Volksekonomie > Departement van Mineraal en Energiesake
Energie onafhanklikheid
Ben Geldenhuys:
Dit wil voorkom of ons half vergeet het van die skok wat op ons wag met die EKSDOM tarief verhogings. Die Kragdag van die afgelope naweek het die saak weer op die voorgrond geplaas.
Wat my opgeval het van die Kragdag, was die hoeveelheid besighede wat op waterverwarmingstelsels fokus. Neem mens egter in ag dat verwarming van water 33% van die totale kragverbruik van 'n gemiddelde huis is, dan maak dit sin dat mens by die groot kragverbruiker sal begin.
Kort op die hakke van waterverwarming, is huis verwarming wat tot 30% van die totale krag verbruik kan wees.
Die ander items wat krag verbruik is:
Voedeselvoorbereiding - 10%
Yskaste - 6%
beligting - 5%
Kombuis toerusting - 5%
Wasmasjien en tuimeldroer - 4%
Tv ens - 4%
ander - 2%
Toerusting op bystand - 1%
Dit is natuurlik die gemiddelde huis en elke huishouding se situasie sal verskil.
Wat ook nie vergeet moet word nie, is die steelkrag wat ons in die donker gaan laat. Om gevolglik onafhanklik van EKSDOM te word, is 'n ideale situasie.
Ek is van mening dat die gemiddelde huishouding vir minder as R100 000-00 onanfhanklik van EKSDOM kan word. Ek is verder van mening dat daar selfs nog goedkoper maniere mag wees.
Die belangrikste is egter om heel eerste 'n opname te maak van jou huis se energie behoeftes, wanneer jy besluit om hierdie proses te begin.
Ek noem dit 'n proses omdat daar nie 'n kits oplossing is nie.
MEERKAT:
Jy noem hier n paar dinge wat n mens nogal laat dink Ben. Een van die dinge wat dadelik ter spake kom is prioriteite, en dan bekyk jy seker maar jou eie situasie eerste.
Kyk, ek is nie lus vir n koue stort nie. Nie in die winter nie, nie op my ouderdom nie, nie soggens of saans nie, en ook nie te enige ander tyd nie. As ek daardie kraan oopdraai vir water wat op my lyf moet spuit, dan moet daar n plan wees wat werk. Sonverhitting klink na n (duur en omslagtige) opsie, maar my eerste keuse na n elektriese element is gas.
Gewone verwarming in die winter? Antrasiet of gas, en n lekker kombers of jas. Ons beskawing kom al duisende jare klaar sonder koperdraad en elemente. As jy onder n donsdeken slaap wat van n broeis gans gestroop is, gaan n elektriese kombers jou net kortasem en maer maak.
Voedselvoorbereiding? As jy eers n gasstoof gewoond is sal jy nooit weer terugkyk nie. Ek vra nie - ek maak n stelling, want ek weet.
Beligting, TV (as dit dan moet) radio, rekenaar en die ander kleinighede gebruik relatief min krag, en kan vanaf herlaaibare batterye aan die gang gehou word. Na my mening is dit hier waar die nuttigheid van relatief klein sonkrag/windkrag opwekking ter sprake kom.
Nou kom ons by die kern van die probleem: Die wasmasjien, strykyster, tuimeldroeer, yskas en vrieskas. Wanneer hy loop, maak hy n battery vinnig moedeloos. Enige idees?
Adri van Staden:
Ons is ernstig besig om alle opsies te ondersoek, want ons is desperaat om totaal onafhanklik van Eishkom te wees. Ons besit reeds 'n kragomsetter (wat siek is) en 'n stel batterye. Maar vir eers gaan ons na 'n sonverwarmer vir ons water kyk. Van die sisteme wat ons by die Kragdag gesien het, interesseer ons omdat dit relatief goedkoop is en gekombineer kan word met elektrisiteit wat as rugsteun moet dien. Selfs die sonpanele word al goedkoper en ek meen dat jou R100 000 te hoog is, SP.
Ek hoor vanoggend oor Radio Pretoria se nuus dat Bethlehem nou 'n eie, selfstandige kragstasie het. Is dit nie 'n beter opsie nie?
Sanderis:
--- Aanhaling van: MEERKAT op May 26, 2010, 10:54:38 PM ---
Nou kom ons by die kern van die probleem: Die wasmasjien, strykyster, tuimeldroeer, yskas en vrieskas. Wanneer hy loop, maak hy n battery vinnig moedeloos. Enige idees?
--- End quote ---
Daar is gas modelle op die mark . 'n Tuimeldroƫr volgens my is 'n luuksheid en nie 'n noodsaaklikheid nie , word wasgoedlyne nie meer gebruik nie .
Mense in die kaap in die winter mag 'n tuimeldroƫr as 'n noodsaaklikheid beskou .
Kleinbekkie:
Daar is baie alternatiewe. Gaan besoek so 'n bietjie die plase in Bo-Namakwaland, Kamiesberge en Boesmanland. Die meeste van hierdie plase het nog nooit krag gehad nie en die boere moes self plan sien. Tans sal ons sonder krag kan klaar kom, behalwe vir die verkoeling en waterverhitting. Dalk moet ek begin dink aan 'n donkie? Gelukkig vir ons is die krag by ons huur ingesluit, so Eksdom slaan ons nie heeltemal so hard nie.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version