Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Vrae oor forumreëls  (Read 1675 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

viki

  • Gas
Vrae oor forumreëls
« op: May 17, 2010, 03:29:43 PM »
Dan het ek vroeg vanoggend gesien leviet het op 'n ander draad ook geskryf, maar ek kry dit nou nerens nie. Is dit verwyder? Ek kan nie onthou dat hy oor godsdiens gepraat het nie, soos elders gedoen word nie. Dit lyk my reels geld net vir party mense op die forum.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #1 op: May 17, 2010, 03:42:32 PM »
Viki, ek het die draad vanoggend na die Rommelhoop gestuur. Dit het absoluut geen doel gedien nie en mense het mekaar lelik begin slegsê. Ek het dit juis as 'n geheel verwyder, anders word ek weer beskuldig; soos jy so pas gedoen het met jou laaste sin, nl: 'Dit lyk my reels geld net vir party mense op die forum'.





Moed Vryheid Eer

viki

  • Gas
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #2 op: May 17, 2010, 04:02:15 PM »
Kleinbekkie dit is nie my bedoeling om jou te beskuldig nie.
Ek kan net nie die reel onder die knie kry nie.
Want voorheen was die draad sumier gesluit toe die gesprek ook godsdiens gegaan het, nou word dit toegelaat.
Is daar 'n manier dat ek na dit kan gaan kyk. 
Ek dink - as ek my eerlike opinie mag gee, dat die meeste mense hier op bravoland 'n kliek vorm en nie die buite mense wat inkom verstaan nie, of die buitemense nie op dieselfde vlak verkeer as die ou bravolanders nie.
Dit gebeur soms dat mense vra het en kan dit dalk nie so saggies stel as wat dit dalk nodig is nie.
As ek reg onthou het leviet iets oor die volk gevra.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #3 op: May 17, 2010, 04:26:50 PM »
Dit gaan nie soseer oor liviet se poste nie, maar die antwoorde daarop het soveel negatiwiteit veroorsaak, dat dit op die ou end geen doel gedien het nie.

Jy sien, burgers het meer regte as besoekers. 'n Besoeker val nie met 'n eerste pos in en gooi beledigings rond nie. (Ek praat nou oor die algemeen en nie van enige spesifieke persone nie). As jy in Suidwes nou sou instap, sal jy tog die nodige respek teenoor die burgers van daardie land betoon en jy sal jou beste voetjie neersit.

Ek was aan die begin van Bravoland baie streng, maar het darem later bietjie die greep laat los. As dit dan veroorsaak dat daar mense wat aanmekaar die rus verstoor, dan sal ek maar net weer my 'besem' moet nader sleep. Om 'n webwerf te administreer en om dit vir almal 'n aangename ondervinding te maak, vat nogal baie van 'n mens se tyd. Daar is mense wat al baie moeite gedoen het om ons rus te verstoor en dit veroorsaak oneindig baie skade. Nie net aan Bravoland nie, maar ook die mense wat ons besoek. Ons het baie goeie mense verloor as gevolg van 'n groepie wat gedink het hulle is beter en verhewe bo die reels.

Kortliks oor die Godsdiensdrade:
Bravoland is Gereformeerde Calvinisties Protestantse Webwerf. Geloofbesprekings het die manier om totaal uit verband geruk te word, omdat ander dogma's nie die nodige respek ag vir Bravoland se amptelike standpunt nie. Dit is Bravoland se siening en dit sal nie verander nie. Elke persoon wat dan ook as burger aanmeld in Bravoland vereenselwig hom/haarself met 'n  Protestantse Christen of ag dan die nodige respek vir Bravoland se amptelike standpunt.

Viki, jammer vir die lang relaas, dit is nie op jou gemik nie, ek het die kans gebruik om die punte (hopelik) bietjie duideliker te stel.

Hiermee gaan ek die laaste poste na 'n meer gepaster plek skuif.
« Laaste verandering : May 17, 2010, 04:29:51 PM deur Kleinbekkie »
Moed Vryheid Eer

viki

  • Gas
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #4 op: May 18, 2010, 07:41:41 AM »
Dankie Kleinbekkie

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #5 op: May 18, 2010, 07:17:16 PM »
Halo Vicky,

Hierdie is my laaste post.  Ek is mosi een vi geheime ni.  So ek haal my Skoolhoof aan en post my reply wat die beheerraad sekerlik sal wegvee.......

"Goeie more

Jy is tans 'n besoeker in Bravoland, dus vra ek jou mooi om jou soos 'n besoeker te gedra. Jou eerste poste getuig alreeds dat jy aanvallend is en ander wil slegsê. Besin asb. hieroor en lewer konstruktiewe skrywes.

Baie dankie by voorbaat."

"Kleinbekkie,  jy's reg. ek is 'n besoeker oftewel WAS. Ek het Ben gevra wat julle dryf en sy antwoord was VRYHEID. Ironies genoeg is dit dalk wat HOM dryf.  Ek is dalk te dom om te verstaan hoe vryheid van spraak nie in vryheid voorkom nie.  Ek het niemand sleg gese nie en niemand aangeval nie. as jy reg onthou het ek aangehaal en bloot opgemerk tydens my besoekie dat julle beslis nie doen waarvoor julle blyk te staan nie.  Ek het behoop die volk het dalk al die skille laat afval van hulle oe, maar helaas......  Dankie, dit die besoek was kort en alles wat ek verwag het.  Mag julle geseend wees.

Leviet "



Viki: "Leviet wat het jy geskryf gehad dat die Bravolanders so ontstel het dat hul sommer jou draad afgehaal het. Ek het dit vroeg oggend gesien, maar nie tyd gehad om dit met bietjie diepte te lees nie. Lyk my mens moet goed maar saggies stel vir die sensitiewe bravolanders. Ek weet nie, dalk is die meeste nog baie jonk en verstaan dalk nie altyd waar vandaan mens kom nie."

Die kinders moet dan maar lekker skoolgaan!

Mag julle oneindige seen beleef.

Levitikus
Livitikus

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #6 op: May 18, 2010, 07:22:03 PM »
PS:  Kleinbekkie ek sou miskien my slogan heroorweeg as ek jy was......
Livitikus

Sanderis

  • Gas
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #7 op: May 18, 2010, 08:26:31 PM »
PS:  Kleinbekkie ek sou miskien my slogan heroorweeg as ek jy was......

Bedoelende ?

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #8 op: May 18, 2010, 08:33:32 PM »
Bedoelende die VRYHEID gedeelte as burgers in Bravoland nie VRYHEID het nie.  O wag, hulle het! - hulle mag net nie alles VRY SE nie.

Levitikus
Livitikus

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #9 op: May 18, 2010, 08:42:21 PM »

Hierdie is my laaste post. 

Levitikus

Liviet, lyk my nie jy is 'n man van jou woord nie...
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #10 op: May 18, 2010, 08:43:12 PM »
Vir enige gemeenskap om sinvol voort te bestaan , moet daar tog seker reëls , regulasies en wetgewing wees ?
Bravoland is 'n kubergemeenskap , sosiale netwerk as jy wil , maar dit het duidelike grense wat die netwerk beveilig .
Is dit so moeilik om te verstaan ?

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #11 op: May 19, 2010, 12:42:31 PM »
Sanderis ek stem saam met jou jy is reg. Ek dink net egter dat in  hierdie tyd van ons bestaan in die land en die omstandighede waarin ons verkeer waar baie van ons soek en streef na veiligheid ,vryheid van geloof en vrede in ons daag likse lewe maak ons dit moeilik vir ons eie mense as daardie reels van so aard is dat dit die massa wil maganiliseer om n denkwyse te volg wat reeds deur getrap is en die groot hoeveelheid teleurgestel en die toets van tyd nie geslaag het nie.

Ek probeer my bes om nie geloof te praat nie. Dis net egter moelik (ek dink so) om rede als wat n mens doen en se kom to van daardie stantpunt af.

As die meeste mense (wat ek glo) gelowig is en die enigste VADER in die hemele dien en glo HY het sy SEUN vir die sondaar gestuur om met SY BLOED vir ons sondaars te betaal. Is daar tog die 10 gebooie wat die reels en wetgewing is.

Waarom moet ons dan die wat dan dit op verskilende manier (BV die drie susterkerke,garesmaties,dogter van sion ens) op sy stoot en probeer in vorseer waar hulle nie wil wees nie.Dis egter maklik om te se hulle hoev nie "laat hulle op hulle eie"

Ek dink net die "goue" lyn bly die selfde. Ek hoef nie die buurman langs my wat apk is aan te val nie en  te vertel hy is verkeerd oor sy oorteigings nie en so ook nie die suid lander aan die ander kant en so ook nie die isreal viesie agter my nie. Nog minder die garesmaties voor my nie.
Ek kan egter wel saam met hulle die enigste skeper wat die heelal en als daarin geskape het en onder die selfde gebooie dien en vir dieselfde eindoel werk nl veiligheid,vrede,vreiheid onder n eie regering van ons eie mense.

Dis my beskeie mening.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

viki

  • Gas
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #12 op: May 19, 2010, 01:00:59 PM »
Karina, ek het Leviet dan uitgelok. ;D Ek is bly hy het my geantwoord.  Ek dink ek kan hom nou beter verstaan.

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #13 op: May 20, 2010, 08:50:17 AM »

Hierdie is my laaste post. 

Levitikus

Liviet, lyk my nie jy is 'n man van jou woord nie...

Sory, op die aandrang van 'n paar siele en tot spyt van 'n hele paar siele het sommige siele my oortuig om tog 'n rukkie langer te vertoef.............tussen al die siele....

Livitikus
Livitikus

viki

  • Gas
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #14 op: May 20, 2010, 09:02:01 AM »
Nou het ek jou liviet Dink mooi, is jy Leviet of Liviet? ??? :o ;D

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #15 op: May 20, 2010, 09:27:49 AM »
LOL!!! ;D ;D  Hel jy's reg!  :o  Spelfoukie gawees!  Ek verklaar hiermee amptelik dat Die Liviet se signature Livitikus is. OK?

Livitikus

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #16 op: May 20, 2010, 09:53:08 AM »
Ek probeer my bes om nie geloof te praat nie. Dis net egter moelik (ek dink so) om rede als wat n mens doen en se kom to van daardie stantpunt af.

Ouens ek moet die nuus vir julle breek:  Dis AL wat ek kan doen!
Livitikus

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #17 op: May 20, 2010, 07:01:24 PM »
Probeer Kletskerk! Dis AL waaroor hulle daar praat!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #18 op: May 20, 2010, 08:25:25 PM »
Hallelujah !
 :)

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Vrae oor forumreëls
« Antwoord #19 op: May 21, 2010, 11:27:19 AM »
Hehe! ;D ;D Wat laat jou dink ek is nie daar nie, Karina?  Oppas, jy is nie meer op dun ys nie, dis lou water........ :-X
Livitikus


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal