Nuusflits


Skrywer Onderwerp: Wêreldbeker sokker! Die wiel is aan die draai!  (Read 1877 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

André Strydom

  • Gas
Wêreldbeker sokker! Die wiel is aan die draai!
« op: Januarie 24, 2010, 06:19:34 pm »
Daar was al verskeie berigte oor die swak kaartjieverkope vir die WBS en nou het FIFA en hul verblyfagent begin om bednagte terug te gee! Dreig hierdie toernooi om in 'n totale mislukking te ontaard? Gaan hierdie nog 'n klad op Afrika se naam word? As dit 'n mislukking gaan wees, wie gaan die varke in die verhaal wees?  ??? ::) :P



Pretoria. - Fifa is oënskynlik nie meer so bekommerd oor verblyf in Suid-Afrika tydens die Wêreldbeker-sok- kertoernooi later vanjaar nie.

Match, Fifa se verblyfagent, het reeds meer as 450 000 van die bednagte wat hy aanvanklik bespreek het aan plaaslike hotelle en gastehuise teruggegee.

Bedryfsleiers sê dit is beter om vroeër eerder as later dié nuus te kry. Dit gee eienaars ’n kans om hul kamers op die ope mark te bemark.

Me. Vivienne Bervoets, senior verblyfbestuurder by Match, het aan Sake24 bevestig dat 314 000 bednagte (in 6 883 kamers) op 11 Desember teruggeplaas is op die mark. Match het tot op daardie tydstip meer as 1,7 miljoen bednagte bespreek gehad.

Die vrystelling van bednagte het volgens Bervoets gevolg op die finale trekking, wat meer duidelikheid gebring het oor waar watter span wanneer gaan speel.

Sy sê as Match byvoorbeeld aan die skedule kon sien dat hy in die laaste drie weke in Polokwane nie veel verblyf sou benodig nie, het hy dié kamers vrygestel.

Mnr. Brett Dungan, uitvoerende hoof van die federasie van gasvryheidsverenigings (Fedhasa), sê dit is jammer dat die kamers vrygestel moes word, maar almal het geweet dit kan, soos by enige internasionale konferensie, gebeur. Match se kommunikasie met die hotelle was uitstekend en dié kamers kan nou elders bemark word, sê hy.

Op 8 Januarie is nog 140 000 bednagte (in 3 642 kamers) aan tyddeeleienaars vrygestel.

Bervoets sê tyddeel bemark moeilik omdat die konsep vir buitelanders vreemd is.

Ingevolge die ooreenkomste met eienaars het Match geen kansellasiegeld betaal nie. Match se kontrakte bevat ’n skedule van datums waarop kamers wat die organisasie nié onderverhuur kry nie, teruggeplaas word op die mark.

Namate die toernooi nader kom, word die kansellasiegeld wat Match betaal groter. Volgens Bervoets is die volgende datum van vrystelling 10 April, waarna kansellasiegeld betaalbaar raak.

Mnr. Kobus van Rensburg, direkteur van African Space, wat die verhuring van byna 199 000 bednagte aan Match gefasiliteer het, het sy teleurstelling met die kamervrystellings uitgespreek.

Hy sê die ooreenkoms met Match is al in 2008 aangegaan, maar geakkrediteerde toeroperateurs is eers op ’n seminaar op 7 Desember verlede jaar, ná die finale trekking, behoorlik voorgelig oor die produk.

Teen einde Desember moes Match volgens die ooreenkoms ongeveer R163 miljoen betaal, wat die heffings vir die betrokke eenhede vir 2010 is.

Die tyddeeloorde het Match uitstel gegee tot 15 Januarie, maar op 8 Januarie het Match laat weet die risiko is vir hom te groot, hy stel die kamers vry.

Die totale waarde van die bespreking, wat die heffings, die inkomste van eienaars en Match se kommissie insluit, sou sowat R635 miljoen beloop het.

Volgens Van Rensburg is die verhouding tussen African Space en sy vennote en Match steeds goed. Die deur staan oop as Match later weer van die eenhede nodig kry en Match het toegestem dat African Space regstreeks met sy ge-akkrediteerde toeroperateurs kan werk en die Fifa.com-webblad vir bemarking gebruik.

African Space gaan nou ook die tyddeeleenhede van sewe dae elk opbreek in meer buigsame eenhede van drie en vier dae.

http://www.sake24.com/articles/default/display_article.aspx?ArticleId=6-1607_2568878

Clem de Klerk

  • Gas
Re: Wêreldbeker sokker! Die wiel is aan die draai!
« Antwoord #1 op: Januarie 25, 2010, 04:58:42 am »
Tog snaaaks dat dit so neutraal moontlik gestel word - miskien het die sokkerbal weggeraak......


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal