Skrywer Onderwerp: Pas op Twitter, Facebook, hier kom Buzz  (Read 762 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Pas op Twitter, Facebook, hier kom Buzz
« op: February 11, 2010, 10:29:01 AM »
MOUNTAIN VIEW (Kalifornië). – Google het vandeesweek ’n nuwe sosialenetwerk-toepassing, Google Buzz, as ’n moontlike mededinger vir Facebook en Twitter bekend gestel.

Met Google Buzz, wat as deel van Google se bestaande e-posdiens Gmail sal funksioneer, wil Google sy netwerk van miljoene Gmail-gebruikers benut om in te haal met Facebook, MySpace en Twitter – wat as die sosialenetwerk-leiers gesien word.

Google Buzz stel gebruikers in staat om binne ’n Gmail-rekening oombliklik status-boodskappe, foto’s, webskakels en video’s met vriende of familie te deel.

Wat Google Buzz anders maak as Facebook en Twitter is dat dit aangepas is om ook gemaklik op verskeie mobiele toestelle soos slimfone gebruik te kan word. Dit kombineer verskeie eienskappe van Facebook en Twitter deur dieselfde soort status-boodskap-funksie as Twitter uit te brei sodat video’s, skakels en foto’s ook maklik gedeel kan word – soortgelyk aan die funksionaliteit van Facebook.

Google Buzz is ook anders in die sin dat dit met ’n e-posdiens, Gmail, geïntegreer is.

Gebruikers kan dus hul sosialenetwerk-opdaterings en -boodskappe en hul e-posse gelyktydig lees en opdateer.

“Die basis vir ’n reuse- sosiale netwerk het nog altyd onder die oppervlak van Gmail gelê,” het mnr. Todd Jackson, produkbestuurder van Google, eergister op ’n mediakonferensie gesê.

Gmail is met 176,5 miljoen gebruikers die derde grootste web-gebaseerde e-posdiens ter wêreld met slegs Microsoft se Windows Live Hotmail en Yahoo Mail wat meer gebruikers het.

Google Buzz sal na verwagting oor die volgende paar dae stelselmatig aan Gmail-gebruikers beskikbaar gestel word.

Gebruikers sal kan kies of hulle hul status-boodskappe en Buzz-gesprekke sigbaar vir die hele internet of net vir hul vriende wil maak.

Dié toepassing sal ook met die Google-soekenjin verbind word en as jy dus jou status-boodskappe aan almal sigbaar maak, sal enigeen op Google daarvoor kan soek.

Google Buzz sal gebruikers verder in staat stel om inhoud van ander Google-eiendomme, soos die Picasa-fotodiens en video’s vanaf YouTube, op gerieflike wyse te deel.

Yahoo Mail het ’n paar jaar gelede onsuksesvol probeer om hul e-posdiens met ’n sosialenetwerk-funksionaliteit te kombineer, maar mnr. Sergey Brin, medestigter van Google, het gesê hy is vol vertroue oor Google Buzz.

“Net omdat ’n soortgelyke produk in die verlede gefaal het, beteken nie ons sal ook nie... Google Buzz is ’n unieke nuwe toepassing wat aan gebruikers ongekende en uitgebreide funksionaliteit sal bied,” het Brin gesê.

- Volksblad


http://www.volksblad.com/Content/Wereld/Nuus/2074/decea8e1702c42a0a438baf1f800b2ca/11-02-2010-05-20/Pas_op_Twitter,_Facebook,_hier_kom_Buzz
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal