Skrywer Onderwerp: ESKOM LENING  (Read 784 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Witkop

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
ESKOM LENING
« op: April 07, 2010, 06:43:12 PM »
Dit is interessant dat die Suid-Afrikaanse publiek deur die regering aangemoedig word om almal Eskom se aansoek om 'n internasionale lening te ondersteun. Hierdie pleidooi wil sugereer dat dit tog moontlik is vir 'n betreklik klein groepie Suid-Afrikaners om die aansoek te verongeluk of het ek dit verkeerd?

Ek het terloops op een nuusberig gehoor dat daar skynbaar een of ander druk op Brittanje is om nie die leningsaansoek te ondersteun nie. As die regering vir Eskom kan steun in 'n internasionale leningsaansoek kan hy die Griek van die hoekkaffee ondersteun deur banke te veplig om vir hom 'n bedryfslening voor te skiet waar hy sy geld uitgedobbel het?

Eskom hou 'n kragmonopolie en het sy mandaat verbrou, nou moet die belastingbetaler en die verbruiker die gelag betaal? Ek glo dat 'n binnelandse aandrang op buitelandse investering in en selfs oorname van Eskom deur verskeie Europese lande ondersteun sal word en enige hoop op 'n lening verydel.

Verhoogde beleggingsinsette vanuit Europa beteken verhoogde verliese as die land een maal heel ten gronde sou gaan. Die vinnige ingryping in Koeweit, waar baie geld (beleggings)betrokke was, dui die buiteland se gewilligheid aan om in te gryp en stabiliteit te bewerkstellig waar hulle baie geld kan verloor.Afganistan bewys weer die huiwerigheid om geld, tyd en middelle aan te wend en te bestee waar daar geen werklike opbrengsverwagting is nie.

Behoort die Afrikaner nie ook in hierdie aangeleentheid vir die regering te wys dat swak bestuur nie geduld sal word nie, tog effektief gestuit en bevraagteken kan word  en dat hulle beheer oor strategiese bedrywe in werklikheid uiters beperk is en toenemend en stelselmatig besig is om uit hulle beheer te glip nie?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal