Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Mediaverklaring - 16 Maart 2010 Malema-moorde  (Read 844 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Mediaverklaring - 16 Maart 2010 Malema-moorde
« op: March 16, 2010, 01:33:21 PM »
Malema-moorde

Mediaverklaring - 16 Maart 2010

Na aanleiding van ‘n televisiedebat tussen onder meer die Verkennersbeweging en die ANC, het die ANC bekend gemaak dat hulle, ten spyte van verdere plaasmoorde wat gevolg het op Malema se opdrag dat Boere geskiet moet word, sing van die liedjie “SKIET DIE BOER” steeds goedkeur en derhalwe aanmoedig.  Vanweë die bedreiging van hierdie rassistiese haat wat die ANC teenoor Blankes openbaar, wil die Verkennersbeweging ‘n beroep op FIFA doen om die sokkerwêreldbeker in Suid-Afrika te stop. Dit is duidelik dat die Blankes vir die ANC ‘n teiken geword het om uit te moor en uit te wis.  Dit sou gevolglik dus onverskillig wees as blanke toeriste wat na Suid-Afrika kom, nie betyds gewaarsku word dat ook hulle lewens bedreig word en dat hulle ook teikens van die ANC sal wees.
 
Weens die oorweldigende steun vir die uitdaging wat Ben Geldenhuys van die Verkennersbeweging aan Malema gerig het om hom om 12:00 op Vrydag 19 Maart 2010 te Fort Schanskop te kom skiet, het die Verkennersbeweging besluit om ‘n beroep op Suid-Afrikaners te doen om op 19 Maart 2010 om 12:00 ‘n minuut stilte te handhaaf uit respek vir die talle boere wat reeds sedert 1994 vermoor is.
 
Die Verkenners sal ook alle plaasmoorde wat na 8 Maart 2010 gepleeg word as “Malema-moorde” beskou.  Ons doen derhalwe ‘n beroep op volksgenote om hierdie voorbeeld te volg, want 8 Maart 2010 is immers die datum waarop Malema aan sy ondersteuners opdrag gegee het om boere te skiet, omdat hulle kwansuis verkragters is.  Die Verkenners beskou dit as ‘n lae intensiteit oorlogsverklaring teen die Afrikaners in besonder die blankes in die algemeen. Ons doen dus ‘n beroep op Afrikaners en alle ander blankes om paraat te wees teen voortgesette lafhartige moordaanvalle wat op Malema se opdrag gaan volg en dit met sukses af te weer.
 
 

"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Mediaverklaring - 16 Maart 2010 Malema-moorde
« Antwoord #1 op: March 16, 2010, 01:38:31 PM »
Raak skoot, Werner! Hoe gaan julle hierdie verklaring onder die aandag van die wêreld bring? Gaan Groot!!!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Mediaverklaring - 16 Maart 2010 Malema-moorde
« Antwoord #2 op: March 16, 2010, 01:54:33 PM »
Jy het my steun!
Passievol oor Afrikaans

Sanderis

  • Gas
Re: Mediaverklaring - 16 Maart 2010 Malema-moorde
« Antwoord #3 op: March 16, 2010, 04:31:13 PM »
Hoe gaan julle hierdie verklaring onder die aandag van die wêreld bring?

Paar jaar se ervaring het ons al geleer oom Adri .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal