Skrywer Onderwerp: Jansen praat twak  (Read 667 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Jansen praat twak
« op: March 10, 2010, 05:25:39 PM »
Die volgende omsendbrief per epos is op 8 Maart 2010 deur die rektor van die UV, prof. Jonathan Jansen, aan kollegas en belanghebbendes gestuur: “'n Goeie more vir julle almal! Dankie vir julle talle insiggewende response tot die Maandagbulletin. Ek wil julle graag verseker dat ek elke e-pos lees, en probeer om iets daaromtrent te doen. Hierdie keer het ek 'n ander probleem. Voor my kantoor staan die indrukwekkende standbeeld van President MT Steyn. Al hoe meer mense sê vir my dat dit moet skuif. Party glo dat dit 'n argitektoniese mislukking is wat die pragtige pad verby die fonteine na die Hoofgebou toe versper. Ander glo dat dit eensydig is; dat dit 'n simbolisme weerspieël wat partydig teenoor die geskiedenis van die provinsie en die land staan. 'n Paa r ander glo dat dit ’n nuttige doel dien as 'n baken op die kampus en 'n skadukol bied waar 'n mens jou middagete kan nuttig. Daar heers 'n sterk gevoel dat die standbeeld nie verskuif moet word nie, maar dat dit laer gemaak moet word en in gesprek moet staan met 'n standbeeld van gelyke grootte, naamlik een van die groot koning Moshoeshoe van die streek. So 'n verandering sal die versoenende houding van die universiteit uitstraal. So, hier is my vraag: ‘Behoort ons die standbeeld van President Steyn te behou en eerder ander ruimtes op ons kampus te gebruik om nuwe simbole aan te bring en te bou?’ Praat met my.”

Bron; Ditsem Vrystaat

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Jansen praat twak
« Antwoord #1 op: March 10, 2010, 11:32:53 PM »
Praat met my?

Daar is niks om oor te praat nie.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Jansen praat twak
« Antwoord #2 op: March 11, 2010, 07:11:21 AM »
As ek sê wat in my hart is, is ek in die moeilikheid. Dus, ek sê liewer niks.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Jansen praat twak
« Antwoord #3 op: March 11, 2010, 11:20:34 AM »
Ek sou sê skuif dit Orania toe (of enige ander geskikte terrein) , waar dit veilig sal wees van vandalisme sodat dit behoue kan bly vir die nageslag .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal