Skrywer Onderwerp: ‘Pretoria moet weg vóór WB’  (Read 1636 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
‘Pretoria moet weg vóór WB’
« op: January 27, 2010, 01:18:29 PM »
‘Pretoria moet weg vóór WB’

2010-01-27 01:54


Cobus Claassen

Die ANC wil finaal van Pretoria se naam ontslae raak nog voordat die Wêreldbekersokkertoernooi in Junie begin.

Daar is “verhaasde gesprekke” met me. Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur, in ’n poging om van Pretoria as die hoofstad se naam ontslae te raak, het die ANC in die Tshwane-streek gister bekend gemaak.

Mnr. Sputla Ramokgopa, ANC-voorsitter in die streek, het op ’n mediakonferensie gesê Xingwana het aangedui sy oorweeg tans die voorstel om die stad se naam te verander en dat haar departement die besluit binne die volgende paar weke bekend kan maak.

’n Bron in ANC het vertroulik aan Beeld gesê die proses is “eintlik van akademiese belang” en dat die proses nou met groot prioriteit deurgevoer sal word.

“Die plan is dat Pretoria se naam iets van die verlede moet wees wanneer die Wêreldbeker-sokkertoernooi afskop.”

Xingwana se besluit sal ’n einde maak aan ’n uitgerekte naamstryd wat groot onsekerheid meegebring het oor wat die stad se wettige naam is.

Pretoria se naam is al etlike jare in die ANC se visier. Dié party het in die verlede telkens benadruk die verandering is ononderhandelbaar omdat Pretoria in die verlede as die bastion van apartheid beskou is.

Ramokgopa het gister bevestig dit beteken die stad en metrogebied sal voortaan as Tshwane bekend staan as Xingwana ten gunste van dié naam is.

Die minister het reeds gewys sy gaan nie op haar laat wag met naamsveranderinge nie toe haar departement in Oktober verlede jaar 42 naamsveranderinge in die Staatskoerant aangekondig het.

Dit het die verandering van Nelspruit na Mbombela, Belfast na eMakhazeni, Waterval-Boven na Emgwenya en Machadodorp na eNtokozweni ingesluit.

Ramokgopa sê die naamsverandering is “relevant” en die proses moet as ’n prioriteitsaak gehanteer word.

Hy het terselfdertyd gesê die koste wat dit gaan meebring, sal deeglik oorweeg word.

“Hoewel dit nodig is, voorsien ’n naamsverandering niemand van water en elektrisiteit nie. Die koste sal dus deeglik oorweeg word.”

Op die vraag of ’n stad en metrogebied met verskillende grense, maar dieselfde naam, nie grootskaalse verwarring gaan meebring nie, het hy gesê: “Nee, dit behoort nie ’n probleem te wees nie. Ek glo daar sal ’n manier wees om onderskeid te tref.”

Opposisiepartye in die Tshwane-metroraad en voorstanders van die behoud van Pretoria se naam meen dat dit ’n ideale middeweg sou wees om Pretoria as die stad en Tshwane as die metropolitaanse munisipaliteit se naam behoue te laat bly.

Mnr. Mack Lewele, direkteur van kommunikasie in Xingwana se kantoor, het gesê hulle sal eers later die week kommentaar kan lewer omdat die minister nou in die buiteland is.

- Beeld



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/1e3ffe4eca6347f18549ef2922f269ea/27-01-2010-01-54/%E2%80%98Pretoria_moet_weg_v%C3%B3%C3%B3r_WB%E2%80%99
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #1 op: January 27, 2010, 01:31:48 PM »
Nou soek hulle vir moeilikheid! Hier gaan baklei word (hoop ek).
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #2 op: January 27, 2010, 02:26:28 PM »
Kom kom kom! Gaan ons dit sommer so aanvaar! Die SWB is tog seker vir hulle van belang.
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #3 op: January 28, 2010, 09:23:01 AM »
Ek sien 'n heerlike koor oefening op die horison!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #4 op: January 28, 2010, 10:09:06 AM »
Ons moet net waak dat hierdie nie as 'n soort weerlig afleier dien nie.  Tans is die volkstaat debat hewig aan die gang en begin daar ook al hoe meer oor die volksmoord gepraat word.  Ons moet net nie toelaat dat die ANC ons aandag met ander goed aftrek nie. 

Vra die kern vraag: 

WAAROM JUIS NOU?

Eers was dit die gewoel oor die bloubul embleem.  Toe dit skynbaar nie GENOEG reaksie ontlok nie word daar nou weer oor Pretoria se naam stof opgeskop.

Laat ons doen wat ons hande vind om te doen en die stryd stry waar ons ook al die geleentheid kry.  Laat ons net nie prioriteite uit die oog verloor nie.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ankoren

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 104
    • Uit my ("Boeremag")-dagboek
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #5 op: January 31, 2010, 09:44:49 PM »

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #6 op: February 01, 2010, 11:59:05 AM »
R1,5 miljard om Pretoria se naam te verander

2010-01-30 23:34
Mariechen Waldner

Dit kan meer as R1,5 miljard kos om Pretoria se naam na Tshwane te verander.

En, het ’n taakspan die ANCeen dié naamsverandering gewaarsku, meer as 80% van die stad se swart en wit inwoners wil ’n referendum oor die stad se naam hê.

Vader Smangaliso Mkhatshwa, toe uitvoerende burgemeester, het al in 2003 die taakspan opdrag gegee om die uitwerking van die naamsverandering te ondersoek.

Dit was te midde van sterk teenkanting van veral Pretoria se wit inwoners.

Belastingbetalers het R490 000 vir die projek opgedok.

Maar die verslag van 153 bladsye, wat Mkhatshwa al in 2005 ontvang het, is nooit gepubliseer of in die raad bespreek nie. Afskrifte hiervan is van koerante en opposisiepartye weerhou.

’n Afskrif van die verslag is aan Rapport se susterkoerant City Press uitgelek nadat die departement van kuns en kultuur verlede week ’n mediasessie oor naamsveranderinge gekanselleer het.

Die naam Pretoria was vermoedelik onder dié veranderinge.

Mnr. Paul Mashatile, adjunkminister van kuns en kultuur, sou die vergadering toegespreek het wat gekanselleer is nadat AfriForum ’n brief aan pres. Jacob Zuma en me. Lulu Xingwane, minister van kuns en kultuur, gefaks het.

AfriForum het hulle “dringend” versoek om “nie Pretoria se naam te verander nie”.

AfriForum se uitvoerende hoof, mnr. Kallie Kriel, sê die brief was in reaksie op mediaberigte dat die ANC Pretoria se naamsverandering wou versnel.

Mashatile se woordvoerder, mnr. Percy Mthimkulu, het geweier om kommentaar te lewer oor of Pretoria se naam op die lys was.

Hy het ontken dat die vergadering gekanselleer is nadat AfriForum in sy brief gedreig het die minister “kan verskeie hofsake en protesoptredes verwag”.

Kriel het die brief verlede Woensdag om 11:16 gefaks, minder as ’n dag voor die mediakonferensie gekanselleer is.

In sy brief wys Kriel op die gebreke in die naamveranderingsproses weens onder meer die gebrek aan openbare deelname.

Die besluit om Pretoria se naam voor die Wêreldbeker-sokkerreeks te verander druis in teen die versekering verlede jaar dat die ANC eers die koste sal bepaal.

Mnr. Sputla Ramokgopa, nuwe ANC-voorsitter vir die Tshwane-streek, het verlede jaar op ’n mediakonferensie belowe dat, sou die koste te hoog wees, “die ANC hom dan voorlopig rig op die verbetering van die armes se lewensomstandighede”.

Maar verlede jaar het die stad kwalik genoeg geld gehad om sy krag- en waterverskaffers te betaal.

Die koste van R1,5 miljard om Pretoria se naam te verander is in 2005 deur die ANC-taakspan bepaal en sal vandag selfs meer wees.

Die koste om Pretoria se naam te verander sluit in:

- R150 000 vir elk van die stad se 10 000 ondernemings;

- Tussen R50 000 en R150 000 per padteken (dit nadat onlangs meer as R10 miljoen aan nuwe padtekens bestee is);

- R100 000 om die weerdiens se naam te verander.

- Rapport



http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/c5db83b994a448e7b3f7132a300cb4d3/30-01-2010-11-34/R1,5_miljard_om__Pretoria_se_naam_te_verander
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #7 op: February 01, 2010, 12:01:44 PM »
Sien gerus ook Rapport se meningspeiling oor die kwessie, tans by die volgende skakel:

http://www.rapport.co.za/Content/Stem
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #8 op: February 01, 2010, 01:15:03 PM »
Ons moet net waak dat hierdie nie as 'n soort weerlig afleier dien nie.  Tans is die volkstaat debat hewig aan die gang en begin daar ook al hoe meer oor die volksmoord gepraat word.  Ons moet net nie toelaat dat die ANC ons aandag met ander goed aftrek nie. 

Vra die kern vraag: 

WAAROM JUIS NOU?

Eers was dit die gewoel oor die bloubul embleem.  Toe dit skynbaar nie GENOEG reaksie ontlok nie word daar nou weer oor Pretoria se naam stof opgeskop.

Laat ons doen wat ons hande vind om te doen en die stryd stry waar ons ook al die geleentheid kry.  Laat ons net nie prioriteite uit die oog verloor nie.
Ek het ook 'n sterk gevoel dat die ding van "aandag aftrek" - ook seker 'n onderdeel van die strategie "verdeel en heers" - heel waarskynlik nou deur die vyand gebruik word om uiters belangrike dinge soos die volkstaatgesprek en die VVK se werk, te probeer smoor en doodswyg.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #9 op: February 01, 2010, 01:46:36 PM »
Op Rapport se webblad is daar 'n meningspeiling oor die verandering van Pretoria se naam. Toe ek laas gekyk het, was die nee-stem 94%.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #10 op: February 01, 2010, 07:56:20 PM »
Slegte nuus...

Dis al wat ek nou kan sê.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #11 op: February 02, 2010, 07:25:14 AM »
Ek wonder wat gaan in (liewe) Lulu se leë koppie aan...?  Ek dink die diefstal van 'n land se hoofstad is strafbaar met die dood!

Pta: Skrif dalk finaal aan muur
2010-02-02 01:49
Cobus Claasen

Dit blyk nou net ’n kwessie van dae te wees voordat Pretoria se naam amptelik na Tshwane verander word nadat me. Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur, die naamsverandering Vrydag stil-stil in die Staatskoerant aangekondig het.

Hoewel dié naamsverandering gister laat “om tegniese redes” van die lys onttrek is, blyk die skrif vir Pretoria aan die muur te wees.

Mnr. Mac Lewele, direkteur van kommunikasie in Xingwana se kantoor, het gisteraand gesê die naam word onttrek omdat daar tegniese besonderhede is wat nog uitgeklaar moet word.

Hy het bevestig die nuwe naam sal die stad s’n wees.

In die Staatskoerant Vrydag verskyn Tshwane se nuwe status as geografiese pleknaam saam met die nuwe name van 28 dorpe, berge, riviere en nedersettings.

Geen kosteberaming of openbare deelnameproses het die publikasie van Pretoria se naamsverandering voorafgegaan nie.

Dit het gebeur nadat Xingwana se adjunk, mnr. Paul Mashatile, verlede week op die nippertjie ’n mediakonferensie waar hy nuwe plekname sou aankondig, afgestel het.

Hul departement het vrae oor hoekom die konferensie op kort kennisgewing gekanselleer is en of Tshwane een van die nuwe plekname is, daarna gesystap.

Xingwana se kantoor het vroeër gesê: “Die regulering van geografiese plekname in ’n demokratiese Suid-Afrika is deel van ’n proses om die marginalisasie van inheemse tale, kulture en erfenisse reg te stel.”

Mnr. Sputla Ramokgopa, ANC-voorsitter in Tshwane, het verlede week Maandag aangekondig die party is in “verhaasde gesprekke” met Xingwana oor die naamsverandering.

’n Bron in die party het vertroulik onthul die ANC wil hê die naam Pretoria moet geskiedenis wees wanneer die Wêreld-beker-sokkertoernooi in Junie begin.

Die burgerregte-waghond AfriForum het gesê hy sal “alle moontlike regstappe” vir die behoud van Pretoria se naam doen.

Mnr. Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het gesê Xingwana se optrede met die publikasie van die nuwe naam spreek van blatante kwade trou.

“Die regsgeding oor die status van die stad se naam is op die rol van die Pretoriase hooggeregshof vir 25 en 26 Maart.

“Die minister het met haar optrede ’n duidelike boodskap gestuur dat sy nie die sub judice-reël en die gepaardgaande grondwetlike beginsel van die skeiding van magte eerbiedig nie.”

AfriForum hou vanoggend ’n dringende vergadering met se-nior advokate.

Dr. Pieter Mulder, VF+-leier, was gisteraand onbewus van die verwikkeling.

“Dit is agterbaks om die besluit skelm in die Staatskoerant te publiseer,” het hy gesê. “As die minister dink sy kan ’n hoofstad se naam op dié wyse stilweg verander, is sy baie naïef.”

Mulder meen die besluit kan groot Afrikaner-protes ontketen.

Me. Helen Zille, DA-leier, het gesê die wyse waarop die naamsverandering gehanteer is, is ’n “absolute skande”.

“Ek kan nie dink dat die skelmstreke grondwetlik is nie. Die DA sal indringend vasstel of die wetlike prosedure gevolg is.”


- Beeld

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/d53396fa04114de8b10ee721dccfc7d5/02-02-2010-01-49/Pta_Skrif_dalk_finaal_aan_muur
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #12 op: February 02, 2010, 07:29:55 AM »
Ons moet nou duim vashou dat Afriforum gaan slaag in hul verset-aksie.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #13 op: February 02, 2010, 08:38:11 AM »
Wat kan ons Volksgenote doen om die saak te help? Indien iemand uitvoerbare voorstelle het, laat ons asseblief weet.Ons word so geminag dat hulle die vermetelheid het om sulke snert VOOR die SWB sommer so onder die tafel deur wil aanvang. Dis 'n belediging.
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #14 op: February 03, 2010, 04:09:31 AM »
Kyk net hoe gou het die spul die aftog geblaas - net om weer met 'n ander slenter te kom.

Kennis is mag

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #15 op: February 03, 2010, 01:35:26 PM »
So hulle het hul pogings laat vaar??? Dalk was dit net 'n toets.
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #16 op: February 03, 2010, 03:15:01 PM »
So hulle het hul pogings laat vaar??? Dalk was dit net 'n toets.

Nee, ek dink dit was enersyds voortvarendheid deur die minister en andersyds administratiewe onbekwaamheid. Ander faktore wat hulle laat hot-om vlieg het, is moontlik die geweldige reaksie in die pers en van Afriforum se kant af. Miskien het die dreigemente in Beeld se briewekolom dat daar geen sokker in Pretoria gespeel sal word as hulle dit doen nie, die gewenste uitwerking gehad. Dit kon ook 'n vlieër wees om die wind te toets of om 'n ander onderduimse slenter te verbloem. Kom ons kyk of die minister inderdaad teen môre die aankondiging amptelik terugtrek in die Staatskoerant.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: ‘Pretoria moet weg vóór WB’
« Antwoord #17 op: February 05, 2010, 06:13:12 PM »
Minister word bedank vir haar "groothartigheid"? Naamsverandering word teruggetrek weens "tegniese redes"? Hoe bring jy "groothartigheid" en "weens tegniese redes" bymekaar uit? Tot volgende keer! ??? >:(

Pretoria bly Pretoria.

Die regering het besluit om goedkeuring dat Pretoria voortaan Tshwane heet terug te trek na aanleiding van 'n brief van die burgerregte-organisasie AfriForum.

"Die minister van kuns en kultuur, me. Lulu Xingwana, het Vrydag gevra dat die goedkeuring vir die naamsverandering van Pretoria na Tshwane teruggetrek word en dat dit só in die Government Gazette publiseer word," het mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, in 'n verklaring gesê.

"Pretoria se naam bly nou amptelik Pretoria."

Kriel het Xingwana bedank vir haar groothartigheid om die naamsverandering terug te trek.

Verlede week is die ministerie se plan om die Pretoria se naam na Tshwane te verander in die Government Gazette gepubliseer.

Die ministerie het Maandag gesê hulle gaan die naamsverandering weens "tegniese redes" terug trek.

http://www.beeld.com/Content/Tuisblad/1909/3d78fce241a34e3ba5dfccc7c4729f1c/05-02-2010-02-00/Pretoria_bly_Pretoria
Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal