Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Belangrike sege vir linksgesinde benadering tot ekonomiese ontwikkeling!  (Read 1053 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Nog 'n rede hoekom ons die Oranje Sake Instituut suksesvol moet laat groei!


Johannesburg. - Voorstanders van ’n linksgesinde benadering tot ekonomiese ontwikkeling het die week op die oog af ’n belangrike sege behaal met die aanstelling van ’n swaargewig-adviesraad deur mnr. Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling.

Patel, wat op versoek van Cosatu in die kabinet ingesluit is en vir wie dié departement gestig is, se funksies is egter nog “baie lawaai en min substansie”, is aan Sake24 gesê. Sy departement het nog bitter min infrastruktuur of vermoë om sy werk – wat die koördinering van ekonomiese beleid blyk te wees – behoorlik te doen.

Die aanstelling van Patel se adviesraad, skaars twee weke nadat hy in die parlement gesê het hy beplan so ’n raad, is wyd beskou as ’n klap in die gesig van mnr. Trevor Manuel, minister in die presidensie in beheer van beplanning.

Nie net het hy die kollig gesteel deur die aankondiging van Manuel se nasionale beplanningskommissie voor te spring nie, maar hy het ook ’n paneel aangestel met strydige ekonomiese standpunte as dié waarvoor Manuel oor die afgelope dekade as minister van finansies bekendheid en respek verwerf het.

Dié raad sal bestaan uit onder andere prof. Joseph Stiglitz, ’n Nobel-pryswenner en oud-hoofekonoom van die Wêreldbank, uitgesproke kritikus van rigiede inflasieteikens en voorstander van staatsinmenging in die ekonomie om markte doeltreffender te maak.

’n Skuif na ’n meer linksgesinde ekonomiese beleid kan gepas wees om die “massiewe” werkloosheidsprobleem te pak, het ekonome in reaksie gesê, maar dié beleid moet op behoorlike navorsing en kosteberekeninge gegrond wees.

Ander linksgesinde ekonome in Patel se raad sluit in die Cosatu-ekonoom prof. Chris Malikane van Wits-universiteit, dr. Neva Makgetla, voorheen verbonde aan Cosatu en nou ’n hoofekonoom by die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, en dr. Michael Power, strateeg by Investec en ’n uitgesproke voorstander van inmenging vir ’n swakker rand – een van Patel en Cosatu se groot versugtings. Mnr. Goolam Ballim, groepekonoom van Standard Bank, word beskou as die enigste raadslid met ’n meer pragmatiese, konvensionele ekonomiese beskouing.

Mnr. Kuben Naidoo, hoof van Manuel se nasionale beplanningsekretariaat, het Vrydag gesê ’n aanbeveling is reeds aan pres. Jacob Zuma gedoen oor wie in die langverwagte nasionale beplanningskommissie sal dien. Dit hang nou van Zuma af wanneer dié aanstellings, wat vir einde Maart beplan is, bekragtig sal word.

Dié kommissie sal verantwoordelik wees om ’n 25-jaar-visie en -strategie vir Suid-Afrika op te stel, wat deur die kabinet goedgekeur moet word. Manuel moet beleidsontwikkeling koördineer wat ’n wye reeks departemente raak.

Dis egter onduidelik in watter mate daar samewerking is tussen die onderskeie departemente – tesourie, handel en nywerheid, ekonomiese ontwikkeling en die presidensie se beplanningskommissie.

Patel het gesê sy departement se beleidsdokumente sal na die beplanningskommissie gaan.

Naidoo wou nie Vrydag kommentaar lewer oor die aanstelling van Patel se adviesraad en of met Patel saamgewerk word oor ekonomiese beleidsontwikkeling nie.

Dit lyk of verskeie rolle gedupliseer word, met Patel wat byvoorbeeld sy oog op die ontwikkeling van makro-ekonomiese beleid het terwyl dit die rol is van die minister van finansies, wie se departement reeds kapasiteit daarvoor het.

“Dit alles is baie verwarrend. Ek hoop daar is ’n mate van koördinasie agter die skerms, maar op die oppervlak lyk dit nie of daar enigiets is nie,” sê dr. Dion George, DA-woordvoerder oor finansies.

George sê dit lyk of Patel so vinnig as moontlik soveel as moontlik invloed probeer kry deur onder meer die spoedige aanstel van die adviesraad en die afstof van ’n plan om 5% van pensioenfondse te gebruik vir ontwikkeling, “maar sodra jy ’n bietjie dieper begin krap, besef jy daar is nie veel nie. Daar is geen infrastruktuur in plek nie.

“Sodra ’n mens vra oor die oorvleueling van rolle, word gesê die kabinet neem saam ’n besluit, wat dalk die geval is.

“Maar daar is gemengde seine wat uitkom, en dit maak beleggers deurmekaar.”

http://www.sake24.com/articles/default/display_article.aspx?ArticleId=6-1607_2577670
Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Van die os op die jas. Hoekom lyk dit of die Indiers al hoe meer vingers in die 'pie' begin kry?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Seker omdat hulle so baie vingers het?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal