Skrywer Onderwerp: Donkerhoek-gemeenskap maak stem dik oor teer-aanleg  (Read 621 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Donkerhoek-gemeenskap maak stem dik oor teer-aanleg
« op: March 07, 2010, 07:29:21 AM »
Cobus Claassen
’n Storm is oos van Pretoria aan die broei tussen die Donkerhoek-gemeenskap en Grinaker-LTA oor ’n asfalt-aanleg wat dié konstruksiegroep daar beplan.

Die gemeenskap het dit gistermiddag op ’n inligtingsessie duidelik gemaak hulle gaan hardnekkige teenstand bied.

’n Vyandige groep inwoners het verteenwoordigers van Grinaker-LTA en me. Nadine Smith van die omgewingskonsultant Cave Klapwijk en Vennote gister met ’n rits vrae oor die aanleg gepeper.

Volgens ’n agtergrond-dokument van Cave Klapwijk en Vennote word die teer-aanleg naby die Donkerhoek-steengroef en die N4-snelweg op die grond Donkerhoek 365JR beplan.

Volgens Grinaker-LTA sal die aanleg aanvanklik vir snelweg-projekte in Gauteng gebruik word en later as ’n kommersiële aanleg bedryf word.
Inwoners van Donkerhoek, grotendeels ’n boerderygemeenskap, het gesê hulle is bekommerd oor moontlike gesondheidsgevare weens lugbesoedeling, die vergifting van water- bronne, geraasbesoedeling, bykomende druk op die padnetwerk en verlaagde eiendomswaarde.
Mnr. George van Heerden het gesê Grinaker-LTA het die verkeerde plek vir sy aanleg gekies.

“Ek is ’n oupa en het kleinkinders wat nou jul besoedelde lug gaan moet inasem net sodat Grinaker-LTA ’n wins kan maak.”
Ander inwoners het gekla Cave Klapwijk en Vennote het die openbare deelnameproses van meet af aan verkeerd aangepak.

Smith het aangedui kennisgewings is by die terrein, die steengroef se ingang en by ’n gewilde kuierplek in die omgewing aangebring.
Kennisgewings is volgens haar ook aan aangrensende grondeienaars gestuur en in Pretoria News gepubliseer.

“Ons praat nie Engels nie en dié is ook nie Pretoria nie,” het ’n inwoner driftig daarop gereageer.

Mnr. Marius Grobler, ’n aangrensende grondeienaar, het gesê nóg hy nóg sy bure het ’n kennisgewing ontvang.

Verteenwoordigers van Grinaker-LTA het gesê dié maatskappy sal beslis nie omgewingsvereistes omseil nie en dat die de- partement vir landbou en landelike ontwikkeling (voorheen die Gautengse departement van landbou, bewaring en omgewingsake) uiteindelik ja of nee sal sê.

Die gemeenskap is dit eens dat omgewingswetgewing “nutteloos” is en dat finansiële voordele gewoonlik voorkeur kry bo gemeenskappe se belange.
Volgens inwoners was die opkoms by die vergadering nie ’n ware aanduiding van hoeveel mense teen die aanleg gekant is nie.

Daar is aangedui dat talle inwoners van die Silver Lakes-gholflandgoed en nuwe ontwikkelings soos Hazeldean en Lombardy Estate ook daarteen is.



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/cbc95d433c7d4f79bfcc885d7048cfd4/05-03-2010-10-52/Donkerhoek-gemeenskap_maak_stem_dik_oor_teer-aanleg


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal