Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Help a.s.b. met inligting i.s. veiligheids situasie in Vryburg omgewing.  (Read 1136 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Skipkop

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 10
  • Oorwinning is in Christus
Kan iemand my a.s.b. inlig oor die veiligheids situasie in die Vryburg, Tosca, Pomfret omgewing. Ons doen Christelike Dwelm Rehabilitasie en is 'n plaas in daardie omgewing gratis aangebied vir ons werk. Daar word hoofsaaklik met Jeugdige Afhanklikes gewerk op 'n langtermyn basis. 6mnde tot 12mnde.

Ons sal die aanbod van die hand moet wys as dit 'n sekuriteits gevaar vir die jeug inhou.

Ek sal dit waardeer as julle my oor hierdie aspek kan inlig en van raad voorsien rakende dit.
'n Volk se sterkte word gemeet aan sy gehoorsaamheid aan die Woord van God !

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Help a.s.b. met inligting i.s. veiligheids situasie in Vryburg omgewing.
« Antwoord #1 op: April 23, 2010, 01:33:46 PM »
Ek het familie wat daar woon - o.m. op 'n plaas. Sover ek weet, was daar nog geen plaasaanvalle nie. Die misdaad-statistiek sal dit seker kan bevestig. Ek stuur vir jou my swaer se telefoonnommer per persoonlike boodskap.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Help a.s.b. met inligting i.s. veiligheids situasie in Vryburg omgewing.
« Antwoord #2 op: April 24, 2010, 05:12:05 AM »
Kyk na die draad :
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,2834.msg42642.html#msg42642

Soos jy kan sien het van dit weg geraak , dit behoort egter nog iewers op my blog  http://onsstem.blogspot.com  te wees en ook het ek nog die fotos iewers .
Ek dink egter dit is relatief veiliger daar as Noord Transvaal , vra jouself af , waar is dit werklik nog veilig vandag ?

Sanderis

  • Gas
Re: Help a.s.b. met inligting i.s. veiligheids situasie in Vryburg omgewing.
« Antwoord #3 op: April 24, 2010, 05:28:04 AM »
Aanhaling

---------- Forwarded message ----------
From: Sanderis Maartens <smaartens@gmail.com>
Date: Tue, 4 Mar 2008 22:22:53 +0200
Subject: Aanval Vryburg


Bejaarde vrou wreed aangerand op plaas
henry cloete

'n BEJAARDE vrou is op 'n plaas buite Vryburg, waar sy saam met haar
dogter en skoonseun woon, ernstig aangerand, vermoedelik deur 'n
voormalige werknemer van haar skoonseun.

Mev. Anna Viljoen (86) sterk aan in die Bloemfontein-Medi-Clinic, waar
sy aan verskeie apparate gekoppel is. Volgens mev. Amanda Appelgryn,
hospitaalwoordvoerder, is sy in 'n kritieke toestand, het verskeie
erge kneusplekke en lyk dit of sy gewurg en op haar keel geslaan is.

Haar knie is ook gebreek en sy het meswonde aan haar lyf.
Mnr. H.P. van Tonder, Viljoen se skoonseun, sê die voorval was vir hom
en sy vrou, Suzette, " 'n helse skok".

" 'n Mens kan nie dink dat enigiemand dit aan 'n ou vrou sal doen nie.
Die huishulp het my gebel en gesê ons moet die matte, die matras en
die gordyne in die kamer waar my skoonma gebly het, weggooi – dit is
heeltemal vol bloed."

Hy en sy vrou het Saterdagoggend na Hartenbos vertrek en later die
middag 'n oproep gekry van 'n voorman op die plaas wat net sê "daar is
groot moeilikheid".

"Iemand het Saterdagmiddag halfvyf by die huis langs gegaan en vir my
laat weet alles lyk reg. Kwart oor vyf het die volgende oproep gekom."

Hy sê die huishulp wat saam met sy skoonma in die kamer woon en na
haar omsien, het die middag saam met haar man winkel toe gegaan. Toe
hulle terugkom, het die huishulp onraad vermoed toe sy kos ruik wat
brand.

"Die man het blykbaar vir homself hoendervlerkies uit die yskas gehaal
en op die gasstoof begin gaarmaak. My skoonma kon nog min praat en was
baie gedisoriënteerd, maar het gesê hy het die kluis se sleutel geëis.
Toe hy dit nie kon kry nie, het hy die huis begin omkeer."

Van Tonder sê die huishulp en ander werkers het die huis binnegegaan.
Kort daarna het die man uit 'n hangkas gespring, by 'n venster
uitgeglip en gevlug.

"Hulle en ander lede van die boeregemeenskap het die ou gejaag, maar
hy het weggekom."
Hulle het die man herken as iemand wat sowat ses jaar gelede vir Van
Tonder gewerk en onlangs weer tydelik by hulle begin het.

"Ons het nou eers by die polisie gehoor dat hy Vrydag in die hof op
Vryburg moes verskyn in verband met 'n ander geval van huisbraak en
verkragting.

"Ons weet nie hoe hy by die huis ingekom het nie. Maar hy het in 'n
stadium die hoof-kragskakelaar afgesit."

Van Tonder en sy vrou het gister by die Bloemfonteinse Medi-Clinic
aangekom nadat hulle seun, HP, sy ouma intussen bygestaan het.

In die wagkamer het Van Tonder bewoë, magteloos en woedend voorgekom.

"Jy weet, sy is só 'n sterk mens. En elke Sondag het sy voor ete saam
met my 'n drankie gedrink.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

MEV. ANNA VILJOEN (86) in die Bloemfontein-Medi-Clinic se
intensiewesorgeenheid.Foto: charlé lombard


Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: Help a.s.b. met inligting i.s. veiligheids situasie in Vryburg omgewing.
« Antwoord #4 op: April 24, 2010, 12:10:50 PM »
...Ek dink egter dit is relatief veiliger daar as Noord Transvaal , vra jouself af , waar is dit werklik nog veilig vandag ?
Presies. Die Wes Transvaal is egter meer veilig as baie ander plekke in die land, veral in die stede. Aangesien dit met dwelmverslaafdes te doen het, moet 'n mens seker maar 'n plek kry waar die junkies nie dwelms kan kry nie.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal