Skrywer Onderwerp: HNP  (Read 837 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
HNP
« op: March 31, 2010, 03:29:12 PM »
HNP kies nuwe leier

Tydens die jaarkongres van die HNP die afgelope naweek in Pretoria is mnr Andries Breytenbach, ’n afgetrede senior amptenaar van Krygkor, as nuwe leier gekies in die plek van mnr Japie Theart wat uitgetree het. Die twee onderleiers is mnre Wouter Rust, ’n boer van Blinkpan in die Oos-Transvaal, en mnr Hans Koekemoer, ‘n boer van Wolmaransstad in die Wes-Transvaal. Mnr Breytenbach het in sy leierstoespraak die parallel getrek tussen die eendragtige optrede vir die herstel van vryheid van die Afrikaners vandag met die toestand 50 jaar gelede toe ’n volkstelling gehou is oor Republiekwording. Hy het gesê alle eendersdenkende volksgenote moet die geleentheid gegun word om deel te neem aan die vryheidstryd.

Bron : Ditsemblits

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: HNP
« Antwoord #1 op: April 01, 2010, 11:12:46 AM »
Sanderis my HNP lidmaatkaart is nog al die jare in my beursie
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: HNP
« Antwoord #2 op: April 01, 2010, 11:50:11 AM »
Ek sien in die nuutste uitgawe van Die Afrikaner ons SP en ASP "feature" sterk! Mooi man!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: HNP
« Antwoord #3 op: August 05, 2010, 02:17:33 PM »
HNP oor Selebi’s

In ’n mediaverklaring, sê die HNP “as die hooggeroemde regstaat sy geloofwaardigheid wil behou, sal hy onmiddellik moet optree teen die broer van die veroordeelde voormalige polisiekommissaris, Jackie Selebi.  Suleiman Selebi het teenoor die media gesê dat sy broer skuldig bevind is deur ‘n apartheidsregter in ‘n apartheidshof onder ‘n Romeins-Hollandse regstelsel van die ‘imperialistiese Weste’ wat nie meer in die land moes gewees het nie.  Enige hof met selfrespek sal hierdie bewerings van Suleiman Selebi onmiddellik laat ondersoek met die oog op vervolging vir minagting van die hof.”

Bron : Ditsemblits

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: HNP
« Antwoord #4 op: August 05, 2010, 03:13:36 PM »
Vergewe my die Brits: "You wish!"
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal