Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Belaglike prysverhoging op elektrisiteit skep geleenthede  (Read 1595 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Belaglike prysverhoging op elektrisiteit skep geleenthede
« op: February 24, 2010, 06:30:57 PM »
Na die aankondiging dat Nersa  ’n tariefverhoging van 24,8% vir vanjaar van April vir Eskom toegestaan het, het talle organisasies met goeie reg negatief gereageer. Dit is ooglopend dat dit negatief sal inwerk op al  fasette van die ekonomie en daarom is dit nie nodig om die ooglopende hier te herhaal nie. Dit is ook nie nodig om dit uit te spel dat die ANC regering nie sy inflasie teikens sal bereik nie en ook nie sy teiken in ekonomiese groei nie. Wat dalk wel nodig is om te noem, is dat dit vir die Afrikaner nuwe geleenthede skep, wat hy verseker sal aangryp. Dit is nodig om dit te noem, aangesien ons volk blykbaar so gewoond geraak het aan kla, dat ons vergeet het dat ons volk op sy beste is wanneer dinge die swaarste gaan.

Die realiteit van die omstandighede is dat dinge nie gaan verbeter nie, in teendeel, dit gaan oor die volgende paar jaar net vererger. Aan die anderkant van die munt is dit ook so dat daar reeds alternatiewe is vir ESKOM en dat verskeie Afrikanerentrepeneurs reeds geruime tyd hieraan werk. Met die realiteitsbom wat nou gelos is deur Nersa, voorsien die OSI dat verskeie alternatiewe binne enkele maande beskikbaar sal wees. Die OSI sal ook ‘n taakspan aanstel om hierdie alternatiewe te ondersoek om te verseker dat hierdie oplossings binne die volksekonomie bly en daardeur tot voordeel van die volk.   

Die OSI doen ‘n beroep op volksgenote om realisties te wees oor Afrika en om te besef dat waansinnige ekonomiese besluite is die norm reg oor Afrika en Suid-Afrika is nie ‘n uitsondering nie. Daar word ook ‘n beroep op volksgenote gedoen om die realiteit van ons volk te besef, want die spreekwoord lui nie verniet “’n boer maak ‘n plan” nie.


Ben Geldenhuys
Oranje Sake Instituut

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Belaglike prysverhoging op elektrisiteit skep geleenthede
« Antwoord #1 op: February 25, 2010, 04:42:56 AM »
Dit sal miskien vrugbaar wees as Bravolanders Maandagaande 8.15 luister na 'n nuwe program soos aangebied word deur Oranje Sake Instituut (OSI)
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Re: Belaglike prysverhoging op elektrisiteit skep geleenthede
« Antwoord #2 op: February 25, 2010, 03:23:00 PM »
Dankie oom Clem , ek sal 'n punt daarvan maak om te luister .

Sanderis

  • Gas
Re: Belaglike prysverhoging op elektrisiteit skep geleenthede
« Antwoord #3 op: February 25, 2010, 04:19:07 PM »
DUURDER KRAG GAAN KOSPRYSE OPJAAG

  Deur ALANI JANEKE
“Ons gaan 2,5 keer meer vir krag betaal in 2012, dis ‘n skok! Hierdie 
verhoging bring nie verligting nie!”

Dit is die mening van me. Lindie Stroebel, ‘n ekonoom vir die 
Landboubesigheidskamer, ná die Nasionale Energiereguleerder (*Nersa*) ‘n 
24,8% verhoging vir vanjaar aan Eskom toegestaan het. Die kragvoorsiener se 
tariewe gaan volgende jaar met 25,8% styg, terwyl krag in 2012 sowat 25,9% 
duurder sal wees.

Stoebel sê die impak van die verhoging gaan nie net regstreeks op boere se 
sakke wees nie, maar ook in die vraag na landbouprodukte. Sy sê die 
verhoging gaan die produksiekoste [3] [1] van voedsel verhoog, wat kospryse 
gaan opstoot. “As verbruikers nie meer kos kan bekostig nie, gaan die vraag 
na landbouprodukte onder ontsettende druk kom,” sê Stroebel.

Sy meen Nersa het nie die totale invloed van die verhoging op inflasie in ag 
geneem nie. Volgens Nersa sal die verhoging die inflasiekoers met 1,5% laat 
styg. Volgens Stroebel het Nersa egter nie in ag geneem dat die 
voedselsektor uit verskillende dele bestaan nie. Sy sê die verhoging gaan 
‘n verskil van 1,5% in elke deel van die voedselsektor veroorsaak – 
“voedselpryse gaan dus aansienlik opgejaag word”.

Vra ondersteuning van Regering

Stoebel sê aangesien verbuikers net ‘n sekere bedrag meer vir voedsel 
gaan kan betaal, en boere al hoe duurder moet betaal om te produseer, gaan 
boere se winsmarges baie kleiner word. “As ons wil hê die landbousektor 
moet hierdie verhogings [4] [2] kan hanteer, sal die Regering vinnig moet 
wakker skrik met ondersteuning om produksiekoste regdeur waardekettings te 
verlaag.”

Sy sê daar word maklik gesê dat ontwikkelde lande se elekrisiteit baie 
duurder as Suid-Afrika s’n is, maar die feit dat dié lande ‘n meer 
doeltreffende spoorstelsel, padvervoerstelsel, watervoosiening en skole as 
Suid-Afrika het, word nie genoem nie. Sy meen die land sal nie die verhoging 
kan hanteer nie: “Dis wat ons die bangste maak! Ongeag van die landbou - 
die algehele ekonomie kan nie die verhoging hanteer nie.”

Gesprek met die Regering
Intussen het mnr. Johannes Möller, die voorsitter van Agri SA, aangedui 
dat die organisasie so vinnig moontlik met die Regering wil praat oor die 
verhoging. Luidens ‘n verklaring sal die gesprek fokus op me. Dipuo Peters, 
die Minister van Energie, se bereidwilligheid om met verbruikers gesprek te 
voer oor hoe om die uitdaging van hoër tariewe aan te pak.

Volgens Möller sal boerderye met intensiewe produksiestelsels, soos 
besproeiing en suiwel, deur dié verhoging op hul knieë gebring word, wat 
drasties ongunstige uitwerking op plaaslike voedselproduksie, landelike 
ontwikkeling, werkgeleenthede en uitvoerverdienste sal hê.

Möller is teleurgesteld dat ander maniere nie gevind kon word om die 
verhoging tot ‘n veel laer vlak te beperk nie. “Dié goedgekeurde 
tariefverhoging laat ons nou geen ander keuse as om die regering direk te 
nader om in terme van die energiebeleid, ‘n spesiale bedeling vir die 
landbou te vra nie,” sê hy.

25 Februarie 2010
 

 * nuus artikel [5]

------------------------------------------------------------------------------
*Source URL (retrieved on /25 Feb 2010 - 16:06/):* 
http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/duurder-krag-gaan-kospryse-opjaag 
[6]
*Links:*
[1] http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/eskom-gaan-boerekli-nte-verloor
[2] http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/besproeiing-eskom-se-hande


[1] http://www.landbou.com
[2] http://www.landbou.com/
[3] http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/eskom-gaan-boerekli-nte-verloor%20%20%0A
[4] http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/besproeiing-eskom-se-hande%20%20%0A
[5] http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel
[6] http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/duurder-krag-gaan-kospryse-opjaag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal