Skrywer Onderwerp: 'n Nuwe Groot Trek  (Read 1679 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
'n Nuwe Groot Trek
« op: February 03, 2010, 06:35:04 PM »
'n Nuwe Groot Trek

deur Quintin Diederichs


Nadat talle van ons vriende en familielede deur misdaad getref was het my vrou en ek begin oorweeg om vir veiligheidsdoeleindes te emigreer. 'n Goeie vriend het egter aanbeveel dat ons eers 'n besoek in Orania moet aflê voor ons 'n finale besluit neem.

Op 'n warm somersdag ry hierdie jong paartjie van Pretoria-Oos toe in Orania in, min wetend wat om te verwag. Die eerste ding wat die oog gevang het was hoe skoon die dorp is. Vriendelike mense wat ons van geen kant af ken nie waai en groet ons in Afrikaans terwyl hulle in hul tuine werk. Vrolike kaalvoet kinders op fietse laat my na my eie kommerlose kinderdae terugverlang. Ons ry verby die silwerskoon munisipale swembad en sien jong gesinne wat in die water baljaar. Vreemd, daar is geen sekuriteitswagte en -kameras nie...

Ons let op dat 'n paar van die voorafvervaardigde huise 'n oogseer is maar nietemin sien mens dat inwoners besig is om dié ou huise te restoureer of geheel en al plat te slaan om nuwe huise te bou. Van elektriese heinings en lemmetjiesdraad voor mense se wonings is daar trouens geen sprake nie.

In die supermark sien ons 'n bruin man besig om sy inkopies te doen, wat vreemd was aangesien ons a.g.v. die media onder die indruk was dat net blankes toegelaat word in Orania. Later verneem ons dat mense van ander kulture, wat in hierdie yl bevolkte deel van suidelike Afrika woon, welkom is om Orania te besoek indien hulle wil – selfs Julius Malema kan hiervan getuig. Daarmee die rassistiese brandmerk wat liberaliste op Orania probeer forseer by die venster uit.

Ons loer toe in by die vakansieoord wat op die oewer van die Oranjerivier geleë is. 'n Pragtige spa, restourant en hotel strek voor ons uit met 'n indrukwekkende uitsig oor die rivier en omliggende Karoolandskap. Alles in hierdie deel van Orania word met hout gebou, wat my herinner het aan die dag toe ons oor die Tiroolseberge in Oostenryk ingery het. Alles in Orania is op sy plek, selfs die vullis word geskei in asblikke wat duidelik gemerk word met herwinbare- en nie-herwinbare plakkers. Dit het my laat dink aan Sarlat, 'n dorpie in Frankryk waar ek vir twee jaar gewoon het. Almal doen hul deel om besoedeling te bekamp.

Toe tref dit my. Orania is verseker afgesonder van die werklikheid waaraan ek in Pretoria gewoond was weens daar 'n ander werklikheid in Orania geskep word. 'n Werklikheid wat eie is aan die inheemse Afrikanervolk met sy Europese oorsprong. Dit stem hoegenaamd nie ooreen met die werklikheid van die res van suidelike Afrika nie omrede dié streek se werklikheid gebaseer is op die meerderheid en hul leiers se idee van wat die werklikheid veronderstel is om te wees.

Aangesien die Afrikaner in suidelike Afrika in die minderheid is voel ons bedreig en gefrustreerd omdat ons nie die meerderheid se vreemde werklikheid kan begryp nie. Die Afrikaanse koerante berig vir die afgelope vyftien jaar oor die absurde wyse waarop dinge bestuur word maar het mense al miskien gewonder of dit nie dalk net ons is wat die meerderheid se werklikheid absurd vind nie? Moet ons dus Afrika verlaat as ons nie kan inpas in die meerderheid se werklikheid nie? Tog is die Afrikaner so inheems aan suidelike Afrika soos enige van die stamme wat ook honderde jare gelede hierheen getrek het. Nes hulle het ons ook 'n reg om hier te wees en ons eie werklikheid te skep.

Na twee verdere besoeke aan Orania het my vrou en ek besluit om nie te emigreer nie, altans nie uit suidelike Afrika uit nie. Ons het so lekker ingepas in die Afrikaner se werklikheid dat ons 'n eiendom gekoop het en gaan nou selfs 'n besigheid op Orania stig.

Daar moet nog baie werk gedoen word in Orania maar dis lekker werk want dit vorm deel van die proses om ons vryheid te herwin. Soos almal in bv. Taiwan immers Taiwanese is, is almal in Orania Afrikaners – van die oom wat met trots die strate vee tot die tannie wat by die vulstasie werk. In Orania is dit eenvoudig normaal dat Afrikaners al die werk self doen. Daar is geen hoë-sekuriteit veiligheidskomplekse nie maar tog word Orania bestempel as afgesonder deur die einste Afrikaners wat hulself agter hoë mure afsluit van die meerderheid se volksvreemde werklikheid waarin hierdie Afrikaners self kies om ten duurste in te vertoef. Is baie Afrikaners dalk net te lui om te aanvaar dat ons weer van meet af moet begin en dié keer al die werk self gaan moet doen?

Die volkstaat is ons toekoms en ons is trots om te kan sê dat ons deel is van die nuwe Groot Trek, oppad om ons mense in Orania te gaan help bou aan die nuwe werklikheid vir die nuwe, onafhanklike Afrikaner.



http://www.nuus24.com/Content/MyNuus24/Briewe/1478/22c9e8f331254cd3ab307685564c5ad1/03-02-2010-07-30/n_Nuwe_Groot_Trek
« Laaste verandering : February 04, 2010, 08:53:12 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #1 op: February 03, 2010, 06:35:44 PM »
Let gerus daarop dat die reaksie van die lesers op hierdie skrywe oorwegend positief is.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #2 op: February 03, 2010, 11:54:56 PM »
Hallo Werner

Ek het vier jaar lank studies gedoen oor die veiligste plek om my nageslag heen te vat, ek het een na die ander analise gedoen deur simpel programetjies wat n vriend gemaak het vir my analises, dit het op my kriteria uitgekom op Orania (wat laer misdaad syfers as Australia het) en ek het begin bates verkoop en gaan kyk na die moontlikheid om te ontwikkel daar.

Ek het enkele probleme gesien en oplossings aan begin werk. Ek het op 23ste Desember n baie groot transaksie gedoen en gaan nou Die Reddingsbootjie aftree oord ontwikkel.
Ons het baie moeite gedoen om dit te beplan en dit gaan werklik die beste aftree oord in die land wees.

Sedert my drie radio gesprekke op Radio Pretoria het ek letterlik honderde navrae gekry en voorsien dat my verkope sowat 60% vinniger as my aanvanklike optimistiese vooruitskatting gaan wees.

Met hierdie projek word daar verskeie geleenthede vir volksgenote geskep wat in die bou bedryf werksaam is.

Intussen het ek ook met n groep Orania ondersteuners in Pretoria begin saamwerk om ander sake aan te pak.

Ek is soos jy ook opgewonde om positiewe mee te werk aan die ontwikkeling van my nuwe tuiste.

Groete

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #3 op: February 04, 2010, 08:52:26 AM »
Propatria

Ek wil net weer daarop wys dat die brief deur Quintin Diederichs geskryf is.  Ek gaan nou die skakel na die koerantberig in my eerste plasing byvoeg.

"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #4 op: February 04, 2010, 11:52:39 AM »
Dit klink opwindend en ek hoop dis haalbaar.Groeiende infrastruktuur skep werksgeleenthede wat weer mense lok.
Al wat my pla is: Wat gebeur as die regering die grondwet daar afdwing, veral nadat dit met moeite deur eerlike en hardwerkende Afrikaners opgebou is?
Kan 'n Afrikaner byvoorbeeld 'n nuwe vulstasie sonder BBE daar begin?Dit is ontoelaatbaar in die res van die land.
Selfbeskiking met 'n eie regering is waarna ons verlang.

Passievol oor Afrikaans

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #5 op: February 05, 2010, 02:29:55 AM »
Ja, mens wonder wat hou die toekoms in, maar ek gee dit eerder n probeerslag, dit is immers die beste at mens kan doen. Daar is verseker sekere goed waar mens teen n muur vasloop. Ek het die agentskap vir verskeie landbou produkte in Botswana, Namibia en Zambia, sonder enige plaaslike vernote, toe ek aansoek doen by die maatskappye vir die reg in Orania toe word ek gevra om vir alle sake in SA n 'BEE partner' te kry?

Ons moet maar voortgaan waarmee ons kan.

Groete

Sanderis

  • Gas
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #6 op: February 05, 2010, 08:45:44 AM »

Kan 'n Afrikaner byvoorbeeld 'n nuwe vulstasie sonder BBE daar begin?Dit is ontoelaatbaar in die res van die land.


Sover ek weet kan niemand dit op jou afdwing nie , maar ek dink dit gaan gepaard met boetes . Waar is die OSI manne , ek is seker hul sal raad hê ?

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #7 op: February 05, 2010, 09:18:46 AM »

Kan 'n Afrikaner byvoorbeeld 'n nuwe vulstasie sonder BBE daar begin?Dit is ontoelaatbaar in die res van die land.


Sover ek weet kan niemand dit op jou afdwing nie , maar ek dink dit gaan gepaard met boetes . Waar is die OSI manne , ek is seker hul sal raad hê ?

Dit word inderdaad nie afgedwing nie. 'n Familielid van my werk by 'n groot onderneming en hulle begroot elke jaar vir die boetes omdat hulle liewer die werk gedoen wil kry!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #8 op: February 05, 2010, 10:14:14 AM »
Ek weet van persone wat  baie onlangs die koop van 'n vulstasie geweier is omdat hulle dit alleen wou besit!
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #9 op: February 05, 2010, 10:20:46 AM »
Die instelling waarvan ek praat is baie jare al in die land en hulle het uiteraard 'n wit personeelkorps gehad voor '94. So, hulle maak geen (te)regstellende aanstellings nie, maar betaal vir die gelag. Dit is waarskynlik anders vir nuwe besighede. Wie het die koop geweier? Die vorige eienaar of die staat?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #10 op: February 05, 2010, 10:58:11 AM »
Daarvan kan ek dit getuig dat dit wel moontlik is om 'n groot maatskappy te besit sonder BEE. Dit gaan, soos genoem, met baie groot boetes gepaard. (Die dat ek maar met 'n klein salaris tevrede moet wees..... :P )

Ek dink daar is sekere industrieë waarop hulle egter hul bes gaan doen om hul swartbemagtiging af te druk.
Moed Vryheid Eer

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #11 op: February 05, 2010, 11:11:10 AM »
Adri dit was glo die verskaffers van brandstof (maatskappy)
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: 'n Nuwe Groot Trek
« Antwoord #12 op: February 05, 2010, 12:15:56 PM »
Adri dit was glo die verskaffers van brandstof (maatskappy)

Dit maak sin. Daar is dit seker maar betreklik donker en verder is dit internasionale maatskappye ook.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal