Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark  (Read 1914 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« op: April 21, 2010, 08:10:52 AM »
Ek het die volgende voëltjie hoor fluit, ek het ongelukkig nie meer inligting nie. Dit is op een van die komiteelede van die Geloftevolk Koördineringskomitee se Facebook. (Dis die komitee wat laasjaar by Vegkop verkies is.)

Vriende graag deel ek julle mee dat daar 'n Volksvergadering vir die 8ste tot die 10de Oktober 2010 beplan word te Nampo-park, naby Bothaville in die Vrystaat.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #1 op: April 21, 2010, 02:17:18 PM »
Ek hoop regtig die keer kom die mense in hulle massas!

Sien julle daar!

viki

  • Gas
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #2 op: April 21, 2010, 03:09:56 PM »
Ek is dringend opsoek na die GPS koordinate na die Verkenners se vergadering van vandag- Is reeds op die pad.

viki

  • Gas
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #3 op: April 21, 2010, 03:17:29 PM »
Of die straatadres met 'n nr en die voorstad sal ook baie help.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #4 op: April 21, 2010, 03:32:39 PM »
H/v Japonica en Ben Swart-strate, APK Moot, Pta
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

viki

  • Gas
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #5 op: April 21, 2010, 04:04:30 PM »
Die gps vat nie hoek van adresse nie. ek moet 'n straat nr hê.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #6 op: April 21, 2010, 04:11:03 PM »
Die gps vat nie hoek van adresse nie. ek moet 'n straat nr hê.


1214 Ben Swart St
Pretoria 0186
Ons Sal!!!

viki

  • Gas
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #7 op: April 21, 2010, 04:21:47 PM »
Baie dankie, Andrè

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #8 op: May 12, 2010, 02:27:58 PM »
Terug na die onderwerp:

Volksvergadering 8 - 10 Oktober 2010

Geagte Volksgenoot

Tydens die Volksvergadering van die Geloftevolk te Vegkop,
September 2009, is verskeie sake aan die GKK opgedra. U word versoek
om kennis te neem van die volgende en om asseblief u deelname te
verleen. Al die besluite is verkrygbaar by bostaande adres asook by
www.volksvergadering.co.za

Volkskommunikasie

In die nastrewing van Volksvryheid is dit noodsaaklik dat volksgenote
onbelemmerd gesprek moet kan voer en aktuele inligting moet kan
bekom. Tans is daar weinig openbare media wat die vryheidspad saam
met die Geloftevolk wil stap. Die internet vul daardie leemte en maak dit moontlik dat ons direk met mekaar kan kommunikeer.
Maak asseblief u bydrae deur u e-pos adres, asook dié van mede
volksgenote te voeg by die Volksdata:
http://www.volksvergadering.co.za
Klik op “Komitee”
Klik op “Versoek om inligting te ontvang” Vul inligting in;
Klik op “Stuur versoek”.
U kan ook u telefoon en/of selfoon nommer, asook u posadres stuur aan Phillip Groenenstein by 083 334 1547 of vrkomitee@gmail.com

Volksvergadering 2010

Die volgende Volksvergadering van die Geloftevolk sal DV plaasvind
gedurende 8 – 10 Oktober 2010 te Nampo Park naby Bothaville –
GPS S 27°13'936" O 26°39'958".

Voorstelle, of versoeke tot ‘n spreekbeurt kan aan Frikkie Strauss
gestuur word by vvr@xsinet.co.za vóór 1 Augustus 2010. Die program
en sakelys sal later bekend gemaak word.

Bybelse Beginsels

Die Geloftevolk se begeerte is om in ‘n toekomstige Volks-huishouding
ons Hemelse Vader ter getuienis van Sy onuitspreeklike Grootheid,
Almag en Genade te eer en te dien.

‘n Komitee is getaak om die funksionering van ‘n Teokratiese
Volkshuishouding te ondersoek en by ‘n volgende Volksvergadering ter
tafel te lê. Indien u enige bydrae in hierdie opsig kan maak kontak
asseblief Dr. Jann Schlebusch by 051-5750710, of 0729593214 of
epos: jann.schlebusch@gmail.com

Volksverootmoediging

Ter uitvoering van die opdrag van die Volksvergadering dat die Volk tot
verootmoediging begelei moet word, is die GKK ook berokke by ‘n
Onafhanklike Reëlingskomitee wat intussen saamgestel is uit bekende
volksaksies wat verootmoediging nastreef. Daar word ‘n beroep gedoen
op volksgenote om mee te doen aan ‘n gebedsaksie om daagliks om
05h00 spesiaal te bid dat ons as volk tot verootmoediging sal kom.
Gesamentlike geleendhede ter verootmoediging word beplan vir 10
Oktober en 16 Desember 2010. Elke gesin word versoek om die
volksgeloftes opnuut ter harte te neem, en die gesinsaltaar in stand te
hou deur die volgende opdrag te gehoorsaam:
Deut.6:6-7 “En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in
jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.”
Vir verdere besonderhede kontak die sekretaris Pieter Bothma by
083 542 9993, phb@joba.co.za of besoek www.bidsaam.co.za

Befondsing

Die vrywordingsproses verg aansienlike finansiële insette. Bydraes sal
opreg waardeer word. Verskaf asseblief u kontakbesonderhede sodat
dank aan u betuig kan word.

Bankbesonderhede is soos volg:
Naam van rekening: Geloftevolk Koördinerings Komitee;
Absa Bank; Tak: Vanderbijlpark; Takkode: 632005;
Spaarrekening nommer: 92 3938 7030.
Skakel Gerhard Smith by 082 952 9228 of jjgsmith@mweb.co.za

Groete
Dr. Ronnie van der Merwe; Voorsitter GKK, cvofraser02@telkomsa.net
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #9 op: May 13, 2010, 08:23:23 AM »
Volksvergadering? Mmmmm. Moet dit nie eerder "Vergadering van volksgenote" heet nie?

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #10 op: May 13, 2010, 01:51:14 PM »
Volksvergadering? Mmmmm. Moet dit nie eerder "Vergadering van volksgenote" heet nie?

SP, jy kan jou vrae direk aan die GKK rig.

Verlede jaar was 'n groot sukses en ek gaan beslis weer hierdie jaar. Dis tyd dat ons kleinlikhede uitskakel, die tyd is te min. Almal wat hulself deel ag van die volk, is welkom om die Volksvergadering by te woon.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Andre

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 419
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #11 op: May 15, 2010, 09:52:30 PM »
Indien dir organiseerders van die vergadering hier lees, wil ek graag voorstel dat die vergadering na afloop van die jaarlikse oesdag te Nampo-park plaasvind.
Die blootstelling sal soveel groter wees.
Daar is ook heelparty ander faktore wat die gedagtegang van die deursnee boer beinvloed, die yster moet gesmee word terwyl hy warm is.
En hoor jy die magtige dreuning...

Afwesig RiaanvS

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 63
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #12 op: May 16, 2010, 10:16:37 PM »
Ja, dit sal seker werk as daardie vergadering van volksgenote se Volksvergadering direk na afloop van NAMPO is, maar dan eers volgende jaar.  Dinsdag begin ons NAMPO pleeg hier in die Mieliehoofstad!  Ek verstaan net nie hoekom dit NAMPO-Oesdag is nie, want dit is die hele week!  Het dit aanvanklik begin as 'n gebeurtenis wat net op een dag plaasgevind het? 

Terloops, ek is nou terug van vakansie af (was by die see).  Sal die week dalk effe stil wees, NAMPO is so groot, selfs die skole is toe vir die week!  Dis maar my tweede een as inwonder van Bothaville, en ek sien baie uit daarna, al gaan ek werk die jaar.

Sterkte!
"Die land is nie meer myne nie; my volk is doodgestry" - C Louis Leipoldt

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #13 op: October 15, 2010, 12:13:04 PM »
Ditsem Vrystaat berig:

GKK-byeenkoms te Nampo "teleurstellend"


Van diegene wat die byeenkoms van die Geloftevolk Koördineringskomitee (GKK) die naweek van 8-10 Oktober 2010 te Nampo Oesdagterrein naby Bothaville bygewoon het, het teleurstelling uitgespreek oor die resultaat - swak bywoning en prominensie van die sg. Israelvisie-aanhangers. Laasgenoemde het tipiese onverdraagsaamheid getoon, terwyl Christelike kerkgenootskappe skerp aangeval is. Dit het klaarblyklik soveel andersdenkende belangstellendes afgesit dat die toekoms van die GKK-aksie in geheel bevraagteken word.


http://www.ditsem.net/ditsemblitskomm.php?id=466
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #14 op: October 15, 2010, 12:21:57 PM »
Ja , die groot verdeelaar ; geloof .
Ek is van mening solank geloof toegelaat word by 'n volksvergadering sal daar nie enigsins vordering gemaak word nie .
Ek meen , is daar nie belangriker goed om te bespreek op 'n volksvergadering nie ?!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #15 op: October 20, 2010, 04:04:39 AM »
Die Protestantse geloof - of te wel Calvinisme - is die hart van ons rigsnoer oor hoe die Bybel verstaan word - en as dit wat saam met Hugenoot en Geus na hierdie land gebring is, verwerp word, dan sal dit gaan soos wat by die vergadering gegaan het - want soder eendragtigheid in die geloof, kom niks tot sy reg nie.
Kennis is mag

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #16 op: October 24, 2010, 09:03:25 PM »
Toe ek verlede jaar verneem het wie op die bestuur gaan dien, het ek alreeds probleme voorsien. Die Israelvisie het arrogante onverdraagsaamheid teen veral ons Protestante. Ek dink as daar miskien eendag 'n Volkstaat ontstaan, sal dit maar soos Abraham en Lot gehanteer moet word. Hierdie is twee groepe, met dieselfde Volksywer, wat glad nie saam hoort nie.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #17 op: October 25, 2010, 09:16:02 AM »
Ek het die eerste keer van Iv hier in Bravoland gehoor , was toe nog ietwat vreemd vir my . Na paar jaar se swerwinge op die Net dink ek kan ek insien waaroor dit gaan .
Wat ek nog nie lekker kan aanvaar nie is hoekom noem meestal Iv hulself Boere ?
Wel elkeen is seker geregtig op sy eie geloofsoortuiging maar ek twyfel sterk of die Boere van ouds Iv was . Miskien was hulle , ek weet nie .
Wat ek wel weet soos dit vir my lyk gaan 'n volkstaat nie voldoende wees nie , dink eerder aan volkstate en volksrade en volke .
So om 'n volk te smelt is nie meer die doelwit nie , as die volk eerder as volke wil bestaan ; goed en wel maar dan sal die verskillende volkseie volke as 'n nasie gesmelt moet word .

Sanderis

  • Gas
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #18 op: October 25, 2010, 10:23:43 AM »
Geagte Volksgenoot,

Hiermee die besluite van die Volksvergadering gehou te Nampo Park Bothaville, 8 – 10 Oktober 2010.

Indien u uself daarmee kan vereenselwig wil ons u versoek om die kennisgewing verder te versprei. 

Ons is ook tans besig om 'n landswye poging aan te wend om ons adreslys verder uit te brei. Sou dit u geval is u welkom om ons webwerf te besoek by www.volksvergadering.co.za en die e-pos adresse van kennise, wat u dink ook moontlik belang sal stel om korrespondensie vanaf ons te ontvang, daar te registreer.

Ons respekteer egter volksgenote se reg op privaatheid en indien u nie ons inligtingsmateriaal wil ontvang nie, kan u vir ons laat weet en ons sal u naam van ons adreslys verwyder.

Dankie

Geloftevolk Koördineringskomitee

Pdf dokument :  http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/3e648410497f3f95

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Volksvergadering 8 - 10 Oktober te Nampopark
« Antwoord #19 op: October 25, 2010, 10:59:28 AM »
Toe ek verlede jaar verneem het wie op die bestuur gaan dien, het ek alreeds probleme voorsien. Die Israelvisie het arrogante onverdraagsaamheid teen veral ons Protestante. Ek dink as daar miskien eendag 'n Volkstaat ontstaan, sal dit maar soos Abraham en Lot gehanteer moet word. Hierdie is twee groepe, met dieselfde Volksywer, wat glad nie saam hoort nie.

Baie goed gestel KB. Terwyl ek hierdie groepering as volksgenote eien, kan ek nie sien hoe ons en hulle bloot net saamgevoeg kan word ter wille van volkseenheid nie. Daar waar ons Skrifbeskouïngs baie teensrtydig is, sal daar altyd koppe gestamp word (wat meer kwaad kan doen as goed). In beginsel is ek wel meer as bereid om met hulle saam te werk om 'n gemeenskaplike vyand die stryd aan te sê. Tog spyt hulle alewige aanvalle op ons kerke (selfs op behoudende kerke soos die AP Kerk) my en wonder ek hoe haalbaar konstruktiewe samewerking werklik is, sonder dat die IV-aanhangers die poging sal ontspoor deur 'n debat oor godsdiens te ontketen.

Sanderis jy is reg, die IV verteenwordig nie die Boer se tradisionele Skrifbeskouïng nie. Soos om Clem dit stel, Geus en Hugenoot het ons Skrifbeskouïng hierheen gebring en ons is hulle nageslag.

Groete


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal