Skrywer Onderwerp: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.  (Read 1232 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« op: May 20, 2010, 12:26:03 PM »
VISIE:

"Verkryging van 'n eie begrensde grondgebied waar die Boere-Afrikanervolk soewerein sy Christelike-Nasionale waardes en lewensideale kan uitleef"

MISSIE:

Bravoland as kuber Volkstaat benut die kuberruimte en ander tersaaklike kommunikasietegnologië optimaal om alle volksgenote wat wêreldwyd verspreid is en wat Republikeinse Vryheid nastreef, soos verwoord in Bravoland se VISIE, te identifiseer en te mobiliseer op ‘n Christelik-Nasionale grondslag, binne ‘n enkele volksbeweging ten einde volksvryheid binne ‘n eie begrensde grondgebied te realiseer deur:
 
- te groepeer wat bymekaar hoort;
- inligting in te win en te verskaf van alle tersaaklike aspekte op alle lewensterreine;
- debatte te voer op alle lewensterreine om die Boere-Afrikaner se vryheidstrewe te idealiseer en te realiseer;
- enige ander tersaaklike aksies te identifiseer en waar toepaslik tot uitvoering te bring, ter realisering van die vryheidstrewe.

WAARDESTELSEL:

•   Bravoland se betrokkenheid by die Boere-Afrikanervolk se vryheidstrewe is tot eer van God alleen;
•   Bravoland se Christelike beskouing is Calvinisties-Protestants in aard en karakter;
•   Bravoland dien die Boere-Afrikanervolk deur visionêre leierskap en innovasie op alle lewensterreine;
•   Bravoland erken die regte en respekteer die waardigheid van elke individu van die Boere-Afrikanervolk en bied gelyke geleenthede aan elkeen om mee te doen aan die bereiking en handhawing van die Boere-Afrikanervolk se vryheidstrewe;
•   Bravoland handhaaf oop en eerlike kommunikasie ten alle tye;
•   Bravoland beoefen leierskap deur middel van spanwerk en daarmee saam wedersydse vertroue, persoonlike toewyding, lojaliteit teenoor mekaar en deursettingsvermoë om Bravoland se missie uit te voer;
•   Bravoland handhaaf onbesproke morele en etiese standaarde in die uitvoering van Bravoland se missie en gepaardgaande doelwitte;
•   Bravoland se taalgebruik is suiwer Afrikaans in doen en late;

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #1 op: May 20, 2010, 02:04:58 PM »
Dankie, SP. Dit is nodig dat ons almal weer mooi daarna kyk. Kan dié draad nie soos op ander forums permanent bo-aan die lys van "Nuwe Inskrywings" bly nie? Hulle roep dit daar 'n "sticky" onderwerp.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #2 op: May 20, 2010, 02:20:44 PM »
Natuurlik is dit moontlik oom Adri , dankie SP .

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #3 op: May 21, 2010, 01:45:24 PM »
Dankie, SP. Dit is nodig dat ons almal weer mooi daarna kyk. Kan dié draad nie soos op ander forums permanent bo-aan die lys van "Nuwe Inskrywings" bly nie? Hulle roep dit daar 'n "sticky" onderwerp.

Ek steun Adri se voorstel. Al is dit net die opskrif "VISIE, MISSIE en WAARDESTELSEL" met 'n duidelike koppeling ("link") na die volledige omskrywing.

Waar is die deskundiges van die ektroniese media? 
« Laaste verandering : May 21, 2010, 01:48:08 PM deur André Strydom »
Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #4 op: May 21, 2010, 01:54:43 PM »
Die onderwerp is alreeds sticky, maar ek dink dat daar dalk 'n ander plan gemaak kan word rakende die skakel....
Moed Vryheid Eer

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #5 op: May 21, 2010, 01:59:20 PM »
Ek is nou wel net 'n besoeker maar ek steun ook adri se voorstel.  Item 2 en 4 in die waardestelsel is in my opinie in kontras met mekaar as jy op die letter van die woord gaan,  maar dis net my opinie en dit sal weer debatte uitlok wat nie al die siele gaan pas nie........  ;)
Livitikus

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #6 op: May 21, 2010, 02:22:54 PM »
Dankie KB! Dit sal goed werk!
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #7 op: May 21, 2010, 02:24:04 PM »
Ek is nou wel net 'n besoeker maar ek steun ook adri se voorstel.  Item 2 en 4 in die waardestelsel is in my opinie in kontras met mekaar as jy op die letter van die woord gaan,  maar dis net my opinie en dit sal weer debatte uitlok wat nie al die siele gaan pas nie........  ;)

Dit is hoekom jy die Visie, Missie en Waardes in geheel moet beskou en nie individueel nie!
Ons Sal!!!

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #8 op: May 21, 2010, 02:31:38 PM »
m.a.w soos ons in Ingils sal se: to uphold the essence of the nation?
Livitikus

viki

  • Gas
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #9 op: May 21, 2010, 03:00:29 PM »
Ek wonder, ek is nie Calvinisties nie. Ek behoort aan geen kerk nie, maar ek aanbid God drie -eenig. Ek is 'n christen. Moet ek dan nou eintlik my burgerskap opgee?

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #10 op: May 21, 2010, 03:13:01 PM »
Dis my probleem ook.  Daarom dat ek se item 2 en 4 in die waardes is in kontras met mekaar.  Soos ek dit sien moet jy net hulle oortuigings aanvaar as beherend.  Vir my is God drie-Enig beherend - nie Calvyn of Luther nie........ Hulle het sekere Christelike beginsels van God onderskryf. Nie andersom nie.  So vir my is dit aanvaarbaar.  Alles van my is net nie vir Bravoland aanvaarbaar nie..... maak dit sin?
Livitikus

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #11 op: May 21, 2010, 08:44:20 PM »
Ek is nou wel net 'n besoeker maar ek steun ook adri se voorstel.  Item 2 en 4 in die waardestelsel is in my opinie in kontras met mekaar as jy op die letter van die woord gaan,  maar dis net my opinie en dit sal weer debatte uitlok wat nie al die siele gaan pas nie........  ;)

ALmal het die reg tot 'n mening. Selfs al is hulle verkeerd.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #12 op: May 22, 2010, 09:24:40 AM »
Ek is nou wel net 'n besoeker maar ek steun ook adri se voorstel.  Item 2 en 4 in die waardestelsel is in my opinie in kontras met mekaar as jy op die letter van die woord gaan,  maar dis net my opinie en dit sal weer debatte uitlok wat nie al die siele gaan pas nie........  ;)

ALmal het die reg tot 'n mening. Selfs al is hulle verkeerd.

Dit klink nou soos pomo (post-modernisme)

(Raai wie het Die Boodskapper gelees  :P )
Moed Vryheid Eer

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #13 op: May 23, 2010, 11:23:19 AM »
"Verkeerd" is ook relatiev want dit hang af aan watter kant van die lyn jy staan. Wat vir my verkeerd is nie noodwendig vir die ander verkeerd nie. :P ;) Ek dink ons vergeet partykeer die lyn is vir ons gelowige volks genote die VADER en SY WOORD. Die geveg is vir ons die ander kant van die gelowige lyn en nie aan die kant nie. ;D ;)
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Bravoland se visie, missie en waardestelsel.
« Antwoord #14 op: May 23, 2010, 11:52:53 AM »
Ek wonder, ek is nie Calvinisties nie. Ek behoort aan geen kerk nie, maar ek aanbid God drie -eenig. Ek is 'n christen. Moet ek dan nou eintlik my burgerskap opgee?

Viki om daardie rede het ek my burgerskap terug getrek. ;) Dit beteken egter nie dat ek in vyandskap met die goeie bedoelings van bravoland is nie. Ek verskil wel met van hulle reels en sienings maar hulle is nie my vyand nie. Ons is almal volksgenote (behalwe veraaiers en joiners ens) en staan almal onder die eenigste SKEPPER van die heelal en als daarin. Ons moet mekaar versterk en leer onder die VADER se leiding ;) :)
Ons geveg is met die godelose wat ons gelowige volk uit moor en die wat hulle help.
So laat ons stene op die VADER se ROTS bou om SY wil te laat geskied. :) ;)
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal