nie voorskrywend kan wees na die verkiesing plaasgevind het nie.

Ek verstaan dat mense hier nie die antwoorde kan gee nie, maar is dit onregverdig om te verwag dat die VVK manne hier atwoord?
Sou hierdie vrae in die beeld verskyn het sou hulle tog baie vinnig geantwoord het? Wat is Paul Kruger se e-pos adres dan sal ek my vrae ook self aan hom stuur

Groete   

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #44 op: February 08, 2010, 06:26:02 PM »
Die VVK se kontak besonderhede kan jy hier vind. http://www.vvk.co.za/8969.html

Wat die groep van 300 by Vegkop betref, daar is voor die byeenkoms duidelik deur die organiseerders vertel dat geen organisasie welkom is nie. Verskeie van die persone wat in hulle persoonlik hoedanigheid daar was, was registrasie beamptes en streek ko-ordineerders van die VVK. Na wat ek verneem het, het Abel Malan se toespraak by die geleentheid, gehandel oor die VVK.

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #45 op: February 08, 2010, 10:45:42 PM »
Dankie Ben, dit is betreurenswaardig dat dit wel die geval is. Ja ek onthou Abel se gesprek. Ek kan nou n beter prentjie vorm, en moet dan ook byvoeg dat dit betreurenswaardig is dat die VVK nie as besprekingspunt kon dien nie. Uit dit wat jy se sien ek dan ook in dat die fout nie by die VVK gele het nie.

Ek stuur my vra aan die adres wat jy gegee het.

Groete

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #46 op: February 08, 2010, 10:48:18 PM »
Aanhaling
Boo

n Verkiesings komisie het egter slegs n grondwet nodig om openlike beleid gaande die verkiesing daar te stel en nie voorskrywend kan wees na die verkiesing plaasgevind het nie.

Ek verstaan dat mense hier nie die antwoorde kan gee nie, maar is dit onregverdig om te verwag dat die VVK manne hier atwoord?
Sou hierdie vrae in die beeld verskyn het sou hulle tog baie vinnig geantwoord het? Wat is Paul Kruger se e-pos adres dan sal ek my vrae ook self aan hom stuur

Groete


Ek wil nou as leek op hierdie gebied 'n vraag vra. Hoekom sou dit onaanvaarbaar wees as die VVK voorskrywend is aan die volksraadslede wat beleid betref voordat hulle nog verkies word? Ek dink dat die VVK die verkose lede voor die tyd wil inlig hoe hulle (volksraad) se grondwet min of meer moet lyk as hy homself verbind met die aanvaarding van die amp as volksraadslid.
« Laaste verandering : February 08, 2010, 10:50:52 PM deur Mike »

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #47 op: February 09, 2010, 11:07:08 AM »
Die vooraf voorhou van n Grondwet is beleidsforming en nie verkiesings georienteerd nie, wat die gevolg het dat hulle ook hulself reduseer na n organisasie en nie n ware verkiesings komisie nie.
Groete

Ek gee toe dat die VVK grondwet reeds tot 'n mate beleid bepaal - MAAR DIT IS WAT EK WIL Hê.

Ek wil nie vir Piet Poggenpoel tot die Volksraad verkies net om weer te hoor dat die omstandighede nou nie reg is vir dit en dat nie. Ek wil vir Piet Poggenpoel sê - ek stem vir jou en dit is wat jy moet doen.

M.A.W. ek gee hom 'n breë bewoorde mandaat.

DIE VVK grondwet stel vir die kiesers en kandidate duidelik wat beoog en verwag word.

Sou kieser of kandidaat nie met die mandaat saamstem nie - hoef die kandidaat homself nie verkiesbaar te stel nie en hoef die potensiële kieser nie te stem nie. So maklik soos dit.

Ons kan ure redeneer rondom beleidvorming en of dit gehoort is dat 'n Verkiesingskommissie self die mandaat kan bewoord, maar op die ou end is dit so dat as mens 'n kritiese getal Afrikaners kry wat met die mandaat saamstem, dan het mens 'n volksraad wat demokraties verkies is en wat namens daardie kritiese massa praat - nie namens alle Afrikaners wat verloopte Afrikaners soos Breyten en Antjie insluit nie, maar namens die vryheidsgesinde Boer.

Ons kan nou ook praat van groepe en manipulasie, jy het die volste reg op jou opinie, maar sulke aantygings kan teen enige inisiatief ingebring word - ook teen die wat nou skepties teenoor die VVK staan.

So kan ek die vraag vra of sommiges (nie op jou gemik nie) nie skepties teenoor die VVK staan, juis omdat hulle hul eie beleid van "binne die NSA as dit kan" en moontlike geldjies van staatskommissies en -kommitees wil bevorder nie?

Groete

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #48 op: February 09, 2010, 12:03:53 PM »
Boo,

Ek stem saam met jou. Die gebeure met Kontant Miljoen is te vars in die gedagtes dat ons weer aan iemand Cart Blanch sal gee.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #49 op: February 09, 2010, 08:56:50 PM »
Ek hoop net dat die VVK die verkiesing so wyd moontlik gaan verkondig. Ek sien alreeds mense wat vra wie is die VVK. Dit is nou ongelukkig so dat ons mense nie juis aktief deelneem aan die politiek nie.

Die verkiesing is van uiterste belang omdat dit nie net vir ons 'n verteenwoordigende volksraad sal gee nie maar dit sal ook bepaal hoe die afrikaner sy pad vorentoe sien.

Sou dit misluk met 'n klein aantal kiesers wat gaan stem dink ek dit sal dit ongetwyfeld die einde van die pad vir afrikaner selfbeskikking wees.

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #50 op: February 10, 2010, 12:37:16 AM »
Manne, moet my ie verkeerd verstaan nie, ek vra vra omdat ek dink dit is goed wat julle regtig moet oorweeg, ek is net so moeg soos almal vir iemand wat op n omgedraaide asblik staan en se die volk het hom vir sis en vir so aangewys.

As jy nader staan en die eerste vraag vra dan vind jy uit dit is so 0.001% van die volk wat die man n mandaat gegee het en dan oorspeel hy nog boonop die mandaat.

Aan my is voorgehou dat die VVK die rol speel van n Onafhanklike Verkiesings Komisie wat julle hier bevestig is wat ek gevrees het, dit is nie onafhanklik nie. Dit is n organisasie wat reeds n beleid het wat nie die beginsels van onafhanklikheid (3de party) toepas nie. Dit is dus so goed soos n interne verkiesing van die HNP?

Ek is n kenner op die gebied van kwaliteit prosudures deur derde partye geinspekteur, wat niks hiermee te doen het nie, maar dit is die selfde prinsiep. Die beginsel bly by die onafhanklikheid daarvan.

Ek versoek julle om erenstig te besin en entiteite te skei terwyl daar nog tyd is.

Indien dit wel gebeur kan mens kyk na die volgende:
stel n verkiesings beleid saam
Stel verkiesings gebiede (Wyke) saam
hef n deposito op n party wat wil n kanidaat stel (Om papierwerk ens te bevonds)
Al neem kanidate deel in sy hoedanigheid as die AWB se kanidaat te Ventersdorp, staan hy in die volksraad as persoon.

Wat beleid van die VVK betref moet dit magte en pligte van so kanidaat uitspel. byvoorbeeld:
elke kanidaat het n veto reg op grondwet skrywing,
Kanidaat is verplig om grondwet werkswinkels by te woon, mis hy twee vat die twede keuse van sy gebied oor. (Of wat ookal)

Wat ek probeer se is dat dit nie verkeerd is om reels te maak vir deelname nie, maar dit is nie onafhanklik as jy beleid voorskrywend is nie, en boonop is die VVK organiseerder n kanidaat ook, tel sy eie stemme as deel van VVK ens. -Geen ligitiemiteit nie

Kom ons kyk maar wat gebeur, ek sou graag n werklike ligitieme verkiesing wou sien, dan kan mens mos sertifiseer dat die persoon n ware verteenwoordiger van die streek is? Sou die persoon net n verteenwoordiger van die organisasie se beleid wees is dit nie meer werd as n kanidaat nie, dan kan julle mos die moeite van die verkiesing spaar en sommer al die kanidate nou reeds opneem in julle organisasie se volksraad.

Groete 

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #51 op: February 10, 2010, 10:29:16 AM »
Propatria,

Dankie vir jou insette. Ek stel voor jy klaar dit met Paul Kruger uit; ons hier het nie die bevoegdheid om die neergelegde reëls en regulasies van die VVK te wysig nie (sommiges van ons sal wel jou bekommernis met Paul Kruger bespreek en hoor wat hy sê).

Maar soos ek reeds gesê het, weinig van ons deel jou bekommernisse - so moenie verwag dat ons jou saak so goed soos jyself gaan kan stel nie.

Die onafhanklikheid van die VVK is daarin gesetel dat geen kandidaat deur die VVK bo 'n ander bevoordeel of gepromoveer sal word nie.

Soos reeds gesê; die verkiesing is bedoel om vryheidsgesinde Afrikaners bymekaar te trek, m.a.w. die "beleid" vorm 'n gemene deler van die kiesers.

Die volksraad moenie debatteer of Boerevryheid haalbaar is of nie, die volksraad moet weet 200,000 - 300,000 Afrikaners/Boere wil vryheid hê en dit is waarvoor hulle moet beding.

Sou een volksraadslid vryheid ondermyn, moet hy d.m.v. 'n mosie van wantroue onmiddelike verwyder kan word.

Die Volksraad (soos ek dit verstaan) sal genoeg ruimte hê om 'n beleid te formuleer rakende waar, hoe en wanneer.

DIT IS SOOS EK DIT WIL Hê  - en ek is nie HNP, ANB, AVP, VF+ of watookal nie. Ek is - soos baie ander hier - 'n jong vryheidsoekende Afrikaner met geen politieke affiliasies nie, wat my bemoei met kulturele sake en ook lid is van die Orania Beweging, juis omdat Orania Afrikanervryheid fisies simboliseer.

Ons kan nou nog praat oor prosedures tot ons blou word in die gesig, maar die feit bly staan, soos Ben vroeër gesê het, gee die volksraad Carte Blanche en ons word weer toegespreek met "enersydse" en "andersydse" asof ons net mooi niks verstaan van wat eintlik aan die gang is en wat nodig is nie.

Ek onthou hoe 'n ene Cassie Aucamp van die destydse AEB 'n klomp jong Verkenners probeer wysmaak het hoe min ons eintlik verstaan van wat alles agter die skerms aan die gang is en waarom ons verkeerd is om Mandela se inhuldiging van die Danie Theron beeld by die VTM te opponeer.

Waar is ds Aucamp vandag?

Ek persoonlik wil die volgende stelling maak (ek kan nie namens die VVK praat nie) - as enigeen twyfel of die Afrikaner vryheid moet hê of graag 'n kandidaat wil voorstel wat Afrikanervryheid teenstaan, moenie die moeite doen om deel te neem aan die VVK se verkiesing nie.

Groete

viki

  • Gas
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #52 op: February 10, 2010, 11:53:24 AM »
Net 'n klip in die bos. Weet enige iemand wat Dr. Dan Roodt / Praag se standpunt of siening oor die VVk is. Beveel hy dit aan of nie?
Wil net weet hoe hard veg mense regtig vir ons saak of gaan dit oor eie gewin?
Dit is duidelik op Bravoland dat die meeste mense hier die VVk ondersteun en selfs 'n linkm na die VVk tuiste het. 
As ek op Praag rond lees, lyk dit of sommige mense kennis dra van die VVK, (dalk nie eers die meerderheid van die lesers nie.) Ek kon nêrens op Praag iets kry wat die VVK aan die lesers bekend stel nie, behalwe vir induvidue wat op komentaar daaroor praat.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #53 op: February 10, 2010, 12:21:59 PM »
Viki, kan jy dit dalk vir Dr Roodt vra - ek sal ook graag wil weet. Ek het die idee gekry dat hulle nie die gedagte ondersteun nie.

Ek het so in die verbygaan opgemerk dat Praag ook skote op Orania afvuur - so ek is nie seker wat hulle beoog nie.

Groete

Sanderis

  • Gas
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #54 op: February 10, 2010, 12:27:21 PM »
Viki ek weet nie wat is Dan siening nie , kan hom vra maar maak dit enige verskil ?
Ongetwyfeld is daar mense wat niks wil weet van die VVK nie , dit is veroorsaak deur hoorsê , wanpersepsies wat oorgedra is van 1 persoon tot ander . Jy weet wat is skinderstories , net dít .
Die mense wat teen die VVK is moet ons probeer oortuig om dit te ondersteun , maar wragtig ek gaan nie iemand se alie lek om dit te doen nie .
Soos ek altyd sê : jy kan 'n perd bring tot by die water , maar jy sal hom nie kan MAAK drink nie - dít moet hy self doen .

viki

  • Gas
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #55 op: February 10, 2010, 12:47:28 PM »
Boo - Ek het hom al per epos gevra. Ek het geen antwoord gekry nie. Wens ek kon sy sel nr kry, dan sal ek hom bel en vra.  Ek sal weer 'n e-pos stuur.
Sanderis, so kan mens begin onderskei tussen ware leiers en vryheidsvegters en die wat net bek is.  Ek hou daarvan om te weet waar ek staan met mense.  Ek dink Dr Roodt kan baie mense se denke beinvoed of oopmaak vir of teen die VVK saak.

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #56 op: February 10, 2010, 01:10:21 PM »
Terllops, hy / Praag het reeds 2 of 3 jaar gelede probeer om 'n "verkiesing" onder Afrikaners te begin organiseer.  Ek dink dit het toe eers doodgeloop.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #57 op: February 10, 2010, 01:21:35 PM »


Indien dit wel gebeur kan mens kyk na die volgende:
stel n verkiesings beleid saam
Stel verkiesings gebiede (Wyke) saam
hef n deposito op n party wat wil n kanidaat stel (Om papierwerk ens te bevonds)
Al neem kanidate deel in sy hoedanigheid as die AWB se kanidaat te Ventersdorp, staan hy in die volksraad as persoon.

Groete 

1. Daar is reeds 'n registrasie beleid en verkiesingsbeleid. Hierdie beleid is selfs verder geneem en die volksraad wat verkies word, word gedwing om vryheid na te streef.

2. Daar is nie 'n nodigheid vir wyke of gebiede nie, aangesien hierdie nie 'n teretoriale verkiesing is nie, maar 'n verkiesing waaraan 'n volk deelneem om 'n volksraad te verkies.

3. Hierdie verkiesing is vry van die party politiekestelsel. Gevolglik kan geen party deelneem en geen party 'n kandidaat "stel" nie. Dit is 'n verkiesing van 'n volksraad - uit die volk, vir die volk.

4. Sien antwoord 3.

Laastens wil ek noem dat die party politieke stelsel aan die verlede behoort. Die moderne vryheidsgesinde volksgenoot ondersteun die volksraad stelsel. Om 'n volksraad te verkies, moet daar 'n verkiesing plaasvind. Dit is ook wat die VVK ten doel het.

viki

  • Gas
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #58 op: February 10, 2010, 02:23:15 PM »
Dr Dan Roodt het my e-pos geantwoord.
Ek haal die laaste paragraaf in sy skrywe aan.: "Ek sou graag met 'n bestuurslid van die VVK persoolik wou gesels alvorens ons aan 'n grootskaalse veldtog daarvoor beging deelneem ten einde 'n beter gevoel vir die hele proses te kry.  In beginsel steun ons die gedagte van 'n volksregister of kieserslys van Afrikaners en ek meen die internet is die ideale medium daarvoor."

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Opwindende nuus van die VVK
« Antwoord #59 op: February 10, 2010, 02:54:31 PM »
Dankie Viki,

Dis nogal so "ja, maar nee" antwoord.

Dit is mos nie so moeilik om die VVK se bestuur te kontak via hulle webblad nie, ek sou dog as hy vrae het sou hy dit al lankal aan hulle gerig het.

Groete


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal