Skrywer Onderwerp: Nasionale Vakansiedag  (Read 1702 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Nasionale Vakansiedag
« op: March 23, 2010, 09:00:03 AM »
Ek het 'n voorstel op 'n ander forum gemaak en wil dit ook hierop plaas.
Ek dink dit sal goed wees as ons 'n nasionale vakansiedag instel ter nagedagtenis aan al die boere wat sedert 1994 vermoor is.
Op die betrokke dag werk die volk dan nie, maar hou byeenkomste waar ons vryheidsliedere sing en waar ons die slagoffers onthou.
God moet vanselfsprekend dan ook die middelpunt van so 'n dag wees.
Indien hierdie voorstel moontlik sou oorweeg word, sal ek verder voorstel dat so 'n dag nie saam val met bestaande openbare vakansiedae nie. Sodoende kan die dag sy eie identiteit kry.

Passievol oor Afrikaans

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #1 op: March 23, 2010, 11:49:55 AM »
Ek hou van die idee. Vraag is net: Hoe gaan 'n mens dit so reël dat alle Afrikaners deel daarin? Die regte beginpunt sou die kerke wees, maar ek is nie so seker of alle Afrikaanse kerke hiervan gaan hou nie - dit is nie polities korrek nie.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #2 op: March 23, 2010, 11:58:39 AM »
Dit kan miskien werk as dit op alle relevante forums en deur prominente leierskap bemark word.
Sal geskiedkundige plekke en sportvelde nie beter wees vir saamtrekke nie?
Die media kan waar moonlik ook betrek word. Die grooter meerderheid sal waarskynlik nie dekking wil gee nie.
Ek het net 'n gevoel dat so iets goed ondersteun sal word en dat dit kan bydrae tot eenheid onder ons geledere.
Passievol oor Afrikaans

Sanderis

  • Gas
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #3 op: March 23, 2010, 12:50:01 PM »
Goeie idee Nagwag , watter datum het jy in gedagte ?

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #4 op: March 23, 2010, 12:54:00 PM »
Dankie Sanderis
Indien ons leiers het wat dink dis haalbaar, moet hulle maar oor die datum besluit. Hulle sal beter weet.
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #5 op: March 24, 2010, 10:11:56 AM »
Ek sal eerder verkies dat ons Hemelvaartdag weer moet herdenk soos dit behoort te wees. Ek hou van jou idee, ek persoonlik voel net dat ons Godsdienstige dae ook met soveel vuur beskerm moet word.
Moed Vryheid Eer

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #6 op: March 24, 2010, 10:40:05 AM »
Dis waar. Want sonder Hom (Jesus) kan ons niks vermag nie!
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #7 op: March 26, 2010, 09:29:48 AM »
Kleinbekkie

Hemelvaartdag bestaan steeds.  Ons as Christene moet net leer om ruggraat te toon en dag verlof neem om dit behoorlik te herdenk.  Ons het op hemelvaartdag om 9:00 die oggend ons erediens, juis omdat ons nie bereid is om daaroor met die heidense regering 'n kompromie aan te gaan nie.  Ons CVO skool het af, maar die kinders moet eers die erediens bywoon voor hulle kan huis toe gaan, behalwe as hulle eie gemeente ook daardie tyd 'n erediens het.

Wat die ander volkseie vakansieddag voorstel betref, ek dink dis puik, rig dit in as verootmoedigingsdag en herdenk dit jaarliks.  Ek sou voorstel die datum waarop die eerste Boer na 27 April 1994 op sy plaas vermoor is.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #8 op: March 26, 2010, 12:21:57 PM »
Ditto, saamtrekke op Majuba, Paardekraal, Vegkop, Vrouemonument ens?
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #9 op: March 26, 2010, 04:38:19 PM »
Ek stem saam ds. Martin. Ek probeer self om Hemelvaartdag verlof te neem ens. Dit is net dat die meeste mense om ons vergeet dat dit Hemelvaartdag is en aangaan asof dit net nog 'n dag is. As ons nie eens dit kan nakom nie, hoe kan ons dan 'n Volksdag hou?

Ek wou nie stry nie, ek wil maar net 'n stuiwer in die armbeurs gooi....  ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #10 op: June 28, 2010, 03:07:06 PM »
Wat van 27 April (sogenaamde Vryheidsdag) as die dag waarop ons die slagting op ons boere en ander Afrikaners kan herdenk - is dit nie juis onder meer as gevolg van die verlies van ons vryheid dat hierdie "etniese suiwering" toegepas word nie?

(Kleinbekkie - ek stem wel honderd persent met jou saam in verband met Hemelvaartdag ...)

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #11 op: June 28, 2010, 03:59:15 PM »
Net op 'n ander noot: Baie welkom terug in ons midde, Johann.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #12 op: June 28, 2010, 04:47:13 PM »
Sjoe, kyk wie val hier uit! Baie welkom terug, Johann!!

Ek dink ook 27 April is 'n goeie dag (alhoewel ek gewoonlik sorg dat ek daardie dag werk, omdat ek nie saam in die "fees" wil deel nie), want dan het ons reeds 'n vakansiedag en niemand hoef verlof te vat nie.

Verlof kan 'n mens nogal boikot, want nie alle werkgewers wil hul personeel die dae van hul keuse verlof gee nie.

Die enigste "vryheid" wat ons op die sogenaamde Vryheidsdag vier, is die vryheid wat ons verloor het.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #13 op: June 29, 2010, 12:04:33 AM »

Die enigste "vryheid" wat ons op die sogenaamde Vryheidsdag vier, is die vryheid wat ons verloor het.

Dit is juis hoekom ek dit tot op hede geignoreer het as vakansiedag (en by tye myself al sterk uitgespreek het daaroor) .

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Re: Nasionale Vakansiedag
« Antwoord #14 op: June 29, 2010, 04:39:12 PM »
Ek dink ook nogal daaraan dat as die vakansiedag waarop die boere wat gesterf het sedert 1994 dalk op 'n bestaande vakansiedag hou.  Dan is verlof nie 'n probleem nie en kan soveel meer volksgenote die dae bywoon.  (nou nie dat Majubadag so goed bygewoon word nie maar toemaar)
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal