Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Wat het gebeur?  (Read 2948 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Wat het gebeur?
« op: May 13, 2010, 03:30:23 PM »
Hierdie is 'n draad vir almal wat soos ek nie 'n draad kon kry waar ek sommer kan vertel van iets wat gebeur het nie. Ek dink dis nou al my tweede eie draad!! ;D Elkeen wat dus van iets wil vertel wat gebeur het, en wat nie op 'n ander draad hoort nie, plaas dit gerus hier.
« Laaste verandering : May 13, 2010, 03:46:29 PM deur Ruan Combrink »
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #1 op: May 13, 2010, 03:45:32 PM »
Ek wou julle graag vertel van 'n debat wat gister plaasgevind het. Dr. William Lane Craig en Dr. Michael Licona het in die Musaion op Tuks vir dr. Sakkie Spangenberg en dr. Hansie Wolmarans die stryd aangesê oor die opstanding van Christus. Die wolspan is onder andere betrokke by die sg. Nuwe Hervorming wat die maagdelike geboorte, die fisiese opstanding en wonderwerke in die Bybel ontken. Hulle is twee van die grootste monde in die liberale teologie en het 'n string keffertjies wat agternadraf. Baie van hulle is dosente by Unisa en Tuks se teologiese fakulteite.

Die Amerikaners het die historiese feite gestel uit die Bybel self, buite Bybelse Joodse geskrifte en met suiwer rede. Die Wolspan het in duie gestort en 'n rits ongegronde bewerings gemaak waarvoor geen bewyse gegee was nie. Die gehoor van meer as 500 mense (die Musaion was vol en baie mense het dit op 'n skerm in die amfi gekyk) het gereeld vir die Wolspan kliphard uitgelag. Oom Sakkie was later so kwaad dat hy op die gehoor begin gil het waarop my vriend in my oor gefluister het "weak argument, shout like hel!"

Om op te som: Dit was duidelik uitgestippel: Ons Verlosser leef! Hy het opgestaan en na die hemel opgevaar waar Hy vir ons plek berei!

Ek besef dat vanwee die beleid van die Bravoland om teen my, Ds Adri. Oranjedoring en Ds. Martin te diskrimineer, ek nie eintlik hieroor mag skryf nie, maar ek reken dit is 'n nuusbrokkie, nie 'n argument nie! ;D ;D
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #2 op: May 13, 2010, 04:20:36 PM »
Dankie Ruan vir hierdie inligting! Spangeberg en sy bende het al soveel keer slae gekry, maar steeds ploeter hulle voort!
Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #3 op: May 13, 2010, 08:11:21 PM »

Ek besef dat vanwee die beleid van die Bravoland om teen my, Ds Adri. Oranjedoring en Ds. Martin te diskrimineer, ek nie eintlik hieroor mag skryf nie, maar ek reken dit is 'n nuusbrokkie, nie 'n argument nie! ;D ;D

?????  !!

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #4 op: May 13, 2010, 09:27:09 PM »

Ek besef dat vanwee die beleid van die Bravoland om teen my, Ds Adri. Oranjedoring en Ds. Martin te diskrimineer, ek nie eintlik hieroor mag skryf nie, maar ek reken dit is 'n nuusbrokkie, nie 'n argument nie! ;D ;D

?????  !!

Hulle is almal APK Predikante, Sanderis  ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #5 op: May 14, 2010, 07:22:53 AM »
Dankie Ruan, ek wou bitter graag gan, maar kon nie. Ek het nogal gehoop die konfrontasie verloop soos dit wel gebeur het. Gaan prof. Roelof vir ons iets op skrif sit - dalk vir Die Boodskapper? Fluister ietsie in sy oor!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #6 op: May 14, 2010, 11:10:18 AM »
Ek glo hy sal oom Adri. Ds. Alwyn was ook daar en het reeds in die Realisme Boodskapper iets geskimp van terugvoer. Sal vir prof Roelof vra om met ds. Alwyn te praat.

Sanderis, ek spot sommer oor die geen godsdiens beleid omdat dit ons gunsteling onderwerp is. Almal predikante (of studente) ja. Is hier nog predikante op die forum wat ek nie ken nie?

Miskien moet ons 'n belangegroep stig!! ;D ;D
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #7 op: May 14, 2010, 11:41:47 AM »
Of n getraumatiseerde ondersteuningsgroep vir berading....  ;D
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #8 op: May 14, 2010, 09:06:51 PM »
Ek wou julle graag vertel van 'n debat wat gister plaasgevind het. Dr. William Lane Craig en Dr. Michael Licona het in die Musaion op Tuks vir dr. Sakkie Spangenberg en dr. Hansie Wolmarans die stryd aangesê oor die opstanding van Christus. Die wolspan is onder andere betrokke by die sg. Nuwe Hervorming wat die maagdelike geboorte, die fisiese opstanding en wonderwerke in die Bybel ontken. Hulle is twee van die grootste monde in die liberale teologie en het 'n string keffertjies wat agternadraf. Baie van hulle is dosente by Unisa en Tuks se teologiese fakulteite.

Die Amerikaners het die historiese feite gestel uit die Bybel self, buite Bybelse Joodse geskrifte en met suiwer rede. Die Wolspan het in duie gestort en 'n rits ongegronde bewerings gemaak waarvoor geen bewyse gegee was nie. Die gehoor van meer as 500 mense (die Musaion was vol en baie mense het dit op 'n skerm in die amfi gekyk) het gereeld vir die Wolspan kliphard uitgelag. Oom Sakkie was later so kwaad dat hy op die gehoor begin gil het waarop my vriend in my oor gefluister het "weak argument, shout like hel!"

Om op te som: Dit was duidelik uitgestippel: Ons Verlosser leef! Hy het opgestaan en na die hemel opgevaar waar Hy vir ons plek berei!

Ek besef dat vanwee die beleid van die Bravoland om teen my, Ds Adri. Oranjedoring en Ds. Martin te diskrimineer, ek nie eintlik hieroor mag skryf nie, maar ek reken dit is 'n nuusbrokkie, nie 'n argument nie! ;D ;D

Wonderlik! Ruan, weet jy of 'n dvd van die debat beskikbaar sal wees?

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #9 op: May 15, 2010, 02:27:14 PM »
Dis fantastiese nuus!  Ek wou ook graag daar wees, maar werk en afstand het my wil gepootjie.
Ek sal graag ook 'n DVD van die petalje in die hande wil kry as iemand van iets te hore kom.  :D
Baie dankie, Ruan!
"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Afwesig RiaanvS

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 63
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #10 op: May 16, 2010, 10:05:35 PM »
Ek het gehoor van die debat, maar is selfs verder as Elmien.  Sou graag wou hoor watse Wolhaarstories daar weer uitkom.  Ek twyfel of die ouens van die nuwe Misvorming 'n DVD sal maak, hulle is dan bespotlik gemaak?  Dalk kan ons van hulle in die VSA kry!
"Die land is nie meer myne nie; my volk is doodgestry" - C Louis Leipoldt

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #11 op: May 17, 2010, 11:36:46 AM »
Ek ken iemand wat in die 'wolspan' is.  Hier is die verslag wat hulle op hulle webwerf geplaas het oor die debat.  Ek het net weereens besef hoe verward die arme mense is, en ek het myself voorgeneem om hulle met baie geduld en liefde te hanteer, want die groot gemis in hulle lewe, kan net gevul word met kinderlike geloof.  Iets wat hulle langs die pad verloor het.

Aanhaling
Vrinne en Vrindinne

Hier volg 'n stukkie kommentaar oor gisteraand (12 Mei 2010) se abortiewe debat. Ek noem dit: "Botsende Skrifbeskouings en wêreldbeelde"
 
Prof. William Lane Craig en dr. Mike Licona werk met ’n fundamentalistiese Skrifbeskouing waarin daar aanvaar word dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is. Dis deur God geïnspireer en bevat geen teenstrydighede nie. Alles wat daarin vertel word, is letterlik en histories waar. Jona was letterlik en histories vir drie dae in die ingewande van ’n vis. Met dié soort vertrekpunt lees hulle ook die evangelieverhale oor die opstanding en kom dan tot die gevolgtrekking dat Jesus letterlik, histories en liggaamlik opgestaan het. Die soort Skrifbeskouing is teen die einde van die negentiende eeu en aan die begin van die twintigste eeu deur verskeie Bybelwetenskaplikes as onhoudbaar uitgewys.
 
Eerstens is daar verskeie teenstrydighede in die Bybel. Neem slegs die volgende voorbeelde (vgl Deist 1979):
1. Daar is twee skeppingsverhale wat glad nie met mekaar te rym is nie (Genesis 1:1–2:4a en Genesis 2:4b–3:24).
2. Van alle lewende wesens moes daar twee-twee na die ark gebring word (Gen 6:19–22; 7:15–16). Van alle onrein diere kom daar twee-twee na die ark, maar van alle rein diere kom daar elkens sewe pare aangestap (Gen 7:2–3).
3. Die tempelreiniging van Jesus. Volgens die Johannesevangelie vind dit aan die begin van Jesus se optrede plaas (Joh 2:13–25), terwyl die sinoptiese evangelies dit aan die einde van Jesus se optrede plaas (Mark 11:15–18; Matt 21:12–17; Luk 19:45–48).

Navorsers het ook ontdek dat daar materiaal in die Bybel voorkom wat aan ander kulture ontleen is. Hiervan is die vloedverhaal of dan die verhaal oor Noag en die ark (Gen 6–9) en die spreuke in Spreuke 22:17–24:22 van die bekendste voorbeelde. Die vloedverhaal kom ooreen met die Mesopotamiese vloedverhaal bekend as die Gligamesj-eposverhaal. Die gedeelte in Spreuke is ontleen aan ’n Egiptiese wysheidsgeskrif bekend as die Wysheid van Amenemope.
 
Dit het met voortgaande studie duidelik geword dat die Bybel deur mense geskryf is en vir mense bedoel was. Dit kom nie direk van God nie. God het dit nie vir mense ingefluister soos daar vroeër gereken is nie (die sogenaamde inspirasieleer wat op 2 Tim 3:16 gegrond is).  Bybelwetenskaplikes was genoodsaak om ’n ander Skrifbeskouing te formuleer. Die Bybel is ’n doodgewone menslike boek wat die vingermerke van die mense dra wat dit bedink en geskryf het. James Barr (1980:88) skryf soos volg hieroor: “... we have to build a doctrine of scripture ‘from below’ and not ‘from above’: we should read it for what it itself is and what it itself says, and avoid reading into it ‘the evangelical doctrine of scripture’, i.e. the opinions that some people in evangelical Protestantism held about the Bible two centuries or so ago.”
 
Gisteraand het die twee Skrifbeskouings weer na vore gekom en die gehoor was nie daarvan bewus nie. Die meerderheid van die mense wat dit bygewoon het, weet doodgewoon nie van al die navorsing nie en daarom is Bernard McGinn (1989:539) se opmerking in die kol: “The conflict of interpretations between academic readings carried on in schools of divinity and religion and in departments of English on the one hand and the mass of general readers on the other is probably greater now than ever before.”
 
Afgesien van verskillende Skrifbeskouings wat die twee groepe gehuldig het, het hulle ook verskillende wêreldbeelde gedeel. Die wyse waarop William Craig die liggaamlike hemelvaart van Jesus probeer verduidelik het, was hiervan ’n sprekende voorbeeld. Om te sê dat Jesus se liggaam êrens in ’n ander dimensie as die wat ons ken, verkeer, is ’n onwetenskaplike stelling. ’n Mens aanvaar die moderne wêreldbeeld of jy verwerp dit. Jy kan nie antieke mense se verstaan van hul liggaam en hul wêreld met die moderne verstaan van ons liggame en ons wêreld versoen nie. Voorts is dit so dat ’n goddelike wese nie deur middel van wonders in ons wêreld ingryp nie. Die mense van antieke tye het wel gereken dat hul gode so kan handel.

"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #12 op: May 17, 2010, 11:42:46 AM »
Hier is die link as julle self hulle kommentaar wil gaan lees:

http://www.nuwe-hervorming.org.za/?q=forum/debat-oor-jesus-se-opstanding
"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #13 op: May 17, 2010, 12:21:46 PM »
Baie dankie vir dit, Elmien. Ek plaas hierdie skrywes teen ons Kerk se aansteekbord. Dus waardeer ek dit baie!
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #14 op: May 17, 2010, 12:37:42 PM »
Dit is eintlik snaaks. Die skeppingsverhale wat by ander volke gevind kan word is bloot te wyte daaraan dat dit werklik gebeur het! Ag, daar is veel te se oor al hul redenasies. Dalk moet ons net die opname probeer kry dan kan elkeen self kyk.

Die debat is gereel deur die Antwoord

www.antwoord.org.za

Was nognie self daar nie, maar ek weet daar was opnames gemaak. Miskien kan mens dit op hul webwerf kry.

o,ja, sies oom Meerkat!! ;D
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #15 op: May 17, 2010, 01:54:43 PM »
Ek vermoed die reaksie hierbo kom van Sakkie Spangenberg af (is nie lus om die webtuiste te besoek nie). Dit is darem vermetel om te beweer dat die gehoor nie bewus is van die navorsing wat dan nou die Bybel as vals sou bevind nie. Die gehoor het waarskynlik hoofsaaklik bestaan uit teoloë en ander mense wat juis navoring doen oor die onderwerp. Die waarheid is dat die meerderheid teoloë die resultate van die navorsing verwerp en dit nie klakkeloos napraat soos die nuwe Misvormers nie. Dan kom daar nog die kwessie van die leiding en openbaring deur die Heilige Gees by ... 'n Mens moet waak daarteen dat jou geweldige intelligensie en jou vertroue op jou denke nie die stem van die Heilige Gees versmoor nie. Dit is wonderlik om selfs jou denke ondergeskik te stel aan die werking van die Heilige Gees. Dan gaan die Skrifte vir jou oop.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Desia

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 59
    • Aikona
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #16 op: May 17, 2010, 04:49:35 PM »
"Dit is wonderlik om selfs jou denke ondergeskik te stel aan die werking van die Heilige Gees. Dan gaan die Skrifte vir jou oop."
Amen!

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #17 op: May 18, 2010, 08:55:26 AM »
Ek wil net graag byvoeg - Die Nuwe Hervormers se sg. "studies" is nie geskoei op eerlike wetenskaplike navorsing nie. Dit is geskoei op blatante en moedswillige misleiding, wat verpak word as sg. "studies".

Hulle ontken uit die staanspoor die moontlikheid van wonderwerke, ten spyte van wat Bybelse ooggetuies daaroor skryf en gebruik dan hierdie "onmoontlike gebeurtenisse" as skietgoed om die Bybelse waarhede te diskrediteer.

Hulle sal verskriklik borduur op die mensgesproke onmoontlikheid van 'n wêreldwye vloed, drie dae in die maag van 'n vis, 'n maagdelike geboorte en opstanding uit die dood om dan so die akuraatheid van die Bybel te bevraagteken.

M.a.w. hierdie valse profete en dwaalleeraars in diens van die Satan verdraai juis die wondertekens wat die Here deur die verloop van eeue vir ons gegee het om juis sy almag te bewys en as "waarmerk" van sy profete se woorde te dien, om Hom en sy Woord te diskrediteer.

As dooie mense elke dag opgestaan het en maagdelike geboortes wel van tyd tot tyd voorgekom het, was daar niks spesiaals aan Christus se geboorte en opstanding nie en was daar ook niks spesiaals aan die Woorde van God se profete nie.

Niemand is so blind soos die een wat nie wil sien nie.

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #18 op: May 18, 2010, 07:05:54 PM »
Hulle sal verskriklik borduur op die mensgesproke onmoontlikheid van 'n wêreldwye vloed, drie dae in die maag van 'n vis, 'n maagdelike geboorte en opstanding uit die dood om dan so die akuraatheid van die Bybel te bevraagteken.

Niemand is so blind soos die een wat nie wil sien nie.

HaHaHa.  Boo, google biekie Ron Wyatt.  Die maadgelik beboorte en ander events is bevestig!  Wie soek sal vind!  Alle seen vit jou.
Livitikus

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Wat het gebeur?
« Antwoord #19 op: May 19, 2010, 07:17:48 AM »
Genadiglik glo ek nie Die Liviet sal hierdie antwoord lees nie, maar ter wille van die saak: Boo het verwys na die Nuwe Hervormers en die gedeelte wat jy aanhaal, is wat hulle sê en Boo veroordeel dit wat hulle sê en doen. En tereg ook.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal