Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Visie, Missie en Waardestelsel  (Read 2381 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Visie, Missie en Waardestelsel
« op: May 21, 2010, 02:12:09 PM »
VISIE:

"Verkryging van 'n eie begrensde grondgebied waar die Boere-Afrikanervolk soewerein sy Christelike-Nasionale waardes en lewensideale kan uitleef"

MISSIE:

Bravoland as kuber Volkstaat benut die kuberruimte en ander tersaaklike kommunikasietegnologië optimaal om alle volksgenote wat wêreldwyd verspreid is en wat Republikeinse Vryheid nastreef, soos verwoord in Bravoland se VISIE, te identifiseer en te mobiliseer op ‘n Christelik-Nasionale grondslag, binne ‘n enkele volksbeweging ten einde volksvryheid binne ‘n eie begrensde grondgebied te realiseer deur:
 
- te groepeer wat bymekaar hoort;
- inligting in te win en te verskaf van alle tersaaklike aspekte op alle lewensterreine;
- debatte te voer op alle lewensterreine om die Boere-Afrikaner se vryheidstrewe te idealiseer en te realiseer;
- enige ander tersaaklike aksies te identifiseer en waar toepaslik tot uitvoering te bring, ter realisering van die vryheidstrewe.

WAARDESTELSEL:

•   Bravoland se betrokkenheid by die Boere-Afrikanervolk se vryheidstrewe is tot eer van God alleen;
•   Bravoland se Christelike beskouing is Calvinisties-Protestants in aard en karakter;
•   Bravoland dien die Boere-Afrikanervolk deur visionêre leierskap en innovasie op alle lewensterreine;
•   Bravoland erken die regte en respekteer die waardigheid van elke individu van die Boere-Afrikanervolk en bied gelyke geleenthede aan elkeen om mee te doen aan die bereiking en handhawing van die Boere-Afrikanervolk se vryheidstrewe;
•   Bravoland handhaaf oop en eerlike kommunikasie ten alle tye;
•   Bravoland beoefen leierskap deur middel van spanwerk en daarmee saam wedersydse vertroue, persoonlike toewyding, lojaliteit teenoor mekaar en deursettingsvermoë om Bravoland se missie uit te voer;
•   Bravoland handhaaf onbesproke morele en etiese standaarde in die uitvoering van Bravoland se missie en gepaardgaande doelwitte;
•   Bravoland se taalgebruik is suiwer Afrikaans in doen en late
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal