Skrywer Onderwerp: ‘Amptenare sê dis rassisties om wit armes te help’  (Read 822 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
‘Amptenare sê dis rassisties om wit armes te help’
« op: March 30, 2010, 01:58:47 AM »

Wonder wat dink Solidariteit nou van al Zuma se mooi beloftes?


Net 160 voedselkoepons is van 2008 aan ’n groep van 600 000 wit armes uitgedeel.

Die uitdeel van sulke koepons aan die inwoners van Bethlehem, ’n arm, informele wit nedersetting in Andeon, in die noorde van Pretoria, is gestaak ’n week nadat mnr. Jacob Zuma dit op 18 April 2008 as ANC-leier op uitnodiging van Solidariteit besoek het.

“Staatsamptenare het gesê dit is rassisties om honger wit mense te help,” skryf dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, in ’n brief aan Zuma.

Dié brief gaan môre as deel van ’n verslag oor die “gesigte van Afrikanerarmoede” aan Zuma oorhandig word tydens sy opvolgbesoek aan Bethlehem.

Luidens die verslag is die uitdeel van voedselkoepons aan arm wit mense gestaak ondanks die bevindings van ’n onafhanklike ondersoek deur die destydse Umsobomvu Youth Fund, tans die National Youth Development Agency (NYDA).

Daarvolgens is bevind die regering se definisie van voorheen benadeelde mense moet uitgebrei word om die wit jeug tussen 18 en 35 jaar met ’n inkomste van R500 tot R3 000 per maand in te sluit.

Volgens die ondersoek is die arm wit jeug beslis een van die mees gemarginaliseerde groepe in Suid-Afrika.

Langner skryf vir Zuma hy glo die president sal geskok wees om te hoor dat me. Heila Rothmann, ’n siek en sterwende kankerlyer, etlike dae lank van 06:00 tot 17:00 in ’n ry moes staan net om op 6 Maart te hoor haar vyfde aansoek vir ’n ongeskiktheidstoelae is van die hand gewys.

Rothmann het haar stryd teen kanker ’n week later verloor.

Luidens die verslag toon navorsing wat Helpende Hand gedoen het dat 63% van die inwoners in die 77 wit informele nedersettings in Pretoria 60 jaar en ouer is.

Boonop ondersoek die Centurion-raad vir bejaardes tans sowat 2 100 armoedesake terwyl sowat 1 000 gevalle van bejaardeverwaarlosing per maand by die Pretoriase Bejaardesorg aangemeld word.

Langner het gesê hul navorsing dui daarop dat daar slegs een maatskaplike werker vir elke 4 000 Suid-Afrikaners is.

Uit die NYDA se verslag blyk dit is “ongelooflik moeilik” vir wit gemeenskappe om toegang tot ongeskiktheidstoelaes te kry.

“Die meeste arm swart gemeenskappe het toegang tot satellietkantore van die departement van maatskaplike ontwikkeling wat aansoeke vir toelaes verwerk.

’n Soortgelyke diens is nie vir behoeftige wit gemeenskappe beskikbaar nie,” het Langner gesê.


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/fa41cb9eb7bf4892b4df2c15513663be/29-03-2010-09-45/%E2%80%98Amptenare_s%C3%AA_dis_rassisties_om_wit_armes_te_help%E2%80%99
Ons Sal!!!

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: ‘Amptenare sê dis rassisties om wit armes te help’
« Antwoord #1 op: March 30, 2010, 11:29:57 AM »
Is dit nie weer tyd vir 'n volkshulpaksie nie?

Ons kan 'n verskil maak aan hierdie mense se lewens, al is dit net vir 'n dag. Die verslaggewer van die berig het nou net verwoord wat ons lankal reeds weet.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: ‘Amptenare sê dis rassisties om wit armes te help’
« Antwoord #2 op: March 30, 2010, 12:21:21 PM »
Die arm-blanke vraagstuk is al jare lank 'n probleem. Ek wil ook graag help, maar daar is net een probleem wat ons moet aanspreek:

Ek veralgemeen nie, maar 'n groot deel van hierdie mense het 'n "jammergat" mentaliteit. Hulle het klaar opgegee! Dit is goed en wel om kospakkies uit te deel, maar dit help net vir een ete.

In een van my skrywes het ek geraak aan die punt om die platteland te herbevolk met Afrikaners... Die gedagte is om weer tipe "bywoners" op die plase te vestig. Op die oomblik sit ons met te veel nonsens met swart werkers. Die ideaal is dan om hierdie Afrikaners eerder die kans te gee om hulle brood en botter te verdien en weer oor te begin...

Maar hierdie jong Afrikaners wil nie werk nie. Hulle het daardie "arm" mentaliteit aangeneem en jy kry hulle nie genees daarvan nie. Die oomblik as hule 'n geldjie kry gaan suip hulle hulle self stok onnosel...

Ek sal hou daarvan as ons hierdie mense op die plase kan infaseer. Dit sal help om plaasaanvalle te bekamp, Dit sal meer effektiewe arbeid kan beteken, en blanke armoede kan verlig...

Die enigste probleem is hulle is te verdomp sleg!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal