Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Geselsies rondom VVK  (Read 11155 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Geselsies rondom VVK
« op: May 06, 2010, 12:31:31 PM »
1. Jammer Boerseun, het nie probeer om jou draad te ontwrig nie.

2. Die gedagte is nie om kritiek te lewer op die VVK nie, maar eerder om gedagtes te wissel oor persoonlike opinies rakende die hele Volksraad en verwante sake. Hierdie forum het dit al oor en oor bewys dat ons op 'n redelike wyse met mekaar kan gesels, bymekaar leer en selfs met tye van opinie kan verskil sonder om negatief te raak oor die saak.

3. Die amptelike standpunte van enige organisasie word met respek hanteer, maar daar is tog 'n individuele opinies oor hierdie standpunte. Om hierdie rede het ek die vraag aan die mense op hierdie forum gestel. Ek probeer nie stry met die amptelike standpunte van die VVK nie, ek probeer uitvind hoe mense die proses sien, wat hulle verwagtinge gaan wees, wat hulle dalk bekommerd maak.

4. Die VVK is tans besig met hulle werkinge en ons almal ondersteun hierdie aksie, die gesprekke wat ons hier het is sommer net gedagtes uitruil oor hoe ons die dinge interpreteer. Dit is nie om die werking van die VVK af te breek of te belas nie.

Met dit alles in ag geneem wil ek weer die vraag vra:

Gaan elke leier met sy eie beleid of "volksideaal" die verkiesing betree? Of word die ideaal deur die volk geskep en aan die verkose leier oorgedra?

Indien hierdie ideaal-(beleid) verskil met 'n reeds bestaande Afrikaner organisasie, gaan die beleid bindend wees? BYvoorbeeld- kom ons gestel die leier is 'n voorstaander van verset binne Suid Afrika en nie 'n Volkstaat nie, Moet verenigings wat vir 'n Volkstaat veg, dan hierby berus?

Weereens- Hierdie is nie kritiek op die VVK nie, dit is net om gedagtes uit te ruil oor hoe individue op hierdie forum dit interpreteer.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #1 op: May 06, 2010, 01:12:21 PM »
Ek mag verkeerd wees, maar ek dink die organisasies wat aan die Afrikanerfront behoort is basies die organisasies wat die VVK ondersteun. As dit so sou kom dat die Volksraadslede vanuit hierdie spesifieke AF organisasies kom, dan het ons nie 'n probleem met betrekking tot beleid nie.

Ek dink ook nie iemand wat in die huidige bestel wil bly sal noodwendig belangstel in die VVK se poging nie.

Dit is nou maar wat ek dink  :P
Moed Vryheid Eer

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #2 op: May 06, 2010, 01:27:41 PM »
Elke persoon het sy eie idees en hy sluit by die organisasies aan waarmee hy kan vereenselwig.

Dit is dan ook onmoontlik om enige individu van sy eie idees en vooroordele te skei - dis sy bagasie wat hy na die tafel bring.

Dit moet ook in gedagte gehou word dat 'n Volksraad gekies word met die uitsluitlike doel om namens die volk vir vryheid te stry. Dis soos ek die mandaat verstaan.

Die Volksraad sal dan self 'n beleid moet saamstel oor hoe, waar en wanneer - sommige sal HNP-beleid, ander sal Verkennerbeleid en 'n ander sal dalk Orania-beleid propageer - hierdie verskillende sienings is dan ook juis 'n weerspieëling van die volk se sienings.

Die Volksraad sal dan getaak wees om nie net 'n teoreties mooi beleid uit die verskillende opinies te formuleer nie, maar sal ook seker moet maak dat dit prakties uitvoerbaar is.

Daar sal dan van die Volksraad verwag word om die nodige leiding aan die volk te gee. Om elke kontroversiële kwessie na die volk terug te verwys, is belaglik - waarom dan 'n volksraad kies?

Dit is daarom van kardinale belang dat jy 'n verteenwoordiger kies met wie se beleidstandpunte jy saamstem en wie jy vertrou gesonde oordeel sal hê. Hulle word dan ook nie verniet leiers genoem nie.

As jy niemand ken wat voorgestel is nie, maar eerder vir Piet Poggenpoel daar wil sien - nomineer hom en kry sekondante! 

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #3 op: May 06, 2010, 01:39:26 PM »
Is daar planne oor hoe om die uitvoering van hierdie beleid van die Volksraad te finansier?

Gaan daar 'n tipe belasting of donasie sisteem geskep word?

Leiers sal ook moet vergoed word vir hulle werk. Ek weet van baie mense wat uitstekende leiers sal wees, maar hulle finansies laat hulle nie toe om al die kostes te dra nie.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #4 op: May 06, 2010, 01:57:52 PM »
Is daar planne oor hoe om die uitvoering van hierdie beleid van die Volksraad te finansier?

Gaan daar 'n tipe belasting of donasie sisteem geskep word?

Leiers sal ook moet vergoed word vir hulle werk. Ek weet van baie mense wat uitstekende leiers sal wees, maar hulle finansies laat hulle nie toe om al die kostes te dra nie.

Goeie vrae, vannermerwe - kan jy die VVK vra terugrapporteer?

Dalk moet die VVK ledegelde hef...

Ek sal aanvoer dat slegs die leiers se uitgawes gedek moet word.

Na my mening is die SA Perlement, en nie die Volksraad nie, die tuiste vir beroepspolitici.


Afwesig Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 206
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #5 op: May 07, 2010, 07:56:31 AM »
Daar kan debiet order vorms afgelaai word van die webwerf. Dit is hoofsaaklik op hierdie stadium om die verkiesing te finansier...... Ons het volgens die web omtrent R5m nodig om die verkiesing te hou. Ek is egter seker dat daardie debiet orders of skenkings steeds in bedryf sal bly na die verkiesing om dit bedryfs kostes te dra. Dit is egter van kardinale belang dat ons debiet orders NOU moet teken sodat ons hierdie fondse kan in.
Die van julle wat nog nie ten minste 'n debiet order geteken het nie, moet ons asb dadelik hiermee help.

Boeregroete
Vir GOD en Volk en Vaderland

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #6 op: May 07, 2010, 08:22:08 AM »
Hou nou op om die draad te ontspoor met amptelike standpunte...  ;D ;D ;D

Ek spot net- Jy kan maar op die draad gesels oor al die dinge van die VVK sonder dat iemand met jou gaan raas- nie soos ander drade nie    ;D ;D ;D

Die aftrek orders- Ek neem aan dit gaan vir die finansiering van die VVK. Staan die VVK onafhanklik ten opsigte van die Volksraad? Dit sou beteken dat die Volksraad hulle eie finansiering moet reel, of Finansier die VVK die Volksraad?

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #7 op: May 07, 2010, 09:04:39 AM »
Vannermerwe, het jy al hierdie vrae aan die VVK gestel? Indien wel - Wat was hulle terugvoer, plaas dit ook sommer hier. Indien nie - waarom nie?

Ek stel voor jy doen dit asseblief.

Tot op hede het jy my nie getref as iemand wat opreg na antwoorde soek nie, maar eerder as iemand wat self baie skepties teenoor die VVK-gedagte staan en daarom aanhoudend hier vrae vra - nie om antwoorde te kry nie, maar om ander lesers ook skepties te maak of agterdog te wek.

As jy werklik antwoorde gesoek het, sou jy self die VVK gekontak het.

Dit is my eie afleiding en ek gee toe ek kan verkeerd wees, maar dit is maar die indrukke wat jy op my gelaat het.

Sterkte met jou klubs...

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #8 op: May 07, 2010, 10:37:38 AM »
Boo.

Enige plan of teorie kan getoets word aan (a) die amptelike stelling en (b) die interpretasie van daardie stelling deur gewone mense. 

Apartheid was as teorie een van die briljantste politieke sisteme gewees, maar by die uitvoering daarvan het daar praktiese komplikasies ontstaan. Net so betwyfel ek nie die amptelike doelwitte en werkinge van die VVK nie, maar eerder hoe die individu dit verstaan. Hierdie terugvoer wys of die individu verstaan wat gaan aan.

'n Skrywe soos joune laat my dink of jy ken nie self die antwoorde nie of jy ken die antwoorde, maar stel nie belang om met my te deel nie.

"Dit is my eie afleiding en ek gee toe ek kan verkeerd wees, maar dit is maar die indrukke wat jy op my laat:" Dat jy nog nie verder as die verkiesing gedink het nie of dat jy nie hou daarvan as mense die konsep toets nie.

Om die konsep te toets, maak jy dit net sterker. Indien jy oortuig was dat ek skepties staan teenoor die VVK het jy die geleentheid gehad om my houding daarteen te probeer verander, maar jy kies eerder om my te beskuldig van iets waaraan ek geen aandeel het nie! (Moenie jou tyd mors nie, ek is nie skepties nie) Die punt is net dat op soveel forums is mense geneig om dadelik die slegste van 'n mede-Afrikaner te dink. Geluk jy het sopas deel geword van daardie "Wantrouerige groepie". 

Ek is op soek na opregte antwoorde. Hier is skrywers op hierdie forum wat my al ongelooflike, volledige en beskaafde antwoorde gegee het. Daarvoor is ek baie dankbaar. Dan is daar ander wat van die begin af net eenvoudig iets gesoek het om my op te kap. Lekker Afrikaner gasvryheid?

Ek het nog nie die VVK gepla met al my vrae nie omrede
1. Hulle besig is om kiesers te registreer en ek is nie lus om hulle te pla nie.
2. Dit nie hulle werk is om die beleid te bapaal nie, hulle is werksaam om die verkiesing te reel. Die Volksraad sal verantwoordelik wees op watter wyse ookal om die beleid te bepaal.
3. Hulle klaar sukkel om fondse bymekaar te maak- en dus moet die las om die Volksraad te finansier nie op hulle skouers val nie.
4. En dit is die belangrikste- Ek wil weet wat die gewone Afrikaners se opinie is in verband met hierdie aangeleentheid.

Die enigste manier om die VVK effektief te bemark is om hierdie vrae te kan antwoord. Mense wil weet waarvoor hulle stem, hoe gaan dit werk na die stemmery en dies meer. In alle eerlikehid dink ek dit is onregverdig dat die VVK hom moet uitspreek hieroor- Indien hulle sou, neem hulle die werk van die Volksraad oor en nie die Verkiesings kommisie nie. Ek sien die VVK se werk as bloot om die verkiesing daar te stel. Die Volksraad sal beleid bepaal en finansiering moet reel. DUS, kan ons nou slegs bespiegel oor die presiese formaat

nie waar nie?

EK wil dit weereens baie duidelik stel dat ek geensins jou aantuigings oor my waardeer nie. As jy dit betwyfel kan jy maar net 'n dag hier kom kuier en vir jouself sien. 

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #9 op: May 07, 2010, 11:15:46 AM »
Vannermerwe,

Ek verstaan dat jy nie my antwoord waardeer nie, ek het maar net beleefd my indrukke deurgegee, om hopelik ook vir jou as spieël te dien, sodat jy kan besef dat jou skrywes ook op 'n spesiefieke manier ervaar kan word (wat tot onredelike gevolgtrekkings kan lei).

So rukkie gelede het jy ook verskriklik oor SP se Miway persverklaring tekere gegaan... aangesien ek jou nie persoonlik ken nie, laat so iets 'n indruk op mens en kan verkeerde afleidings gemaak word.

Ek het nog op al jou poste beleefd gereageer en hierdie was die eerste soort van vingerwysing van my kant af - en dit was steeds beleefd.

Ek gee toe, ek ken nie al die antwoorde nie - ek is ook nie 'n registrasiebeampte nie, maar ek het dalk nie al die vrae wat jy het nie en vertrou die proses dalk makliker (ek is dalk naïef).

Soos wat Boerseun vroeër geskryf het - om debatte te spaar kan al hierdie vrae (wat goeie vrae is) aan die VVK gerig word - hulle moedig dit ook aan.

Ek kon maar net nie help om te wonder waarom jy vraag na vraag op al wat 'n VVK draad is kom neersit, sonder om die moeite te doen om self met die VVK te gesels nie.

Groetnis

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #10 op: May 07, 2010, 11:23:36 AM »
Die VVK het ook 'n vraag en antwoord boekie wat al die mees algemene vrae beantwoord
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Sanderis

  • Gas
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #11 op: May 07, 2010, 12:11:33 PM »
Vannermerwe , hier is die skakel vir die vrae & antwoorde waarvan Ruan praat :
http://www.vvk.co.za/33519/33561.html

Ek het Chantal (skakelbeampte) se aandag gevestig op dié  draad per epos , moontlik antwoord sy of hier of per epos , wat ek dan sal bring .

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #12 op: May 07, 2010, 12:18:38 PM »
Vannermerwe , hier is die skakel vir die vrae & antwoorde waarvan Ruan praat :
http://www.vvk.co.za/33519/33561.html

Ek het Chantal (skakelbeampte) se aandag gevestig op dié  draad per epos , moontlik antwoord sy of hier of per epos , wat ek dan sal bring .


Dankie Sanderis, jy is 'n yster.


As Mohammed nie na die berg toe wil gaan nie, moet die berg maar na Mohammed toe.

Afwesig Chantal

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 8
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #13 op: May 07, 2010, 01:37:56 PM »
Goed Sanderis, hier is ek nou, enige vrae wat ek kan beantwoord vir julle omtrent die VVK?

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #14 op: May 07, 2010, 02:40:09 PM »
Chantal,
Kan jy dalk vir ons meer inligting gee oor die volgende:

“Antwoord: Die volk moet vir hom verteenwoordigers verkies deur sy eie vry, regverdige en demokratiese verkiesing te hou. Die verkiesing moet plaasvind op die basis dat hierdie verkose verteenwoordigers ‘n opdrag of “mandaat” van die volk ontvang om sy reg op selfbeskikking op te eis.”

-Gaan die leiers hulle eie mandate of beleid stel as deel van hulle “verkiesingsveldtog”? Wat ek hiermee bedoel is hoe gaan ons weet vir wie om te stem as hulle nie hulle eie standpunte het nie? Hoe onderskei ons tussen genomineerdes as hulle in elk geval die volk se mandaat moet navolg?

“Die naam van die genomineerde word dan deur die Kommissie op die Lys van Kandidate ingeskryf. Kandidate kan uiteraard by ander organisasies betrokke wees, maar sal uitsluitlik in individuele hoedanigheid aan die verkiesing deelneem. Die nominasie van kandidate sal minstens 2 maande voor stemdag sluit; dus weereens – hoe gouer volksgenote ‘n kandidaat of kandidate van hulle keuse genomineer kry, hoe beter.”

- Gestel ’n leier van ’n bestaande organisasie word op die Volksraad genomineer- Mag hy nog as leier van sy eie organisasie voortgaan? Wat gebeur as die individu se organisasie se beleid wel effens verskil van die van die Volksraad soos deur die volksmandaat voorgeskryf?

“Antwoord: Die verkose Volksraad beskik nou oor ‘n mandaat om die volk se reg op selfbeskikking op te eis en die praktiese implementering daarvan te beding. So gou moontlik nadat dit verkies is, eis die Volksraad namens die volk dus van die Suid-Afrikaanse Regering ‘n bevestiging dat laasgenoemde in beginsel bereid is om praktiese beslag aan ons reg op selfregering te gee in ‘n gebied (wat voorlopig nie omskryf hoef te word nie) ooreenkomstig die Grondwet van Suid-Afrika, deur ‘n proses van onderhandelde skikking.”

-Hoe los ons ’n dooie punt op indien die volk nie kan ooreenkom oor watter gebied ons as volk wil bekom nie? Is daar ’n maatreël in plek om so besluit oor te dra aan die Volksraad? Indien wel wat is die kriteria om die geskil op te los?

-Ek het nie enige antwoorde gekry oor die befondsing van die Volksraad self nie- Soos ek dit verstaan is die VVK onafhanklik en is julle werk net om die verkiesing te hou. Wat is die gedagtes rondom die finansiering van die Volksraad? Gaan lede van die Volksraad finansieel ondersteun word?

-Kan jy dalk vir ons ’n aanduiding gee van hoeveel mense al geregistreer het?

Dankie vir al jou moeite. Ek sal die inligting opreg waardeer.

Groete en sterkte met julle werk!   

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #15 op: May 07, 2010, 02:59:00 PM »
Vannermerwe, ek kry ook die indruk dat die gesprek tans nog nie handel oor wat na die verkiesing gebeur nie. As ek reg verstaan, gaan die volksraad slegs 'n mandaat hê om selfbeskikking te verkry en niks anders nie. Daarom is ek van mening dat die Afrikanerfront die kar voor die perde inspan as hulle direktorate op die been bring.

Mens lees en hoor ook die terme volk, volkstaat en vryheid gereeld - sonder dat dit verder omskryf word. Elkeen van hierdie terme kan verskillende betekenisse hê en mens moet na leidrade tussen die lyne soek om agter te kom wat bedoel word. Dit klink of baie meen dat die jare voor 1994 'n volksparadys was en dat alles mooi en goed was - en dit is nie waar nie. Dit was eintlik 'n diktatuur deur 'n elite groep, daar was heelwat korrupsie (onder die tafel), natuurlik die baantjies vir boeties en nog baie meer. Dit was nie 'n Afrikanerstaat nie, dit was 'n blanke staat wat deur 'n Afrikaner elite oorheers is. Wil ons dit weer dit hê in 'n volkstaat?

Vir my is die volksverkiesing nie 'n herstel van voor 1994 nie, dit is 'n herstel van voor 1899. Ek sal graag wil hê die grondwet van die Vrystaatse Republiek moet aanvaar word as grondwet vir die te stigte volkstaat. Destyds was daar nie politieke partye nie en was die volksraad direk verantwoordbaar aan die volk. Dit is die voordeel van die VVK - geen politieke partye nie. Die groot gevaar wat ek sien is dat een of ander kliek mag probeer om die verkiesing vir hulleself te kaap.

As jy van hoogs bekwame leiers weet wat jy wil nomineer, doen so. Wat sy onkoste betref, is ek seker daar kan 'n stelsel van vrywillige skenkings wees (veral as ons kan sien dit is die regte persoon) om daarmee te help.

Ons Afrikaners weet nie veel van die reëls van debatvoering nie, ek dink ook die meeste is te lui om hulle eie navorsing te doen. Wanneer 'n vraag gevra word waarop iemand nie die antwoord ken nie, is die reaksie aggressie en persoonlike aanvalle. Dit geld ook wanneer iemand "buite die boks" dink - die meeste mense herhaal net wat iemand anders gesê het en soek gevolglik 'n leier wat vir hulle kan sê wat om te dink. Ons moet maar geduldig wees met die onvermoë van ons mense.

Nogtans vind ek ook die snedige aanmerkings, die persoonlike aanvalle, die kritiek op ander groepe en leiers onsmaaklik. Ek merk ook dat vele van die wat so optree jonk is en moet mens seker maar die onbeleefdheid toeskryf aan onervarendheid en voortvarendheid.
Wat onverskoonbaar is die neiging om ander te veroordeel sonder dat moeite gedoen is om die waarheid vas te stel.

 

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #16 op: May 07, 2010, 04:10:06 PM »

Vir my is die volksverkiesing nie 'n herstel van voor 1994 nie, dit is 'n herstel van voor 1899. Ek sal graag wil hê die grondwet van die Vrystaatse Republiek moet aanvaar word as grondwet vir die te stigte volkstaat. Destyds was daar nie politieke partye nie en was die volksraad direk verantwoordbaar aan die volk. Dit is die voordeel van die VVK - geen politieke partye nie. Die groot gevaar wat ek sien is dat een of ander kliek mag probeer om die verkiesing vir hulleself te kaap.

Wilco ek het die (kliek) probleem wat jy hier bespreek sien kom. As jy nou gaan kyk wie al as kandidate genomineer is dan kan ek amper al vir jou se wie die ander kandidate en die voorsitter gaan wees.

Ek weet nie hoe waar dit is dat die mense wat genoem is kandidate gaan wees nie maar kom ons neem aan hulle is. Hier gaan onbekende mense en onervare mense gekies word sou die verkiesing realiseer, maar dit sal die verkiesing eintlik 'n grap maak. 

Ek is geregistreer maar as dit is hoe hulle die verkiesing wil organiseer sal ek nie stem nie. Mense wat eintlik op so 'n volksraad moet wees sal nie daar wees nie, en dit sal jammer wees.       

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #17 op: May 08, 2010, 03:30:44 AM »
Mike, as jy by die VVK geregistreer is staan dit jou mos vry om self deel te neem aan die nominasieproses.

Ek is nie seker wat jy bedoel met "bekend en ervare" nie, kan jy dit meer duidelik stel welke tipe bekendheid en ervaring vereis word, en dan volgens hierdie kriteria n naam noem van iemand wat jy graag op die VVK sou wou sien?

Dis mos nie reg om net kritiek te wil lewer op ander mense se nominasies as jy nie self bereid is om te nomineer nie?

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #18 op: May 08, 2010, 11:13:16 AM »
Is daar al meer mense genommineer of is dit nog steeds net die 3 persone?
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #19 op: May 10, 2010, 07:30:30 AM »
Niemand het nog die geldvraag beantwoord nie. Gaan hierdie volksraadslede 'n salaris en ampsmotor by iemand kry of gaan hulle hierdie ampte vervul in hulle vrye tyd en op eie koste?

Indien iemand 'n kandidaat "borg" gaan dit openbaar gemaak word?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal