Skrywer Onderwerp: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’  (Read 1924 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« op: March 04, 2010, 10:11:10 AM »

‘VF+ is jaloers op Solidariteit’

2010-03-03 23:16


Pieter du Toit

Kaapstad. – Mnr. Willie Spies het uit die VF+ bedank - onder meer weens die “koue oorlog” wat die party teen Solidariteit en AfriForum voer.

“Die party het sy morele bodem verloor,” het Spies, ’n voormalige VF+-LP, eergister in ’n skerp bewoorde brief aan dr. Pieter Mulder, partyleier, geskryf waarin hy sy lidmaatskap opsê.

Volgens hom is sy bedanking die produk van “maande se wroeging” en pogings om steeds binne die party te bly.

Sy bedanking is gister deur gesiene partylede beskryf as “’n ernstige aantyging teen die partyleierskorps” en ’n simptoom van die krisis waarin hy homself bevind. Dié krisis word glo veroorsaak deur ’n gebrek aan leierskap en verwarring op grondvlak wat veroorsaak word deur Mulder se diens aan die regering.
Spies is ook ’n regsadviseur van AfriForum en het tot nou toe gedien as die party se voorsitter in Pretoria. Daar word nou gesê hy was die slagoffer van verdagmakery en viktimisering vanweë sy standpunt oor Mulder.

Verder word daar glo ’n geruime tyd al “gebrom” oor AfriForum en Solidariteit se suksesse.

Volgens een VF+-lid is sy party “jaloers” op dié organisasies.

Spies het in sy brief gesê Mulder se“koöptering” in die regering het ’n “onverkwiklike situasie” geskep. Sy en die VF+ se jeugorganisasie se luidrugtige teenkanting teen Mulder se posisie het spanning veroorsaak en sy bedanking as LP is daarop gemik om dié spanning te ontlont.

“Ongelukkig het gebeure in die party sedertdien dit vir my onvolhoubaar gemaak (om in die party te bly),” skryf Spies.

Hy beskuldig die partyleierskorps ook van manipulasie met die herorganisering van die jeugstrukture en ’n “koue oorlog” teen Solidariteit en AfriForum.
“Die party skroom nie om na buite deurlopend en ten onregte by dié organisasies aan te klamp nie... dit is gewoon onmoontlik om met ’n oop gemoed by die party betrokke te bly.”

Mulder het gesê dit is onduidelik waarom Spies kwessies wat reeds intern bygelê is, aanvoer as rede vir sy bedanking. “Ek is sedert my aanstelling in die regering reeds eenparig tot leier herverkies, terwyl die besluit om die regeringspos te aanvaar ook deur die partybestuur geratifiseer is.”

Voorts is kritiek oor ’n gebrek aan leierskap, of dat die party deur die ANC gekoöpteer is, sonder gronde.


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/f7d1c746283c4094b76bfa4c34c18088/03-03-2010-11-16/%E2%80%98VF+_is_jaloers_op_Solidariteit%E2%80%99
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #1 op: March 04, 2010, 10:27:19 AM »
Aanhaling
Voorts is kritiek oor ’n gebrek aan leierskap, of dat die party deur die ANC gekoöpteer is, sonder gronde.

Ek het self al begin wonder of die party nog 'n leier het. Dis seker lekker gemaklik op die soustrein.

Ek wonder wat het geword van "as ons eers binne die regering is, sal ons die land regruk". Of eien Mulder die grondeise wat onlangs afgekeur is aan homself toe? Ek het nie sy naam in daardie berigte gesien nie...

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #2 op: March 04, 2010, 12:12:47 PM »
Ek het so rukkie gelede Dr Mulder se boek "Kan Afrikaners toyi-toyi?" gelees - dis nou dieselfde boek wat Dr Roodt deesdae op Praag se webwerf promoveer.

As dit nie so tragies was nie, kon mens dit nogal vermaaklik gevind het (ek is seker die ANC doen).

Na 15 jaar in die parlement kon hy in sy boek, behalwe vir 'n paar simboliese oorwinningtjies (soos byvoorbeeld Afrikaanse sakelyste in die parlement), geen deurbrake lys nie.

Inteendeel, hy vertel hoe 'n spul ANC lede om een aand in Australië uit sy hotelkamer smeek om hulle te vergesel op 'n aand uit - dit nadat hy graag vroeg wou gaan inkruip.

Die kort en die lank - dis die storie van 'n Afrikaner wat baie sal opoffer om ander tevrede te stel en altyd ordentlik voor te kom. Pleks dat hy vir 'n slag sy volk tevrede wil stel!

My vrou het een aand vir Dr Mulder by 'n VF Tuks byeenkoms meegedeel dat sy dink die VF+ is korrup. VF Tuks het op daardie stadium 'n koalisie met die ANC op kampus gevorm om die koushuispartye uit te hou. Dr Mulder het mooi probeer verduidelik waarom VF Tuks se besluite nie as die VF party se besluite gesien moet word nie en ook die besluit bevraagteken.

Ek sou wat wou gee om weer vir Dr Mulder raak te loop en hom aan daardie aand te herinner, veral noudat hyself lekker in die ANC kabinet sit.

Ek dink die punt wat ek wil maak is dit - daar is net een pad vir die VF+ en dis af, soos Willie Spies ook nou basies bevestig het. 

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #3 op: March 04, 2010, 01:56:20 PM »
Nog 'n bevestiging dat die VVK die regte pad vorentoe is.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #4 op: March 04, 2010, 01:58:48 PM »
Nog 'n bevestiging dat die VVK die regte pad vorentoe is.

DIE ENIGSTE PAD!!!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #5 op: March 04, 2010, 03:22:06 PM »
As dit nie so tragies was nie, kon mens dit nogal vermaaklik gevind het (ek is seker die ANC doen).

Na 15 jaar in die parlement kon hy in sy boek, behalwe vir 'n paar simboliese oorwinningtjies (soos byvoorbeeld Afrikaanse sakelyste in die parlement), geen deurbrake lys nie.

...Ek dink die punt wat ek wil maak is dit - daar is net een pad vir die VF+ en dis af, soos Willie Spies ook nou basies bevestig het.
.... Die partypolitieke stryd was met die 1992 referendum al verby of dalk selfs voorheen. Sonder die regter burgerlike en kulturele rugsteun, sal 'n party maar net moet aanpas of onsuksesvol wees. Die VF+ pas aan en raak meer onsuksesvol ook. Ek vermoed hulle gaan voor die volgende verkiesings uit die toneel verdwyn. Ek hou nog al van die afriforum-idee, maar dis ook duidelik baie van daardie mense het nog steeds hierdie soort mentaliteit wat Boo aanspreek: "...Die kort en die lank - dis die storie van 'n Afrikaner wat baie sal opoffer om ander tevrede te stel en altyd ordentlik voor te kom. Pleks dat hy vir 'n slag sy volk tevrede wil stel!..." Net nie iets se waarvan iemand anders dalk nie hou nie, veral as dit 'n Oom is of iemand in 'n magsposisie.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #6 op: March 04, 2010, 07:34:40 PM »
Hierdie oom word net gevaarlik kwaad as hy propaganda hoor uit eie geledere om aan revolusionere NSA verkiesings deel te neem.

Ek dink nie die Afriforum/Solidariteit is juis aan die ander kant van die politieke spektrum as VF+ nie. Almal van hulle is maar ten gunste van deelname aan die huidige bestel.

Politiek is nou maar eenmaal die wetenskap van rookskerms en weerligafleiers. Ooreenkoms tussen geluide wat gemaak word, en die ware toedrag van sake, is meeste van die tyd bloot toevallig.

Ek glo die VVK gaan die kaf van die koring skei, mits dit juis met daardie oogmerk bestuur word.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #7 op: March 04, 2010, 11:04:44 PM »
My vraag is; hoekom juis nou en hoekom so publieke bedanking?

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #8 op: March 04, 2010, 11:16:35 PM »
My vraag is; hoekom juis nou en hoekom so publieke bedanking?

Die gerugte loop mos al lankal van Solidariteit as 'n politieke party! ??? :-\
Ons Sal!!!

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #9 op: March 05, 2010, 02:23:24 AM »
My vraag is; hoekom juis nou en hoekom so publieke bedanking?
Ek wonder ook, maar oor jare heen het ek gesien dat politieke manne snaakse goed doen, veral die tipe wat van die een tak na die ander spring. Gewoonlik is so persoon se lawaai juis om iets te verbloem.

Wat egter baie snaals is, is die Kabinet saak waaroor almal skree. n politieke party poog mos maar met n verkiesing om n sitplek te kry, so om n kabinetspos te kry moet tog seker dan een van die objektiewe wees.

Groete

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 513
  • Verkenner
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #10 op: March 05, 2010, 09:24:34 AM »
Ek glo dat baie van die mense wat nou deelneem aan Solidariteit se misdaad boodskap aan zuma, ook mense is wat sal belangstel in die aksies van die VVK. Is daar nie 'n moontlikheid van samewerking met Solidariteit dat die kontak inligting wat hulle bekom het van die mense wat per SMS en epos gereageer het, gebruik kan word om 'n kort epos en/of sms te stuur aan hierdie mense om hulle bewus te maak van die VVK nie ?

Sodoende kan ons die kieser getalle aansienlik vergroot.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #11 op: March 05, 2010, 09:42:37 AM »
Ek glo dat baie van die mense wat nou deelneem aan Solidariteit se misdaad boodskap aan zuma, ook mense is wat sal belangstel in die aksies van die VVK. Is daar nie 'n moontlikheid van samewerking met Solidariteit dat die kontak inligting wat hulle bekom het van die mense wat per SMS en epos gereageer het, gebruik kan word om 'n kort epos en/of sms te stuur aan hierdie mense om hulle bewus te maak van die VVK nie ?

Sodoende kan ons die kieser getalle aansienlik vergroot.

Sjarko
Dit is 'n goeie plan ek hoop die mense wat kyk na die bemarking van die verkiesing gaan met solidariteit en afriforum praat. By afriforum se kunstefees by die voortrekker monument laas jaar was na wat beweer word ongeveer dertig duisend mense, hier kan duisende kiesers ingeskryf word.

Ek dink ook aan 'n stalletjie by die pretoria skou hierdie jaar. Ek sou as ek die VVK bemarking behartig het, die verkiesing op dieselfde manier bemark het as wat die OVK gedoen het met die algemene verkiesings.       

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #12 op: March 05, 2010, 10:03:29 AM »
My vraag is; hoekom juis nou en hoekom so publieke bedanking?

Dalk wil Afriforum kandidate vir die komende plaaslike verkiesings stel? Laat ons maar sien...

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #13 op: March 05, 2010, 11:30:07 AM »
Solidariteit/AfriForum sal nie 'n politieke party word nie.
Die brief van Willie Spies is gelek uit die geledere van die Vryheidsfront.

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #14 op: March 05, 2010, 04:49:04 PM »
My vraag is; hoekom juis nou en hoekom so publieke bedanking?
So dat almal kan weet.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #15 op: March 05, 2010, 05:43:37 PM »
Ek is moeg vir mense wat die vryheidstryd van ons Volk gebruik as n bemarkingsfoefie vir eie gewin.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Tien jeugleiers se bedanking ruk die VF+
« Antwoord #16 op: March 07, 2010, 07:14:54 AM »
Jan-Jan Joubert
Die VF+ het gister nóg terugslae beleef toe verdere bedankings ingedien is in protes teen die partyleier, dr. Pieter Mulder, se aanvaarding van ’n adjunk­mi­nis­ter­skap in die ANC-regering.

Gister se bedankings van onder andere die party se provinsiale jeugleiers in Gauteng (mnr. James Kemp) en die Noord-Kaap (me. Nikke Strydom) volg kort ná die bedanking van die party se Pretoria-leier, mnr. Willie Spies.

Die tien jeugleiers wat gister bedank het, is hoofsaaklik van Gauteng en die Noord-Kaap, twee van slegs drie provinsies waar die VF+ in verlede jaar se verkiesing (sien tabel hiernaas) gegroei het.

Gauteng het die enigste groot groei getoon. Spies se rol in Pretoria was bepalend hierin, maar sy botsings met Mulder se ondersteuners oor die aard van opposisie het hom uit die party gedwing.

Die jeugleiers het die roede nie vir Mulder gespaar nie. Hulle het daarop gewys dat ’n party nie kan floreer sonder konsekwente, betrokke, koersvaste leiers met ’n stewige skoot integriteit nie.

“Daar is tans in die VF+ nie net ’n tekort nie, maar ’n algehele afwesigheid van hierdie kardinale faktore,” lui die bedankingsbrief onder meer.

Die jeugleiers kla ook oor die hantering van verlede jaar se jeugkongres, toe die party se parlementêre leier, mnr. Pieter Groenewald, meer as die helfte van die teenwoordiges buite orde ge­reël het. Teen die verwagting in is ’n jeugleierskorps verkies wat Mulder se koöptering in die regering steun.

“Ons het voor die verkiesing ons dood gewerk, straatwerk tot laatnag, ouetehuis ná ouetehuis,” het Strydom aan Rapport gesê.

“Ons het beloof ons is teen die ANC; toe doen ons leiers die teenoorgestelde. Daarmee kan ek nie saamleef nie; my integriteit laat dit nie toe nie.”

Mulder het in reaksie hierop gesê die jeuglede se bedanking is geen verrassing nie. Al wat vreemd is, is die tydsberekening. Hy het daarop gewys dat hy eenparig as VF+-leier herkies is nadat hy adjunkminister geword het.

Rapport is bewus van vele ander VF+-lede wat die sentiment deel, maar nog nie gereed is om te bedank nie. Nog bedankings word voor volgende jaar se munisipale verkiesing verwag. In nog ’n verwikkeling is die VF+ se leierskorps se aanslag op Spies gister teengespreek deur die leier van Solidariteit se burgerregte-organisasie, mnr. Kallie Kriel.

In reaksie op Rapport se vraag oor AfriForum se standpunt rakende Spies se bedanking het Kriel gesê hy het begrip dat Spies in ’n onhoudbare posisie geplaas is deur enkele individue binne die VF+ wat aanhoudend gepoog het om AfriForum aan dié party te probeer koppel. Dit ondanks die feit dat AfriForum vriendelik versoek het om nie by die partypolitiek ingetrek te word nie.

“Willie is een van die eerbaarste mense wat ek ken en ek twyfel nie dat hy hierdie gebeure sal oorkom nie. Sy rol as AfriForum se regsverteenwoordiger is ’n reuse-aanwins,” het Kriel gesê.



http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/cd58fd29a7934970a01e0383782fbae8/06-03-2010-10-56/Tien_jeugleiers_se_bedanking_ruk_die_VF+

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #17 op: March 07, 2010, 10:56:07 AM »
 :o :o :o :o :o

Ek wonder hoe dink Mulder gaan hy met die volgende verkiesing weer op die soustrein kom as hy nou al sy partylede kwaad maak?

Maar as ek nou vandag 'n voorspelling kan maak (onthou dis baie gerieflik op die soustrein) dan voorsien ek dat die VF+ dieselfde pad gaan stap onder Mulder, as wat die (N)NP onder Kortbroek gestap het.

Stemgewys dink ek nie Mulder gaan weer sy lekker snoesige possie in die kabinet losslaan nie, dus, net voor die volgende verkiesing (ás hy so lank kan wag) draai hy ANC om daar te kan bly.

Want na die volgende verkiesing gaan hy in elk geval ook nie meer kiesers of volgelinge oorhê nie, so dit lyk vir my na die beste uitweg (vir hom).

Dis maar net my gevoel oor die hele aangeleentheid.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #18 op: March 07, 2010, 03:39:56 PM »
Wat ek nie verstaan nie is hierdie ondersteuners se kretiek. As mens aan party politiek deelneem doen jy dit om die hoogste sport te haal, staatspresident, die feitt dat Pieter wel n kabinets aanstelling gehaal het ten spyte van sy party se swak prestasie beteken dat die regeerder (Zuma) hom verhef het bo sy party.

Ek kan dus nie verstaan wat sy klomp ombeholpe ondersteuners wil he nie, wou hulle deelgeneem het aan die stem maar geen posisie gekry het nie?

Twede moet mens seker kyk wat het in die Landbou gebeur sedert sy aanstelling?
Sover ek die media volg blyk dit of sy deelname daaraan goeie vrugte bring. Hy moet nou bietjie steun kry, dan sal hy meer kan vermag.

Buite parlamentere aksies werk natuurlik ook, maar stry ook meer met mekaar en stuur af op verskeie rampe.

groete

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: ‘VF+ is jaloers op Solidariteit’
« Antwoord #19 op: March 07, 2010, 05:15:28 PM »
Ek kry dieselfde gevoel as jy Karina. Die VF se doel van die begin af, was om soveel as moontlik van ons mense in te sleep by die huidige bestel.

Die huidige bestel raak egter uit die mode uit onder baie wat daarvoor geval het. Wanneer enige politieke party hom van sy jeug vervreem, is dit dodelik.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal