Skrywer Onderwerp: Nuwe model vir grondhervorming???  (Read 1386 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Nuwe model vir grondhervorming???
« op: February 07, 2010, 11:21:20 PM »
Wit kommersiële boere moet voortaan nie net mentors wees nie, maar ook die geleentheid kry om aandele te besit in plase wat vir swart begunstigdes gekoop word.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, is ’n voorstander van dié model waarmee die kommersiële boer nie net  sy kennis oordra nie, maar ook ’n mede-eienaar word.

Só word suksesvolle boerderye vir die begunstigdes van grondhervorming verseker. “Dit is ’n model wat ek in die land wil sien posvat”, het hy in ’n onderhoud met Landbouweekblad gesê.

Hy het aangedui dat daar met die herkapitaliserings- en ontwikkelingsprogram vir sukkelende plase geprobeer sal word om die kommersiële boere te kry om saam met hul swart eweknieë op die plase te werk as mentors en medebestuurders en om selfs die geleentheid kry om aandele te bekom.

Hy het aangedui dat die departement “groot met hierdie model” gaan voortstoom.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/nuwe-model-vir-grondhervorming
Ons Sal!!!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #1 op: February 09, 2010, 05:34:23 AM »
Probeer iemand nou om n grap te maak? Word wit boere nou aandele aangebied in die grondroof-bedryf?

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Snuffels

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 5
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #2 op: February 10, 2010, 12:12:22 PM »
Hulle word gebruik om die grond te bewerk.Kwansuis vir n aandeel in die winste.
Hoeveel aandele gaan hy he ?

Daar gaan natuurlik die wees wat daarvoor gaan val.

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #3 op: March 07, 2010, 12:37:31 AM »
Ek hoop daar is enkeles wat daarvoor val as aandele verniet uitgegee word.

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #4 op: March 08, 2010, 10:41:58 AM »
Net gister vertel iemand my dat hulle op TV gesien het dat 'n vrou iewers oorsee 'n luislang aanhou wat selfs by haar in die bed slaap.
Sy het egter bekommerd geraak oor die vreemde gedrag van die slang. Blykbaar het die ding die afgelope tyd so reguit soos 'n stok langs haar gaan le.
Toe sy agterkom dat hy dit aanhou doen, het sy die veearts geraadpleeg. Die se toe vir haar dat sy baie bly kan wees dat sy gekom het, want die slang was besig om haar te meet. Hy wou uitvind of hy nou groot genoeg was vir die feesmaal (sy eienaar).
Hoe lojaal kan 'n slang wees?
Ons moet altyd waaksaam en versigtig wees.
Passievol oor Afrikaans

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #5 op: March 08, 2010, 06:02:35 PM »
Die vrou met die slang het nou een van twee keuses:

1.   Hou maar net aan om die slang te voer, en hoop dat hy haar laaste sal eet. Maar daar kom n dag...

2.   Slaap liewer alleen, en laat die slang in sy eie hok slaap. Amper iets soos apartheid?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #6 op: March 09, 2010, 06:47:55 AM »
Die vrou met die slang het nou een van twee keuses:

1.   Hou maar net aan om die slang te voer, en hoop dat hy haar laaste sal eet. Maar daar kom n dag...

2.   Slaap liewer alleen, en laat die slang in sy eie hok slaap. Amper iets soos apartheid?

3. Maak vrek die adder! Amper soos teregstellende aksie.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #7 op: March 10, 2010, 08:08:14 AM »


3. Maak vrek die adder! Amper soos teregstellende aksie.

Streng gesproke is dit nie 'n adder nie .

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #8 op: March 10, 2010, 08:59:00 AM »


3. Maak vrek die adder! Amper soos teregstellende aksie.

Streng gesproke is dit nie 'n adder nie .

Darem seker vêrlangs familie? ;)
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #9 op: March 10, 2010, 04:39:20 PM »
Ek het my vrek gelag vir daai meetproses. Dink net hoe moet so 'n groot slang stokreguit op 'n bed lyk?  ;D  ;D  ;D 
Moed Vryheid Eer

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #10 op: March 11, 2010, 01:21:39 PM »
Ek neem aan die boodskap van die slang op hierdie draad is:

Boere, moenie saam met nuwe "eienaars" van 'n plaas in 'n samewerkingsooreenkoms betrokke raak nie. Hulle sal jou net "meet" en eindelik, wanneer die tyd aanbreek, jou "opvreet".

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Nuwe model vir grondhervorming???
« Antwoord #11 op: March 11, 2010, 01:50:28 PM »
Ek neem aan die boodskap van die slang op hierdie draad is:

Boere, moenie saam met nuwe "eienaars" van 'n plaas in 'n samewerkingsooreenkoms betrokke raak nie. Hulle sal jou net "meet" en eindelik, wanneer die tyd aanbreek, jou "opvreet".
Net so Jopieswan. Dis die "bottomline"
Passievol oor Afrikaans


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal