Skrywer Onderwerp: Werksgeleenthede vir Volksgenote  (Read 64537 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Peregrinus

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #360 op: December 02, 2011, 11:58:51 AM »
Graag wil ek die volgende met my volksgenote deel. Ek het onlangs begin om gebruik te maak van die dienste van Boeretrots Tuindienste. Dit is regtig aangename en betroubare manne en ek wil elkeen van ons volksgenote aanmoedig om gebruik te maak van hierdie manne se dienste. Laat ons volk ons losmaak van volksvreemde arbeid en self inspring en ons eie werk verrig. Sodoende verseker ons vir ons nageslag 'n toekoms.

Afwesig Oranje Vrystaat

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 252
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #361 op: December 06, 2011, 10:50:20 PM »
Pos beskikbaar in Bloemfontein
Babies Online
Noordstad Winkelsentrum, Eeufeesweg
Kleinhandel
Baba en Kleuterwinkel
Verkoop van Opvoedkundige produkte aan instap kliente
Algemene kleinhandel take (uitpak en merk van voorraad, skoonmaak van winkel ens)
Dame wat nie rook nie
Salaris onderhandelbaar na gelang van ondervinding
Hierdie is 'n klein maatskappy en ongelukkig kan ons nie mense uit ander dorpe help met verhuising nie.
Stuur asb u aansoek na kobus@babiesonline.co.za of faks 0866953561
Sluitingsdatum: 20 Desember 2011
Aanvaarding: Januarie 2012
Vir Volk en Vaderland

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #362 op: December 12, 2011, 10:06:08 PM »
VAKANTE POS : Roelien de Klerk Juwele

RdK Juwele het ‘n pos beskikbaar vir ‘n goud- of silwersmid.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

    Maak van juwele van goud en silwer
    Set van stene sal ‘n voordeel wees
    Gravering sal ‘n voordeel wees
    Hantering van goudregister
    Kliënte skakeling
    Hantering van kliënte in die winkel

Vereistes van suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos sal oor die volgende beskik:
‘n Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en onderskrywing van die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen
Kwalifikasie as juwelier of ten minste een jaar ondervinding as juwelier

Die pos moet vanaf 1 Februarie 2012 gevul kan word.

Vergoedingspakket
Op aanvraag beskikbaar.

Aansoekproses
Aansoeke sluit 31 Desember 2011.  Aansoeke en portefeuljes kan per e-pos gestuur word aan rdk@lantic.net of per hand by Roelien de Klerk (0836833070) afgegee word. Posadres: Posbus 203, Orania, 8752
Navrae: Janet Naude  en Roelien de Klerk tydens kantoorure by 053 207 0282.

Afwesig TK

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #363 op: December 13, 2011, 08:04:43 AM »
Ek hoor so baie van die jong manne wat WIL boer, maar sukkel om iemand te kry. Waar is die ouens wat wil?

Ek is op soek na ’n jong ongetroude, nie-roker man. Passport sal aanwins wees. ’n Bestuurslisensie sal voorkeur kry.
As jy plaas ondervinding het bonus, maar jy moet kan WIL werk. Dis plaaswerk en ons plant & oes 365 dae van die jaar.
Ons is besig om nuwe plaas te vestig in Mozambique. Soek iemand wat WIL boer. Dis gemengde boerdery, rys, koffie, vee en groente. Iets van alles.

Skoolverlaters meer as welkom, as hy geleentheid wil hê. Sal jou leer wat jy benodig om te werk.

Verblyf word voorsien.

epos: tertiusn@bionel.co.za / +27 83 310 9465

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #364 op: December 13, 2011, 09:10:05 AM »

Die boer van Ermelo het nie sy kontak besonderhede in sy advertensie gegee nie.  Hy kan my kontak op 072 062 7094.
groete
Rudi

Dalk kan julle mekaar kontak?

Moed Vryheid Eer

Afwesig TK

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #365 op: December 13, 2011, 11:01:32 AM »
Kleinbekkie,

Dalk kan julle mekaar kontak?

Dankie - Ek het nog nie terugvoer gekry van hom nie,  sal later weer probeer - dankie

Ek is opsoek na 2 mense op die staduim, mense kort iemand om saam aan te jaag.

Ek is al opsoek na iemand al vir 2 jaar, nog nie gekry wat regtig wil nie. Hulle loop somer self.

Het ons vergeet wat regte werk is?
Ek hoor gereeld om 'n braai van hoe hulle oupa's en ouma's goed gedoen het, maar self het ek nog min gesien van hulle kant af.

So as daar iemand daar buite is wat graag eendag sy eie plaas wil besit - kontak my, maar jy sal moet weet dit kos baie werk en tyd.

Afwesig Abby

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #366 op: December 29, 2011, 07:32:35 PM »
Weet nie of ek hierdie ding reg doen nie, maar hier gaan ons - jammer as dit op die verkeerde blad beland:

Ons soek dringend 'n ervare Afrikaanssprekende enkeldame in Pretoria-omgewing om so spoedig moontlik te begin:
- wat 'n geldige bestuurslisensie het;
- wat 'n verpleeg-agtergrond het;
- wat KAN inwoon, maar tans is dit nie 'n vereiste nie;
- en na ons ouers kan omsien en hulle versorg, in hulle eie huis.
 
Ouma het erge Alzheimer en oupa se ou lyf wil, maar kan nie meer bybly om vir ouma te help nie.
Daar is 'n huishulp wat tweemaal per week wasgoed was en -stryk en huis skoonmaak.

Enigiemand wat belangstel kan 'n volledige CV faks na (012) 662-2595 vir aandag Abby.
Let asb daarop dat 'n aanbod vir werk nie noodwendig na afloop van 'n onderhoud sal volg nie.

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #367 op: January 04, 2012, 10:22:27 PM »
Weet nie of ek hierdie ding reg doen nie, maar hier gaan ons - jammer as dit op die verkeerde blad beland:

Dit is op die regte plek , dankie Abby .

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #368 op: January 10, 2012, 01:34:33 AM »
Vakante pos
Skoolhoof: Orania CVO-skool

Oor die werkgewer
Orania CVO-skool is ‘n Christelike streekskool vir Afrikanerkinders in die Bo-Karoo. Die skool se leerlingtal het die afgelope vier jaar gegroei van 42 leerlinge tot sowat 200. Die skool toon steeds goeie groeipotensiaal en grootskaalse uitbreiding in kapasiteit, infrastruktuur en vermoë word in die vooruitsig gestel.

Oor die pos
Die hoof van Orania CVO-skool vervul die volgende funksies:

*    Bestuur die skool (insluitende die koshuis) deurlopend met al sy stelsels en prosesse.
*    Neem leiding met die handhawing van gehalte en uitnemende onderrig.
*    Neem verantwoordelikheid vir die versekering van goeie dissipline en ‘n kultuur van Afrikanertrots en ‘n gedissiplineerde leefstyl onder leerlinge.
*    Gereelde skakeling met die relevante owerhede en organisasies waarby die skool geregistreer en geaffilieer is, die handhawing van goeie verhoudinge en ‘n hoë vlak van verslagdoening soos moontlik vereis.
*    Die bestuur van die skool se volle administrasie wat insluit die ontwikkeling van vaartbelynde administratiewe stelsels, die implementering daarvan en die versekering dat alle stelsels doeltreffend uitgevoer word.
*    Werk saam met die skool se bemarkingspan om die skool gereeld onder alle teikengehore te bemark en sukses te projekteer.
*    Doen gereeld verslag aan ouers en die Opvoedingsraad oor die vordering met alle aspekte van die skool se daaglikse funksionering.
*    Finansiële bestuur, insluitende die opstel van begrotings en die daaglikse bestuur van inkomste en uitgawes saam met die relevante komitee van die Opvoedingsraad.
*    Die werf en aanstel van bekwame personeel in samewerking met die Opvoedingsraad en die daaglikse bestuur, motivering en evaluering van personeel.
*    Die beplanning en organisering van kulturele, sport- en ander aktiwiteite.
*    Die hantering van klagtes en die bestuur van konflik op ‘n proaktiewe en voorkomende basis.

Vereistes van ‘n suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos sal oor die volgende beskik:

*    ‘n Dinamiese persoon met dryfkrag en motivering om in die langtermynvisie van Orania CVO-skool te deel en ambisieuse planne te ontwikkel en suksesvol uit te voer ten einde die skool se visie te help bereik, sal as ‘n voorkeurkandidaat beskou word.
*    Die toepaslike naskoolse kwalifikasies is ‘n kernvereiste.
*    Ervaring in onderwys is ‘n vereiste en vorige ervaring as skoolhoof, adjunkhoof of enige ander bestuursposte binne die onderwys sal ‘n aansoek ondersteun.
*    ‘n Diepe geloof in die Drie-enige God en ‘n talent om dit aan kinders oor te dra is ‘n vereiste.
*    ‘n Verbintenis tot die strewes en beginsels van Orania as selfstandige Afrikanergemeenskap wat groter selfbeskikking nastreef, is noodsaaklik.
*    Baie goeie rekenaarvaardighede sal ‘n aansoek komplementeer.
*    Ervaring in die hantering van maatskaplike kwessies op skoolvlak sal ook komplementerend tot ‘n aansoek wees.
*    ‘n Bestuurslisensie en eie vervoer is ‘n vereiste.
*    ‘n Aansoeker moet verkieslik getroud wees en oor meer as 10 jaar werkervaring beskik.

Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Vrydag 17 Februarie 2012 aan die voorsitter van die skool se Opvoedingsraad gestuur word. Rig navrae aan Hannes du Preez by 053 207 0106. Aansoeke moet verkieslik per e-pos of harde kopie ingedien word. Stuur e-posaansoeke aan primabat2@telkomsa.net. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied en meer inligting daaroor is op aanvraag beskikbaar. Posaanvaarding is met aanvang van die tweede skoolkwartaal van 2012, of soos anders tussen die partye ooreengekom.

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #369 op: January 12, 2012, 08:57:49 PM »
Ons is op soek na bourekenaars. Die pos vir ‘n junior bourekenaar behels die volgende:

Formele kwalifikasies: BSc(QS)

Die persoon moet effektief kan inpas by die uitdagings van die mynbou-omgewing. Vorige werksondervinding nie ‘n vereiste maar sal voorkeur geniet:

Pligte

·         Meetwerk (terrein en tekeninge)

·         Beraming van nuwe tariewe en instruksies

·         Hulp met betalingsertifikaat-voorbereiding

·         Tekeningadministrasie

·         Terreinregisters instandhouding

·         Algemene administrasie

·         Moet kan reis soos benodig

Eienskappe

·         Detail geörienteerd

·         Inisiatief neem wanneer nodig

·         Nasorg van eie werk

·         Goeie taalvaardighede, minimum tweetaligheid (Afr/ Eng)

·         Basiese meetvaardigheid op peil

·         Rekenaarvaardig

·         Goeie kommunikasievermoë

·         Goeie selfdissipline

·         Hou van uitdagings

Vergoeding onderhandelbaar en hoogs kompeterend vir die regte kandidaat, met vinnige vorderingsmoontlikhede gebaseer op prestasie.

Stuur aansoek na aansoeke@vddb.co.za  .  Merk met verwysings JBRJAN12.  Aansoeke vir hierdie pos sluit 20 Januarie 2012 om 12vm.

Ons benodig ook:

·         Aankopers.

·         Kosterekenmeesters.

·         Beplanners (MS Project 2010).

·         Kontrakadministrateurs.

·         En ‘n senior bourekenaar wat sy/haar vaardighede verby die gewone “QS – JBCC – kantoorblok” sy /haar vaardighede kan toepas in ander bedrywe en konstruksie.

·         En ‘n senior kantoorbestuurder – waarskynlik ‘n rekenmeester of bourekenaar met sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede.

Geskikte kandidate kan hulle aansoeke stuur aan aansoeke@vddb.co.za en ‘n kans staan om deel te word van ‘n dinamiese groep wat betrokke is in projekbeheer vir mynbouprojekte, ingenieursprojekte binne en buite Suid-Afrika. Vergoeding onderhandelbaar vir geskikte kandidate.

Afwesig veronika

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #370 op: January 17, 2012, 10:06:26 PM »
Hi almal ek is op soek na 'n deeltydse werk is 20j amper 21 ek bly in pta daspoort area kan die basiese goed van accounting doen en is ook bereid om te leer dankie hoop om van jul te hoor skakel by 0845520468 veronika
« Laaste verandering : January 17, 2012, 10:14:50 PM deur veronika »

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #371 op: January 17, 2012, 10:09:18 PM »
As enige iemand my add gelees het en iets vir my het kan m skakel by 0845520468 veronika

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,4961.msg80144.html#msg80144

Afwesig douw

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #372 op: January 23, 2012, 08:45:23 PM »
Goeie naand almal

Ek is nie seker of is daar ook 'n plek om werk te adverteer nie?

Ons benodig 'n malike persoon vir algemene plaaswerk, asook vir aflewerings. Die persoon moet bereid wees om self te werk. Dit is 'n werkers pos en nie 'n bestuurders of voorman pos nie.  Ons is geleë tussen Pretoria/Cullinan en Rayton. Die begin salaris is R3500. Namate die pligte en vaardighede groei, sal die salaris aangepas word.

My e-pos adres is douwdry@yahoo.com
Mt sel nommer is 084 58 700 58.

Baie dankie
Douw

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #373 op: January 23, 2012, 09:02:40 PM »
Goeie naand almal

Ek is nie seker of is daar ook 'n plek om werk te adverteer nie?

Naand Douw . Natuurlik , ek sal dit gou skuif na die regte plek .
Dankie Douw .

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #374 op: January 23, 2012, 09:10:38 PM »
Opsoek na n kode 14 drywer wat swift gears kan ry kontak Johan Willemse 0792525673

Afwesig Jacques (wit boer)

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 100
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #375 op: January 25, 2012, 02:58:22 PM »
Tydelike pos beskikbaar
Bagasie hanteerder Johannesburg Internationaal
Ons is opsoek na 'n persoon vir 'n tydelike pos.
Die pos sal voltyds word afhangend van die persoon se kwaliteit van werk en of hy belangstel om verder opgelei te word in die gebruik van swaar toerusting.

Persoon moet verkieslik oor 'n wettige rybewys beskik en bereid wees om skofte te werk en ook geen krimenele rekord he nie.
.
Aan die begin is die salaris R14p/h maar sal aangepas word wanneer hy vas aangestel word.

persone wat belangstel kan my kontak.
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #376 op: January 28, 2012, 03:09:15 PM »
Ek wil net weer die volgende pos onder almal se aandag bring. Dit is nog nie gevul nie.

Vakante pos
Skoolhoof: Orania CVO-skool

Oor die werkgewer
Orania CVO-skool is ‘n Christelike streekskool vir Afrikanerkinders in die Bo-Karoo. Die skool se leerlingtal het die afgelope vier jaar gegroei van 42 leerlinge tot sowat 200. Die skool toon steeds goeie groeipotensiaal en grootskaalse uitbreiding in kapasiteit, infrastruktuur en vermoë word in die vooruitsig gestel.

Oor die pos
Die hoof van Orania CVO-skool vervul die volgende funksies:

*    Bestuur die skool (insluitende die koshuis) deurlopend met al sy stelsels en prosesse.
*    Neem leiding met die handhawing van gehalte en uitnemende onderrig.
*    Neem verantwoordelikheid vir die versekering van goeie dissipline en ‘n kultuur van Afrikanertrots en ‘n gedissiplineerde leefstyl onder leerlinge.
*    Gereelde skakeling met die relevante owerhede en organisasies waarby die skool geregistreer en geaffilieer is, die handhawing van goeie verhoudinge en ‘n hoë vlak van verslagdoening soos moontlik vereis.
*    Die bestuur van die skool se volle administrasie wat insluit die ontwikkeling van vaartbelynde administratiewe stelsels, die implementering daarvan en die versekering dat alle stelsels doeltreffend uitgevoer word.
*    Werk saam met die skool se bemarkingspan om die skool gereeld onder alle teikengehore te bemark en sukses te projekteer.
*    Doen gereeld verslag aan ouers en die Opvoedingsraad oor die vordering met alle aspekte van die skool se daaglikse funksionering.
*    Finansiële bestuur, insluitende die opstel van begrotings en die daaglikse bestuur van inkomste en uitgawes saam met die relevante komitee van die Opvoedingsraad.
*    Die werf en aanstel van bekwame personeel in samewerking met die Opvoedingsraad en die daaglikse bestuur, motivering en evaluering van personeel.
*    Die beplanning en organisering van kulturele, sport- en ander aktiwiteite.
*    Die hantering van klagtes en die bestuur van konflik op ‘n proaktiewe en voorkomende basis.

Vereistes van ‘n suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos sal oor die volgende beskik:

*    ‘n Dinamiese persoon met dryfkrag en motivering om in die langtermynvisie van Orania CVO-skool te deel en ambisieuse planne te ontwikkel en suksesvol uit te voer ten einde die skool se visie te help bereik, sal as ‘n voorkeurkandidaat beskou word.
*    Die toepaslike naskoolse kwalifikasies is ‘n kernvereiste.
*    Ervaring in onderwys is ‘n vereiste en vorige ervaring as skoolhoof, adjunkhoof of enige ander bestuursposte binne die onderwys sal ‘n aansoek ondersteun.
*    ‘n Diepe geloof in die Drie-enige God en ‘n talent om dit aan kinders oor te dra is ‘n vereiste.
*    ‘n Verbintenis tot die strewes en beginsels van Orania as selfstandige Afrikanergemeenskap wat groter selfbeskikking nastreef, is noodsaaklik.
*    Baie goeie rekenaarvaardighede sal ‘n aansoek komplementeer.
*    Ervaring in die hantering van maatskaplike kwessies op skoolvlak sal ook komplementerend tot ‘n aansoek wees.
*    ‘n Bestuurslisensie en eie vervoer is ‘n vereiste.
*    ‘n Aansoeker moet verkieslik getroud wees en oor meer as 10 jaar werkervaring beskik.

Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Vrydag 17 Februarie 2012 aan die voorsitter van die skool se Opvoedingsraad gestuur word. Rig navrae aan Hannes du Preez by 053 207 0106. Aansoeke moet verkieslik per e-pos of harde kopie ingedien word. Stuur e-posaansoeke aan primabat2@telkomsa.net. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied en meer inligting daaroor is op aanvraag beskikbaar. Posaanvaarding is met aanvang van die tweede skoolkwartaal van 2012, of soos anders tussen die partye ooreengekom.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #377 op: February 01, 2012, 07:57:18 PM »
Vakature beskikbaar vir terreinbeampte by die Voortrekkermonument.  Vir meer inligting gaan na http://www.voortrekkers.org.za/vtdepot/AssistentTerreinbeampte.pdf of vir verdere navrae skakel direk met mnr Wessel van Rooyen by (012) 326 6770 of faks (012) 326 8374 / e-pos wessel@voortrekkermon.org.za
 
Groete
 
Sinta Robbertse
Hoofkantoor

Afwesig Oranje Vrystaat

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 252
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #378 op: February 03, 2012, 10:09:00 PM »
Klein Baba en kleuter winkel, Babies Online, benodig 'n Verkoops Assistent om sonder toesig te werk by ons tak te Westgate Winkelsentrum, Ontdekkersweg, Roodepoort.

Hierdie is 'n dringende pos en die suksesvolle kanidaat sal reeds op Maandag 13 Februarie begin.

Pligte:
  • Verkoop van baba produkte en opvoedkundige speelgoed aan inloop kliente
    Inlees van voorraad op stelsels
    Merk van produkte
    Uitstal van produkte
    Skoonmaak van winkel
    Daaglikse afsluit prosedures asook bank van kontant

LET WEL: u sal die enigste persoon in die winkel wees

Sentrum ure: Ma-Do: 09h00-18h00.
Vrydae: 09h00-19h00
Saterdae 09h00-17h00
Sondae 09h00-14h00
Jy sal elke 2de naweek werk
Salaris: R3500 per maand

Stuur asb u aansoek asook 'n onlangse foto na kobus@babiesonline.co.za

Onderhoude sal geskied by Westgate winkelsentrum, Roodeporrt gedurende die week van 7-12 Februarie 2012

As u nie van ons gehoor het teen Maandag 13 Februarie nie was u aansoek nie suksesvol nie. Dankie
Vir Volk en Vaderland

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #379 op: February 06, 2012, 06:59:37 PM »
Algemene Nutsman Gesoek.

Krugersdorp omgewing. Kandidaat moet tussen 35 en 50 jaar oud wees. Kennis van algemene herstelwerk 'n vereiste. Persoon moet beskik oor 'n kode 08 lisensie en self by die werk kan uitkom.
Kontak Martin Rossouw: 082 720 8662
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal