Skrywer Onderwerp: Stil/Brul  (Read 1037 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Stil/Brul
« op: March 16, 2010, 04:26:44 PM »
Ek is nie seker waar om hierdie stuk te plaas nie. Ek wil graag almal uitnooi om deel te word van hierdie inisiatief:

Namens die Middelpunt Christen Forum nooi ons alle Christene uit om deel te word van die Stil/Brul inisiatief!


Die idee is eenvoudig- Ons wil alle Christene op Hemelvaartdag (Donderdag 13 Mei 2010) verenig in ’n minuut van stilte, gevolg deur die bid of sing van die Onse Vader.

Hoekom?

Ons lewe in ’n tyd waar alles ’n gejaag is. Met die minuut van stilte wil ons as gemeenskap van gelowiges, saam, stil word voor die Here as ’n simbool van Verootmoediging, sowel as afhanklikheid voor God. In ’n land waar soveel mense finansieel, emosioneel en fisies swaarkry, is daar net een gebed wat alles saamvat en dit is die Onse Vader soos Christus dit self vir ons gegee het.

Wie?

Almal wat glo in die Drie-Enige-God van die Bybel en aan die genade van Christus se kruisdood soos in die Bybel staan.

Wanneer?

Hemelvaartdag, Donderdag 13 Mei 2010.
Minuut stilte 12:59 gevolg deur die Onse Vader om 13:00.

Waar?

Net waar jy is! Dit maak nie saak of jy by die werk, agter die stuur of in jou bed is nie! Middelpunt Christen Forum se amptelike saamtrek sal geskied op die gronde van Hoërskool Jim Fouche, Bloemfontein, maar ons nooi mense uit om oral dienste en/of byeenkomste te reël. 

Wat vra ons van jou?

1.   Word deel van die inisiatief. Deel in die minuut stilte en die Onse Vader op die dag.
2.   Stuur dit aan. Laat weet almal van hierdie inisiatief sodat ons soveel moontlik Christene bymekaar kan kry.
 
Hierdie inisiatief kos jou niks, vra net so 5 minute van jou tyd, maar maak jou deel van duisende ander gelowiges wat op daardie selfde tyd in stilte en in gebed voor die Here buig...

Wie is Middelpunt Christen Forum?

Ons is ’n komp Christene hier in die middelpunt van die land (Petrusburg) wat so paar maande terug ’n forum gestig het om ons te help om ons geloof deur ons dade en aksies uit te leef. Ons is van verskillende denominasies, maar deel die passie om die Koninkryk van die Here uit te dra. Ons wil met projekte soos die Christene nader aan mekaar bring, mense help wat sukkel en inisiatiewe loods waarby die Evangelie verder uitgebrei word.

Ons webwerf is nog onder konstruksie, maar jy kan solank gaan maats maak met ons op facebook. Tik net in Middelpunt Christen Forum.


Sanderis

  • Gas
Re: Stil/Brul
« Antwoord #1 op: March 16, 2010, 05:42:05 PM »
Ek is nie seker waar om hierdie stuk te plaas nie.

vannermerwe jy hoef nie daaroor bekommerd te wees nie , ek kan sien jy is nog nuut hier .
Een van die Volksraadlede sal dit na die regte plek toe skuif indien nodig .

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Stil/Brul
« Antwoord #2 op: March 17, 2010, 07:43:25 AM »
Goeie saak. Ek steun dit en sal dit aanstuur
Passievol oor Afrikaans

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Stil/Brul
« Antwoord #3 op: March 18, 2010, 06:27:03 PM »
Sanderis, Nagwag 777,

Dankie, ons waardeer julle hulp en ondersteuning. Hoop ons kan duisende gelowiges op Hemelvaart saam in verootmoediging voor God kry.

Groete.

Afwesig RiaanvS

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 63
Re: Stil/Brul
« Antwoord #4 op: March 21, 2010, 11:08:29 PM »
Klink na 'n goeie idee, ek en my skapies sal deel daarin!
"Die land is nie meer myne nie; my volk is doodgestry" - C Louis Leipoldt


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal