Skrywer Onderwerp: "Satanistiese boere"-brief in VB  (Read 1005 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
"Satanistiese boere"-brief in VB
« op: March 12, 2010, 07:45:10 AM »
Die volgende brief het twee dae gelede in die Volksblad verskyn en ek was so die hel in dat ek sommer daardie selfde tyd ook vir die koerant geskryf het. My briewe word gewoonlik nooit geplaas nie, maar het wonder bo wonder vandag die koerant gehaal (al is daar bietjie aan die brief "geskaaf" en korter gemaak.

Satanistiese dade, boere
deur L.I. Mohale
 2010-03-09 21:52
 
Ek verneem oor die radio ’n boer in die Parys-omgewing het ’n werker met die trekker gestamp en hom net by die hospitaal gaan aflaai en daarna was hy spoorloos. Dis onmenslik.

Dankie dat hy aangekeer is en agter tralies gesmyt is. Ek wens dis sy tuiste vir dertig jaar.

Boere doen hulle voor as Christene wat elke Sondag kerke vol pak, maar daarna is hulle niks heilig nie.

Dis waarom daar klomp mense is wat teen die Christendom staan.

Hulle aanvaar die blankes as die mense wat hierdie geloof hiernatoe gebring het net om die mense se gewete te prikkel sodat hulle nie terugslaan wanneer hulle mishandel word nie.

Wat gaan gebeur met die werker wat nou nie kan loop en die hele tyd in die bed is? Wat is die verskil tussen daardie boer en ET?

Die Vannermerwes van hierdie wêreld moet begin kla oor my uitlatings teen die satanistiese dade van die boere.


My reaksie:

Hoekom is pa nie afgelaai?
deur Karina de Jager, Upington
 2010-03-11 23:12
 
L.I. Mohale se brief, Satanistiese dade, boere (10/3/10) verwys.

Een boer stamp ’n werker per ongeluk met ’n trekker, láái hom by die hospitaal af en die land is in rep en roer. Wat van die meer as 3 000 boere wat sedert 1994 vermoor is?

Mnr. Mohale, ek kom by my huis op ’n Sondagoggend, my (satanistiese boere) pa lê op die mat in ’n plas bloed waar hy in ’n plaasaanval (deur Christelike swartes) in die kop geskiet is. Hy is dood. Die (Christelike) moordenaars het bo-oor sy lyk geklim om ons huis te plunder.

Ek wonder by myself hoekom hulle (die Christelike moordenaars “met ’n gewete”) my pa nie ook by die hospitaal gaan aflaai het nie. My (satanistiese) familie gaan toe nie en skiet die (Christelike) moordenaars dood nie, want my (satanistiese) familie het ongelukkig ook ’n (Christelike) gewete. Pasop dat die boere hul (Christelike) gewetens verloor en begin “terugslaan”.


My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: "Satanistiese boere"-brief in VB
« Antwoord #1 op: March 12, 2010, 08:23:18 AM »
Ek het sopas jou brief in DV gelees en toe gou hierheen gekom om vir jou te sê: Van al die (goeie) briewe in reaksie op die (swak) brief van Mohale, is joune by verre die sinvolste en lewer die beste bydrae. Geluk. Mag dié wat dit moet lees, dit wel doen en diep gaan dink!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: "Satanistiese boere"-brief in VB
« Antwoord #2 op: March 12, 2010, 08:31:38 AM »
Ek het ook nou die ander briewe gelees, ek sien almal is kruiperig en almal is vreeslik bang hulle gee aanstoot. Tog net nie dít nie!!

Ek wil net vir hierdie slap briefskrywers sê: Sê wat jy voel en hou op gatkruip.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: "Satanistiese boere"-brief in VB
« Antwoord #3 op: March 12, 2010, 07:51:48 PM »
Mohale klink nie vir my na 'n wit van nie , eerder dalk Sotho . Indien dit die geval is skryf hy/sy goed in Afrikaans .

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: "Satanistiese boere"-brief in VB
« Antwoord #4 op: March 12, 2010, 08:33:03 PM »
Mohale klink nie vir my na 'n wit van nie , eerder dalk Sotho . Indien dit die geval is skryf hy/sy goed in Afrikaans .

Hy skryf goed vir 'n Basotho, maar daar is maar baie foute in sy briewe wat ons regmaak.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Re: "Satanistiese boere"-brief in VB
« Antwoord #5 op: March 14, 2010, 09:50:22 PM »
Jou brief het baie trefkrag, Karina.
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig RiaanvS

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 63
Re: "Satanistiese boere"-brief in VB
« Antwoord #6 op: March 15, 2010, 07:44:44 PM »

Dankie dat hy aangekeer is en agter tralies gesmyt is. Ek wens dis sy tuiste vir dertig jaar. Nelson Mandela weer moet opsluit.  Hoeveel wit mense het hy nie doodgemaak nie, om nie eers te praat van vermink nie?  En dit opsetlik?  'n Ou mynskag klink beter as 'n tronksel vir hom!

Ek hoop Mohale het Karina se brief gelees.  As hy 'n gewete het sal hy besef hoe dom sy brief is.
"Die land is nie meer myne nie; my volk is doodgestry" - C Louis Leipoldt

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: "Satanistiese boere"-brief in VB
« Antwoord #7 op: March 15, 2010, 08:29:30 PM »
Die "Vannermerwes" waarna hy verwys is seker nou gemik op my?! die vorige keer het hy dieselfde ding gedoen- alle boere oor een ou se aksies veroordeel- Ek glo nie volksblad sal my brief toelaat nie, maar ek pos hom sommer hier. dalk google hy eendag sy eie naam !:


Die briewe oor Satanisties Boere verwys.

In die eerste plek word ek “die vannermerwes” uitgelok in die aanvanklike brief van Mohale (10/3/10) om te poog om die boere teen satanisme te regverdig. Dit blyk dus dat die briefskrywer nou nog ’n persoonlike probleem met my het na my terugvoer oor ’n vorige brief waar die briefskrywer ook probeer het om die “boere” gemeenskaplik aanspreeklik te hou vir een persoon se dade.

Ironies dat Mohale nog steeds nie die lig sien nie. In ’n brief van Mohale  (2009-12-10) spreek hy sy ongeloof uit oor die dom uitsprake van Malema. Hy assosieer dus nie met hierdie individu nie, MAAR alle boere moet mos onder dieselfde kam geskeer word. Wat sou u reaksie wees as ek beweer dat alle nie-blankes dom is, bloot omdat Malema onverantwoordelike uitsprake maak? Dit is presies wat u doen.

Verder is dit duidelik dat u nie vreeslik ingelig is oor Satanisme nie. Alhoewel ek vrylik sal toegee dat daar heelwat boere is wat agnostikusse of ateïste is, is daar baie min wat sataniste is. Om ’n Satanis te wees beteken om toegewyd te lewe ten opsigte van Satan. Die blote feit dat iemand nie in God glo nie, maak jou nie noodwendig ‘n Satanis nie. 

Daar is egter baie boere wat ’n diep verhouding met hulle Skepper en Here het. Deur te veralgemeen dat boere Sataniste is, is niks anders as laster nie. U skrywes verwys telke male na die “boere” as ’n groep wat almal dieselfde dade doen en dus dieselfde verantwoordelikheid moet dra. Ek is seker dat as ek ’n stelling moet maak waarby ek alle swart mense stereotipeer ek skuldig bevind sal word aan laster, maar u kom weg daarmee.

Indien jy wil sien hoe Christen boere te werk gaan op hulle plase, vind gerus meer uit van die Amos projek. Tot die volgende keer dat jy al die boere wil verantwoordelik hou vir een ou se aksies!

Groete

Vannermerwe,

Petrusburg



Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal