Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Geselsies rondom VVK  (Read 11155 times)

0 Lede en 4 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #80 op: May 28, 2010, 06:02:32 PM »
Ek wil ook net graag ietsie sê...


ÉK -- in my hoedanigheid as Bravoland-volksraadlid, AWB-lid, HNP-lid, Facebook-lid  ;), Handhawer Jeug-lid, Die Afrikaner-intekenaar, alias Boerevryheid-lid, APK-lidmaat, afstammeling van Pieter Christiaan de Jager en Thomas George Radford -- ondersteun die VVK 100%!!!!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #81 op: May 29, 2010, 06:22:13 PM »
Na vanoggend se huisbesoek, het ek besluit om voort te gaan met die registrasie-aand (rugby of te nie). Ek sal sien wie hier gaan opdaag tot so halfagt se kant, dan weet ek ek het my kant gebring. Ek het darem 7 registrasies ryker geword vandag.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #82 op: May 29, 2010, 06:56:16 PM »
Doen so voort KB , ek voel sommer bly vir jou part . Die sewe kan dalk net praat daaroor en daardeur nóg inbring - dit sal gaaf wees .

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #83 op: May 29, 2010, 06:59:43 PM »
Daar het 'n uur verloop, die rugby afgod is nou verby en geen siel nie.

Hier buite braai van die skietklub se mense, maar hulle loop sulke draaie om my. Hulle weet presies hoekom ek hier is, want ek ken die mense.

Ek dink ek is besig om goed skoolgeld te betaal......
Moed Vryheid Eer

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #84 op: June 08, 2010, 12:40:09 PM »
Kan iemand dalk vir my Paul Kruger se e-posadres per privaat boodskap stuur asb.

By voorbaat baie dankie!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #85 op: June 16, 2010, 09:04:43 AM »
Aanhaling
En dan ook nou Dan Roodt

Dit beteken


* Ben Geldenhuys

* Clive Derby-Lewis

* Abel Malan

* Henk van de Graaff

* Andries Breytenbach

* Dolf Buitendach

* Ettienne Le Roux

* Dan Roodt





Roodt genomineer as VVK-kandidaat
 

Dinsdag, 15 Junie 2010 08:12 Wilco Labuschagne


Vir dié wat nog nie weet nie, dr Dan Roodt is genomineer as kandidaat vir aanstaande jaar se volksverkiesing.

Soos almal reeds weet, word daar in Mei 2011 so ‘n volksverkiesing gehou. Die verkiesing word geadministreer deur die VVK (Volksraadverkiesingskommissie by www.vvk.co.za). Binnelands en buitelands is daar ‘n groot aantal registrasiebeamptes besig om kiesers te registreer.

Daar is ook begin met die nominasie van kandidate vir die sewe volksraadslede. Volgens die VVK-inligtingsdokumente kan ‘n kandidaat slegs deur ‘n geregistreerde kieser genomineer word. Elke nominasie moet een honderd sekondante hê en elke sekondant moet ‘n geregistreerde kieser wees. ‘n Sekondant mag slegs een kandidaat sekondeer en mag daarna nie weer ‘n ander kandidaat sekondeer nie. Belangstellendes kan ‘n kandidaat sekondeer deur die vorm persoonlik in te vul, of elektronies sekondeer deur die invul van ‘n spesiale vorm.

As mens jou denke fokus op wat in die VOLK se beste belang is, is daar sekerlik nie ‘n meer geskikte kandidaat as dr Roodt nie. Dit is krities noodsaaklik dat bekwame persone as volksraadslede verkies word. Hierdie verkiesing is dalk ons enigste kans om onsself weer op die voete te kry – mens sidder by die gedagte dat ook hierdie poging mag misluk.

Verskillende persone het verskillende menings oor presies wat “bekwaamheid” behels. Kyk mens na die mandaat van die volksraad wat verkies gaan word, moet die eis om selfbeskikking eerstens aan die Suid-Afrikaanse regering gerig word. Indien dit misluk, moet dit aan die internasionale gemeenskap gerig word. Sou dit ook misluk, moet die situasie aan die volk voorgelê word. Dit beteken hierdie volksraad sal met hooggeplaastes in plaaslike en oorsese regerings asook leiers van groot sakeondernemings in gesprek moet tree. Hulle sal ons saak moet kan stel en vrae moet kan beantwoord. Hulle sal goed ingelig moet wees oor regsargumente, ekonomiese kwessies en geopolitieke gebeure. Hierdie persone sal ook oor die nodige interpersoonlike vaardighede moet beskik. Internasionale kontakte met goedgesinde meningsvormers en vryheidsinstitute kan ook help.

Ek het al verskeie voorstelle gehoor van persone wat as bekwaam beskou word. Die meeste van hierdie persone is nog nie as kandidate genomineer nie. Dit laat my wonder waarom nie. Hulle kan tog nie hulleself nomineer nie. My gevolgtrekking is dat hulle nog nie genader is nie. Hoe moeilik kan dit wees om so ‘n persoon te bel, te faks, te kontak op Facebook? Miskien ken mense nie so ‘n bekwame individu persoonlik nie en huiwer om hom of haar te kontak. Maar iemand moet tog die ys breek. Ek verstaan daar is ‘n afsluitingsdatum vir nominasies en die verkryging van sekondante.

Daar is werk om te doen. Ek en jy moet die werk doen; ons kan nie wag tot iemand anders dit doen nie. Kandidate moet genomineer word, sekondante moet gevind word, kiesers moet geregistreer word. Ek weet van geen ander plan of poging, behalwe hierdie volksverkiesing, wat vir ons selfbeskikking gaan bring nie.

Ek is oortuig dr Roodt sal tot die volksraad verkies word. Hy is een van die min persone wat oor ‘n duidelike visie vir ‘n volkstaat beskik. Ook verstaan hy hoe so ‘n volkstaat in die praktyk moet funksioneer. Ek is oortuig dat Praag-lesers gaan toustaan om hom te sekondeer.

Veels geluk, dr Roodt!

« Laaste verandering : June 16, 2010, 09:08:47 AM deur Sanderis »

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #86 op: June 16, 2010, 09:45:41 AM »
Dis baie goed dat nominasies vanoor 'n wye spektrum kom; dit bevestig net weer die effektiwiteit van die VVK - om oor organisasiegrense te strek.

Net een vinnige vragie, ek neem aan jy moet as kieser gerigestreer wees alvorens jy genomineer kan word...?

Sou Dr Roodt as kieser gerigestreer wees, sou mens graag wou sien dat hy die VVK meer promoveer op Praag.

Of is ek nou onredelik?

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #87 op: June 16, 2010, 10:11:33 AM »
Goeie punt Boo, kom ons kyk hoe handteer Praag die VVK vorentoe. Weet iemand wanneer is die afsnydatum vir nominasies?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #88 op: June 16, 2010, 10:43:16 AM »

Net een vinnige vragie, ek neem aan jy moet as kieser gerigestreer wees alvorens jy genomineer kan word...?

Sou Dr Roodt as kieser gerigestreer wees, sou mens graag wou sien dat hy die VVK meer promoveer op Praag.

Of is ek nou onredelik?

Presies my gedagte ook Boo .

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #89 op: June 16, 2010, 01:47:01 PM »
Ooms Meerkat en Andre,

Gaan julle nou onderskeidelik vir Kallie Kriel en Flip Buys ook laat registreer en daarna nomineer?  ;)

Groete

 
« Laaste verandering : June 16, 2010, 02:01:49 PM deur Boo »

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #90 op: June 16, 2010, 02:38:56 PM »
Ooms Meerkat en Andre,

Gaan julle nou onderskeidelik vir Kallie Kriel en Flip Buys ook laat registreer en daarna nomineer?  ;)

Groete

:-\ :-[ :( :'(
Ons Sal!!!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #91 op: June 16, 2010, 04:23:45 PM »
André, ek weet nou nie waarom daar juis op ons gepik moet word in hierdie verband nie. So asof ons geen trots van ons eie het nie?

Ek verneem dat die nominasies sluit einde van die maand.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #92 op: June 16, 2010, 06:17:36 PM »
Einde van die maand ?!
Daar is nou juis nie vreeslik baie genomineerdes nie , wat nie veel ruimte laat vir keuse nie . Ander aspek wat my opval , met so min genomineerdes bestaan die kans dat nie almal soveel sekondante sal kry as wat nodig is nie , wat gebeur dan ? Word net die wat voldoende sekondante het dan aangewys as die Volksraad selfs al is dit net 2 of 3 of word al die genomineerdes aangestel ?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #93 op: June 17, 2010, 12:33:26 PM »
Daar moet blykbaar 7 VR lede wees. As dit dan die lys tans is, is daar dan amper nie eens 'n rede vir 'n stemming nie.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #94 op: June 17, 2010, 12:46:38 PM »
Presies my punt .

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #95 op: July 07, 2010, 08:56:45 PM »
Is daar enige nuus rondom die werkinge van die VVK? Gaan die verkiesing voort?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #96 op: July 07, 2010, 08:58:43 PM »
Op hierdie stadium sal jy daardie vraag direk aan Chantal by www.vvk.co.za moet rig.

So ver my kennis strek gaan alles nog net so voort. Die VVK doen hierdie week en volgende week hul Kaapse toer, as ek dit nie mis het nie.
Moed Vryheid Eer

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #97 op: December 12, 2010, 12:08:37 AM »
Het hierdie bespreking dan nou doodgeloop?

Groete

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #98 op: December 13, 2010, 06:55:42 PM »
Ek is nie baie beindruk met die genomineerdes sover nie. Sommige van die mense is heeltemal onbekend en dit skep die indruk dat van radio Pta se omroepers ook genomineer is. Ek is nie meer so opgewonde soos ek was aan die begin toe die VVK plan aangekondig is nie. Ek is oortuig daarvan dat die VVK nie naastenby die getalle kiesers gaan trek wat hulle op gehoop het nie.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Geselsies rondom VVK
« Antwoord #99 op: December 13, 2010, 08:16:12 PM »
Mike, was jy met almal tevrede wat die politieke partye in jou keel afgedruk het?
Die VVK bied juis die geleentheid vir jou om self iemand te nomineer.
Almal sal nie noodendig almal ken en van almal hou nie.
Hoekom moet iemand gediskwalifiseer word as hy by die draadloos werk?
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal