Skrywer Onderwerp: Staat gryp in by onproduktiewe plase  (Read 909 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Staat gryp in by onproduktiewe plase
« op: March 02, 2010, 09:21:28 PM »
Johannesburg. – Die regering het R253 miljoen, 25% van die begroting vir landelike ontwikkeling, opsy gesit om 200 onproduktiewe kommersiële plase te red wat hulle aan ontluikende swart boere oorhandig het.

Mnr. Gugile Nkwinti, die minister van landelike ontwikkeling, het gesê dit is in lyn met die regering se nuwe benadering tot grondverdeling.

Die staat het in die afgelope 15 jaar 5,9 miljoen hektaar se plaasgrond verdeel, maar 90% daarvan is nie meer produktief nie.

Die gevolg is dat die staat se fokus nie meer daarop is om 30% van alle landbougrond teen 2014 te verdeel nie.

Nkwinti sê die verkryging van grond moet gebalanseer word deur voedselproduksie.

Die staat sal ook met die Landbank saamwerk om te kyk of van sulke plase wat deur die bank opgeveil gaan word, nie gered kan word nie.

Nkwinti het egter gewaarsku dat mense wat nie behoorlik probeer boer nie, hul plase sal verloor.

“As hulle nie die grond gebruik nie, sal ons dit wegvat. behalwe vir die geld wat nodig was om die grond te kry, kos dit die staat inkomste as die plase nie funksioneer nie. Geen land kan dit bekostig nie,” het Nkwinti gesê.


http://www.sake24.com/articles/default/display_article.aspx?ArticleId=6-2067_2574235
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Staat gryp in by onproduktiewe plase
« Antwoord #1 op: March 03, 2010, 09:20:00 AM »
Kaapstad. – Sowat 90% van die 5,9miljoen ha landbougrond wat die staat sedert 1994 vir grondhervorming gekoop het, lê vandag braak.

Die plase is as volhoubare ondernemings gekoop en die gedagte was dat dit so bly.

Dit het nie gebeur nie, het mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondsake, gister tydens ’n inligtingsessie hier gesê. Nkwinti het ook aangekondig die grond gaan ’n kapitaalinspuiting van R254 miljoen kry om dit weer lewensvatbaar te maak.

’n Kwart van sy begroting vir die 2010-’11-boekjaar gaan gestort word in pogings om nagenoeg 200 plase, wat eens produktief was, maar in onbruik verval het, te rehabiliteer.

’n Verdere R207 miljoen in waarborge sal in samewerking met die tesourie en die Landbank bewillig word aan opkomende boere wat die gevaar loop om hul plase te verloor.

Hoewel hy die regering se planne verwelkom, het dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, gesê die regering se reddingsboei beteken bloot hy betaal wéér vir plase wat hy reeds gekoop het. “Hy gaan uiteindelik báie meer geld uithaal om die plase reg te ruk as wat hy daarvoor betaal het omdat dit nou soveel langer gaan vat om die plase op die been te kry.”

Hy het ’n belofte deur Nkwinti verwelkom dat die departement sy hulpverleniging aan nuutgevestigde boere gaan opknap.

“Opkomende boere wag gemiddeld tot 33 maande om kapitaal te kry. Niémand kan so oorleef nie.”
Die regering gaan voorts opkomende boere wat nie daarin slaag om plase volhoubaar te bedryf nie, summier van die grond afjaag.

“Die beginsel van gebruik-of-verloor-dit gaan nou éérs van toepassing wees,” het Nkwinti gesê.
“Ons gaan vennootskappe met bestaande en afgetrede boere aangaan om volhoubare ondernemings te vestig, maar diegene wat nie wil saamwerk nie, is uit.”
Hy het bygevoeg daar kan nie langer bekostig word om geld te verkwis op boerderye wat nie ’n volhoubare bydrae tot voedselproduksie lewer nie.
Nkwinti het herhaal die regering gaan nie sy teiken van 30% van landbougrond teen 2014 in swart hande haal nie. “Dit is omtrent 15 jaar sedert ons met die grondherverdelingsprogram begin het en ons is nog nie naastenby waar ons moet wees nie.

“Ons jaag egter nie meer hektaar nie, maar wil eerder ’n balans skep tussen hoeveel grond herverdeel is en hoe volhoubaar dit bewerk word,” het hy gesê.

Hy kon nie duidelikheid gee oor presies hoe die debat rondom die beginsel van gewillige
koper/gewillige verkoper verder geneem gaan word nie.

De Jager het gesê onsekerheid rondom dié brandpunt is besig om die land beleggings en werkgeleenthede te kos.

“Duitse beleggers het pas investering van R35 miljoen in die Laeveld onttrek,” het hy gesê.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/fde9112105974c34a99619b5b4bcce5b/02-03-2010-11-45/Eise_9_uit_10_plase_l%C3%AA_braak
Ons Sal!!!

Afwesig Winter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
  • Ex 19:4
    • White Refugees
Re: Staat gryp in by onproduktiewe plase
« Antwoord #2 op: March 03, 2010, 09:57:46 PM »
Nie een van ons is profesionele politieke ontleders, sieners of pessimiste nie....maar enige Bravolander sou jou kon sê dit sou so gaan. LMGA vir die NSA.
Hoe donkerder dit word, hoe beter sien ons volksgenote ons lig.

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Staat gryp in by onproduktiewe plase
« Antwoord #3 op: March 07, 2010, 12:32:43 AM »
Ek het al heelwat aandag aan hierdie gegee terwyl ek nog geboer het, as hulle nie met vee boer nie, kan jy dit vergeet. Ta het nie n benul van siektes op plante nie, gee nie om oor onkluid nie en is tevrede met n oes wat hyself kan opeet.

Hulle sal daardie hele hoop geld in die water gooi, (of altans in n paar se persoonlike sakke) want daar sal nie 10% van die geld se opbrengste wees nie, maar sou hulle dit bele in n paar jong Boere boere sou hulle baie goeie opbrengste gehad het.

As die Adjunk Minister van Landbou nou sy posisie gebruik hoop ek hy genereer darem n paar werke vir Boerseuns met die geld, dit is immers beter as niks


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal