Skrywer Onderwerp: Afrikanerfront Aksie  (Read 1074 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Afrikanerfront Aksie
« op: March 10, 2010, 05:18:41 PM »
Ek het die onderstaande uitnodiging ontvang van Aksie Vrouekrag Donkerhoek. Ter inligting, dit is 'n Afrikanerfront aksie wat gereel word deur Aksie Vrouekrag Donkerhoek. Soos u weet is Bravoland 'n lid van die Afrikanerfront en gevolglik is ons ook genooi.


Geagte Volksorganisasies

Hiermee wil ons graag aan u die besonderhede van die spitbraaikompetisie bekend maak.

Doel: Interaksie van volksorganisaies op ‘n informele vlak sowel as fondsinsameling geleentheid vir u organisasie en die Afrikanerfront.   
Datum: 10 April 2010
Plek:  Kleinfontein Sportgronde
Tyd: 08h30


BENODIGHEDE WAT U MOET SAAMBRING:
Spitbraai en vleis (skaap,hoender,os.........).
Eie vuur (Kragpunte word voorsien alleenlik vir die spit om te draai).
Eie tafels, stoele en tent afdakkie.
Elektriese verlengingskoord.
Enige iets wat die stalletjie mooi sal opkikker (Daar is ‘n prys vir die oorspronlikste stalletjie).

Elke organisasie sal kaartjies ontvang om te verkoop teen R60.00 per volwassenes en R20.00 vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar.(Neem asseblief kennis die aantal kaartjies sal afhang van die hoeveelheid vleis wat u op die spit het).
Alle inkomste uit die kaartjie verkope word saam getel en verdeel tussen die Afrikanerfront en deelnemende organisasies na vereffening van die uitgawes.

Aksie Vrouekrag verskaf eetgerei en bykosse ( Pap en sous, rys, tuisgebakte brood met konfyt en mengelslaai.).





Daar gaan drie pryse wees en sal soos volg beoordeel word:

Prys vir die lekkerste spit .
Prys vir die oorspronklikste spit stalletjie.
Prys vir die spit stalletjies met die beste gees.

Indien u organisasie ‘n prys wil borg sal dit baie waardeer word.Dankie aan Huis Van Oranje wat reeds van die pryse geborg het.

Besprekings vir enige ander stalletjies behalwe kos kan gedoen word by Sonja 0823916990 teen R100.00 ‘n stalletjie. Neem asseblief kennis dat stalletjies by 08h30 opgeslaan moet wees.Verkope kan om 09h15 begin.
Daar sal verskeie kosstalletjies deur die dag beskikbaar wees asook ‘n springkasteel vir die kinders.   
 
Voorlopige program vir die dag:

08h30 – 09h15   Vlaghysing
         
Opening – Andries Breytenbach

Verwelkoming – Aliena Beyers

Praatjie oor Van Riebeeckdag – Henk van de Graaf

10h00 – 10h30   Volkspele

11h00 – 12h00   Penkoppe (Boereorkes)

13h00 – 14h00    Kunstenaar - Ruan Wepener

14h00 – 14h30   Beoordeling van spit stalletjies (‘Alet Erasmus van Radio Pretoria en span)
         Bekendmaking van wenners

14h30 tot laat   Lekker saam kuier
               
Indien u belangstel, kontak ons asseblief voor Vrydag 12 Maart 2010 per e-pos aan anneke@platinumfinancial.co.za of skakel ons by onderstaande nommers:

 Aliena Beyers - 082 426 5589
 Anneke Geldenhuys – 083 980 4366


Boeregroete,

Donkerhoek Aksie Vrouekrag.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Afrikanerfront Aksie
« Antwoord #1 op: March 10, 2010, 05:19:20 PM »
Nou wil ek weet, is Bravolanders mans genoeg?

Sanderis

  • Gas
Re: Afrikanerfront Aksie
« Antwoord #2 op: March 11, 2010, 11:26:50 AM »
               
Indien u belangstel, kontak ons asseblief voor Vrydag 12 Maart 2010

Dit is bietjie kort kennisgewing .

Afwesig James Kemp

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 245
Re: Afrikanerfront Aksie
« Antwoord #3 op: March 11, 2010, 05:54:35 PM »
Ek sal kom ondersteun. Ek hoop net nie die HVO-manne verloor nie teen DAai ander span nie ;)

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Afrikanerfront Aksie
« Antwoord #4 op: March 11, 2010, 09:02:02 PM »
Ek en my spit is bietjie ver
VOEL TUIS

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: Afrikanerfront Aksie
« Antwoord #5 op: March 11, 2010, 09:30:46 PM »
James,

DAAI manne sal nie toegelaat word op my volkstaat nie! (ek is 'n swak verloorder teen bleek liberale drek)


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal