Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Oproep tot aksie  (Read 2780 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Badenhorst

  • Gas
Oproep tot aksie
« op: April 13, 2010, 12:43:00 PM »
Ek weet nou nie so mooi waar om my vraag te vra nie so ek dink die is die aangewese plek.

My vraag:

Ek wil weet wat die prosedure is om 'n saamtrek en vergadering te reel om ons lidmaadskap uit te brei en hoe groot lokaal benodig sou wees, wat dink die volksraad moet gedoen word om so aksie te bewerkstellig en laaste waar kan ek my aksie plan bekend maak om sodoende die ondersteuning van die volk te kry?

Jammer nog 'n vraag:

Waarvoor staan Bravoland in die buite wereld en wat wil ons in die buite wereld bereik? Ek sou graag die SP se mening op die vraag wil he en nie iets wat voorgese is nie maar wat direk uit sy hart kom.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #1 op: April 13, 2010, 12:52:41 PM »
Bravoland vier haar derde verjaarsdag op 24 April. Elke jaar probeer ons om iets groots daarvan te maak, maar as gevolg van die verspreidheid van mense, raak dit regtig moeilik. Uit ondervinding het ek al geleer om hierdie klas van ding ten minste ses maande of selfs 'n jaar vooruit te beplan. As enige iets met Bravoland te doen het, wil ek bitter graag teenwoordig wees, dis nou maar my sentiment, maar dit kan nie altyd nie.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #2 op: April 13, 2010, 02:42:54 PM »
Kom ons hoor wat die volksraad en die ander burgers dink van hierdie gedagte voor ek antwoord.

Afwesig Cois Conradie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 38
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #3 op: April 13, 2010, 04:55:06 PM »
Badenhorst

Bravoland was juis gestig om as verhoog te dien vir die Afrikaner/Boer. Die doel is en was nog altyd om inligting wat van pas is deur te gee aan die burgers. Daarom dat ons nou "onafhanklik" staan teenoor ander organisasies/bewegings om juis aan al die internet gebruikers 'n tuiste te kan skep waaraan ons kan behoort, ongeag aan watter volkseie organisasie die gebruiker behoort. Daarom dat ons volksraad verkies word uit die burgers, sodat ons leiers uit ons eie geledere verkies word deur die burgers self. Bravoland is 'n "kuber volkstaat" - ons eie tuiste hier op die web.

Dit het egter nodig geword dat ons Bravoland meer sal moet vereenselwig met die volk, en daarmee bedoel ek dat Bravoland nou meer 'n fisiese hoedanigheid sal moet aanneem. In elk geval ten opsigte van ons mede volksgenote wat nie toegang het tot internet nie. Hierin kan Radio Pretoria ook (en het reeds) 'n groot rol gespeel. Maar ek hou van die gedagte.

Die afgelope gebeure voorspel NIKS goed vir ons nie, en ons as Volk begin stadig maar seker wakker word. Die tyd het aangebreek....

Badenhorst

  • Gas
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #4 op: April 13, 2010, 05:31:29 PM »
Nou kom ek kleur die prentjie van Badenhorst in sodat my vrae nie na sinnelose babbel klink nie.

Ek stel voor dat die volksraad en enige vrywilligers hulle beskikbaar stel om 'n veldtog en opmars na die Unie gebou te reel om sodoende ons memorandum (ek sal meer hieroor uitbrei na besprekings met die SP van Bravoland) aan die NSA se woordvoerder van hul presidents kantore te oorhandig met duidelike punte vir bespreeking. Dit is duidelik dat een sin uit alle organisasies uit die monde van die volk vloei ...... "Ons soek ons eie grond met ons eie ....... ". Kom ons nader al die organisasies wat tans vergadering na vergadering hou en vereenig as kinders van God en as volksgenote. Klaar gepraat, moeg geluister kom ons gaan oor tot aksie. Kom ons gee die SABC en BBC en al die ander organisasies die geleendheid om ons vryheid van korupsie, moorde, verkragtings,ens bloot te stel sodat die wereld kan sien en sodat die wereld kan help. Ek stel voor dat geen toestemming gevra word by enige departement van die NSA om sodoende dieselfde wyse van die ANC te gebruik om ons eie vryheid te bekom.

Die moet geskiet in die volgende 63 dae want op die 64ste dag moet die mars plaasvind.

Hoekom in 63 dae? Want oor 63 dae is dit die mees vernaamste dag van 1976. Ons moet kapitaliseer op die gevoelens aangaande verdrukking/onderdrukking van 1976 en ons verdrukking/onderdrukking aan die wereld bekend maak. Die hele wereld het gesien hoe skiet wit polisie manne 'n klyn swart seun en die media sal die konektasie van 'n duidelikke nuwe apartheid maak. Sal daar dan weer sanksies ingestel word teen die NSA? kom ons hoop so.

Ek weet dit is 6 dae na die world cup begin het maar dit is soveel meer die rede want dan is elke land se media reeds hier in NSA en sal hulle nie te laat wees om ons mars te dek nie.

Dit is nou die tyd, nou. Kom ons sit daad by ons woord.

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #5 op: April 13, 2010, 06:01:06 PM »
Ek steen jou mosie . Net n gedagte dalk moet ons dit self reel. Kan baie vermag met selfoone en sms. Ek sal jpu help waar ek kan.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #6 op: April 13, 2010, 06:16:22 PM »
Waarvoor staan Bravoland in die buite wereld en wat wil ons in die buite wereld bereik? Ek sou graag die SP se mening op die vraag wil he en nie iets wat voorgese is nie maar wat direk uit sy hart kom.

Wat is Bravoland?


Bravoland is 'n kuberstaat vir die Bloedrivier Geloftevolk! Bravoland het tot stand gekom, grensloos, onafhanklik, uit die versugting van die Afrikaner/ Boerevolk na vryheid!

Elke lid van die Bloedrivier Geloftevolk en ALMAL wat hulself met die stryd van die Bloedrivier Geloftevolk vereenselwig is welkom in Bravoland. U word vriendelik uitgenooi om deel te word van die snelgroeiende kuberstaat.

Bravoland is uit die volk vir die volk... en moet (in spesifiek die forum) gesien word as 'n verhoog. 'n Verhoog waar u as burger kan opstaan, u kennis en ondervinding kan aanbied in die toepaslike "departement", hetsy dit onderwys, energiesake, veiligheid, finansies, ensovoorts is.

Bravoland het geen politieke affiliasie nie, maar deur die samewerking van alle burgers (van alle Afrikaner/Boere-organisasies en/of partye, moet Bravoland gesien word as u spreekbuis – waar u u vrese kan openbaar, u vrae en kwellinge kan verwoord, u siening mag uitlig en in die proses ook deur kundige kennis gehelp en/of gelei kan word.

Daarom dat Bravoland geskoei is vanuit 'n volkstaatkonsep. Die doel van die "kuber-volkstaat" is dan ook om u as burger aan te hoor.

Feite is dat die Afrikaner-kultuur, -geloof, taal en geskiedenis vandag onder ontsaglike druk is en dat dit stadig besig is om verlore te gaan. Hier in Bravoland sal daar pogings aangewend word om, deur kundige leiding en bestuur, juis ook hierdie kwessies aan te spreek en dan ook met daadwerklike optredes te poog om dit te implementeer.

Word deel van Bravoland. Kom deel u kennis en ervaring en help om ons volk weer op te bou.


Hierdie verskyn netso op Bravoland se "Facebook" blad!
Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #7 op: April 13, 2010, 07:00:40 PM »
Hier is die skakel van die inligting waarna Andre verwys :

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,4678.0.html

Dit verskyn ook net so op die Internasionale forums (die buitelanders hou baie van die vlag ).

Badenhorst

  • Gas
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #8 op: April 14, 2010, 06:54:15 AM »
Ek wag vir die goedkeuring en ondersteuning van die volksraad.

Ek onderneem om sodra goedkeuring toegestaan is my veldtog te begin met sms en epos uitsendings. Ek vra ook die steun van Radio Pretoria in hierdie verband.

Ek stel voor dat die SP ons boodskap sal uitsaai en van elke bravolander om hulle kontak lyste te gebruik om die sms en epos uit te stuur.

Ons kan dit doen as ons almal saam staan. Ons volk benodig leierskap kom ons gee dit vir hulle.

Badenhorst

  • Gas
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #9 op: April 14, 2010, 09:17:45 AM »
Ek het vanoggend 5 min voor sewe my laaste pos gestuur, dit is nou twee ure en 10min later.

Ek het geen antwoord van enige van die volksraad ontvang nie.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #10 op: April 14, 2010, 09:59:21 AM »
Badenhorst, ek wil net gou iets verduidelik rakende die Volksraad.

Die Volksraad bestaan uit gewone mense met werke. (Die meeste van ons werk nog vir base ook). Almal is nie elke dag aanlyn nie en dit kos ons om fisies elkeen te bel, sms (soos ek so pas gedoen het) of epos om hul aandag te trek dat daar 'n sekere besluit geneem moet word. So verstaan asb as jy nog nie 'n antwoord na 2 ure of selfs 5 ure het nie.

Ek ken die frustrasie van wag, ongelukkig is dit al wat ons kan doen, want geen Volksraadslid mag op sy eie 'n besluit neem nie.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #11 op: April 14, 2010, 10:19:39 AM »
Die Volksraad sal vanaand 'n spesiale sitting hou oor die aangeleentheid. Daar sal 'n antwoord more-oggend hier geplaas word.

By voorbaat dankie vir jou geduld.

groete
Christa
Moed Vryheid Eer

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #12 op: April 14, 2010, 11:09:19 AM »
WILCO ek sien nog geen brief van jou is geplaas op praag nie. Dis nou al twee wat ons wag voor.Lyk my ons het al kla boere sensuur of die folk mag net hoor wat n paar lede wil he hulle moet hoor.(tong in die kies).Laat my dink aan die rapport ens.
Sterkte. Ek hoop jy kom reg.
(Anders plaas dit op bravoland deur Viki.)
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Badenhorst

  • Gas
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #13 op: April 14, 2010, 11:46:56 AM »
Dankie Kleinbekkie

Ek wou net weet of my voorstel aandag kry vanaf die volksraad.

Ek wag dan tot more

Sanderis

  • Gas
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #14 op: April 14, 2010, 11:55:39 AM »
WILCO ek sien nog geen brief van jou is geplaas op praag nie. Dis nou al twee wat ons wag voor.Lyk my ons het al kla boere sensuur of die folk mag net hoor wat n paar lede wil he hulle moet hoor.(tong in die kies).Laat my dink aan die rapport ens.
Sterkte. Ek hoop jy kom reg.
(Anders plaas dit op bravoland deur Viki.)

Van Zyl , net 'n tikkie raad : die volkseie Net is wyer as Praag en Bravoland .

Sanderis

  • Gas
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #15 op: April 14, 2010, 12:09:55 PM »
Badenhorst , dat ek vir jou sê hoe voel ek as burger daaroor .
Optog , dit is 'n goeie idee of dit egter geslaagd gaan wees weet ek nie want uit ondervinding uit weet ek dat mense altyd eerder iets "belangriker" het as om 'n optog by te woon , behalwe vir dit bly nie alle Bravolandburgers in en om Pretoria nie , baie bly in die Kaap en Vrystaat . Verwag jy werklik hul moet in die moeilike ekonomiese tye spesiaal van so ver af kom om voor die Presidentskantore te gaan gatkruip ?
Onderhandeling : dit is nie nou die regte tyd nie aangesien daar nog nie 'n volwaardige Volksraad verkies of aangestel is nie , die volksraad van Bravoland is net dit , nié die volksraad van die volk nie - daar is 'n hemelsbreë verskil .
As daar nou op die vroë stadium onderhandel moet word sonder 'n volwaardige Volksraad kan dit toekomstige onderhandelinge skade berokken .
Persoonlik dink ek Zuma en sy kabinet sal in hulle moue lag vir die poging .

Badenhorst

  • Gas
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #16 op: April 14, 2010, 12:23:19 PM »
Sanderis
Met respek,
Die optog sal slegs geslaag wees as Die Volk die mosie waardig ag en ja die moeite doen om van die kaap, vrystaat en hele NSA saam te trek na die Unie gebou.
Gaan ons nog so bietjie praat of gaan jy langs my kom staan en uit een mond praat oor ons eie vryheid en onafhanklike gebied vanaf die NSA.
Jammer vriend maar ek is moeg gewag vir politiekuste wat net hulle eie welvaard wil bevoordeel en nie luister na wat die volk wil he nie. Ek is een van die volk en ek soek grond wat deur my volk beskerm word onder my volk se wette waar ek weet die veiligheid van my vrou en kinders le op die harte van my mede burgers.
Ek staan op wie staan saam met my op?

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #17 op: April 14, 2010, 12:25:30 PM »
Ek is daar
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Sanderis

  • Gas
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #18 op: April 14, 2010, 12:35:58 PM »
Badenhorst , ek staan ook vir wat jy staan maar nou is nie die gegewe oomblik nie .
Het jy al gehoor van die VVK en weet jy wat is die doelwit van die VVK ?
Ek herhaal myself , paar mense wat gaan optog hou en kruip vir 'n volkstaat het geen mandaat van die breë volk nie , dit sal die harde werk wat deur die VVK tot tans gedoen is onklaar maak .
Maar as jy optog wil gaan hou en gaan kruip voor Zuma , be my guest - moenie verwag dat ek daar sal wees nie want ek sal nie .
My gesonde verstand sê vir my , haastige hond verbrand sy mond .

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Oproep tot aksie
« Antwoord #19 op: April 14, 2010, 01:24:38 PM »
Ek wil Sanderis hier ondersteun.

Optogte het nog niks vir die Afrikaner bereik nie, vra maar vir Afriforum. Ons kan nie toi-toi nie en ons kan nie optogte hou nie. Dit is nie in ons om ablikke om te gooi en die wereld te bevuil en te bemors nie. Die oomblik as jy op hierdie vlak daal is jy in elk geval niks beter as hulle nie... Jammer, maar ek het werk om te doen, gaan nie 'n hele dag in die strate ronddwaal om dalk Zuma se oog te vang nie. Ons aksies moet baie beter strtegies beplan word. Daar is nou twee goed wat die Afrikaner moet doen. BID, DINK, BID, DINK, BID.... Deur gebed en harde werk en gesonde verstand is ons doelwitte haalbaar sonder bloed!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal