Majuba Avontuurkamp
26-28 Februarie 2010.
Soos gewoonlik gaan die Handhawerjeug weer die roemryke oorwinning by Majuba naby Volksrust saam met duisende ander feesgangers herdenk.
Ons nooi hartlik alle jongmense (ouer as 10) vir wie Afrikaans hul trots is om hierdie besondere geleentheid mee te maak. (Ma’s en pa’s, oupas en oumas, is natuurlik ook welkom om as gaste saam te kom). Ons belowe ʼn naweek van volop pret, spankompetisies, speletjies en samesang!
Die avontuurpret begin wanneer ons Vrydag 26 Februarie 2010 om 9vm vertrek vanaf die Willie Marais Afrikanersentrum, Paul Krugerstraat, Pretoria. Dit eindig wanneer die bus om 4:30nm Sondagmiddag, die 28ste weer daar stilhou.
Die program wat gevolg gaan word sal inskakel by die hoofprogram. Dit sluit ook in - indien die weer dit toelaat - deelname aan die fakkelloop Vrydagaand. Daar is ook deur die loop van die naweek historiese vertellings en bergklim, vlaghysingseremonies, Boeresport, Boeredans en Volkspele. ʼn Groot kampvuur word Saterdagaand aangesteek vir diegene wat nie die Cantus (vir studente en grootmense) kan of wil bywoon nie. Leerlinge wat ook van dié prettige singvergadering hou - mag natuurlik ook Saterdagmiddag die Cantile bywoon.
Die koste vir die Majubakamp (wat insluit semi luukse busvervoervanaf Pretoria, verblyf in drieman koepeltente, vier smaaklike etes en kampeergelde) is as volg:
R300 per persoon
R500 vir ʼn gesin van twee
R700 vir ʼn gesin van drie
R800 per gesin van 4 of meer.
Bespreek asseblief vroegtydig aansien net soveel inskrywings toegelaat word as wat die Handhawers sinvol kan hanteer. GHA-lede sal voorrang geniet en hulle kry 10% afslag.
Inskrywingsvorms kan vanaf die GHA-kantoor (8:00 – 13:00) 012 335 3321 verkry word of per vonkpos by
gha@lantic.net aangevra word.
Navrae kan gerig word aan:
nig Karine Bischoff
082 551 3061
neef Horst Graefe
012 807 0434 of
oom Hennie Kasselman
082 823 8543.
