Ek was daar, en moet se die polisie het in groot nommers gekom, een deel van hulle groep was by die vergadering van Boere en die groter deel was Suid van die monument op 'gereedheids grondslag' ha ha ha
Verder was daar heelwat pers,
Toe die polisie my voertuig van hoek tot kant deursoek, (tot my rekenaarsak) het ek hoop gehad dat Malema dalk kan opdaag. Die polisie helikopter was ook maar in die omgewing, en ek het vir die eerste keer in n lang tyd 3 Puma's gesien, seker die hele lugmag op n 'power display' gewees.
Nou ja, hulle het ons nie veel afgesit nie en dit was lekker om n paar Boere bymekaar te sien, dit laat mensnogal terug verlang na die beleg van Pretoria waar ons so lekker opskop in die straat gehou het ens.
Meer sulke aksies sal waardeer word, dit hoef nie roter te wees as vandag sin nie.
Ek was ook bly om te sien dat dit baie goed ondersteun was deur BVS manne. Barend het van Nylstroom af gekom.
Ben, wel gedaan, ek sal julle vlgende aksies ook ondersteun.
Groete