Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Oproep tot selfbeheersing  (Read 1901 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Oproep tot selfbeheersing
« op: April 09, 2010, 06:59:57 AM »
Tydens die hofverskyning van die twee beweerde moordenaars van die Boer Eugene Terre'Blanche was daar meer as 'n duisend Boere teenwoordig. Daar was omtrent net so veel swartes teenwoordig. Die Boere teenwoordig was woedend, maar het selfbeheersing toegepas. Die swartes daarteenoor was uitlokkend en het nadat die Boere die Stem gesing het, nkosi sikele gesing.

Die media berig dat 'n blanke vrou koeldrank na die swartes gegooi het toe hulle nkosi gesing het, maar wat hulle nie vertel, is dat 'n swartman vir haar geskree het "we are going to kill you all".

Dat die swartes gestuur was om moeilikheid te maak, is duidelik. Die moontlikheid bestaan egter ook dat die blanke vrou geplant kon wees om konflik te veroorsaak. Hierdie stelling word gewaag aangesien in die verlede dit telkens gebeur het.

Op die vooraand van die begrafnis van Mnr. Eugene Terre'Blanche, doen die Verkenners Beweging 'n ernstige beroep op volksgenote om nie in die strik van die provokateurs te trap en hulle selfbeheersing te verloor nie.

Die Verkenners Beweging besef die volk is woedend en daarom is hierdie beroep nie tot kalmte nie, maar tot selfbeheersing.

Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging van Suid-Afrika

viki

  • Gas
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #1 op: April 09, 2010, 07:45:25 AM »
Ben, kry die volk om vandag te verenig. Kry al die afrikanergroepe om vadag uit een mond te praat.  Laat elkeen sy eie ek en sy stukkie in die kollig voor die footgrawe en internasionale pers vergeet.  Laat die afrikaners vandag as een man praat. Mag die Vader die regte woorde in daardie persoon se mond lê.

Mag ET in vrede rus.

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #2 op: April 09, 2010, 08:30:11 AM »
Ben, kry die volk om vandag te verenig. Kry al die afrikanergroepe om vadag uit een mond te praat.  Laat elkeen sy eie ek en sy stukkie in die kollig voor die footgrawe en internasionale pers vergeet.  Laat die afrikaners vandag as een man praat. Mag die Vader die regte woorde in daardie persoon se mond lê.

Mag ET in vrede rus.
Viki ek Stem volkome saam met jou en ek hoop ons kan dit vermag want dan is ons sterk vir die eerste keer in 100 jaar. Die vyand se strategie is "divide and conquer" en dit het nou lank genoeg gewerk.Ons moenie pro oorlog wees nie, maar eerder pro eenheid en pro volkstaat!
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #3 op: April 09, 2010, 08:41:05 AM »
Ek bid hartstogtelik dat ET se moord sal meebring dat ons volk besef dat ons sal moet saamstaan en saam bid en glo as ons wil oorleef. Ons tyd is min: hierdie mag ons laaste geleetheid wees. Hoe wreed dit ook al is, glo ek dat hierdie moord die volk se oë finaal sal laat oopgaan. En nou moet ons as 'n eenheid voluit ywer vir ons onafhanklikheid en vryheid. As dit die gevolg van ET se dood is, sal hy vir ewig as 'n held wat die Afrikanervolk verenig het, bekend staan. En ek glo dit is presies wat hy sou wou gehad het!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #4 op: April 09, 2010, 08:52:34 AM »
Net so Adri!
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #5 op: April 12, 2010, 04:28:34 AM »
Ons selfbeheersing het duidelik daartoe bygedra dat Mal-emma toe verwerp is deur die liga - want anders sou hulle kon reken dat die vent reg is. ???
Kennis is mag

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #6 op: April 12, 2010, 01:19:53 PM »
Ben wanneer kom ons bymekaar as volk met AWB,VVK ens om n plan op tafel te sit. Dan moet ook deel wees. Ons moenie dat GODS WATER OOR GODS AKKER WEER LOOP NIE. ONS moet die VADER IETS GEE OM MEE TE WERK . Gee Hom n kruik met bietjie olie en HY maak al die lee kruike vol. Gee hom n vissie en broodjies en HY ge die hele magdom mense kos.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #7 op: April 12, 2010, 01:24:01 PM »
Die Vader kan nie bloot werk wanneer ons Hom iets gee nie. Hy het uit niks geskep. God is nie verleë oor mense nie en het hulle nie nodig om sy werk te doen nie. Dit is bloot genade dat HY wel mense wil gebruik om vir hom tot diens te wees.
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #8 op: April 12, 2010, 01:49:33 PM »
Dis glad nie wat ek se nie mnr RUAN. Ek gee ook nie voor die Vader is verlee oor ons nie. Jy verstaan verkeerd. In die selfde asem se jy dat Retief en al die ander boere HOM net gesoek het waneer dit hulle pas. (BLOEDRIVIER ens) Dis snaaks want dit lyk tog of die VADER hulle gehelp het.
Die VADER het uit eie keuse die mens geskape met die wete wat hulle als gaan doen aan HOM,daarom skroom Hy nie om die te help wat sy saak by HOM bepleit en as dit SY wil is dit dan uit te laat voer deur die mens of engele soos HY behaag.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #9 op: April 14, 2010, 12:43:28 PM »
As ek jou verkeerd verstaan het is ek bly. Wil maar net seker maak van die bedoeling. Teologiese uitsprake kan nogal verreikende gevolge hê as hulle verkeerd verstaan word. Terloops, noem my sommer Ruan.
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #10 op: April 14, 2010, 02:03:55 PM »
Nee wat dis reg so RUAN. Ek sien dit in n goei lig.Solank ons net bly praat om seker te maak ons verstaan mekkar se bedoelings. Ek se altyd geloof is baie soos wiskunde daar is baie somme om te maak en dan kan ons presies dieselfde antwoord kry. Ons moet net sorg dat ons mekaar se wiskunde verstaan. Jy het met n goeie bedoeling gevra en jy bekomernis is grondig want soos jy se dit kan groot negatiewe gevolge he as dit verkeerd verstaan word.

Dankie
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #11 op: April 14, 2010, 02:40:21 PM »
Ben wanneer kom ons bymekaar as volk met AWB,VVK ens om n plan op tafel te sit. Dan moet ook deel wees.

Ek sien Dan en Steve Hofmeyr in dieselfde lig. Ek sal nie een van die twee ooit as 'n leiersfiguur sien nie.

Dan Roodt het hierdie volk te veel beledig in sy skrywes, gaan soek maar die gedig "Volksvreemd" deur Dan Roodt. Dit is te walglik om 'n skakel hier te plaas. En dan is daar natuurlik sy publikasie "Taaldoos", want 'n mens ook wil laat opgooi.

Die HNP het mos klaar 'n bloutjie met hom geloop, as jy nie leer uit die verlede nie, sal jy verplig wees om dit te herhaal.

My opinie is om maar vir Dan weg te laat by besprekings wat die volk betref.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #12 op: April 14, 2010, 02:53:15 PM »
Hallou Karina. Dankie vir jou insette. Ek stel dit hoog op prys. Ek kansie jy praat uit jou hart. Ek sal dadelik werk maak en die stukke lees.

Daar is niks so goed as om dinge uit iemand ander se oe te sien. Ek moet bieg ek ken nie veel van hom af nie en het eers onlangs sy briewe begin lees.Ek neem dit ter harte en sal jou later my opienie gee.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #13 op: April 14, 2010, 03:14:35 PM »
Dankie vir jou insig, Van Zyl. Laat weet gerus wat jy teëkom.

Weet iemand of Praag lid is van die Afrikanerfront?
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #14 op: April 14, 2010, 03:31:32 PM »
Weet iemand of Praag lid is van die Afrikanerfront?

Karina, ek het so spesmaas die Afrikanerfront is te Christelik vir Praag...

Sien: http://www.afrikanerfront.co.za/3732/Lede.htm

Dalk val Praag onder die "Tussentydse Afrikanerraad", maar n.a.v. die houe wat Dr Roodt onlangs aan die AF uitgedeel het, twyfel ek nogal.

Groete

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #15 op: April 14, 2010, 03:36:59 PM »
Dankie Gawie, ek kan nie help om verligting te voel nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

viki

  • Gas
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #16 op: April 14, 2010, 03:38:33 PM »
Ek wonder hoekom Dan nie sy lesers wil inlig oor die VVK nie? Ons het die gesprek gehad per e-pos
Beste Viki
Ons ondersteun graag enige poging om die huidige leierskapskrisis onder Afrikaners op te los, asook mense groter samehorigheid te gee. Die gedagte om so 'n databasis van Afrikanerkiesers op te bou, is 'n goeie idee, maar dan moet dit deursigtig geskied en moet een persoon of organisasie nie voordeel daaruit te trek deur dit agterna vir bemarking en dergelike te gebruik of selfs aan derdepartye te verkoop nie. Of andersins kan so 'n databasis natuurlik gebruik word om een spesifieke "oplossing" of politieke ideologie te bevorder wat ons weer op 'n dwaalspoor kan laat beland, sonder dat almal in die saak geken is.

Nie dat ek insinueer dat dit sou gebeur nie, ek noem dit maar net as 'n moontlikheid en dat die proses deursigtig moet wees. Ek het al na die VVK se webwerf gaan kyk. Nog 'n punt: "Volksraadverkiesingskommissie" is definitief een woord in Afrikaans. Dis 'n samestelling van drie naamwoorde (volksraad+verkiesing+kommissie) en moet daarom as een woord geskryf word (reël 14.3 van die AWS), soortgelyk aan "reënwaterafvoersloot" of "lugdienspersoneel", laasgenoemde synde twee voorbeelde van samestellings uit die AWS.

Ek sou graag met 'n bestuurslid van die VVK persoonlik wou gesels alvorens ons aan 'n grootskaalse veldtog daarvoor begin deelneem ten einde 'n beter gevoel vir die hele proses te kry. In beginsel steun ons die gedagte van 'n volksregister of kieserslys van Afrikaners en ek meen die internet is die ideale medium daarvoor.

Groete,

Dan Roodt





Viki het geskryf:
Goeie dag mnr Roodt,
 
Ek het al so twee weke terug 'n e-pos gestuur i.v.m die saak. Ek, asook 'n paar mense wat Praag lees, wil graag weet wat u standpunt omtrent die VVK is.  Dink u dis iets wat u sal ondersteun of nie?  Wat is u mening oor die saak?
Dink u die Afrikaners word weer opgeset vir 'n teleurstelling?  As u nie u mening wil lig nie,  sal u net geen kommentaar aan my terug e-pos asseblief. 
 
Baie dankie vir u tyd. 
Ek vertrou om spoedig van u te hoor. 
 
Groete,

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #17 op: April 14, 2010, 05:21:47 PM »
In plaas van 'n antwoord, toe kry jy 'n taalles (een woord volgens die AWS bl. 2010 reël #94, waddehel)...  :D ::) :P

Leierskapskrisis?? mnr. Roodt?? Dit was nie die vraag nie.

Goed, ek dink dan hierdie brief skakel mnr. Roodt se teenwoordigheid by die samesprekings uit...
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #18 op: April 14, 2010, 05:35:27 PM »
Dankie viki vir daai terug voering. Sien jy nou sandres hoekom ek gevra het viki en wilco moet die briewe hier plaas. N boer werk altyd met n plan.
Karina jy is reg. Gelukig word ek nie gekeur op n spel toets om n boer te wees of om hemel toetegaan nie. Dit gaan oor wat in die hart is. Die feit dat Dan se hy soek n politieke oplossing maak my die josie in. Politiek is vir die satan. Die bybel wat ons almal lees se die SEUN van ons VADER ons moet ons uit die dinge van die politiek hou .

Ek dink sy kleure is gewys.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Sanderis

  • Gas
Re: Oproep tot selfbeheersing
« Antwoord #19 op: April 15, 2010, 01:02:35 PM »
Van Zyl laat ek jou net gou reghelp , dit is sanderis nie sandres nie - is dit so moeilik ?
Ek het nie bedoel die skrywes is nie welkom hier nie , inteendeel dit is meer as welkom . Ek het net bedoel wat ek gesê het : die volkseie Net is wyer as Praag en Bravoland .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal