Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Miway vertrap Afrikanererfenis  (Read 3164 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Miway vertrap Afrikanererfenis
« op: March 29, 2010, 11:57:24 PM »
Media Verklaring

30 Maart 2010

Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika het met woede kennis geneem van ‘n advertensiebord van die maatskappy Miway waarin beweer word dat die historiese Afrikanerdorp, Krugersdorp, se naam verander is na die non-woord mogale. Hierdie advertensiebord is op die snelweg tussen Pretoria en Krugersdorp en derduisende motoriste ry daagliks daarby verby. Dit is ‘n welbekende feit dat Krugersdorp se naam nie verander is nie en dat daar nie ‘n pleknaam bestaan soos mogale nie. Die Verkenners Beweging sien hierdie advertensie as ‘n belediging gemik teen Afrikaners, veral as in ag geneem word dat hierdie leun in Afrikaans geadverteer word.

Paul Kruger, die man na wie Krugersdorp vernoem is, is ‘n wereldbekende leier en ‘n geliefde man onder die Afrikanervolk. Vir Miway om hierdie leun vir die wereld te verkondig, is nie net ‘n belediging gemik teen die Afrikaner nie, maar ook teen Paul Kruger en die Afrikaner se historiese kultuurerfenis.

Die Verkenners Beweging eis dat Miway binne sewe dae van hierdie verklaring:
1.   Die reklamebord verwyder en
2.   Vervang met ‘n verskoning aan die Afrikaners en ‘n advertensie waarin verklaar word dat Krugersdorp steeds Krugersdorp heet.
3.   ‘n Bedrag van R110 000-00 aan die Paardekraal Feeskommissie betaal vir ‘n herdenkingfees van die 110de bestaansjaar van die Paardekraalmonument in Krugersdorp. Die Paardekraalmonument is deur Paul Kruger onthul en weens die belediging van Paul Kruger, word hierdie bedrag  geëis.

Indien Miway na 6 April 2010 steeds in gebreke bly, sal ‘n uitgebreide versetaksie teen hulle geloods word.


Die uwe,


Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging van Suid-Afrika


Ns. “Ons weerstand, sal die wereld verstom” Paul Kruger 1899



Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #1 op: March 30, 2010, 12:00:39 AM »

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #2 op: March 30, 2010, 01:25:03 PM »
As dit 'n bemarkingspoging is, dan moet hulle vrees vir hulle toekoms.
Ons kan mos besluit wie ons wil ondersteun en wie ons NIE wil ondersteun nie.
Passievol oor Afrikaans

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #3 op: March 30, 2010, 01:38:32 PM »
Ek het mediastudie geswat.... Een van die groot vrae is: Moet die media realiteit uitbeeld of beeld realiteit die media uit?

Die advertensie is duidelik nie gemik teen die Afrikaner nie, maar eerder op die Afrikaner. Die boodskap is dat die nuwe regering dinge verander (ons weet dit tog), maar hulle premies is vasgemaak (overanderd) vir drie jaar....

Ek dink dit advertensie is nogal skerp en tong in die kies... Ek glo regtig nie dit is 'n aanval op die Afrikaner nie. Ons moet versigtig wees om nie net almal en als te wil aanval nie....

Kies jou veldslae goed en die oorlog kan baie korter wees....

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #4 op: March 30, 2010, 02:01:33 PM »
Ek het mediastudie geswat.... Een van die groot vrae is: Moet die media realiteit uitbeeld of beeld realiteit die media uit?

Die advertensie is duidelik nie gemik teen die Afrikaner nie, maar eerder op die Afrikaner. Die boodskap is dat die nuwe regering dinge verander (ons weet dit tog), maar hulle premies is vasgemaak (overanderd) vir drie jaar....

Ek dink dit advertensie is nogal skerp en tong in die kies... Ek glo regtig nie dit is 'n aanval op die Afrikaner nie. Ons moet versigtig wees om nie net almal en als te wil aanval nie....

Kies jou veldslae goed en die oorlog kan baie korter wees....
Shoe! OK ek sien dit nou. Dankie. Miskien moes hulle eerder 'n minder sensitiewe benadering gevolg het. Ons is so op vir die dag na dag se tenagekomery.
Passievol oor Afrikaans

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #5 op: March 30, 2010, 04:15:10 PM »
Ek dink dit is goed dat daar aksie geneem word, al beskou ek ook die advertensie as tong in die kies. Deur so `n veldtog word daar weer bewustheid geskep oor Afrikaner-erfenis. Ek sal egter aanbeveel dat daar `n skadevergoedingsbedrag besluit word wat meer verdedigbaar is. M.a.w. iets soos R10 000. Die kanse is dan ook goed dat Miway dit sal betaal en dan baat buite partye hieruit.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #6 op: March 30, 2010, 04:41:43 PM »
Ek het mediastudie geswat.... Een van die groot vrae is: Moet die media realiteit uitbeeld of beeld realiteit die media uit?

Die advertensie is duidelik nie gemik teen die Afrikaner nie, maar eerder op die Afrikaner. Die boodskap is dat die nuwe regering dinge verander (ons weet dit tog), maar hulle premies is vasgemaak (overanderd) vir drie jaar....

Ek dink dit advertensie is nogal skerp en tong in die kies... Ek glo regtig nie dit is 'n aanval op die Afrikaner nie. Ons moet versigtig wees om nie net almal en als te wil aanval nie....

Kies jou veldslae goed en die oorlog kan baie korter wees....

As dit op die Afrikaner gemik is om hulle as potensiële kliënte te beïnvloed, dan slaag hulle beslis nie in hulle doel nie. Inteendeel, die reaksie wat dit by die oorgrote meerderhied ontlok is onmiddelik negatief omrede daar klem gelê word op iets wat spesifiek vir die Afrikaner sensitief van aard is. Normale mense lees tog eersts die "opskrif" wat in hierdie geval die naamsverandering is, en dit is die eerste en blywende indruk wat hulle kry! Onthou bemarking en advertensie gaan oor die skep van persepsies! MiWay slaag beslis nie hierdie toets by die Afrikaner nie! 

Dalk moes hulle bemarkingsmense iets soos die Eskom se verhogings gebruik het! Dan het hulle 'n baie groter potensiële kliënte basis gehad.

Ons Sal!!!

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #7 op: March 30, 2010, 05:03:29 PM »
Andre,

Daar is talle studies oor die goed, maar ek gaan dit nie nou als aanhaal nie. Punt is, daardie advertensie laat mense se koppe draai. Daarom is daardie "tegnies" 'n goeie advertensie. Mense sien dit raak, m.a.w. sukses. Ek stem nie noodwendig saam daarmee nie, maar kom ons gee die ouens krediet dat hulle ons aandag gevang het.

Snaaks hoe perspektiewe verskil. Ek het effense negatiewe reaksie ontvang, nie op die advertensie nie, maar oor die "aksie" wat geneem word. Mense skud hulle koppe en lag vir die "vervolgingswaansin" soos een ou dit noem. Ons moet oppas dat ons nie 'n beeld skep dat die Afrikaner nou hiper-oorsensitief is nie. Die vermoe van die Afrikaner om vir onsself te kan lag was deur die dekades nog altyd iets positief. Kan ons nie maar die advertensie in hierdie lig sien nie?

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #8 op: March 30, 2010, 05:07:55 PM »
Net iets in verband met die subteks van hierdie advertensie:

As jy kyk na die stelling sien jy dat die adverteerder hoofsaaklik twee stellings gebruik in kontras met mekaar:

Dinge verander (plekname verander-) (die regering verander plekname) (dus Regering= verandering)

Iets verander nie (hulle premies verander nie) (dus Adverteerder = geen verandering nie)
Kontras: verandering (regering) vs. stabiliteit (Hulle premies)

Pasop om hulle dalk te blameer vir iets waarvan hulle nie skuldig is nie....

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #9 op: March 30, 2010, 05:23:59 PM »
Net iets in verband met die subteks van hierdie advertensie:

As jy kyk na die stelling sien jy dat die adverteerder hoofsaaklik twee stellings gebruik in kontras met mekaar:

Dinge verander (plekname verander-) (die regering verander plekname) (dus Regering= verandering)

Iets verander nie (hulle premies verander nie) (dus Adverteerder = geen verandering nie)
Kontras: verandering (regering) vs. stabiliteit (Hulle premies)

Pasop om hulle dalk te blameer vir iets waarvan hulle nie skuldig is nie....

Onthou net een ding! Jy sit en kyk na 'n "statiese" prentjie van die advertensie en die motoriste het nie daardie geleentheid nie.(Jy sal ook sien daar is 'n geen stilhou padteken ::)  :P ). Die plek waar hierdie advertensie geplaas is, is op 'n oop stuk pad op 'n draai. 'n Motoris het nie noodwendig die tyd om die totale advertensie te lees nie en in perspektief te plaas nie. Daarom is my waarneming dat MiWay presies die teenoorgestelde reaksie gaan kry as wat hulle beplan het.   

Dat die Afrikaner "hiper-sensitief" begin raak is ook nie abnormaal nie. Ons word om elke hoek en draai aangeval en van ons kultuurerfenis en ander dinge beroof. MiWay se bemarkingsmense verstaan dit en het daarom 'n geleeentheid gesien om die Afrikaner se sentiment uit te buit!   
Ons Sal!!!

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #10 op: March 30, 2010, 08:15:00 PM »
Kom nou Andre...

Jy kan nie R110 000.00 en 'n verskoning eis bloot omdat mense te vinnig ry om die hele advertensie te lees nie...

As ek die adverteerder was en iemand het my beskuldig van hierdie dinge sou ek nie laat wag het met 'n teen-eis van laster nie. Daar is niks in daardie advertensie wat ons so vreeslik aanstoot kan gee om al hierdie dinge te "eis" nie. Luister mooi- As julle links en regs begin eise stel gaan julle die vertroue van die gewone Afrikaner verloor. Daar is baie ander sake wat eerder aangespreek moet word (soos wat die forum wel doen). Ek kan net nie help om te dink hierdie keer tree julle bietjie oorhaastig op nie.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #11 op: March 30, 2010, 10:03:09 PM »
Kom nou Andre...

Jy kan nie R110 000.00 en 'n verskoning eis bloot omdat mense te vinnig ry om die hele advertensie te lees nie...

As ek die adverteerder was en iemand het my beskuldig van hierdie dinge sou ek nie laat wag het met 'n teen-eis van laster nie. Daar is niks in daardie advertensie wat ons so vreeslik aanstoot kan gee om al hierdie dinge te "eis" nie. Luister mooi- As julle links en regs begin eise stel gaan julle die vertroue van die gewone Afrikaner verloor. Daar is baie ander sake wat eerder aangespreek moet word (soos wat die forum wel doen). Ek kan net nie help om te dink hierdie keer tree julle bietjie oorhaastig op nie.

Net 'n regstelling as ek jou pos reg verstaan! Dit is nie hierdie forum wat die aksie loods nie maar wel die Verkenners! Dat daar lede van die Verkenners is wat ook lid van hierdie forum is, is so! Dit gaan ook nie vir my persoonlik oor wat ge-eis word nie, dit gaan vir my oor die beginsel dat Afrikaner sentiment uitgebuit word deur sakemense vir hulle eie gewin! Sakemense wat net belangstel in die Afrikaner se geld!

Ek het vroeër vanaand MiWay se kliëntediens geskakel om uit vind of MiWay hoegenaamd die Afrikaner se saak ondersteun. 'n Volksvreemde het die foon geantwoord en kon my nie in my taal help nie. Ek het toe maar afgelui!

Ek ondersteun maar liewer ons eie mense en eie ekonomiese strukture waar ek weet dit word vir die volk gedoen! 
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #12 op: March 31, 2010, 04:44:39 AM »
Van der Merwe,

As ek jou nou reg verstaan, reken jy hierdie saak moes gelos geword het, omdat die persepsie moontlik geskep kon word onder mense dat die  Verkenners hipersensitief is oor hule kultuurerfenis?

Jy moet dalk kennis neem dat die Verkenners wel hipersensitief is oor ons erfenis. Verder is dit ook van belang om kennis te neem dat die Verkenners nie vir die gehoor speel nie. Indien die Verkenners wel vir die gehoor gespeel het, sou ons verseker nie die "koor oefeninge" by die Pretoria straatnaam vergaderings gebruik het as weerstand aksie nie. Veral nadat sekere poefters op nasionale TV daarna verwys het as "radikale elemente" nie.

Feit is, die Afrikaner word op alle terreine van die sameleweing vertrap. Gits hul sing selfs dat ons geskiet moet word. Gevolglik is die tyd dat ons redelik moet optree verby. Dit is nou tyd vir weerstand op alle terreine.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #13 op: March 31, 2010, 08:46:26 AM »
Andre,

Ek stem geheel saam dat ons, ons eie strukture moet ondersteun. Vir geen oomblik het ek 'n saak gemaak vir die betrokke adverteerder nie. Inteendeel ek vermoed dat meeste van hierdie versekerings maatskappye onBybels in hulle doen en late is. Dit verander egter nie die feit dat hulle advertensie geen inherente motief het om die Afrikaner te verkleineer nie. Dit is tog nie die adverteerder wat die amptelike name verander nie, dit is die regering. Hulle gebruik net die realiteit om jou oog te vang en dit het gewerk.... Sou julle voortgaan met hierdie eis, gaan julle heelwat meer publisiteit aan hierdie saak gee en op die wyse gaan die betrokke adverteerder net nog meer baat. Hulle is ongelukkig in hulle wetlike reg om daardie advertensie so op te stel. 

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #14 op: March 31, 2010, 08:56:18 AM »
Ben,

Daar is 'n fyn lyn tussen hipersensitief en "vervolgingswaansin". Die skrywes wat ek aan jou rig is gebaseer op die perspektiewe van gewone Afrikaners. Hardwerkende Boere mense wat jou ondersteun het met die hele Malema ding. Hierdie is nie die "Koor" of "gehoor" nie, dit is ons mense, jou mense. Dit is mense wat Afirkaners was voor jy en ek gebore is. Om hulle eenvoudig te diskwalifiseer, val jy in dieselfde strik as soveel ander leiers wat eieregtig optree. As leier, wat jy wel is, moet jy met verantwoordelikheid optree. Om hierdie saak hier te los gaan dalk op die einde van die dag meer vir jou beteken as om dit na te jaag. weereens, hierdie stellings is uit en uit gebaseer op die opmerkings van gewone Afrikaners. Mense is moeg vir leiers wat hulle eie kop volg. Daar het Dan Roodt saam met die vyand aan die tafel gaan sit- Van sy ondersteuners het eenvoudig hulle goed gevat en geloop. Vf+ Pieter wat nou vir die ANC regering werk... Lede wil nie meer vir hom stem nie. Steve hofmeyer wat so dan en wan politiese uitsprake maak, maar die moraliteit van 'n marmot het... Die punt is nie om die adverteerder te beskerm nie, dit is om jou reputasie te beskerm... Makk daarmee wat jy wil.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #15 op: March 31, 2010, 12:27:10 PM »
Van der merwe, miskien besef jy dit nie, maar Krugersdorp se naam het nie verander nie, te danke aan goeie Boere mense se weerstand. Vir hierdie maatskappy om te beweer dit het, is 'n skop in die gesig van die selfde goeie Boere mense

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #16 op: March 31, 2010, 01:25:51 PM »
Ben,

Ek, as Afrikaner, sien die advertensie duidelik in 'n ander lig as jy. Ons invalshoeke op hierdie argument verskil en dit is duidelik dat jy nie my insette op hierdie oomblik in ag wil neem.

So, gaan voort met jou eis.

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #17 op: March 31, 2010, 01:56:10 PM »
Van der merwe, miskien besef jy dit nie, maar Krugersdorp se naam het nie verander nie, te danke aan goeie Boere mense se weerstand. Vir hierdie maatskappy om te beweer dit het, is 'n skop in die gesig van die selfde goeie Boere mense
Vir my het GEEN dorp se naam verander nie ;).

Jy skryf dat indien hulle nie aan die eise voldoen nie, gaan daar aksie volg. Ek sal net graag weet wat hierdie aksie behels en hoe dit 'n rede gaan wees vir Myway om aan daardie eise te voldoen.

Myway is 'n versekeringsmaatskapy en dus afhanklik van 'n goeie reputasie as versekeraar.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #18 op: March 31, 2010, 03:08:39 PM »
Waar gaan dit eindig as mens die adverteerders net los om maar links en regs advertensies te skep om die Afrikaner te benadeel.  In tussen lag hulle net vir ons en as daar 'n Afrikaner hul ondersteun sê hulle net dankie vir jou geld.

Sterkte met die eis SP, jy het my ondersteuning.
« Laaste verandering : March 31, 2010, 03:10:17 PM deur Johan Joubert »
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Miway vertrap Afrikanererfenis
« Antwoord #19 op: March 31, 2010, 03:22:36 PM »
Ek wil die volgende stelling maak:

As Miway van die standpunt uitgaan dat die regering verander maar hul premies nie, hoekom het hulle nie 'n ander dorp gevat wat klaar 'n ander naam het nie.  Dit lyk in elk geval sleg van hulle kant af om 'n so verkeerde voorbeeld te neem.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal