Skrywer Onderwerp: Menseregtedag 2010  (Read 1921 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Menseregtedag 2010
« op: March 22, 2010, 11:15:53 AM »
Menseregtedag 2010


Dit is ironies dat Suid-Afrika ‘n publieke vakansiedag het met die “Menseregtedag”. Dit terwyl ‘n gemeenskap van Suid-Afrika, die Afrikanervolk, geen menseregte gegun word nie. Selfs die mees basiese mensereg, die reg op lewe, is nou die Afrikaner ontneem, deur Julius Malema se sing van die lied “Skiet die boere, hulle is verkragters”. Die ANC beheerde regering van die dag se regverdiging van die song van hierdie lied, het ook tot gevolg dat dit nou feitlik regerings beleid geword het. Gevolglik, het die ANC beheerde regering nou oorlog verklaar teen ‘n segment van die burgery – die Afrikanervolk.

Alhoewel die belangrikste mensereg,die reg op lewe,  is dit ook nie die enigste mensereg van die Afrikaner wat vertrap word nie. Regeringbeleid soos Affirmative action, Swart ekonomiese bevoordeling en kwotastelsels in sport en skole, het tot gevolg dat die Afrikaner op alle lewenstereine onderdruk en verdruk word. Om die Afrikaner se reg tot lewe te ontneem, is seker die logiese volgende stap.

Daarom sal geen regdenkende Afrikaner meemaak aan hierdie klug van Menseregtedag nie en eerder hierdie dag gebruik om defensiewe maatreels op te skerp vir die nuwe vlaag aanvalle wat gaan volg op die skares wat vandag weer opgeweep gaan word.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Menseregtedag 2010
« Antwoord #1 op: March 22, 2010, 01:52:15 PM »
Ben, ek hoop jy gee om nie, maar ek het hierdie skrywe van jou op Facebook na my profiel gedeel.

Dit is 'n baie goeie stuk en ek hoop ons kan 'n paar mense kry wat dit sal lees en besef wat aangaan
VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Menseregtedag 2010
« Antwoord #2 op: March 22, 2010, 04:38:49 PM »
Ek gee glad nie om nie Plaas.

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: Menseregtedag 2010
« Antwoord #3 op: March 23, 2010, 12:00:30 PM »
Let wel dat hierdie sogenamde "Menseregtedag" op die herdenking van die Sharpeville insident gehou word.
Hier is wat hulle oor die sharpeville insident op wikipedia se
http://en.wikipedia.org/wiki/Sharpeville_massacre
En hier word dit bespreek:
http://en.wikipedia.org/wiki/Talk:Sharpeville_massacre

Ek sien die artikel is 'n bietjie verbeter. Voorheen was daar net sprake van die onskuldige Swartes wat vreedsam betoog het en deur die bose Blanke polisie dood geskiet is.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Menseregtedag 2010
« Antwoord #4 op: March 23, 2010, 01:35:54 PM »
Menseregte en Pasboeke

Die naweek was dit vyftig jaar gelede dat Sharpeville plaasgevind het. Sedert die ANC se bewindsoorname is hierdie dag herdoop na Menseregtedag – ‘n dag wat ‘n klug is as gekyk word na die toestand van die land, en die toestand van wat so graag menseregte genoem word.

Julius Malema was weer voor in die koor toe hy op die sogenaamde Menseregtedag op Mafikeng weer sy liedjie, “Skiet die boere want hulle is verkragters” gesing het. Die boere het skynbaar geen menseregte nie, want hulle moet geskiet word. Ook het hulle geen menseregte om behoorlik aangekla te word van verkragting as daar so iets sou wees nie. Maar boere word nou kollektief daarvan beskuldig dat hulle Malema se volks- en rasgenote verkrag.

Wel het Malema skynbaar sy hand ‘n bietjie oorspeel. Hy het daarop aanspraak gemaak dat dit die ANC was wat destyds die optog teen die dra van pasboeke georganiseer het. Hiermee het hy nou behoorlik op die tone van die PAC getrap, wat die eintlike organiseerders was.

Trouens, die naweek was dit duidelik dat daar ook onder die swart politici groot onmin is. Die ANC se premier in sentraal-Transvaal is tydens die Sharpeville herdenking uitgejou, en is vingertekens na haar gewys. By ‘n ander herdenking het twee faksies van die PAC mekaar gewelddadig toegetakel, sodat die polisie uiteindelik moes ingryp.

Laat ons ons egter nie hierdeur om die bos laat lei nie. Sodra daar ‘n gemeenskaplike vyand geïdentifiseer word, is alle verskille in die swart politiek tydelik vergete. Malema en sy maters is besig om daardie gemeenskaplike vyand duidelik daar te stel: dis die blankes.

Die hele Sharpeville-aksie het gehandel oor ongelukkigheid oor die verpligte dra van pasboeke. Dit was egter nie ‘n stelsel van onderdrukking nie, maar van vrymaking. Die grootste mate van vryheid, bestaan immers waar daar bepaalde reëls is om basiese orde te handhaaf. Die pasboekstelsel van destyds, was ‘n ordereëling, as eerste stap na ‘n eie identiteit om volke afsonderlik te kan laat ontwikkel tot hy ryp en gereed is om homself met verantwoordelikheid self te regeer.

Vandag sit ons weer met ‘n in wese-pasboekstelsel. Dis egter nie ‘n stelsel wat ons na vryheid lei nie, maar juis onderdruk. Vandag is daar ‘n pasboek van blankeskap, wat blankes uitdruklik verhinder om aangestel te word in sekere poste, omdat die advertensie sommer van die begin af lui: “Hierdie is ‘n affirmative action-pos”. Die pasboek van blankeskap laat jou die risiko loop om jou plaasgrond te verloor, want die regering sê dit moet in swart hande kom. Die pasboek van blankeskap sal jou geen tender of kontrak laat toekom as jy nie ten minste ‘n derde van jou onderneming weggegee het aan gekleurdes nie.

Vandag dra ons die pasboek van Afrikaner-wees, wat ons verhinder om Afrikaanse skole en universiteite te hê, wat ons beroof van ons plek- en straatname.

Die ANC het ons nie uitgereik met dieselfde fisiese pasboek van Sharpeville in 1960 nie. Daardie pasboek was die begin van ‘n proses na vryheid vir elke volk. Vandag het die ANC ons uitgereik met ‘n pasboek van verdrukking, en onder ‘n Julius Malema ‘n pasboek na uiteindelike uitwissing.

Baie Afrikaners het al gesê dat hulle vandag met groot plesier ‘n pasboek sal wil dra van ‘n Boere- of Afrikaner tuisland. Straf ons daarmee! Druk ons in ‘n tuisland of reservaat, waarin ons self ons heil kan uitwerk. As ons dan in die ANC se gebied kom, sal ons met plesier ‘n pasboek dra, want dan sal dit ook ‘n pas na vryheid wees. Dis presies wat ons ons wil hê. 

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal