Skrywer Onderwerp: ‘Boere moet saamwerk of krisis erger as Zimbabwe kan kom’  (Read 739 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Kaapstad. – Mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het boere gister gewaarsku om “saam te werk” om ’n krisis “erger as (in) Zimbabwe” te verhoed.

Boonop blyk dit die nasionalisering van grond is, ondanks beloftes tot die teendeel, nie van die tafel af nie omdat die minister dit voorstaan.

Hy het in ’n onderhoud met die ontleder Justice Malala op die eNews-kanaal gesê swart Suid-Afrikaners wil
hê landbougrond moet, soos in die struggle-jare beloof is, genasionaliseer word.

“Dit is swart Suid-Afrikaners se siening ... en myne. Mense wil radikale grondhervorming sien.”


Dit volg op weke van omstredenheid nadat die departement se strategiese plan wat volgens waarnemers op die nasionalisering van grond neerkom, ter tafel gelê is.

Nkwinti het verlede week in sy begrotingstoespraak gesê die regering sal grond nie summier afvat of die Grondwet verander nie, maar stel ’n verblyfregstelsel met drie vlakke voor.

Nkwinti se onbedekte aanval op boere staan in kontras met wat hy in die verlede oor kommersiële boere se rol in die grondhervormingsproses gesê het.

Hy het boere in November verlede jaar in ’n onderhoud met Beeld geloof vir hul toewyding tot die herstel van grondregte en ook mooi woorde vir hulle gehad tydens ’n onlangse Agri SA-kongres in Somerset-Wes.

Aan Malala het Nkwinti gesê ’n tweede Zimbabwe moet gekeer word. “As hulle (boere) nie besef hulle moet saamwerk nie ... sal hulle verantwoordelik gehou word vir die skep van toestande wat tot iets ergers as Zimbabwe kan lei.”

Hy het gesê die regering voorsien nie ’n verandering aan die Grondwet nie en dat die nuwe groenskrif oor grondhervorming gaan help met die raamwerk waarbinne grondoordrag kan plaasvind.

Hy meen ook nie ’n radikale omwenteling sal voedselsekerheid bedreig nie omdat “dit aan meer opkomende boere die geleentheid sal bied om te produseer”.

Mnr. Frans Cronjé, uitvoerende adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het gesê dit is ondanks Nkwinti se woorde tot die teendeel duidelik “die nasionalisering van grond ís regeringsbeleid, dit staan swart op wit”.

“Hy ontken dit, maar dit staan in die strategiese plan. As dit dan verkeerdelik ingeglip het, waarom word die direkteur-generaal (mnr. Tozi Gwanya, wat dit opgestel het) nie gerepudieer nie? Ek glo hulle eenvoudig nie. Ek sal sover gaan om te sê hulle lieg.”

Cronjé meen sulke planne sal die land onherstelbare skade berokken en die einde beteken van Suid-Afrika as ’n selfstandige, suksesvolle demokrasie.

Mnr. Johannes Möller, president van Agri SA, het Nkwinti se “dubbelpratery” betreur en gesê sy organisasie se beplanning is as gevolg daarvan net op kort termyn gefokus.


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/b96d503e951549dc8d6ee21068eb173c/29-03-2010-09-45/%E2%80%98Boere_moet_saamwerk_of_krisis_erger_as_Zimbabwe_kan_kom%E2%80%99
Ons Sal!!!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: ‘Boere moet saamwerk of krisis erger as Zimbabwe kan kom’
« Antwoord #1 op: March 30, 2010, 06:25:29 AM »
Natuurlik lieg hulle. En hulle steel. Dis al manier waarop hulle ooit vir n kort rukkie iets kan besit.

Hulle regte naam beteken dan juis onbetroubare heiden.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: ‘Boere moet saamwerk of krisis erger as Zimbabwe kan kom’
« Antwoord #2 op: March 30, 2010, 11:37:07 AM »
Ai Agri SA, hierdie is seker vir julle 'n groot ontnugtering... siestog!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: ‘Boere moet saamwerk of krisis erger as Zimbabwe kan kom’
« Antwoord #3 op: March 30, 2010, 11:59:34 AM »
Dit het tyd geraak om voet neer te sit en nie meer te "back -off" nie. Hierdie en soveel ander belaglike dinge kom nou na vore. Dis asof die heersers van die NSA hulle vermoe verloor het om subtiel te wees sonder om dit agter te kom, tot ons voordeel.
Ek lees gisteraand iewers op 'n RSS voering dat die regering en die regering van Lesotho nou wil ooreenkom om aan Lesotho burgers RSA paspoorte te gee vir studie doeleindes sodat hulle vry kan rondbeweeg. Watter snert is dit.
Hulle voer die gif bietjie vir bietjie. So kry hulle meer reg.
Passievol oor Afrikaans


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal