Afdeling van die Volksraad Verkiesing Kommissie > Algemene Besprekings
Geselsies rondom VVK
vannermerwe:
1. Jammer Boerseun, het nie probeer om jou draad te ontwrig nie.
2. Die gedagte is nie om kritiek te lewer op die VVK nie, maar eerder om gedagtes te wissel oor persoonlike opinies rakende die hele Volksraad en verwante sake. Hierdie forum het dit al oor en oor bewys dat ons op 'n redelike wyse met mekaar kan gesels, bymekaar leer en selfs met tye van opinie kan verskil sonder om negatief te raak oor die saak.
3. Die amptelike standpunte van enige organisasie word met respek hanteer, maar daar is tog 'n individuele opinies oor hierdie standpunte. Om hierdie rede het ek die vraag aan die mense op hierdie forum gestel. Ek probeer nie stry met die amptelike standpunte van die VVK nie, ek probeer uitvind hoe mense die proses sien, wat hulle verwagtinge gaan wees, wat hulle dalk bekommerd maak.
4. Die VVK is tans besig met hulle werkinge en ons almal ondersteun hierdie aksie, die gesprekke wat ons hier het is sommer net gedagtes uitruil oor hoe ons die dinge interpreteer. Dit is nie om die werking van die VVK af te breek of te belas nie.
Met dit alles in ag geneem wil ek weer die vraag vra:
Gaan elke leier met sy eie beleid of "volksideaal" die verkiesing betree? Of word die ideaal deur die volk geskep en aan die verkose leier oorgedra?
Indien hierdie ideaal-(beleid) verskil met 'n reeds bestaande Afrikaner organisasie, gaan die beleid bindend wees? BYvoorbeeld- kom ons gestel die leier is 'n voorstaander van verset binne Suid Afrika en nie 'n Volkstaat nie, Moet verenigings wat vir 'n Volkstaat veg, dan hierby berus?
Weereens- Hierdie is nie kritiek op die VVK nie, dit is net om gedagtes uit te ruil oor hoe individue op hierdie forum dit interpreteer.
Kleinbekkie:
Ek mag verkeerd wees, maar ek dink die organisasies wat aan die Afrikanerfront behoort is basies die organisasies wat die VVK ondersteun. As dit so sou kom dat die Volksraadslede vanuit hierdie spesifieke AF organisasies kom, dan het ons nie 'n probleem met betrekking tot beleid nie.
Ek dink ook nie iemand wat in die huidige bestel wil bly sal noodwendig belangstel in die VVK se poging nie.
Dit is nou maar wat ek dink :P
Boo:
Elke persoon het sy eie idees en hy sluit by die organisasies aan waarmee hy kan vereenselwig.
Dit is dan ook onmoontlik om enige individu van sy eie idees en vooroordele te skei - dis sy bagasie wat hy na die tafel bring.
Dit moet ook in gedagte gehou word dat 'n Volksraad gekies word met die uitsluitlike doel om namens die volk vir vryheid te stry. Dis soos ek die mandaat verstaan.
Die Volksraad sal dan self 'n beleid moet saamstel oor hoe, waar en wanneer - sommige sal HNP-beleid, ander sal Verkennerbeleid en 'n ander sal dalk Orania-beleid propageer - hierdie verskillende sienings is dan ook juis 'n weerspieëling van die volk se sienings.
Die Volksraad sal dan getaak wees om nie net 'n teoreties mooi beleid uit die verskillende opinies te formuleer nie, maar sal ook seker moet maak dat dit prakties uitvoerbaar is.
Daar sal dan van die Volksraad verwag word om die nodige leiding aan die volk te gee. Om elke kontroversiële kwessie na die volk terug te verwys, is belaglik - waarom dan 'n volksraad kies?
Dit is daarom van kardinale belang dat jy 'n verteenwoordiger kies met wie se beleidstandpunte jy saamstem en wie jy vertrou gesonde oordeel sal hê. Hulle word dan ook nie verniet leiers genoem nie.
As jy niemand ken wat voorgestel is nie, maar eerder vir Piet Poggenpoel daar wil sien - nomineer hom en kry sekondante!
vannermerwe:
Is daar planne oor hoe om die uitvoering van hierdie beleid van die Volksraad te finansier?
Gaan daar 'n tipe belasting of donasie sisteem geskep word?
Leiers sal ook moet vergoed word vir hulle werk. Ek weet van baie mense wat uitstekende leiers sal wees, maar hulle finansies laat hulle nie toe om al die kostes te dra nie.
Boo:
--- Aanhaling van: vannermerwe op May 06, 2010, 01:39:26 PM ---Is daar planne oor hoe om die uitvoering van hierdie beleid van die Volksraad te finansier?
Gaan daar 'n tipe belasting of donasie sisteem geskep word?
Leiers sal ook moet vergoed word vir hulle werk. Ek weet van baie mense wat uitstekende leiers sal wees, maar hulle finansies laat hulle nie toe om al die kostes te dra nie.
--- End quote ---
Goeie vrae, vannermerwe - kan jy die VVK vra terugrapporteer?
Dalk moet die VVK ledegelde hef...
Ek sal aanvoer dat slegs die leiers se uitgawes gedek moet word.
Na my mening is die SA Perlement, en nie die Volksraad nie, die tuiste vir beroepspolitici.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version