Kommunikasie > Departement van Kommunikasie en Uitsaaiwese
Beeldmeningspeiling: Dink jy Afrikaners moet saamstaan?
(1/1)
James Kemp:
Dink jy Afrikaners moet saamstaan?
Ja!
Nee, Suid-Afrikaners moet saamstaan
Wat beteken die gesaam-stanery tog?
Ja! 66 %
92.4'>
Nee, Suid-Afrikaners moet saamstaan 24 %
33.6'>
Wat beteken die gesaam-stanery tog? 9 %
12.6'>
Ek dink nie die vraag is of ons moet saamstaan nie, maar hoe...en ongelukkig is dit waar die verdeeldheid gewoonlik intree.
James Kemp:
Kan iemand die meningspeiling dalk beter copy en paste as ek?
Ben Geldenhuys:
Dink jy Afrikaners moet saamstaan?
Ja! 66% - ( 8795 stemme )
Nee, Suid-Afrikaners moet saamstaan 24% - (3186 stemme)
Wat beteken die gesaam-stanery tog? 9% - (1252 stemme )
Ben Geldenhuys:
James,
Nou wat stel jy voor hoe moet daar saam gestaan word?
James Kemp:
Dit is `n moeilike vraag wat ek nie dink noodwendig `n regte antwoord het nie. Ek dink ons moet op verskeie terreine saamstaan deur byvoorbeeld gemeenskapsaksies op die been te bring om misdaad te bestry, of gesamentlik standpunt in te neem teen Malema. Die groot debat kom egter wanneer die groot kwessie - selfbeskikking - aangespreek word. Wat soek ons? Waar soek ons dit? Ens.
Ek is egter baie positief oor Afrikaners in die algemeen, want al is ons nie noodwendig verenig onder een organisasie nie het ons steeds `n gemeenskaplike doe voor oë.
So dalk is die vraag oor of Afrikaners moet saamstaan reeds beantwoord. Ja ons doen, al is dit op verskillende maniere. (`n Bietjie filosofies...)
Navigation
[0] Message Index
Go to full version